|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DAAR word gereeld op ons beroepe gedoen om water te bespaar, maar min mense besef hoe maklik dit is. Dink net hoeveel water loop weg terwyl jy tande borsel of groente was. Draai die kraan toe terwyl jy jou tande borsel, en as jy groente was, gooi die water in 'n emmer en maak dit later leeg in die tuin. Dieselfde geld vir water waarmee jy 'n eier of groente gekook het. As elkeen sy deel doen, hoef ons nie waterbeperkings te vrees nie. Sheila Smook |
|
|
|
|
AAN die skelm(s) wat op Woensdag 7 Januarie R1200 uit my vrou se handsak gesteel het toe sy uit die taxi klim by Shoprite Paarl, net die volgende: * Dit was ons huurgeld vir Januarie en dit sou die eerste keer in maande wees wat ons 'n volle paaiement kon betaal. * Ek is meer as 'n jaar werkloos en my skoonseun moes 'n lening aangaan om ons uit te help. * As gevolg van skrik en ontsteltenis asook my humeur was my vrou bang om huis toe te kom en bly vyf dae weg sonder woord of tyding - vyf dae van onsekerheid, bekommernisse, hoop en bid. Dae waarin ek onder meer die hospitaal en die staatslykhuis platloop omdat sy aan hoë bloeddruk ly. Toe sy by die huis kom, het ons 'n verskriklike argument gehad. * Na skaars 'n halfuur tuis, vat sy toe weer haar sak en loop en ons weet nie waar sy is en of sy veilig is nie. * Die gevaar bestaan dat indien ons nie twee maande se paaiemente betaal nie, ons gevra gaan word om die huis leeg te maak en dat die familie nog verder uitmekaar moet spat. Voor jy die volgende keer 'n nuwe prooi soek om te besteel/beroof, dink asseblief eers goed oor watter invloed dit gaan hê op die persoon se familiebande en op hul finansies. \A Rhoda |
|
|
|
|
DIE eerste indruk van 'n plek word binne 'n paar sekondes opgedoen en is dikwels die een wat vassteek. Die Paarl, trots van die Boland, skep 'n slegte prentjie. Ry die Paarliete nooit van die N1 af die dorp binne en sien in watter toestand is hul Hoofstraat nie? Buiten die pad self, is daar onooglike huisies in onversoenbare kleure, vuil kafees en motorhawens wat beslis nie lyk of hulle met die mooi plase en gewilde wynroete saamspeel nie. Kan iemand dalk hier 'n bietjie ritme in die styl probeer vestig? Ek laat my nie vertel dat die Paarliete nie geld het nie... Mareli, Amandaglen |
|
|
|
|
DIS jammer dat dit tot daardie punt in hierdie pragtige Paarlvallei gekom het dat vroue nou selfs aangesê word om nie meer liefs alleen rond te stap nie (berig oor verkragtings 15 Januarie). Aan die een kant is dit egter so argaïes! Wil iemand vir my sê hoe dit nou in die praktyk toegepas gaan word? Ek kan verstaan dat vroue meer versigtig moet wees omdat hul kwesbaarder is, maar om te sê vroue moet liefs nie meer alleen rondstap nie! Dus word daar vir die grootste deel van die bevolking gesê julle mag nie normale mense wees met normale regte en vryhede nie. Hoe moet vroue nou maak? Mag hulle ook nie meer alleen gaan inkopies doen nie? Want sien rondstap kan basies op enige tyd of enige plek van die dag wees. Alleen beteken om nie vergesel te wees van enigiemand nie. Dit maak glad nie sin nie! Moet alle vroue nou by die huis bly? Daar is hulle in elk geval ook nie meer veilig nie. Wat het nou eintlik geword van vroueregte of menseregte? Wat van 'n vrou se reg dan nou om op enige plek te kan rondloop net waar sy wil (alleen ook as sy wil)? Wat 'n aantasting van vroue se regte is so 'n stelling nie! Nog 'n "verontregte" vrou |
|
|
||||||||||
|
TO vote or not - that is the democratic choice of every citizen, and one that South Africans will have to make in the next few months. However, there is a prerequisite to this choice (or privilege, as some may call it). You must be registered as a voter to be eligible to make a cross behind the name of your preferred political party. The past weekend saw more than 12 000 people in Drakenstein converging on voter stations to record their information with the Independent Election Commission. While officials are quite pleased with the local results, there are still many people outside of the fold. People should take note that they can still register at the Paarl town hall, as well as the municipal offices at Wellington and Saron on week days until the announcement of the election date. As soon as the date is published in the Government Gazette, usually two days after the announcement, registration will be closed. Many people may be disillusioned with political parties at this stage and may feel disinclined to vote. However, a lot can still happen until election so ensure that you are on the voter's roll - give yourself a running start! |
|||||
|
|||||