safetop
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 29 January 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 6 February  2004 at 17:00

Youth - Jeug


b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
wlaraFC

MEETING THE MAN. The West Indian batting legend, Brian Lara, made many a boy's dream come true when he met local kids while practising for last Friday's One Day International against the SA A-team in Paarl. Here he signs a couple of autographs for Paarlzicht students.


Kind hier eerste

[ Top ]


HIER is die kind die belangrikste. Dit is baie duidelik as 'n mens met André Verhoog, nuwe hoof van Noord-Eind Primêr in Noorder-Paarl, praat.

Verhoog het pas die leisels by Joe Grindlay oorgeneem en dit is duidelik dat hy baie uitsien na die uitdagings wat sy nuwe pos inhou.

"Noord-Eind was nog altyd 'n kinder-vriendelike skool en ek wil hierdie beeld uitbou.

"Ek wil die kinders betrokke maak," sê hy en verduidelik van sy planne om byvoorbeeld die leerlingraad verantwoordelik te maak vir saalsessies.

Verhoog het sy onderwysstudies by die destydse Wellington Onderwyskollege begin en later ook die graad B.Ed. by die Universiteit van Stellenbosch behaal.

Sy eerste pos was by Worcester-Oos. In 1995 het hy by Noord-Eind begin en in 1999 adjunk-hoof geword.

Verhoog het op sy dag rugby gespeel vir Boland en SWD. Deesdae rig hy van die skoolspanne af.

Sy vrou, Rolien, gee kuns by Laerskool Hugo Rust en Noord-Eind. Hulle het twee kinders, Gerhard (7) en André (4).


Hugenote vier jubileumjaar

[ Top ]


HUGENOTE HOëRSKOOL se duxleerlinge van 1954 tot 2003 is onlangs vereer met goue medaljes en spesiale sertifikate om die skool se jubileumjaar af te skop. Die skool is vanjaar 50 jaar oud.

Hierdie Akademiese Prestige-aand was die eerste van 'n hele paar hoogtepunte wat vir die jaar beplan word.

Hennie Bester (dux 1980), oud-minister van die Wes-Kaap parlement, was die spreker. In 'n besielende boodskap het hy vanuit 'n vars perspektief na die toekoms van SA gekyk en beslis vir elkeen in die gehoor met stewige pitkos gelaat.

Winnie Rust (ook 'n oud-duxleerling) het 'n oorsig van die skool se geskiedenis gegee.

'n Paar van die talle prominente persone wat vereer is, is Jac Laubscher(dux 1976), Absa se hoof-ekonoom vir 2003, André Zeeman (dux 1978), Uitvoerende Direkteur by Sanlam, prof Chris van der Merwe (dux 1961), Universiteit Kaapstad, en prof Max Loubser (dux 1966) van die regsfakulteit Universiteit Stellenbosch.

Hugenote het ook by hierdie geleentheid spesiale erkenning gegee aan die 33 matrieks van 2003 wat A-gemiddeldes behaal het.

Boonop is die vyf toppresteerders van graad 8 tot 11 ook elk beloon met 'n spesiale sertifikaat.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za