safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 28 November 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 5 December 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Sport


Dusty desert dreams

Leon Steenkamp

[ Top ]


wdust28IT will be the highlight of his driving career when Paarlite Giniel de Villiers spins into action in his first Dakar Rally early next year.

This 30-year-old driver, who received his national Protea colours in 1998 and boasts a number of titles, will represent the Nissan Rally Raid team in their Hardbody bakkie in the gruelling 8552km race which traditionally stretches from Paris, France to the capital of Senegal, Dakar, after which the race is named.

Next year's 25th Dakar however will start in Marseille and finish in the Egyptian city of Sharm El Sheikh.

According to organisers, the route was altered to "innovate and cross the most beautiful deserts for the 25th anniversary of the race".

Says the avid driver, who has been racing since his school days at Paarl Gymnasium High, "It is definitely the highlight of my career. This is the first event where I will get international exposure."

In 2000, after being crowned the South African Touring Car Driver Champion for the fourth time driving a Primera and being ranked as the world's most successful touring car driver, de Villiers decided to take his career in a new direction.

"It was a coincidence. I didn't plan on competing in the Dakar and it came as quite a surprise. But there was nothing more happening on the circuit, what with all the factory teams withdrawing. So I decided to switch to off road racing," says de Villiers. 

Although he hasn't taken part in the Dakar before, de Villiers knows the Hardbody extremely well, having raced with it in the South African Off Road championship for the past two seasons.

Besides the trust in his vehicle, de Villiers, will also be relying heavily on his navigator, Pascal Maimon. The Frenchman was partner to Hiroshi Masouka who won the 2001 Dakar Rally.

Besides a first for de Villiers, it will also be the first time that a South African will be competing in the Dakar with a factory team.

Apart from de Villiers, the Nissan team has another four drivers racing in the T2 class. Two of them - a Fin and Japanese - will compete in the Full Factory category along with the South African, while the others will race in a private team with factory support.

A crew of 39 members will support de Villiers's team.

"It's difficult to say what problems there will be, hopefully not many. But the biggest problem is that it is just terribly long and tiring. The longest stage is 828km in one day - that is tough," says de Villiers.

Nissan has committed to a four-year plan, entering the Dakar in 2003 to 2006.

"Currently I have a one year contract with Nissan, but depending on my performance I hope to drive for them in the Dakar until 2006.

"Only thereafter will I decide what further challenges I can pursue in my motoring career," said de Villiers who has been with Nissan for nine years now.

Other South Africans who will also compete are Alfie Cox, who last year finished second in the motorbike category, Vicus van Deventer (quad) and Hannes Grobler (truck).

The very experienced Grobler who has excelled in racing, rallying and off-road driving, will be racing in a four-wheel drive turbo-diesel Renault truck but his primary task will be to support de Villiers. 


Boland bots teen Vrystaat

[ Top ]


DIE Boland se manne in swart het Sondag hul eerste nederlaag in die Standard Bank reeks gely toe die Vrystaat hulle op Goodyear Park met 8 paaltjies geklop het.

Die Boland het 199/7 in hul toegelate 45 beurte aangeteken, nadat hulle stadig weggespring het.

Ná 15 beurte het sake beroerd gelyk vir die besoekers wat op 30/2 gestaan het nadat Allan Donald (2/32) 'n deurbraak verseker het. Donald het die openingskolwer, Henry Davids vir 'n nulletjie skoongeboul met die tweede aflewering van die eerste boulbeurt en in die derde beurte vir Louis Wilkinson (2) ook goedkoop uitgehaal met 'n been-voor-paaltjie beslissing.

Die Bolandse kaptein, Justin Ontong, het moedig teruggeveg met sy 33 terwyl Vinod Kambli en alewige staatmaker, Con de Lange, die enigste ander kolwers was wat nie voor die Vrystaatse boulaanval geswig het nie. Kambli het 90 minute voor die penne deurgebring en 72 balle trotseer vir sy 66 wat vier grenshoue ingesluit het, nadat hy met sy telling op een misgevang is. De Lange het aggressief met die kolf ingeklim en sy 56 lopies van 58 balle geslaan wat 'n ses en vyf grenshoue ingesluit het.

Johan van der Wath het ook twee paaltjies vir die Arende laat kantel.

Die tuisspan se kolwers onder leiding van die openingspaar Jonathan Beukes (106) en Morné van Wyk (25) was vroeg uit die blokke en het ná 10 beurte 80 lopies op die telbord gehad. Boeta Dippenaar (36) en Jimmy Adams (25 nun) het verseker dat die Arende hul teiken bereik met nog vier beurte in die sak.

Boland skuif nou af na die derde plek met 10 punte, terwyl die onoorwonne Vrystaat en WP eerste en tweede lê met 15 en 14 punte onderskeidelik.

Die Boland speel sy volgende wedstryd op 20 Desember in die Paarl teen die sukkelende Namibië wat tans onderaan die punteleer lê.

* Justin Ontong is gister in die Protea span ingesluit nadat Jonty Rhodes weens 'n dyspierbesering nie vir die eendagtoets teen Sri Lanka op Wanderers kon speel nie.

Die jonge Ontong sal homself deeglik wil bewys in dié wedstryd om sodoende sy insluiting in die groep vir volgende jaar se Wêreldbeker-groep te verseker.


Geen uitslag vir Peoples

[ Top ]


DIE boulers van Vredenburg/Saldanha het Saterdag op hul tuisveld die kolwers van Young Peoples genoegsaam in toom gehou om 'n onbesliste uitslag af te dwing.

Die tuisspan het eerste gekolf en 'n teiken van 200 vir die Paarliete gestel.

Hubert Ontong (5/85) en Jacques Krynauw (2/20) het die paaltjies laat spat.

'n Sukkel-vertoning deur die besoekers het die telbord op 108/7 gebring, met Krynauw (29), Wade Anderson (25) en Bobby Nicholson (20) wat moedig probeer het.

Op Daljosafat kon Peoples se tweede span ook nie 'n uitslag teen Coronations II verseker nie.

Die tuisspan se kolwers het hul deel gedoen en 'n goeie 286 gemoker, met Stanton Kamalie (125) wat die veldwerkers laat bont staan het.

Tommie Bosch (44) en Leonard Paulsen (39) het ook die lopies ingeryg.

Coronations se kolfbeurt eindig op 166/6, met net Brett Mitchell (2/14) wat iets met die bal kon uitrig.

'n Wen was ook nie in die kaarte vir Peoples se derde span nie.

Op Allandale het Korrektiewe Dienste eerste voor die penne stelling ingeneem en 264/8 aangeteken, met Neels Engelbrecht (63) wat die lopies inryg.

Ricardo Kermis (4/90) en Malcolm Wilson (2/33) het die paaltjies ingeoes.

Peoples was in die knyp op 117/6, maar danksy 'n goeie vennootskap tussen Werner Cupido (64) en Marlin Carolissen (23nun) vorder hulle tot 215/7 ná 60 boulbeurte.

Audin Carolissen (24) en Ruben Applous (25) het ook goeie tellings behaal.

Peoples I en III speel Saterdag tuis teen Paarl-Oos I en Spes Bona II onderskeidelik, terwyl die tweede span op Kraaifontein teen Oostelikes speel.

Die breë kolwe van Butch Green (64), Bruce Miller (59) en Garth Lewis (32) het Paarl-Oos se eerste krieketspan gehelp om Saterdag op Pniël 228 teen Coronations aan te teken.

Die tuisspan het behoorlik uitgehaal om die teiken te haal, maar vernietigende boulwerk deur Graig Abrahams (4/40 in 19,2bb), Dennis November (3/31 in 15 bb) en Justin Watts (2/40 in 5bb) het hulle laat kortval. Coronations slaan 193 en die Paarliete wen met 35 lopies.


Fietsry-aksie onder ligte

[ Top ]


AAND-FIETSRY was lank 'n gunsteling onder toeskouers en môreaand kan daar weer gekyk word na groot fietsry-aksie onder die spreiligte van die Faurestraat Stadion.

Die Kersseisoen is op hande en met twee groot byeenkomste - Boxing Day en die Nuwejaarsdag Grand Prix - wat eersdaags in die Paarl plaasvind, kan verwag word dat die aandbyeenkoms heelwat fietsryers sal lok ter voorbereiding vir dié groot geleenthede.

"Dit is so dat fietsry as geheel skade gely het omdat deelnemers in die Boland en Westelike Provinsie nie altyd gesamentlik aan wedrenne deelgeneem het nie.

"Die deelname van jaers uit die WP is van uiterste belang vir die sport in die Wes-Kaap en daar word uitgesien na die stryd tussen die top jaers in die Wes-Kaap," het Eddie Kulsen van Rhadsport Fietsryklub, gesê.

Omdat die byeenkoms slegs twee uur sal duur, sal die junior, senior en veteraneryers saam aan 'n 1500m, uitvalwedren en 10km wedren deelneem wat 'n groter en meer opwindende stryd op die baan sal beteken.

Die o.16's sal in 1500m, punte en 5km wedrenne meeding, terwyl die o.12 en o.14 apart in 800m en 1500m wedrenne sal jaag en dan ook in 'n gesamentlike voorgee-wedren hul slag sal wys. Meer as 'n R1000 prysgeld is op die spel.

Die wedrenne begin om 19:00 en deelnemers het kans tot 18:45 om in te skryf. Die hekke open 18:00.


In my fiets se truspieëltjie

[ Top ]


weddie28HOEWEL hy nooit eintlik self 'n fietsryer was nie, het die Paarliet Eddie Kulsen deur die jare 'n groot taak agter die skerms verrig om dié sport nie net in sy tuisdorp nie, maar ook in die land te bevorder.

Dit was dus die einde van 'n era toe hy vroeër vanjaar uit die bestuur van die Suid-Afrikaanse Fietsry Federasie getree het.

Dié 65-jarige fietsrykenner het op 18-jarige ouderdom by fietsry betrokke geraak toe sy pa, Peter, die Wanderers & IXL Atletiek en Fietsryklub in Suider-Paarl gestig het.

Peter, of Attie soos hy alombekend gestaan het, was destyds 'n werknemer by H Jones & Co. Vanweë die firma se hulp met die stigting en bestuur van die klub is IXL, die naam van 'n produkreeks wat deur die firma vervaardig is, as deel van die klubnaam ingesluit.

"Ek het deur my pa betrokke geraak by die reëlings en administrasie van die klub - veral by die aanbieding van die Paas-Maandag Atletiek en Fietsrybyeenkoms, wat in daardie tyd die grootste byeenkoms van sy soort in die Paarl was," vertel Kulsen.

Hyself was eerder 'n kranige atleet en het aan die halfmyl en myl baannommers deelgeneem.

"Ek het nou nie juis wonderlik gedoen nie. Ek was meer uitgeknip vir administrasie as vir deelname."

Met die afsterwe van Attie Kulsen tesame met die verskuiwings ingevolge die Groepsgebiedewet, het die Wanderers-klub doodgeloop.

Kulsen het gevolglik by Yorkshire aangesluit waar hy as sekretaris   gedien het.

Hy is in 1958 met Amy ge-troud en drie kinders, Elrick, Albert en Adrienne, is uit die huwelik gebore.

Met fietsry wat deur hul are pols, was dit geen verrassing dat die twee seuns hulself in die saal tuisgemaak het nie. Gevolglik het pa selfs meer betrokke geraak by die sport.

Hy het as ondervoorsitter op die bestuur van die WP Fietsryvereniging begin dien en later ook in die voorsitterstoel sy plek ingeneem.

In 1977 het Kulsen 'n groot rol gespeel in die samesmelting van die SA Fietsry Vereniging en die SA Fietsryfederasie. Hy het die volgende jaar 'n geregistreerde beampte van die SAFF geword en die eerste SAFF kongres bygewoon en sedertdien die WP by elke kongres verteenwoordig.

"Ek het in dieselfde jaar my eerste tydhouersertifikaat ontvang en in 1981 'n volwaardige skeidsregter geword. Later het ek as nasionale hoofskeidsregter gekwalifiseer."

Kulsen het vir jare as direkteur van ontwikkeling gedien op die bestuur van die SAFF, waar hy betrokke was by die bevordering van fietsry onder die jeug.

"Ons het oefenkampe gehou en jaarliks die Eric van Enter kompetisie aangebied waar provinsiale fietsryers in die onderskeie skolekategorieë tot op juniorvlak meegeding het," vertel hy.

Later is hy tot onderpresident van die SAFF  verkies. "Dit was lekker maar ná 25 jaar het ek my deel gedoen op daardie vlak." Hy is deesdae nie-amptelik betrokke by Rhadsport Fietsryklub.

Oor die toekoms van SA fietsry is hy hoopvol.

"Daar moet groter samewerking wees tussen WP en Boland sodat hulle 'n gesamentlike byeenkomsbepalinglys kan saamstel. So kan fietsryers aan sowel WP as Boland wedrenne deelneem en teen groter kompetisie ry," stel hy voor.

"Die ideaal is dat daar 'n oorkoepelende komitee moet wees wat fietsry in die Suid-Kaap, Boland en WP kan bevorder deur gereeld groot kompetisies aan te bied waaraan al drie provinsies kan deelneem."

Hy is vol vertroue vir die talent in die Boland.

"Die spanne in die Boland is redelik sterk, maar daar kan nog baie gedoen word om dit te verbeter. Met harde werk kan Boland weer sy ou status bereik as een van die top fietsryprovinsies in die land."

Maar fietsry is 'n duur sport en daar is probleme.

"Omdat die sport professioneel geraak het, is dit moeilik vir ryers wat net nie kan deurbreek na dié vlak nie. Hulle moet geld hê om tot op die hoë vlak te vorder, voordat hulle borgskappe kry.

"SA ryers kry te min blootstelling en dit is net 'n handjievol ryers wat oorsee kan gaan deelneem. As jy nie oorsee deelneem nie, kan jy totsiens sê aan deelname aan die Statebond Spele en Olimpiese Spele. Geld weerhou baie ryers daarvan om in groot kompetisies te ry."

Dit is die lot wat sy kleinseun en Springbok fietsryer, Garth Thomas, in die gesig staar.

"Dit was vir ons 'n groot teleurstelling dat hy nie die span vir die Statebond Spele gehaal het nie, juis omdat hy nie vorige internasionale ondervinding gehad het nie.

"Maar ons gaan probeer om borgskappe te kry om Garth volgende jaar oorsee te stuur om aan die Wêreldbeker-reeks deel te neem, al is dit net vir die ondervinding," vertel die trotse oupa. Nog 'n kleinseun, Byrone, het ook sy Junior Springbokkleure verwerf.

Hoewel hy nie meer so ernstig betrokke is by die organisasie van fietsrybyeenkomste nie, is dit verseker dat Eddie Kulsen steeds met geesdrif langs die fietsbaan sal staan en die aksie dophou.          


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za