safetop
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 29 January 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 6 February  2004 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


Bankvas in graad 10

John Golaith

[ Top ]


TERWYL die 2003 matrieks in die Drakenstein-gebied uitgeblink het, het talle leerlinge wat verlede jaar in graad tien was, 'n nagmerrie-jaar beleef. Tot 40% van dié standerd het gedruip.

Dié leerlinge het nog uitkomsgebaseerde onderwys (UGO) in graad nege gedoen, waar hulle pleks van inhoud te leer vir eksamens, praktiese en navorsingsprojekte voltooi het.
Verlede jaar, in graad tien, het dié

wSKOOL3fc

SKUIF OP. By die meeste skole in die Drakenstein-gebied moet graad tiens vanjaar tot drie-drie in 'n bank sit.

leerlinge na die "tradisionele" manier van onderwys oorgeskakel, met die klem op memorisering en eksamens - en groot getalle het gedruip.

Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, André Gaum, sê daar moes oorgangsmaatreëls vir 2003 se graad tiens gewees het omdat hulle moes terugskakel na die ou kurrikulum.

Die departement het 'n aksieplan vir 2004 bekend gestel om die probleem te probeer oplos.

Obos-kantore sal in die eerste en tweede kwartaal dié jaar in die namiddae werkswinkels vir onderwysers aanbied oor die hantering van die gapings in die kurrikulum.

Vakke sal in die oorgangstydperk ook gemonitor word om kwaliteit te verseker.

Skoolhoofde praat uit een mond soos die hoof van Klein Nederburg Sekondêr, Douglas Abels.

"Die uitslae van die graad tiens was baie teleurstellend.

"Kinders weet nie meer hoe om te leer of hoe om lang vraestelle te antwoord nie.

"Gewoonlik is die slaagsyfer van die graad tiens sowat 90% by die skool, maar laasjaar het bykans 20% van die klas gesneuwel en nou sit ons met oorvol klasse."

Dié skool gaan die probleem probeer regstel deur werksessies oor leemetodes vir die leerlinge aan te bied, maar daarvoor sal kostes aangegaan moet word.

Die skool bars ook tans uit sy nate met sowat 1400 leerlinge waar daar plek is vir 800.

In die meeste hoërskole is daar  klasse met tussen 45 en 50 leerlinge. In een graad tien klas is weens vakkeuse, 56 leerders.

Dudley October, hoof van Charleston Hill Sekondêr, sê met dié skool se graad tiens het dit in 2003 glad nie goed gegaan nie. Ook hier het 20% gedruip.

Daar is sowat 1130 leerlinge (baie van die druipelinge het nie teruggekeer nie) en daar is "net-net" genoeg onderwysers om dié leerlinge te akkommodeer.

Ook die Desmond Tutu Hoërskool in Mbekweni ly nou aan 'n massiewe bottelnek van graad tiens.

Waar daar verlede jaar 800 graad tiens in twintig klaskamers was, het die skool vanjaar 1070 graad tiens en meer as vyftig leerlinge in 'n klas.

Basjan Reinhardt, hoof van Hoërskool Gimnasium, sê sy graad tiens het baie moeilik by die stelsel aangepas.

"Onderwysers het uit hul pad gegaan om dit so gemaklik as moontlik vir hul leerlinge te maak, maar dit was steeds moeilik vir die kinders om inhoudsvakke te leer."

Die skool het reeds begin beplan aan 'n strategie om die aanpassing makliker vir graad tiens te maak.

Lenard Moses, hoof van Bergrivier Sekondêr op Wellington, het sy graad neges met addisionele opstelle en wiskunde probeer voorberei.

"In graad 9 is vaardighede bygebring, maar sodra dit kom by individuele studie en eksamentoetsing, dan slaag die leerder nie."

Volgens die hoof van Hoër Jongenskool Paarl, Louis Knoetze, was hulle voorbereid op die probleem.

Hulle het die graad neges van 2002 voorberei vir wat hulle met die "nuwe" stelsel kon verwag.

"Die kinders is geleer om groot hoeveelhede werk te kan hanteer sodat die eksamenvraestelle nie 'n skok is nie."

Verlede jaar se graad neges het, benewens die nasionale eksterne eksamen intern ook moeiliker vraestelle geskryf in die sleutelvakke.

* Failures have clogged grade 10 classrooms


Slaap rustig, motoreienaars

[ Top ]


MOTOREIENAARS op Wellington kan rustig slaap. Hul voertuie word wel deur motordiewe t uit Kaapstad geteiken,  maar die polisiemanne van die omgewing is wakker.

Twee motors is Maandagnag op Wellington gesteel, vermoedlik deurlede van 'n sindikaat, en binne ure weer teruggevind waar die diewe op pad na Kyayelitsha was met hul buit.

'n Honda is uit Bergstraat gesteel en 'n Toyota Corolla uit Burgstraat.

Die Honda is in Durbanville deur lede van die Maitland blitspatrollie opgemerk en van die pad getrek.

Siyabonga Phokela (23) van Khayelitsha is in hegtenis geneem.

Die Toyota is deur polisiemanne van Klapmuts op die N1 opgemerk en voorgekeer. Die bestuurder is aangekeer.

Die  beskuldigdes het reeds in die Wellingtonse landdroshof verskyn.

* Two car thieves have been caught with Wellington vehicles.


Raadslid verskyn in hof

[ Top ]


'n MUNISIPALE raadslid van Drakenstein, Solomon Ross, het versoek dat die aanklagte van aanranding en crimen injuria waarop hy verlede week in die hof verskyn het, teen hom teruggetrek word.

Ross, van La Uva munisipale woonstelle, het verlede week in die Paarlse landdroshof verskyn saam met Hyron Roberts (18), 'n vriend van Ross se dogter.

Dié twee was op 14 November betrokke in 'n onderonsie met mede-inwoners van die woonstelblok waar Ross woon.

Die saak is uitgestel tot 25 Februarie nadat Ross deur sy regsverteenwoordiger vertoë aan die senior staatsaanklaer gerig het. Voor daardie datum sal beslis word of die saak voortgaan of nie in die hof aangehoor sal word nie.

* Town councillor Solomon Ross has made representations to the senior state prosecutor that the charges of crimen injuria and assault against him be withdrawn.


Paarl gesin skuldig

[ Top ]


'n PAARLSE seun, sy ouers en nog 'n man is onlangs in die Kaapse Hooggeregshof aan 'n string moorde en rooftogte skuldig bevind.

Die roofbende het hulle op smokkelhuise op Wellington, Paarl en Vredenburg toegespits, en enigeen wat in hul pad gestaan het, voor die voet afgemaai.

Die klagstaat was swaar gelaai, met 29 aanklagte van moord, poging tot moord, menseroof, roof met verswarende omstandighede en onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Die seun was 15 toe hy twee jaar gelede vier mans doodgeskiet het, en was met elf aanklagte teen hom, die hoofverdagte in die saak.

Sy ma, Merle Stubbs, is op vyf aanklagte skuldig bevind, waaronder die twee moorde in Paarl-Oos.

Haar man, Daniel van Reenen, is op agt aanklagte skuldig bevind, waaronder twee van moord.

'n Medepligtige, André Nyl, is op 11 aanklagte, insluitende drie van moord, skuldig bevind.

'n Vyfde verdagte, Winston Williams (36), is intussen oorlede.

Die skuldigbevindings was die klimaks van 'n ondersoek deur 'n Paarlse speurtaakmag wat van stapel gestuur is nadat 'n egpaar en hul drie kinders op 1 Desember op 'n kleinhoewe buite Vredenburg beroof en die pa vermoor is.

Die volgende dag is 'n motoris in die Paarl van sy Volkswagen Jetta en 'n vuurwapen beroof.

Dieselfde aand het 'n bekende drankhandelaar, Matie Johnson (43) en sy broerskind Ryno Johnson (19), in 'n koeëlreën by hul Bougainvillea woonstel in Paarl-Oos gesterf.

In dié aanval het 'n bejaarde oom, Martin Johnson (60), met verskeie skote in die lyf inmekaar gesak. Hy het die aanval oorleef.

In 'n roofaanval op 30 Desember 2002 is 'n plaaswerker van Wellington, Felimon Nkohlisa (37), in 'n smokkelkroeg op kort afstand in die kop doodgeskiet. Hy was 'n klant by 'n smokkelhuis op die plaas Florida.

Twee vroue van die plaas Nantes in Noorder-Paarl is vroeër langs die pad opgelaai en gedwing om die verdagtes na die naaste smokkelhuis te begelei.

Die huiseienaar, Amos Zwenbi (32), het met 'n skoot in die lyf oorleef. Die woning is omgekeer en kontant, drank, elektroniese toerusting en juweliersware is gebuit.

Op 2 Januarie is 'n man in Saldanha ontvoer en doodgeskiet.

Die bloedspoor het die speurders na Graaff-Reinet en vandaar na Saldanhabaai gelei, waar die moordenaars later in Januarie verlede jaar in hegtenis geneem is.

Regter Anton Veldhuizen het die saak tot Februarie uitgestel vir vonnisoplegging.

* A Paarl couple and their son have been found guilty on murder charges.


Duisende op die nippertjie

[ Top ]


VOORNEMENDE kiesers in Drakenstein het die naweek druk geregistreer vir die komende nasionale en provinsiale verkiesing, met 'n totaal van 12 448 mense wat hul opwagting by registrasiepunte gemaak het.

By twee lokale, Dalvale kliniek en Rainbow Educare in Mbekweni, het mense nog tou gestaan toe registrasie Sondag om 17:00 gesluit het. Beamptes het egter almal gehelp wat reeds in die ry was.

Saterdag het 4265 mense geregistreer, met die meeste (286) by die Rainbow Educare Centre. Ander stasies wat druk besoek is, is Dalvale kliniek (275), die Colibri-saal (218) op Wellington en Conradstraat (185).

Die laagste registrasie, ses elk, was by die Sewedaagse Adventiste Kerk op Saron en by Ronwe Primêr.

Sondag het 8183 geregistreer, met die hoogste getalle by Colibri (577), Mbekweni sportstadion (438), Dalvale kliniek (336), Hunter Temple (285) en Ihlumelo Junior Sekondêr (283).

Die laagste getalle was by Bergrivier Primêr (11), Diemersfontein (24) en VGK Gouda (24).

Mense kan nog steeds elke weeksdag tussen 08:00 en 16:00 die OVK-kantoor in die Paarlse stadsaal besoek om te registreer. Die telefoonnommer is 872-4350.

Mense kan nou ook registreer by die munisipale kantore op Wellington  (873-1121) en Saron (023-240-0525).

* Thousands registered for the election in the Drakenstein area last weekend.


Detectives without phones

[ Top ]


DETECTIVES in Mbekweni have to work without official telephones or computers in their offices.

A public phone at the end of a passage is their only means of communication.

The new police station in Mbekweni was inaugurated in 2002, but soon became overcrowded.

The Mbekweni police single quarters, 100m from the police station in Sand Street, was refurbished in October last year and now serves as office for the detective squad.

But without telephone communication.

"How can one expect service when the police have to work under such circumstances?," an irate member of the Mbekweni community asked this week.

"I was sent from the police station to make a statement at the detectives. But then I had to follow the detective back to the police station so that he could double-check information and make a phone call regarding my case.

"That is not good enough, not for me and not for the policeman."i


Homeless

[ Top ]


SIX squatter shacks were destroyed by fire on the outskirts of Mbekweni at the weekend, the third fire in the area in the past month.

The Drakenstein fire brigade was alerted early on Saturday morning when the fire started in Langabuya, east of Drommedaris Street.

The cause of the fire is unknown.

No-one was injured but six families lost all their possessions. The fire brigade supplied the homeless with emergency rations.

In the first fire, two days after Christmas, 98 shacks between Drommedaris Street and the railway line were destroyed and 250 people were left homeless.

Ten days ago 75 homes were gutted, leaving another 200 destitute.

The cause of the first fire is not known, while firemen and the inhabitants of the settlement known as Nederpark, suspect that arson could have ignited the second fire.


Beboet oor paneelkloppery

[ Top ]


'n PAARLIET wat ten spyte van 'n hofinterdik wat deur die Munisipaliteit verkry is, steeds onwettig paneelklopwerk in sy voortuin gedoen het, is verlede week gevonnis tot 'n boete van R1200 of 40 dae tronkstraf vir minagting van die hof.

'n Opgeskorte vonnis van 80 dae tronkstraf is ook aan hom opgelê, sou hy binne die volgende vyf jaar weer skuldig bevind word aan dié oortreding.

Bure in Annie Benjaminstraat kla reeds jare oor Hermie Collins se voortgesette paneelkloppery en spuitverwery, wat oor naweke en tot so laat as agtuur in die aand die stil buurt versteur het.

Volgens Collins het hy "verlof van raadslede" gehad vir sy aktiwiteite "omdat dit werk skep."

Die hof het egter Collins se verweer verwerp omdat raadslede nie geregtig is om verlof te gee vir aktiwiteite wat in stryd met munisipale ordonnansies is nie.

Paneelkloppery mag slegs in industriële gebiede wat daarvoor gesoneer is, uitgevoer word.

* 'n Wakker lid van die publiek het verlede Donderdag die polisie in kennis gestel waarna 'n vermeende bedrieër met 'n gesteelde motor in sy besit betrap en in hegtenis geneem is.

Volgens kapt Johnny May, polisie-kommunikasiebeampte, het die man en 'n vrou by 'n gastehuis in die Paarl ingestap en baie verdag gelyk.

Die eienares van die gastehuis het die polisie ontbied, en daar is gevind dat die man, Johan Jens (31), twaalf lasbriewe vir sy in hegtenisname in die gesig staar.

Die verdagte word in Wellington, Uitenhage, Mosselbaai, Walmer en Chatsworth gesoek vir motordiefstal, diefstal en bedrog.

Hy het na bewering motors gesteel, by gastehuise aangedoen en terwyl hy oornag het, die huis leeg gesteel.

In 'n ander voorval verlede week is 'n skolier na bewering helder oordag deur drie boewe van sy selfoon in Flambeaustraat, Courtrai, beroof. Een van die vemeende diewe is kort daarna deur 'n lid van die publiek wat die voorval gesien het, aangekeer.

Die polisie vra dat die publiek verder inligting bekend maak oor misdaad. Skakel die klagtekantoor by 807-4000.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za