|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
|
 |
|
|
 |
|
|
 |
|
|
|
Thursday 29 April 2004 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
This site will be updated on 6 May 2004 at 17:30 |
|
 |
|
|
|
|
|
|
Sport |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
INHAAL. Webster Jacobs (links) van Yorkshire Fietsryklub het Dinsdag die Kermesse-wedren van die Safari Bombela 1 Myl byeenkoms gewen. Lorenzo Cupido (regs) ook van Yorkshire was in die vierde plek. Graham Hector (FGB Wheelers en Verdi Farao (Yorkshire) was tweede en derde. |
|
|
|
|
|
Langasems nou deeglik bekyk |
|
|
|
[ Top ] |
|
|
|
|
|
|
|
BOLAND ATLETIEK en Boland Ussasa gaan vanjaar ten volle kragte saamsnoer om te verseker dat die sterkste moontlike provinsiale landloopspan na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gestuur word.
Daar was die afgelope paar jaar probleme met landloopbyeenkomste van skole en klubs wat oorvleuel.
Talentvolle skoolatlete kon dikwels nie vir hul skool sowel as 'n klub deelneem nie, aangesien skole en klubs in twee aparte ligas deelgeneem het.
Ingevolge samesprekings tussen Boland Atletiek en Boland Ussasa die afgelope drie jaar, is die probleem opgelos.
"Ons het verlede jaar die eerste proeflopie gehad met skool- en klubatlete wat tydens twee geleenthede, 'n proewe-byeenkoms op Malmesbury en die Boland Landloopkampioenskappe, saam aan een byeenkoms deelgeneem het.
"Vanjaar sal dié atlete tydens vyf byeenkomste teen mekaar te staan kom," sê Richard Stander, uitvoerende beampte van Boland Atletiek.
Volgens Stander sal die skole steeds hul byeenkomste hê, maar dit nou op Woensdae hou, terwyl die klubligas op Saterdae gehou sal word.
"In die verlede het te veel atlete deur die krake geval. Nou neem almal op dieselfde baan deel en niemand kan misgekyk word nie," sê Stander.
Vanjaar se Boland landloopseisoen begin op 8 Mei op Worcester.
Die seisoen sal uit nege wedlope bestaan, met die prestasies in vyf hiervan, die proewe-byeenkomste, wat gebruik sal word om die finale Bolandspan te kies.
Benewens drie amptelike Boland landloopproewe, sal die prestasies in die Wes-Kaapse en Boland landloopkampioenskappe ook die keurders help beslis wie hul tasse vir Bloemfontein moet pak waar die SA's op 11 September aangebied word.
Die drie proewe-byeenkomste sal op 8 Mei (Boland Park, Worcester), 29 Mei (Grabouw Buiteklub) en 24 Julie (Bolandpark krieketveld, Paarl) plaasvind.
Die Wes-Kaapse Landloopkampioenskappe word op 26 Junie ook in die Paarl by die Boland Krieketveld gehou. Spanne van die WP, SWD en Boland sal teen mekaar deelneem.
Atlete se laaste kans om vir die Boland-span te kwalifiseer sal op 7 Augustus wees wanneer die Boland Landloopkampioenskappe by Boland Krieket aangebied word.
Die finale Boland-span sal na afloop van dié byeenkoms gekies word. Daar sal ook 'n span gekies word wat Boland by die SA Skole kampioenskappe op 25 September in Oos-Londen sal verteenwoordig.
Ussasa sal op hul beurt ook weekliks bykomende byeenkomste in hul onderskeie streke aanbied.
Verdere landloopbyeenkomste wat nie as proewe vir die Boland-span dien nie, sal op 22 Mei in Paarl, 19 Junie by Hangklip en 31 Julie in Malmesbury gehou word.
"Die enigste atlete wat van 'n plek in die Boland-span verseker sal wees, is die wenners by die Boland Landloopkampioenskappe en die atlete wat die minste punte agter hul naam het, na afloop van die vyf proewe.
"As atlete se tye ook op standaard is, en daar beslis word dat hulle op nasionale vlak mededingend kan wees, sal hulle ook in die span ingesluit word," het Stander verduidelik. |
|
|
|
 |
|
 |
Kavaliers vol vertroue |
|
|
 |
|
 |
DIE Boland Kavaliers sal vasbeslote wees om hul posisie bo-aan die Vodacom Skild punteleer te behou wanneer hulle môreaand op Wellington die SWD Arende pak.
Die Kavaliers is tans die voorlopers met 19 punte ná vyf wedstryde. Griekwas lê in die tweede plek met 16 punte, maar het reeds al ses hul wedstryde gespeel. Die Arende, in die derde plek ook met 16 punte, is die enigste span wat die Wynlanders nog van hul troontjie kan afstamp.
As Boland vyf punte uit die wedstryd kan kry, sal dit hulle met 24 punte in die gemakstoel laat sit, slaag die Arende egter met 'n wen, kan hulle met 20 punte op die Kavaliers se koppe gaan sit.
Beide spanne kan ook met 20 punte eindig as die Arende sonder 'n bonuspunt wen en die Kavaliers op hul beurt wel 'n bonuspunt kry. Die Kavaliers se huidige punteverskil van 61 teenoor die agt van die Arende sal egter die eerste plek vir die Swarttruie verseker.
Die Kavaliers sal beslis oorloop van selfvertroue danksy oortuigende seges in hul afgelope wedstryde teen die OP (29-6 weg), Griffons (47-11 op Caledon) en Griekwas (24-13 weg).
Haker Conrad Burke sal die Kavaliers aanvoer, met Chris Potgieter op die reserwebank.
Slegs twee veranderinge is aangebring aan die span wat verlede naweek vir die Olifante afgeslag het.
Die flank Angelo Brinkhuys word deur Henley du Plessis vervang en sal van die plaasvervangersbank sake dophou, terwyl Rayno Benjamin vir Kobus Meintjies plekmaak onder die plaasvervangers.
Die wedstryd skop om 19:00 af, maar Weltevrede Sekondêr en Hoërskool Bredasdorp (16:00) en Hoërskool Hugenote en Bergrivier Sekondêr (17:15) pak mekaar in twee voorwedstryde. 'n Skole Skopkompetisie sal ook om 18:30 gehou word.
Die Boland-span is Antonius Verhoeven, Alshaun Bock, Piet van Zyl, Jacques Badenhorst, Malan du Plessis, Patrick Pietersen, Neil Papier, Denzil Frans, Henley du Plessis, Kobus le Roux, Nicky Smit, Vion Wium, Tommy Dixon, Conrad Burke (k) en Fabian Brandt. |
 |
|
 |
Safari race to draw thousands |
|
|
 |
|
 |
THE streets of Wellington will once again shake under the onslaught of some 16 000 feet when the Safari Half-marathon gets underway early on Saturday.
More than 8 000 athletes will gather before dawn at the starting line in Willem Basson and Blouvlei Avenues and warm up for when the gun goes off at 07:15.
As usual this race promises to be one of the highlights on the local road running calendar.
The route allows runners and walkers (5km and 10km) alike to savour the historical town, local vineyards and surrounding countryside.
Spectators can also look forward to seeing a number of elite athletes in action.
Local promoter and manager of various well-known athletes, Durban Mpahlana, has confirmed that Willem Rooi, winner of last year's Gun Run, will be taking part, as will Norman Dlomo, George Mofokeng and Jefferey Gwebu.
Among the women, Bulelwa Mtshagi, last year's Safari Half-marathon winner, has once again entered and will be going all out to defend her title.
Total prize money this year exceeds R27 500 with R5 000 each going to the winning male and female athletes.
In addition to this, New Balance official footwear, sponsor of the Safari Halfmarathon, have an added incentive of R1 000 each to the first male and female finisher wearing New Balance shoes.
The Reach for a Dream charity organisation will be the main beneficiary of this year's event.
Reach for a Dream is a non-profit organisation, which tries to fulfill the dreams for children with life threatening medical conditions such as leukaemia, aids, cancer and organ transplants.
In an attempt to raise awareness about and funds for the Reach for a Dream project, two athletes from the Wellington Athletics Club, Charl Yates and Wessel Cronjé, will be running the event with K1 canoes on their shoulders for the full half-marathon distance of 21,1km.
Any individuals or organisations that would like to sponsor or make a donation to Yates or Cronjé can call the Safari Half-Marathon race office on 511-7130 or can deposit an amount directly into the Absa bank account Safari Race 405303 4692 (branch code 632500).
Spectators and supporters on race day can visit the sportsfields of Huguenot High School where the finish of the event takes place.
There will be a variety of activities such as food stalls, arts and crafts, a beer garden and games for children. Local band Bone Idol will provide music and entertainment on the day.
Entries for the half-marathon and 10km have closed but fun runners can enter the 5km event which starts at 07:10 in General Hertzog Boulevard.
Pre-entries for the 5km will also be taken at Wellington Tourism Bureau office today between 12:00 and 19:00 and tomorrow between 09:00 and 21:00.
All finishers will receive a medal and be eligible for lucky draw prizes. Last year's 5km event attracted more than 1 500 participants. |
 |
|
 |
Volop aksie by KN Sewestoernooi |
|
|
 |
|
 |
AANSKOULIKE hardlooprugby sal Saterdag aan die orde van die dag wees wanneer Klein Nederburg Sekondêr sy vyfde jaarlikse Sewestoernooi aanbied.
Die skole wat vanjaar sake onder mekaar gaan uitspook, is Klein Nederburg, New Orleans, Bergrivier, Groendal, Kylemore, Paulus Joubert, Noorder-Paarl en Robinvale.
Slegs New Orleans en Charleston Hill kon oor die afgelope vier jaar die titel inpalm, met NO wat in 2000 en 2002 die oorwinnaars was, en Charleston Hill in 2001 en 2003.
Om dié patroon vol te hou beteken dit dat New Orleans vanjaar weer die span is om te klop.
Die skool spog met 'n bulspan en hul 60-5 oorwinning oor Noorder-Paarl Saterdag getuig van hul sterkte.
Met staatmakers soos die kaptein en agtsteman Oswill Thomas, en die groot vleuel Hilton Lobberts sal hulle beslis dopgehou moet word.
Die gasheerspan sal egter alles uithaal om hul eie toernooi vir die eerste keer te wen en het hoeka Saterdag vir Paulus Joubert 27-0 geklop.
Die wedstryde begin om 09:30 en verversings sal deur die dag te koop wees.
Die program is: 09:30 New Orleans t Paulus Joubert, 09:50 Bergrivier t Groendal, 10:10 Klein Nederburg t Robinvale, 10:30 Noorder-Paarl t Kylemore, 10:50 New Orleans t Groendal, 11:10 Paulus Joubert t Bergrivier, 11:30 Klein Nederburg t Kylemore, 11:50 Robinvale t Noorder- Paarl, 12:10 New Orleans t Bergrivier, 12:30 Paulus Joubert t Groendal, 12:50 Klein Nederburg t Noorder-Paarl, 13:10 Robinvale t Kylemore. |
 |
|
 |
Krieketmeisies beïndruk Engelse klubs |
|
|
 |
|
 |
DIE indrukwekkende spel van die junior Boland vrouekrieketspanne was die vonk vir internasionale bande met hul Engelse eweknieë.
'n Toerspan van Kent het onlangs Suid-Afrika besoek en wedstryde teen spanne van Kaapstad, Mitchells Plain, Wynberg gespeel en ook kragte gemeet met 'n WP en Boland span.
Afrigter, Cobus Roodt, van die Boland junior vrouekrieket, het drie spanne vir dié provinsie saamgestel insluitende 'n o.19 Boland-Sentraal span.
Roodt se o.15 Uitnodigingspan was die enigste span wat hul wedstryd teen die Engelse kon wen. Al die ander teenstand op die toernooi is deur die Kent-meisies platgevee.
Die o.15's het Kent tot 140/5 beperk. Tereze Loots was die tuisspan se beste bouler met 2/22 in ses beurte. Boland kry die wenlopies met slegs drie paaltjies plat. Logan Arendse (34nun), Wilmarie Giliomee (37) en Charlene van der Merwe (20) was die beste kolwers.
Die Boland Sentraal o.19 span se wedstryd is weens reën beperk en hulle verloor met 23 lopies.
Die o.19 Boland Uitnodigingspan verloor met drie paaltjies.
Ontwikkelingsbestuurder van Kent Vrouekrieket, Dave Sears, en die Engelse afrigters was so beïndruk met die jong krieketspan van die Boland, en dié feit dat hulle nog slegs drie jaar bestaan, dat hulle die o.15 span genooi het om volgende jaar in Kent te kom toer.
Met die Boland se senior vrouekrieketspan wat vanjaar die eerste Nasionale liga-titel ingepalm het, is dié vertoning van die junior meisies net nog 'n pluimpie vir die talent en vordering van vrouekrieket in die Boland. |
 |
|
 |
Roses verlaat nèt in naelstryd |
|
|
 |
|
 |
IN 'n taai wegwedstryd was Roses United Saterdag ongelukkig om met 'n enkele punt teen Rawsonville te verloor.
Die telling van 28-27 (7-3) illustreer hoe gelyk die wedstryd was.
Dit was die tuisspan se pak voorspelers wat met hul harde spel in die vaste fasette die grondslag gelê het vir 'n oorwinning.
Roses se voorspelers het egter ewe behendig vertoon met hul gereelde staatmaker, Ignacio Korabie (agtsteman), wat die pas aangee.
Agterlangs was dit egter die besoekers wat oorheers het, met al vier Roses se drieë wat deur die agterlyn gedruk is.
Brandon April (vleuel), Claude Arendse (losskakel), Deon Williams (vleuel) en Charl Williams (heelagter) het in die doelgebied gaan besoek aflê.
Arendse was dan ook in die kol met drie doelskoppe en twee strafskoppe.
Roses se tweede en derde spanne het 40-10 en 17-5 verloor.
Saterdag is dit derby-tyd wanneer Roses vir Wellington op Pelikaanpark pak in wat beloof om 'n titaniese stryd te wees.
Hekke open om 12:00 en toegang is R5 (R3 vir kinders) en R10 vir motors. |
 |
|
 |
Newtons leer studente 'n les |
|
|
 |
|
 |
IN 'n derby-wedstryd het Newtons Saterdag in hul Superliga A2 wedstryd vir die nuwelinge Kaapse Technikon Wellington Kampus, met 27-19 geklop.
Newtons se sege oor die studente was danksy die bedrieglike lopies van die agterlyn, met Bronwin Julies (heelagter), Jonathan Schalkwyk (senter) en Ahdiel Cassiem (vleuel) wat die oog gevang het.
Die span van KTWK het vroeg die voortou geneem toe heelagter, Thinus Stander, 'n opportunistiese drie gedruk het. Newtons antwoord met twee drieë en 'n doelskop om die rustydtelling 12-7 te maak.
Vroeg in die tweede helfte maak die studente sake gelyk, met nog 'n drie. Newtons se voorspelers neem egter die leisels oor en help bou 'n voorsprong van 27-12 op. Die studente gaan lê egter nie en druk nog 'n verdoelde drie.
Vir Newtons het Cassiem, Roderick Appollis (stut) en Schalkwyk gedruk. Rod Claasen (skrumskakel) en Jerome Coetzee (plaasvervanger-skrumskakel) het elkeen met 'n straf- en doelskop geslaag, terwyl Ranfred Dazel (losskakel) ook 'n doelskop oorgesit het.
KTWK se drieë is deur Stander, Jacques van Niekerk en Jan van der Walt gedruk. Nico Stofberg het 'n doel- en strafskop oorgeklits. |
|
|
 |
|
|
|