safetop
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 29 January 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 6 February  2004 at 17:00

Sport

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Seconds to spare

[ Top ]


IN an exhilarating sprint for the finish, Wesley Cole won the Elite class of the Paarl Post/Paarl Motors Wine Route 78km cycling race on Saturday.

Cole, riding for CVT/CSC, along with a bunch of some 40 riders raced along the Berg River to catch the two front runners in the last second and secure the yellow jersey.

The riders set off in what can only be

wvictoryFC

GOT IT! A jubilant Wesley Cole of CVT/CSC celebrates after winning the 78km Paarl Post/Paarl Motors Wine Route League Race on Saturday.

Moolman Welgemoed (Sub 3) and Evert du Plessis came second and third.

It was a clean sweep victory in the women's category with Cathy Carstens taking the honours.

"It was a fast race from the start. The men's E-batch riders caught up with us and I fell in with them.

"It was hard pressing going up Helshoogte, but I was chuffed to keep up with the male front-runners.

"All the best female riders were here. I'm just glad I didn't need to sprint for the finish," said Carstens, who finished almost four minutes before her nearest rival, Liza Serfontein in 2:12:27. Karen Clarke (Virgin Active) was third.


Peoples beklink taai stryd teen Wellington

[ Top ]


DIT was Saterdag omtrent 'n naelkou affêre toe die eerste krieketspanne van Young Peoples en Wellington mekaar op Daljosafat die stryd aangesê het.

Die tuisspan het met een paaltjie gewen.

Wellington kon slegs 122 lopies bymekaar skraap danksy die akkurate boulwerk van die twee Ontongs, Justin (4/24) en Hubert (4/31).

Wellington se voorste lopiemaker was Stefan Geldenhuis met 17.

Op 115/4 was Peoples goed op pad na 'n oorwinning maar ewe goeie boulwerk deur die Boland-speler Ryan Groeneveldt (3/34) en sy broer, Warren (2/24), het Peoples laat knyp op 122/9.

Lester Opperman slaan egter die wenlopie om die sege vir die tuisspan te beklink.

Peoples se beste kolwers was Bronwill Williams (40) en Justin Ontong (38).

Peoples III het in hul derby-wedstryd teen Paarl III wraak geneem op die nederlaag van die twee spanne se eerste ontmoeting dié seisoen en met vier paaltjies gewen.

Paarl moker 170 lopies op 'n swak blad met C Cupido (34) en L Coetzee (50) wat weerstand bied met die kolf.

Slegs Ricardo Kermis (5/67 in 28bb) en Marlin Carolissen (1/43 in 15 bb) kon paaltjies inoes.

Peoples kolf deurgaans goed en eindig op 171/6 na 42 beurte, met Melvin Jackson (61) en Malcolm Wilson (34) wat die lopies inryg. Elton du Plessis (2/39) het moedig vir Paarl probeer.

Saterdag speel Peoples weg teen Van der Stel op Stellenbosch, Peoples II in sy tradisionele derby teen Paarl II op Daljosafat en Peoples III weg teen Worcester United.


Paarl-Oos hou weer kop omhoog teen Paarl

[ Top ]


DIE manne van Paarl-Oos kon Saterdag weer hul koppe omhoog hou nadat hulle op verrassende wyse met Paarl Krieketklub afgereken het.

Harde woorde het geval nadat Paarl-Oos verlede Saterdag 'n vernederende 173-lopie oorwinning aan die hande van Wellington gely het.

Dat daar gehoor gegee is aan die uitkryt-sessie was duidelik.

Paarl het eerste voor die penne stelling ingeneem en is tot 169 beperk toe hulle in die 58ste beurt uitgehaal is.

Erasmus Hendrikse (44 4x5), Lindsey van der Bergh (35 4x5), Clint Philander (23 4x3) en Wesley Euley (20 4x1, 6x1) het met breë kolwe gespeel.

Paarl-Oos se Jack Daniels (2/31 in 14bb, 4 leeg), Graig Abrahams (2/37 in 14bb, 4 leeg) en Justin Watts (1/14 in 5bb, 2 leeg) het die skade gedoen.

Die tuisspan se veldwerk was ook een van die dag se hoogtepunte met vyf Paarl kolwers wat uitgehardloop is.

Voor 'n groot skare het Paarl-Oos bewys dat hulle wel kan kolf.

'n Verandering in die kolforde het ook vrugte afgewerp en die tuisspan moker die wenlopies in die 56ste beurt, met Zynodien Fredericks (73nun 4x6), Bruce Miller (32 4x2, 6x1) en Elroy Abrahams (25 4x3) wat uitblink.

Philander (1/24 in 7bb, 1 leeg), Euley (1/28 in 5bb) en Rowan Goetham (1/42 in 20bb, 4 leeg) was Paarl se beste boulers.


Bergrivier se jonges maak geskiedenis

[ Top ]


DIE spanne van Bergrivier Krieketklub het Saterdag gemengde uitslae op hul tuisveld behaal. Die enigste ligstraal  was die goeie boulwerk van die tweede span se Kurt Carolissen teen Van der Stel.

Die tweede span van Bergrivier het Saterdag ook geskiedenis gemaak toe hulle Van der Stel nie net vir 75 lopies uitgehaal het nie, maar die kragmeting binne drie uur afgehandel het. Die wedstryd het slegs twee uur en 46 minute geduur.

Van der Stel het 'n aanvangsvennootskap van 34 lopies gehad, maar toe begin Carolissen die paaltjies die een na die ander plattrek. Hy het in agt beurte waarvan twee leeg was, 6/14 geneem.

L Paisson (35 4x5) was al kolwer wat lopies kon aanteken. Ashwill de Vries (3/1) en Lee-Trevino Hoffman (1/24) was ook suksesvol met die bal.

Bergrivier het slegs 11 boulbeurte nodig gehad om die totaal verby te steek. Darren Isaacs (26 4x5) en Heinrich Albertus (35nun 4x8) was die kolwers wat die lopies gejaag het. Bergrivier wen met agt paaltjies.

Die eerste span kon Sondag vir die tweede agtereenvolgende wedstryd nie die uitklophou plant nie. Veldwerk en verbroude vangkanse het hulle weer die wedstryd gekos. Die wedstryd het onbeslis geëindig.

Bergrivier het nege punte teenoor die ses punte van Worcester Moslems verdien.

Die tuisspan het 233 lopies gemoker waarvan Wes Goetham (56 4x7), Lincoln Dampies (41 4x4, 6x1) en Marquin Julies (30 4x4, 6x1) die beste gevaar het met die kolf.

Bjorn Cochrane se 4/38, Faieez Jacobs (2/36) en Wayne Adams (2/47) was die Moslems se boulers wat uitgeblink het.

Bergrivier het vroeg toegeslaan toe die besoekers hul aanvangspaar vir 22 lopies verloor het. Cochrane se onoorwonne 68 wat drie grenshoue ingesluit het, was die spil waarom die beurt gedraai het. Sy oordeelkundige kolfwerk het die boulers gefrustreer.

In die tweede laaste beurt moes Bergrivier die wedstryd beklink, maar 'n verbroude vangkans het hulle die stryd gekos.

Tony Breeze (31 4x4), MC America (22) en Warren Davids (21) was die kolwers wat dubbelsyfers behaal het vir Moslems. Ryan Mouton (2/33), Jack Abrahams (2/28) en Paul Liebenberg (1/15) het die besoekers tot 196/9 gehelp.

Albei Bergrivier se spanne speel Saterdag weg. Die Premierliga speel teen Piketberg en Bergrivier II teen Atlantis II op Atlantis. 


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za