safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 28 November 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 5 December 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


Vangs in nag

Malané Bosman

[ Top ]


waubrey28PERLEMOEN ter waarde van digby 'n halfmiljoen rand is verlede week in 'n slaapkamer van 'n Paarlse taxi-eienaar ontdek.

Eldrin Green (33) van Tulbaghstraat 8, Charleston Hill, is Donderdagaand in hegtenis geneem toe beslag gelê is op 3245 perlemoene, drie groot vrieskaste en 'n skaal.

Die klopjag is uitgevoer nadat inligting in Kalkbaai aan Heinrich Ruppersberg van Mariene en Kusbestuur oorgedra is. Hy het die polisie in die Paarl in kennis gestel.

VANGS. Gekonfiskeerde perlemoene waarop beslag gelê is, word by die Paarl polisiestasie deur (van links) kapt Aubrey Marais, sers Sydney Tosi en insp Stoney Steenkamp getel.

Lede van die Misdaadvoorkomingseenheid onder leiding van kapt Aubrey Marais het die woning in Tulbaghstraat omsingel en deursoek.

Die perlemoen was in 44 swartsakke in drie vrieskaste geberg. Van die perlemoene was gevries, terwyl ander varser was.

Behalwe 'n enkele skulp (wat ondermaat was), was al die perlemoen ontskulp en kon hulle nie gemeet word nie.

Nadat 'n polisiefotograaf die toneel op film vasgelê het, is die sakke met twee bakkies na die Paarl polisiestasie vervoer waar dit getel is.

Beslag is ook gelê op 'n skaal, nog slymerig van perlemoenreste.

Green het die urelange tellery stil gade geslaan voordat hy van die onwettige besit van perlemoen aangekla is.

Die perlemoen is waarskynlik uit Bettysbaai afkomstig, en is tydelik in die Paarl gestoor. Die vars perlemoen is snags in Tulbaghstraat afgelaai sodat dit in die Greens se woning gevries kon word.

Perlemoen word per pad uit Suid-Afrika oor die grens na Zimbabwe en Mosambiek geneem, van waar dit na die Ooste uitgevoer word.

Green bly in aanhouding tot sy verskyning in die Paarl landdroshof vandag, wanneer hy om borgtog aansoek kan doen.

Sy vrou, Natalie, sal waarskynlik ook vandag voor die hof gebring word.

Die perlemoen word deur Mariene- en Kusbeheer in Paardeneiland gestoor totdat die saak afgehandel is.

Daarna sal die perlemoen op tender geplaas word en aan geregistreerde handelaars verkoop word. Die inkomste word in Mariene- en Kusbestuur teruggeploeg.

* Police confiscated perlemoen to the value of half a million rand in a Paarl house on Thursday.


Terug in lug op hul fietse

[ Top ]


DIE vier seuns wat onlangs in Noorder-Paarl 'n angswekkende ondervinding gehad het toe hulle met pangas aangeval en hul fietse geroof is, glimlag weer.

Skaars ure nadat die nuus van hul nagmerrie in die Paarl Post verskyn het, het die polisie leidrade ontvang wat gelei het tot die opsporing van die fietse en die arrestasie van twee van die aanvallers.

"Die bergfiets is heel terug en al was die drie BMX fietse in stukke, is ons baie dankbaar," het die vier hierdie week gesê waar hulle op die fietsbaan langs Markstraat baljaar het.

Dit was aan die onderpunt van Langstraat, waar hulle aan 'n baan in die sand langs die Bergrivier gebou het, dat hulle helder oordag aangeval is.

Hulle kon behoorlike beskrywings van die aanvallers en die fietse aan insp Ronel Richards gee, en met die hulp van die publiek is Ashley Pietersen (19) en Kallie Veldsman (20) van Smartietown aangekeer.

Twee beweerde medepligtiges, ene Riekie en Heinie, is nog soek.

Nou spring Rocky Watson, Deon van Zyl, Andries Nortier en Charl Schoeman saam met 'n horde fietsry-entoesiaste hoog oor die "kameelknoppe" en "tafelblaaie" wat munisipale werkers langs Markstraat reggeskoffel het.

* Two men who allegedly attacked BMX bikers have been arrested after a report in Paarl Post.


Ouers boos oor min plek vir graad agts

Susan Botha

[ Top ]


DREIGEMENTE dat daar nie aanstaande jaar met formele onderwys op Wellington voortgegaan sal word as die Departement van Onderwys nie aandag gee aan die gebrek aan akkommodasie vir graad agts nie, is verlede week gemaak tydens 'n vergadering van ouers en opvoeders.

"Ons sal die hele dorp tot stilstand bring," is gedreig.

'n Memorandum in dié verband is ook aan die Wes-Kaapse Departement van Onderwys gestuur met die handtekeninge van al die teenwoordiges aangeheg.

"Ons kan nie volgende jaar met formele onderwys begin sonder definitiewe antwoorde nie."

Sowat 200 ouers en opvoeders het die vergadering wat deur die Beheerraadforum gereël is, bygewoon.

Daar was groot ontevredenheid omdat die beloofde verteenwoordiger van die WKOD nie by die vergadering opgedaag het nie. Die ongelukkigheid spruit voort uit die registrasie van nuwe leerders by Bergrivier en Weltevrede Sekondêr.

Die twee skole saam kan 450 graad agts akkommodeer, terwyl die vier voederskole op die dorp (Hillcrest, St Albans, Wellington en Pauw Gedenk) 700 graad sewes het. Dit sluit nie die plaasskole in nie.

"Hierdie is nie 'n Weltevrede of Bergrivier probleem nie, dit is 'n Wellington probleem," het een ouer gesê.

Ouers is ook omgekrap oor die beoogde dubbelmedium-skool met tydelike klaskamers vir grade 6, 7 en 8 in Weltevrede.

"Dan is ons terug by 'gutter education'," was een ouer se reaksie. "Dit sal 'n skool sonder die nodige basiese geriewe wees."

Die probleem met ruimte kom al 'n paar jaar aan en allerlei moontlikhede is reeds ondersoek.

Onder die opsies is Huis Macrone, die Wellington Jeugsentrum (Val du Charron) en ook die samesmelting van Hugo Rust en Hugenote Laer sodat die een in 'n hoër skool omskep kan word. Nie een was prakties uitvoerbaar nie.

Ouers is ook meegedeel dat Wellington tweedelaaste is op 'n lys van beoogde 51 nuwe skole en teen vyf nuwe skool per jaar, sal dit nog tien jaar neem vir 'n nuwe skool om plaaslik gebou te word.

"Volgens die WKOD is ons nog steeds in 'n bevoorregte posisie teenoor skole in plekke soos Khayelitsha, waar daar nog van die dubbelskofstelsel gebruik gemaak word.

"Wellington was die afgelope 20, 30 jaar 'n modeldorp en ons ouers het die kinders wat van buite hierheen gestroom het, al die jare gehuisves. Nou skuld die Departement ons 'n skool," was 'n ouer se mening.

Kommer is ook uitgespreek dat die protes op niks gaan uitloop nie.

"Ek weet hoe is ons mense," het een man gesê, "as die geboue eers op is en ons kinders ingefaseer, dan gaan ons dit maar net aanvaar as 'n gegewe.

"Maar ons weet mos hoe dit gaan. Die tydelike klaskamers sal die eerste week staan en die tweede week word dit weggedra."

Kommer is ook uitgespreek oor die kort tydjie wat oor is om die geboue op te rig en personeel aan te stel.

'n Komitee is gekies om die proses verder te dryf en moontlike aksie vir Januarie te beplan as daar nie reaksie van die WKOD is nie.

Een van die skoolhoofde by die vergadering het gesê dit is goed dat ouers hande vat, maar die gebrek aan klaskamers is maar net een van die goed wat fout is in die gemeenskap.

"My groot probleem is kinders wat nie in die skool is nie en die ruite wat gebreek word in klasse waar kinders moet sit."

Hy het 'n beroep op ouers gedoen om aandag te gee aan alle probleme wat onderwys en die kind raak en dit van nou af aan te spreek.

"Die grap is, dit is my broer, my seun, my neef wat dié onheil pleeg," het 'n onderwyser bygevoeg.

"Soms spog ons selfs oor wat ons kinders aanjaag en koop ons selfs die goed wat ons kinders so plunder.

"Praat met u kinders. Dit wat hulle steel en breek is hulle s'n."

Die algemene gevoel was om in die toekoms gereelde vergaderings te hou waar ouers ingelig kan word oor alles wat by die skole plaasvind.

* Parents in Wellington are up in arms because high schools have no space for Grade Eights.


Hoofde woedend oor poste

Leigh Reitz

[ Top ]


WOEDE en frustrasie heers onder plaaslike skoolhoofde en hul personeel, nadat die provinsiale onderwysdepartement aangekondig het dat sowat 458 onderwysers hulself heel moontlik teen volgende jaar werkloos kan bevind.

Skoolhoofde se reaksies het gewissel van "ons skool word nie geraak nie" tot "ons is almal in 'n gemors gedompel" waar vier poste afgeskaf is.

By navraag deur die Paarl Post het dit geblyk dat die meeste Paarlse en Wellingtonse skole slegs onderwysers in tydelike poste gaan verloor, maar soos een skoolhoof dit gestel het, het dié aksie oorvol klasse tot gevolg.

"Ek het verwag dat daar eintlik méér onderwysers by my skool aangestel sou word, maar in plaas daarvan verloor ons 'n tydelike posisie.

"Daar was 'n toename van 95 leerlinge by ons skool, maar nou sit ons met minder onderwysers," het hy moedeloos gesê.

Vir ander skoolhoofde is die uitwerking wat die vermindering van onderwysers op die leerlinge gaan hê, die hoofsaak.

"Veral hoërskole gaan die swaarste getref word, waar onderwysers in sekere vakke spesialiseer.

"Laerskole kan nog dalk die wa deur die drif trek, maar by hoërskole gaan dit definitief leerlinge se akademie beïnvloed.

"Nou gaan leerlinge byvoorbeeld skielik Wiskunde kry by 'n onderwyser wat vroeër slegs in Aardrykskunde gespesialiseer het. Ek verstaan die agtergrond van die nuwe stelsel, maar dit is nog steeds onaanvaarbaar," was een hoof se mening.

Nog 'n ander hoof van 'n plaaslike laerskool het openlik sy woede oor die nuwe stelsel uitgespreek en het gevra waar al die skommelinge in die onderwysstelsel ooit eendag gaan stop.

"Ek is g*tvol!", het hy gesê, "Ons is nie eens geken in dié besluit wat op hoër vlak gemaak is nie. Ons het geen idee wat werklik aangaan nie.

"Intussen is dit die voltydse werk van die skoolhoofde om die moraal van hul personeel weer op dreef te kry.

"My skool kwalifiseer vir 'n addisionele pos, maar dit is nou skielik nie meer op my diensstaat nie. Dit beteken ons moet van voor af begroot vir die pos," het hy uitgevaar.

* Local school principals are furious at cutbacks in staff so late in the year.


Municipal police or not?

Susan Botha

[ Top ]


THE issue of a Municipal Police Service for Drakenstein is again on the table of Council.

At a recent meeting of the Safety & Security Committee of Drakenstein Municipal Council, a letter from the Minister of Community Safety, Leonard Ramatlakane, was tabled.

According to this letter the Drakenstein application still did not contain sufficient information for Province to satisfy itself that sufficient financial and other resources are available.

This is the second time that the Minister has requested more information, such as an audited consolidated financial statement as at 30 June 2002.

These statements are only now in the process of being audited and will only be available later this year.

The letter also comments on the fact that IDP's have only recently been completed and that there is still some debate around the delineation of other powers between the Province and local authorities.

The Minister furthermore refered to an ongoing policy review of the SA Police Service Act, which includes the section that deals with the establishment of municipal police services.

"I do believe," he writes, "that the manner in which you have employed the Philippi graduates and the imminent deployment of additional SA Police personnel in the province will contribute greatly towards the creation of a safer environment for our citizens.

"All things being equal, I would be prepared to review this decision in six months, should you so wish.

"The Province will during this time develop a template so we can have a common understanding of the criteria to test for financial viability. The policy review should at that stage also be completed."

In a report to municipal manager Jacques Carstens, the Head of Community Services, Johan Lambrechts, said the requirement for the financial statement did not prevent Cape Town's application being approved.

He said that in view of this and the relevant Council resolution it was important that the process be proceeded with or the relevant resolution by Council should be rescinded.

The Safety & Security Committee recommended that the appeal be held over and that a sub-committee be appointed by the Executive Committee to revisit the whole issue.

However, at the Executive Committee's meeting the matter was once again referred back to the Safety & Security Committee.

Deputy mayor Anthea Sheldon (ANC) declared herself not in favour of the recommendation for a sub-committee to revisit the issue, as Safety & Security should revise it.

Coucillor Koos Louw (DA) expressed his concern, especially in the light of the memorandum from Mbekweni which amongst other things demanded a Community Police Service.


Polisieman se pyn

Malané Bosman

[ Top ]


wsillsHERBERT SILLS se seun was twaalf jaar by hom, sy kollega ook, en toe verloor hy altwee op een slag.

"Dis bitter swaar," sê inspekteur Herbert Sills van die Paarl se polisiehonde-eenheid.

"Jock was my kind en terselfdertyd my kollega. Sonder hond voel ek asof ek nêrens hoort nie," klink die hartseer.

Jock is onlangs met kanker gediagnoseer en moes deur 'n veearts uitgesit word.

KAMERAADSKAP. Insp Herbert Sills beplan 'n gedenktuin vir gestorwe vierbeen-kollegas

"Ek mis hom so. Ek vang myself gereeld dat ek by Boy Louw sportvelde indraai om vir Jock te laat bene rek terwyl ons aan diens is. En dan is sy plek in die patrollievoertuig leeg."

Insp Sills het twaalf jaar gelede die jong Duitse herdershond (toe nege maande oud) ontvang nadat hy aan die polisie vir afrigting geskenk is.

As patrolliehond het Jock menigmaal die lewe van sy tweebeen-kollegas gered en talle booswigte aangekeer.

Hy is bekend vir sy vreesloosheid om op sy baas se bevel polisiebeamptes na veiligheid te lei wanneer hulle deur aggressiewe skares omsingel is.

Jock en insp Sills het later 'n springstofkursus gedoen en daarna het Jock neus teen die grond menige vuurwapen in onwettige besit uitgeruik. Hy het op 'n keer selfs 'n handgranaat uitgesnuffel.

Maar nou is Jock nie meer daar nie en insp Sills moet nog tot Januarie wag vir die begin van 'n volgende vier-maande kursus.

Hopelik is daar dan 'n geskikte skenking sodat hy die opleiding met 'n nuwe vierbeen-kollega kan aanpak.

Insp Sills dink ook daaraan om ook 'n dwelmkursus met 'n skaaphond te doen - dit hang net af watter hondjie daar vir hom beskikbaar is.

Intussen hou die inspekteur hom besig met Jock se nagedagtenis - en dié van die baie patrolliehonde wat al ter ruste gelê moes word in die 20-jarige bestaan van die Paarl honde-eenheid.

Hy beplan 'n gedenkmuur in die tuin van die honde-eenheid aan die voet van die Dutoitskloofpas.

'n Granietplaat van Clift met die inskrywing "Jock's Wall of Remembrance" staan al gereed en die bakstene is al afgelaai.

"Een van die dae sal ons honde wat ons verloor het, weer saam met ons wees," sê insp Sills.

Navrae oor skenkings en bydraes aan die honde-eenheid kan gedoen word by 862-9019.

* A local policeman plans to erect a wall of remembrance for police dogs.


Oop hande na brand

[ Top ]


HANDE en harte het oopgegaan vir 'n gesin nadat hulle huis in die Paarlse middedorp verlede Donderdagoggend afgebrand het.

Annette Barton en haar seun, Windéll, was alleen in die huis in Versterstraat toe die brand omstreeks 04:00 begin het. Werknemers van Woolworths het die vlamme gesien op pad werk toe en alarm gemaak.

Annette, Windéll en die gesin se drie honde kon na veiligheid vlug, maar van die huis en sy inhoud kon nie veel gered word nie.

Annette se man, Cliff, het gesê die huis sal waarskynlik platgeslaan moet word. Die dak het ingetuimel en van die mure het gebars.

Intussen het Annette die gemeenskap bedank vir hulle bystand.

"Dit is verstommend om te sien hoeveel mense omgee. Ek kan nie glo hoeveel mense het na my toe aangekom om te simpatiseer en hulp aan te bied nie. 

"Al die mense rondom ons, wat ek nog nooit voorheen ontmoet het nie, het saam met my gehuil oor die groot ramp wat met ons gebeur het.

"Ek wil eerstens graag baie dankie sê vir die Groot Hand wat beskermend oor ons toegevou was en wat my en Windéll veilig uit die huis gelei het. 

"Dankie ook aan die dames van Woolworths wat die rook gesien het en ons kom wakker klop het. Was dit nie vir hulle nie, het ons dalk nou nog geslaap. Hulle is werklike helde.  

"Dankie aan die personeel van Pick 'n Pay wat vir ons maaltye aangedra het.

"Dankie aan die brandweermanne, die polisie (ek dink die een ou se uniform se skouer is nou nog nat) en al die wonderlike bure."

Die Bartons bly voorlopig by familie in die omtrek, wat hulle ook bygestaan het met die opruiming.

* A Paarl family might have died if they had not been woken by passersby who saw that the house was on fire.


Rooftaxi's 'n doring in vlees

[ Top ]


"ONS kombi's val uitmekaar, ons werk onsself in die grond in en hierdie rooftaxi's loop met die geld weg. Help ons, asseblief," het 'n moedelose taxi-eienaar verlede week by die Paarlse Verkeersdepartement gepleit.

'n Groep van 34 taxi-eienaars en -bestuurders van die UTA (United Taxi Association) taxivereniging in die Paarl het Donderdag 'n dringende onderhoud met verkeershoof Japie Cornelissen en Desmond Andrews, personeellid verantwoordelik vir taxi's, gevra.

Hulle het hul kommer en ontevredenheid uitgespreek oor die groot getal vervalste en duplikaat-taxipermitte wat in omloop is en gevra wat die toedrag van sake is.

"Kan ons nou maar ook ons skywe afhaal, dan is ons almal rooftaxi's?", wou een weet.

Andrews het hulle die versekering gegee dat daar aandag gegee word aan die saak, veral aan duplikate, wat telkens ter sprake kom.

"Ons het nou 'n taxi-eenheid wat net dit doen en ons het reeds van die mense aangespreek."

Hierop het een van die eienaars geantwoord: "Wat die mense soek, is aksie, en ons sien niks."

Cornelissen het hulle verseker dat daar hard gewerk word aan die probleem, maar elke saak moet deeglik en regverdig ondersoek word voordat daar opgetree word.

Hulle het 'n lys met taxi-eienaars en oortredings byderhand gehad wat aan Andrews voorgelê is.

"Ons het die name, ons werk daaraan," is hulle verseker nadat die lys met die verkeersmanne se eie rekords vergelyk is.

Die meeste klagtes gaan oor duplikaat-permitte. 'n Taxi-eienaar word uitgereik met 'n permit en sou hy die taxi vervang, behou hy die permitnommer met 'n aanduiding van die hoeveelste vervanging dit is.

Sommige van die permitte word egter nie by die Verkeersdepartement ingelewer soos voorgeskryf nie en word dan gebruik om onwettige taxi's te bedryf.

"Om 'n taxi te bedryf is lewensgevaarlik. Van ons is al gedreig en ons wil nie graag deel word van die statistiek nie," het 'n eienaar/bestuurder van die situasie gesê.

"Jy werk hard om 'n paar sente huis toe te vat. Dan kom die rooftaxi en loop met alles weg omdat hulle nie reëls gehoorsaam nie.

"Hulle vat ons geld weg en betaal dan nie eens belasting nie. Praat jy, dan word daar vir jou gesê 'Jy's vrek volgende keer'. Ons kan nie van ons 'targets' laat maak nie."

Cornelissen het die groep verseker dat wetstoepassing in die Vallei opgeskerp gaan word ten opsigte van openbare vervoer.

"Ek het reeds my beamptes opdrag gegee om meer handelend op te tree.

"Ongelukkig sal dit beteken dat almal, ook die wetsgehoorsame mense, verontrief word," het hy gewaarsku.

* Paarl taxi drivers have protested the lack of action against pirate taxis.


Balju-assistent oorleef

[ Top ]


WAT het die assistent van die Wellingtonse balju Maandag daartoe gedryf om 'n oordosis pille te sluk en byna 'n einde aan haar lewe te maak?

Dit is die vraag wat die nag oor en oor gevra is terwyl daar om die lewe van Marietjie van Vuuren (41) geveg is in 'n intensiewe sorgeenheid.

Elke keer wanneer sy bygekom het, het sy die naam van 'n man geroep wat sy gedink het "... gaan my doodmaak," voordat sy weer haar bewussyn verloor het.

Dinsdag het die oordosis pille geen gevaar meer vir haar ingehou nie en kon sy huis toe gaan, terug na die balju-kantoor in Wellington waar sy die vorige dag haar lewe probeer neem het.

Sondagaand moes daar vir haar kos deur 'n venstergleuf aangegee word, nadat sy glo die hele naweek in die kantore toegesluit was.

Maandagmiddag het 'n vriendin onraad vermoed toe sy 'n telefoonoproep van 'n deurmekaar Van Vuuren ontvang het.

Sy het haar na die Wellington polisiestasie gehaas en beamptes daar oortuig om by die balju-kantoor in Hoofstraat ondersoek in te stel.

Twee kwaai waghonde, wat deur die balju opgelei is "om dood te byt", is met 'n gesukkel deur die polisie en brandweer weggehou terwyl 'n deur oopgedwing is.

Van Vuuren is bewusteloos op die vloer van 'n stoorkamer aangetref.

* In April verlede jaar het die vrou ernstige beserings opgedoen toe sy na bewering in die balju se kantoor in Hoofstraat aangeval is.

Die balju, RP le Roux, het destyds vertel hoe die vrou met 'n mes en 'n vuurwapen gedreig, met 'n tou gewurg en met 'n koperornament teen die kop geslaan is.

Die vorige jaar is ook 'n saak van gewapende roof in die balju-kantoor by die Wellington polisie aangemeld.

Volgens die verklaring is Van Vuuren destyds met 'n vuurwapen teen die kop gedreig en met die vuis in die gesig geslaan voordat daar R1000 geroof is.

* A Wellington woman who has survived a number of attacks has tried to commit suicide.


Chaos at school after theft of exam papers

Ikeraam Jacobs

[ Top ]


WHEN schools get broken into, classes get vandalised, leaving the caretakers to clean up the mess.

But it was a different kind of burglary last Thursday night when crucial examination information was stolen at Desmond Tutu High School in Mbekweni.

 The burglars stole only the computer tower in the general office, leaving the monitor and keyboard behind. Nothing else is missing from the school.

The hard drive contained all the question papers and marks of the learners between grade 8 and 11.

To gain access to the building, the offenders switched off the main electricity supply outside the school, leaving the alarm disarmed.

Then they broke through the roof directly above the trap door giving access to the offices. But as the doors of each office was locked, breaking through the ceiling was their only option.

According to the principal, Julius Allah, and teachers it is very suspicious that the burglars obviously knew the layout of the school well.

On Friday students sat outside while teachers whiled away their time inside, as the examinations for that day had been cancelled.

 The teachers are now forced to hurriedly set new papers so that the examinations can be completed in time for the end of the school year.

The Matric examination was completed without incident. 

* Although  schools only close officially on Friday next week, few children will be there for the last day.

Flaunting departmental guidelines, most students stay home while studying for examinations, and cut school once they have completed the last paper.

Teachers work until Wednesday 11 December.


Robbers flee empty handed

[ Top ]


FOUR men who attempted to rob Boland Wine & Brandy Merchants on Saturday, were forced to run for it when they were confronted by an armed security guard and a loud alarm.

Two armed men entered the store in Zuidmeer Street, Huguenot, near closing time at 14:00. One confronted an employee while another held up a security guard at gunpoint, forcing him into the building.

The criminals found the till already locked, while one female employee shrieked with fear and locked herself in the fridge.

Another woman activated the alarm.

When, to top it all, the robbers were confronted by a security guard who had drawn his weapon, they fled.

Outside the building they were joined by two more men who ran through the yard of a neighbouring factory and cleared a wall.

They were spotted in the Huguenot Bypass jumping into a white Toyota Cressida with a numberplate starting with CJ 34. It has Nike stickers on the rear window and has been seen in Mbekweni before.

One would-be robber seen in the store was described as tall and thin with a red hat. The other was short and thickset, dressed in a white T-shirt. Both were aged between 26 and 32.

Contact Insp Jacques Coetzee on 807-4000.


Tiener kry lang straf

[ Top ]


'n TIENDERJARIGE huisbreker is verlede week 16 jaar gevangenisstraf in die Paarl landdroshof opgelê.

Ricardo August (18) van Paarl-Oos was 17 jaar oud toe hy by twaalf wonings ingebreek het en derduisende rande skade aangerig het.

Hy het 'n spoor van inbrake, van Courtrai en De Soete Inval tot by die Strooidakkerk-omgewing, gelaat tussen Maart en Mei verlede jaar.

August is ná die eerste inbrake in hegtenis geneem en op borgtog vrygelaat, om dadelik met die inbrake voort te gaan.

In daardie tyd het hy ook 'n bejaarde vrou in Suider-Paarl met 'n vuurwapen aangehou en van haar handsak beroof terwyl sy te voet op pad na haar woning was.

Hy is in hegtenis geneem, en het 'n vals naam, Niklaas Smit, opgegee. Speurders het opgelet dat ene Smit se vingerafdrukke dieselfde as dié van August is.

Hy is vir die inbrake deur landdros Marietjie de Villiers tot tien jaar gevangenisskap gevonnis en vir die gewapende roof tot ses jaar.

Die ondersoekbeampte was insp Jacques Coetzee. Tracey Belelie het aangekla.

* A young burglar (18) with a long criminal record has been sentenced to 16 years in prison.


Passasier erg beseer in trein

[ Top ]


'n STUDENT uit die Paarl, Juanita Booysen, sal nooit weer op haar gemak kan treinry nie. Maandag het 'n klip by Klapmuts deur die treinvenster getrek en haar bewusteloos geslaan.

Juanita (20), 'n besigheidsadministrasie-student, was met die 09:03 trein van die Huguenotstasie na Kaapstad onderweg toe die trein voor Klapmuts gaan stilstaan het.

"Ek het langs die venster gesit en met 'n vriend gesels toe die klip my teen die oor tref," onthou Juanita.

"In die derde klas in daar geen ruite in die vensters nie, so ek het nie eers geweet die klip kom nie. Ek het so groot geskrik."

Juanita is op Klapmuts stasie uit die trein gehelp. Sy is per ambulans na die Paarl Hospitaal gebring waar haar geskeurde oor geheg en haar kop verbind is. Intussen het Metro sekuriteitswagte die booswigte langs die treinspoor probeer vang, maar tevergeefs.

Juanita se pa, Jan Booysen, is erg ontsteld: "Die treingeld is onlangs verhoog, en daarmee saam is daar belowe dat die veiligheid opgeskerp gaan word en daar is gesê die treine se ruite gaan ingesit word.

"En kyk nou. My kind kon dood gewees het."

* A train passenger was seriously injured by a rock.


Kind sterf op besige pad

[ Top ]


SEWE maande nadat 'n jong skolier van Groot Drakenstein voor die skoolhekke doodgery is, poog die leerkragte en ouers steeds om vir die kinders 'n veilige voetgangerpad te kry.

Isabella Gertse, graad vier leerling aan Lübeck Primêre skool, het in Mei vanjaar gesterf terwyl sy en maatjies op pad skool toe was.

Die bestuurder van die voertuig waarvoor sy beland het, Johan Steenkamp van Franschhoek is gedagvaar om op 6 Desember in die Paarl Landdroshof te verskyn.

Uitspraak sal dan gegee word in die geregtelike na-doodse ondersoek.

"Die skoolkinders moet aan die buitekant van die geel sperstrepe loop," het skoolhoof Lance Cyster hierdie week gesê.

"Met die nuwe ontwikkeling van die pad het ek by verskeie vergaderings met die beplanners en kontrakteurs gevra vir 'n voetpad.

"Daar is nou 'n voetpad van die skool se kant na Groot Drakenstein se kant toe, maar na die oostekant, vanwaar Isabella gekom het, is daar nie 'n veilige looppad nie, net diep slote weerskante van die pad.

"Die kinders het nie 'n ander keuse nie, hulle moet op die teer loop."

Cyster het ook al as lid van die polisieforum met die verkeersdepartement geskakel oor die spoed op die hoofpad voor die skool.

"Ons het 'n voetoorgang versoek, maar dit is tevergeefs gevra op 'n deurpad. Padtekens dui wel 'n skool aan, maar ons benodig baie ander waarskuwingstekens - en natuurlik die stappaadjie - om die kinders se veiligheid te verseker."


Reitz: kommer oor hofuitspraak

[ Top ]


'n VERBOD van die Minister van Handel en Nywerheid wat die onderneming Reitz BK verbied het om mense wat tikwerk wil doen, te vra om eers registrasiegeld te betaal, is op 21 November in die hooggeregshof in Pretoria tersyde gestel.

Die Minister het Reitz onlangs op aanbeveling van die Verbruikersakekomitee verbied om voornemende tikkers eers registrasiegeld te vra.

Regter H Daniels het die verbod opgeskort omdat die Departement van handel en Nywerheid nie kon sorg dat die appèl teen die verbod dringend aangehoor word nie.

Reitz BK kan nou voortgaan om 'n registrasietarief van R180 te vra van mense wat vir hom tikwerk wil doen.

Daniels het die minister ook beveel om die onderneming se regskoste te betaal.

Reitz het einde verlede week appèl aangeteken teen die verbod en is toe in kennis gestel dat die spesiale hof kragtens die Wet op Verbruikersake (Onbillike Sakepraktyke) nie dringend kan sit nie.

Reitz het 'n dringende aansoek ingedien om die verbod tersyde te stel omdat Vanessa Patrick, die beslote korporasie se enigste lid, 'n '"onherstelbare ekonomiese verlies sal ly indien die verbod nie opgehef word nie".

Daniels het gesê die spesiale hof wat appèlle teen besluite van die minister aanhoor, het die afgelope twee jaar nie gesit nie omdat sy voorsitter siek is.

Patrick het dus nie toegang tot tussentydse regshulp nie weens burokratiese rompslomp, het hy gesê. Die verbod is opgeskort hangende die appèl.

Die inhoud van die komiteeverslag is nie in die uitspraak in twyfel getrek nie.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za