|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DIE jaarlikse sportskool van die jaar toekenning van Boland Ussasa en al sy streke laat veel te wense oor. Die naam "sportskool van die jaar" impliseer dat sodanige skool die beste sportprestasies deur die jaar gelewer het. Skole wat die toekenning ontvang maak daarop aanspraak dat hulle dit wel vermag het en dus verdien het. Vir die soveelste keer het dit egter gebeur dat die toekennings gegaan het aan skole wat dit nie verdien nie. Die rede hiervoor is kriteria wat skole bevoordeel wat niks te make het met die prestasies en uitslae op die sportveld nie. Ag nee! Wat het voorsitterskap en betrokkenheid by organisasies en komitees met sport te doen? Dit is hoog tyd dat die kriteria verander word of dat die huidige toekenning 'n ander naam behalwe "sportskool van die jaar" kry. Gee die toekenning aan diegene wat dit toekom en laat die res daarna strewe om hierdie uitnemende prestasie na te volg en te verbeter. Aan die skole wie se leerders en onderwysers hard gewerk en goed presteer het, welgedaan. Dit is dié skole wat die Springbokke en provinsiale spelers van môre oplewer. Sportief |
|
|
|
|
EK was onlangs in die besoekersbanke van die Wellington hof toe die uitspraak in 'n saak van dronk-, roekeloos- en nalatige bestuur gemaak is. Ek kon my oë nie glo toe die landdros, ene Robert Lewis, 20 minute lank 'n opsomming gee van die saak terwyl hy die hele tyd in sy stoel vorentoe en agtertoe, vorentoe en agtertoe, gewieg het nie. Sy gesig was weggedraai van die beskuldigde en die mense in die hof. Die prokureurs en die hofgangers het met hul hande bakhand oor hul ore probeer hoor wat hy prewel. By tye het ek gedink die landdros raak aan die slaap. Later moes ek hoor die verhoor is telkens uitgestel vir redes van "die aanklaer het 'n doktersafspraak", "die bandopnemer is stukkend". Toe die getuienis uiteindelik afgehandel is en die landdros sy bevinding kon maak, het die landdros die saak twee keer in twee maande laat uitstel omdat hy "nog nie gereed was" vir sy uitspraak nie. En elke keer het niemand daaraan gedink om die betrokke persone, beskuldigde, beseerdes en belangstellendes in kennis te stel dat hulle dié dag nie uit die werk hoef te bly en ure lank hoef tyd te mors by die hof nie. Genade tog, wat word van ons regstelsel? Erg bekommerd |
|
|
|
|
I APPLAUD the excellent plans for upgrading Lady Grey Street and agree that it would be paradise, but certainly not for the shoppers. Just imagine: covered walkways to provide more "informal housing" for vagrants, water furrows to provide running water for ablutions, ample "entertainment" provided by the influx of vagrants and street traders. There will be bandstand competing with the blaring music from the shops to enhance the ambience of sidewalk cafés, the trees to provide a place to hang washing and even more plastic bags and a Berg River waterfront to provide a source of income on the doorstep of the prostitutes and vagrants who live there. Certainly the success of such a project depends on good management and planning by the Municipality, but it is just a dream. There have been countless meetings and discussions over the years about Paarl's CBD, but nothing comes of the dreams and the deterioration continues. Negative? Yes, but many shoppers have faced reality and we have reluctantly "gone south" to spend our hard earned rands elsewhere as shopping in Paarl is not a pleasant experience. Ex-Paarl shopper |
|
|
|
|
Dinsdagaand, 12 November, het ek, soos menige ander Paarliet, aanskou hoe die veldbrand teen Paarlberg af woed in 'n noordoostelike rigting, met vele huise in sy verwoestingspad. 'n Donker wolk het oor die dorp gehang, gevul met verstikkende roet, en voertuie was reeds geparkeer, gepak met foto-albums en troeteldiere, om weg te jaag die oomblik dat die brand huise begin verswelg. In 'n stadium waar 'n groot dennebos op die punt was om te ontvlam, en die uittog 'n werklikheid sou word, het die vlamme gedraai, terug, berg-op, in 'n suidwestelike rigting, vanwaar dit gekom het - 'n wonderwerk voorwaar! Wonderwerke gebeur nog, ons moet net ons oë en harte oophou, en daarvoor dank en bewonder ek my Hemelse Vader. Jacques du Preez |
|
|
|
|
HOE is dit moontlik dat 'n brand teen Paarlberg (steeds) so totaal kan hand-uit ruk? Diegene by die Munisipaliteit wat met natuurbewaring en die beheer van brandpaaie gemoeid is, het sekerlik genoeg geleentheid gehad om vorige onbeheerde brande teen die berg in te studeer. Behalwe vir die totale gebrek aan samewerking tussen munisipale departemente, die verwoesting aan die flora en fauna, die vreesaanjaende aspek vir inwoners en besoekers en die onkoste verbonde aan die blus van die vuur, is daar die negatiewe beeld wat so 'n gebeurtenis op toeriste laat. Die Paarl ding mee met omliggende dorpe soos Stellenbosch en Franschhoek as 'n toeristebestemming en kan nie bekostig om so argeloos met die natuur om te gaan nie. Sulke optrede het 'n negatiewe impak op alle sektore van die Paarl se samelewing. Helene Olivier |
|
|
|
|
TWO reports regarding the Paarl farms and the "cost" to the Municipality, have been published in the Paarl Post which the Drakenstein Heritage Foundation cannot allow to go unchallenged. Your report misses the main conclusions; that is, the Paarl Town Farms are too valuable an asset in the sense of place, contribution to the environment, historical, cultural significance and economic contribution to allow them to be subdivided and overrun by residential development. The town, its natural development, the historical Main Street, adjoining farms, mountain and river have made Paarl "the special" place in the Boland. The Drakenstein Heritage Foundation's current effort is to have the mountain (a National Monument), the Main Road (municipally declared an area of special significance) plus the farms, which have been listed and identified in this report as extremely valuable, combined under an umbrella of special significance, by declaration as an area of National significance. Thus requiring special authority for alterations and changes and laying down guidelines. As regards the costs to Paarl, there is little in the report that is not current practice. We must allow the farmers to farm competitively with the surrounding farmers if we expect to retain the farms. Nevertheless the Drakenstein Heritage Foundation has commented upon the Draft Report, as we believe that most of the Single Residential Rights do not have a value. This is possibly an opportune time to debate development and conservation. Conservation is not anti-development, in fact in Paarl's situation conservation and development are the same thing. A good example is the Paarl Wine & Brandy building which was demolished for the now unoccupied Boland Delta Buildings. At the time the new buildings were considered 'progress and development'. With hindsight every old complex that disappears has damaged the progress and opportunity to harness the tourist market that is driving the economy of the Western Cape. The other significant comment of this report is that Paarl has no plan for development. Thus the constant ad hoc applications for development, which should be judged against an agreed framework, which in Paarl's case is non existent. If we want to capture a share of the Western Cape 'boom' we must conserve and develop in harmony with planning. LE Raymond (DHF) |
|
|
|
|
MET verwysing na die berig Reitz Tikwerk Ontwettig Verklaar (14 November) wil ek daarop wys dat die Minister van Handel en Nywerheid die maatskappy Reitz se sakepraktyk waarvolgens 'n registrasie, administrasie- of voorafbetaling vir die aanbieding van 'n werksgeleentheid gevra word, onwettig verklaar het. Maar nou verklaar mnr B Bezuidenhout, Reitz se prokureur, dat hulle reeds appèl aangeteken het teen die verbod van die minister. Almal wat deurgeloop het kan gerus die Verbruikerskomitee by tel (012) 310-9562 skakel. Cyrus Smith |
|
|
|
|
EK wil my misnoeë uitspreek oor lede van die ACDP se suurdruiwe-reaksie op die onlangse oorlopery in ons politieke arena. As jeugdige lid van die publiek wil ek nie ook betrokke raak by moddergooiery soos sommige lede van minderheidspartye nie. Mense moet ophou lawaai maak en die meerderheidsparty van die dag, sy ampsdraers en programme ondersteun tot voordeel van ons land Die oorlopers kan nog steeds hulle beginsels uitleef in hul onderskeie partye - julle het geworstel met harde besluite en die regte uitkoms gekry. Deur deel te wees van die hoofstroom en nie te gaan sit en net te opponeer nie, kan julle 'n konstruktiewe bydrae lewer. Kom ons as publiek span kragte saam en ondersteun ons politieke ampsdraers en verteenwoordigers in hulle daaglikse enorme taak om die gemeenskap te dien en ons lewens te verbeter. Mario de Villiers |
|
|
|
|
AS brandweerman voel ek baie ongelukkig oor die briefskrywer se kommentaar verlede week in die Paarl Post dat daar skade aan wonings aangerig is deur die onlangse Paarlberg brand. Ons het hard gewerk om mens en eiendom te beskerm en ek dink ons het in ons missie geslaag. Tydens die brand, en nadat die vure geblus was, was daar nie 'n enkele klagte aangemeld van strukture wat deur die brand beskadig was nie. Tot u diens |
|
|
||||||||||
|
DIT is ons dorp en ons wil dit skoon hê. Dit is die filosofie agter verlede week se skoonmaak-aksie in die Paarl. Oud en jonk het moue opgerol en sakke vol rommel is opgetel, dikwels ten aanskoue van die sondebokke. Veral Saterdagoggend in die sentrale sakedele het vrywilligers dikwels papiere opgetel so vinnig as dit neergegooi is. Baie mense voel dit is die Munisipaliteit se verantwoordelikheid om skoon te maak, maar dit beteken ook dat 'n mens maar tevrede moet wees met wat hulle binne hulle beperkte vermoë kan doen. As jy nie wil wag nie, doen dan self iets aan die saak - en dit is presies wat die rommel-raakvatters gedoen het. En wie wil nou nie in 'n skoon en rommelvry dorp bly nie? Net so kan ook gevra word: Wie wil nou nie 'n gesonde liggaam hê nie? Luister 'n mens egter so na wat mense sê oor MIV/Vigs en bekyk jy die nuutste statistieke wat selfs die staat nou al aanvaar, begin jy wonder. Dink ons die siekte kan ons nie tref nie of het ons bloot ons sin vir selfbehoud verloor? Ons kan maklik die staat verkwalik oor beweerde, gebrekkige vigs-behandeling, maar ons vergeet dat ons self in die voorste linie staan as dit kom by veilige en verantwoordelike seksuele gedrag. |
|||||
|
|||||