safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 28 November 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 5 December 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

People - Mense


Boeta Bassie bring sy kant

[ Top ]


wbassie28DRIVING past the Muslim cemetery (maqbarah) near Klein Parys in Paarl, one often notices an elderly gentleman tenderly cleaning and maintaining the area.  

Mr Abas Davids (better known as 'Boeta Bassie') has a long history of taking care of community institutes, including the Breda and Waterkant Street mosques situated in the former 'Ou Tuin'.

Boeta Bassie was born in 1928 in Malherbe Street and grew up in the nearby Kalkoentjiesdrift area. 

His parents were the late Fatiah Davids and Gamiet Davids, the latter responsible for building the dome of the Breda Street mosque. 

Boeta Bassie's inspiration is his late father and he recalls the promise he made at his father's deathbed to take care of the Breda Street mosque.   True to his selfless nature, he recently noticed the neglected state of the Klein Parys Muslim cemetery and promptly took the initiative to clean and maintain the area.  

The wonderful sight of purple vygie flowers that greets visitors during spring is testimony to the handi-work of Mr Davids.  

Interestingly, all work done is voluntary and treated as 'a hobby' by him. He fondly mentions the 'wonderful feeling of peace' he gets while cleaning the graveyard, where he also has time to 'speak' to old friends, relatives and teachers. 

He also regularly makes time for a prayer (du'a) for the deceased.  

Sadly, Boeta Bassie suffers from heart disease and will stop his voluntary work at the end of this year. May he go from strength to strength.


Well-known resident passes away

[ Top ]


A WELL-KNOWN resident of Wellington, Joyce du Plessis (68), passed away last Wednesday after a long illness.

She suffered from cancer.

Mrs du Plessis worked for Santa and was also involved with Childcare.

She leaves eight children and nine grandchildren.

The funeral is on Saturday at the St Alban's Church in Wellington, with the viewing at 09:00 and the service at 10:00.


Bekende sterf

[ Top ]


'n BEKENDE in Paarlse welsynkringe, oud-onderwyser Raymond van Sitters (61), is Sondagaand aan 'n hartaanval oorlede aan huis van sy broer, Eddie.

Hy was onderwyser van beroep met sy laaste pos by Noorder-Paarl Sekondêr, waar hy Afrikaans gegee het. Hy was ook nog hooftoesighouer met die pasafgelope matriekeksamen.

Van Sitters het 'n leidende rol by The Haven nagskuiling gespeel, waar hy ondervoorsitter was. Hy was ook betrokke by onder meer Kinder- en Gesinsorg, die Vereniging vir Liggaamlik gestremdes en sy gemeente.

"Hy was 'n geliefde man wat homself onbaatsugtig aan die gemeenskap gewy het en wat veral die armes, gestremdes en kinders op die hart gedra het," het 'n woordvoerder van The Haven gesê.

"Ons het hom geken as iemand wat nie water getrap het nie, maar dinge gedoen gekry het, iemand wat nie geskroom het om sy sê te sê nie.

"Hy was iemand na wie 'n mens maar kon luister - iemand met wie jy presies geweet het waar jy staan."

Van Sitters was oral bekend vir sy ywerige fondsinsameling, veral vir kinders, en het na homself verwys as 'n "professionele bedelaar".

Hy laat sy vrou, Johanna, kinders Janine, Russel en Deidré, kleinkind Layla en moeder, May, agter.

Die begrafnis is Saterdag om 10:00 by die huis en om 11:00 in die VGK Immanuel.


Paarliet is kunstenaar met metaal

[ Top ]


DIE allerfynste ontwerpe neem vorm aan onder die kunstige hande van 'n man wat sy ambag, handgravering op metaal, met die jare vervolmaak het.

Armin Winkler van Denneburg het in die sewentigerjare in Oostenryk besluit hy wil sy hand aan gravering waag.

Hy was nog altyd lief vir teken, vertel Armin - veral diere en landskappe. In Ferlach was verskeie geweermakers vir wie hy op 'n vryskutbasis graveerwerk gedoen het.

"Maar later was daar nie meer genoeg uitdagings nie," sê Armin, "en het ek besluit om my vlerke te sprei."

Die pad het Armin in 1981 Bloemfontein toe geneem, waar hy by 'n wapenvervaardiger, Musgrave, ingeval het.

En vandag is hy in die Paarl met die omgewing wat hom so baie aan sy heimat herinner.

Armin praat goeie Afrikaans, al kon hy toe hy in Suid-Afrika aangeland het benewens sy moedertaal, met net 'n baie swak Engels oor die weg kom.

Hy het die taal geleer deur na Afrikaanse radiostasies te luister terwyl hy werk en ook deur die Afrikaanse kliënte met wie hy te doen gekry het. En daarby het hy met 'n Afrikaanse meisie getrou.

Sy werk behels ook die inlegwerk van edelmetale en reliëfwerk. Al die graveerwerk word sonder enige kraggereedskap gedoen - alles net met die hand.

Hy is ingeskakel by die onderneming van Bennie Laubscher, 'n geweermaker van Noorder-Paarl.

Party kliënte kom met volledig uitgewerkte idees, soos familiewapens, of 'n dier - dikwels een van die Groot Vyf. Iemand sal miskien met die foto van 'n dier kom en sê: "Dis wat ek wil hê."

Ander sal weer sê hy moet sy eie oordeel gebruik. Wat natuurlik 'n vinnige manier is. Maar dit kan interessant wees om saam met 'n kliënt iets uit te werk.

"Ek sien myself as iemand wat my ook op ander maniere sal wil uitleef," sê Armin."Soos om messe en juweliersware te maak. Ook te teken en skilder. Maar eers hou my werk my baie vas."

Om so 'n perfekte, lewensgetroue weergawe van 'n dier op so 'n klein skaal te skep, wil gedoen wees. Om nie te praat van die allerfynste krulversierings nie.

* A Paarlite does rare engraving on metal.


Madiba's: tuiste weg van huis

[ Top ]


wanita28DIT was byna soos om tuis te wees, vertel Anita Muller, chéf by die Paarlse eetplek Pontac, van haar ervaring in Madiba's Restaurant in New York, waar sy onlangs vir 'n maand lank werksaam was.

"Die mense in New York is ongelooflik gasvry. Ek dink na die gebeure van 11 September verlede jaar, is hulle baie meer toeganklik," vertel sy.

Sy borrel behoorlik oor wanneer sy vertel van hoe lekker dit was om met die span van Madiba's Restaurant te werk en watter vriendskapsbande gesmee is.

"Baie van die personeel was Suid-Afrikaners en ons het goed oor die weg gekom. Wat kosmaak betref, het ek nie veel nuuts geleer nie. Ek het net dit wat ek alreeds weet en kan doen, daar

SO LEKKER. Anita Muller wys hier van die disse waarmee sy en Abé Conradie onlangs die Amerikaners in New York se smaakkliere trakteer het by Madiba's Restaurant.

gaan toepas.

"Dit was ongelooflik om te sien hoe volgepak die restaurant elke aand was en hoeveel waardering die klante vir die Suid-Afrikaanse geregte gehad het. Veral die swart Amerikaners was gek na ons kos.

"Hulle kon nie uitgepraat raak oor die bobotie, samoesas, kerrie, biltong en selfs pap-en-wors met tamatiesmoor nie!

"Die Amerikaanse studente het behoorlik ingestroom na die restaurant, net vir ons "gatsby broodrolletjies" op die spyskaart. Hulle het gehoor dat Suid-Afrikaanse kinders dit omtrent geniet en het dit ook dan 'n gunsteling van hul eie gemaak."

Volgens Muller is die lewenstyl in New York baie gejaagd en voeg sy by dat die inwoners byna nooit slaap nie.

"Daar is alewig 'n gewoel, veral saans. Dit is seker omdat die omgewing so veilig is.

"Ek was veral beïndruk met hul openbare vervoerstelsel. Die New Yorkers mors nie hulle openbare vervoer op nie, soos wat dikwels die geval in Suid-Afrika is nie."

Ook Abé Conradie, hoofchéf wat 'n maand by Madiba's deurgebring het, beskryf New York soos wat mens dit in die rolprente sien: besig en ongelooflik groot.

"Ons het Suid-Afrika en 'n Oosterse geur na Amerika geneem met geregte soos breyani op die spyskaart.

"Madiba's Restaurant is baie etnies en veral swart Amerikaners het hul ondersteuning aan dié eetplek gegee.

"Ek het gehelp om die personeel op te lei, spyskaartbeplanning gedoen en ook insae gelewer in die algemene bestuur. Ons poog om nou 'n gereelde uitruilprogram te loods," het hy vertel.

* A young local chef has spent a month cooking in New York's Madiba Restaurant.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za