safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 29 May  2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 5 June 2003 at 17:00

Nuus - News


Wonderbaarlik gered

Malané Bosman

[ Top ]


wdonovanDIT was nog nie Donovan Arnolds se dag nie.

Donovan en sy broer, Leon Davids, was Dinsdag verlede week besig om asbes-dakplate op maat te sny in Wellington toe die ongeluk hulle tref.

"Dit was halftwee. Donovan het sy twee plate klaar gegrind en ek was nog besig," vertel Leon.

"Toe die grinder so 'n ruk gee, skrik Donovan en sê ek moet aangee. Ek kan

LEWENDIG. Donovan Arnold, springlewendig in die Paarl Hospitaal met sy redder, sy broer Leon Davids, wat versigtig vat langs die borskassnit waardeur chirurge moes opereer.

nie nou iets oorkom nie, ek het 'n vrou en twee kinders om voor te sorg."

Donovan het die slypmasjien geneem en daar knyp die lem vas en breek in

ses stukke.

"Een deel het in Donovan se nek vasgeskiet dat die bloed my hele gesig natgespuit het. My hemp was rooi van die bloed uit dié belangrike aar.

"Toe hardloop ek. Oor die pad na die naaste mense toe. By die woning was 'n motor, maar niemand met 'n bestuurderslisensie nie.

"Donovan was baie kalm. Ons het later twee handdoeke gehad oor die wond en hy het net bly sê ek moet dit hard vasdruk."

Intussen is 'n bestuurder vir die motor opgespoor en het hy met die bloeiende Donovan en Leon met sy hande styf oor die wond na die Paarl Hospitaal gehaas.

Donovan het al hangende oor Leon die ongevalle ingestap, in die arms van 'n kring chirurge wat net hul dag se teaterlys deurgewerk het.

Dr Jacobus Louw, waarnemende superintendent, vertel hoe suster Michelle le Roux raakgevat het en hoe dr Guillame Kotze sy vingers in die twee afgesnyde are gedruk het.

'n Drip is opgesit en binne minute het dr Niel Taljaard Donovan onder narkose gehad.

In die teater het die chirurg met 50 jaar ondervinding, prof Boet van Rensburg, en dr Wayne Johnson, wat so pas as snydokter gekwalifiseer het, die pasiënt onder hande geneem.

Die slagaar, wat net onder die sleutelbeen loop en die arm van bloed voorsien, asook een van die groot are wat bloed van die brein na die hart terugvoer, was afgesny.

Donovan moes tien eenhede bloed en ses eenhede plasma ontvang om te bly leef.

"Dit was die wil van God," sê Donovan vandag rustig in sy hospitaalbed.

"Daar is nie 'n ander rede dat ek nog lewe nie. My dag is nog lank nie hier nie. En nou wil ek net dankie sê vir almal wat daar was vir my."

* A Wellington man's life was saved in a life-or-death rush to the hospital theatre last week after he was struck in the neck by a grinder blade.


Seun eis R8 miljoen na koeël

[ Top ]


'n JONGMAN van Wellington wie se lewe onherroeplik verander is op 6 Desember 2000 nadat drie weermaglede met hul gewere op hom losgebrand het, eis nou R8 miljoen in die Kaapse Hooggeregshof van Minister van Verdediging Mosiuoa Lekota, as skadevergoeding.

Ranwell Pienaar (20) het op daardie noodlottige aand, toé nog 17 jaar oud, onwettig met sy ouers se bakkie in Wellington se strate gery, toe die drie lede - Mlamli Dlwati, Johan le Roux en Christaan Hansen - hom vir 'n voertuigdief aangesien en op hom losgebrand het.

Die voorval het hom verlam vanaf die skouers ondertoe en hy is nou lewenslank aan 'n rolstoel gekluister.

Die drie weermaglede staar 'n klag van poging tot moord in die gesig.

Hulle het ter verdediging aangevoer dat hulle inligting ontvang het dat Pienaar 'n gesteelde voertuig ry, dat hy hom teen arrestasie wou verset en dat hy probeer het om 'n vierde weermaglid, Andy Lawrence, om te ry.

Pienaar is nou heeltemal afhanklik van familielede se sorg en kan nie eens sy eie tande borsel nie. Een koeël sit nog steeds vas in sy rug.

* A young Wellington man is suing the Minister of Defence for R8 million after he was paralysed for life in December 2000 after three soldiers opened fire on him.


Vermoorde se seun in arres

[ Top ]


DIE seun van die vermoorde haarkapper Lorna Januarie het gister in die Paarl landdroshof verskyn op aanklag van diefstal van sy pa se vuurwapen.

Darrian (19) is ook in hegtenis op 'n tweede aanklag, van diefstal van 'n yskas, stoof en televisiestel uit sy ouerhuis.

Speur-insp Graham Adams het borg opponeer.

Lorna (41) is sewe weke gelede vroegoggend doodgeskiet in haar salon in Klein Drakensteinweg.

Haar man, Colin, is in die aangrensende slaapkamer in die been gewond. Die moordenaar is met R4 000 en 'n selfoon weg.


Gekaapte oorleef

[ Top ]


'n MAN van Lanquedoc in Groot Drakenstein het die naweek wonderbaarlik beserings vrygespring, toe hy deur drie mans op die R45 in die rigting van Franschhoek, gekaap was.

Edward Mokhele was Vrydagaand 19:45 onderweg na Franschhoek, toe 'n rooikleurige BMW by die Dwarsrivierbrug van agter hom wou verbysteek.

Toe die motor egter langs sy wit Mazda bakkie kom, het twee insittendes vuurwapens op hom gerig en hom van die pad gedwing.

Nadat hy van al sy besittings beroof is, is hy  agterin die verdagtes se motor se kattebak gegooi.

Hy is langs die N1 oppad Kaapstad toe afgelaai, waarna hy twintig minute na die Engen vulstasie gestap en die Groot Drakenstein Polisie in kennis gestel het.

Niemand is in hegtenis geneem nie.Skakel insp William Pietersen by 874-1016.

* A man who was hijacked in Groot Drakenstein escaped with his life on Friday night.


Driver was at fault in train crash, Spoornet commission finds

[ Top ]


AN ERROR by the driver was the cause of the Muldersvlei train accident in which ten passengers from Wellington and Paarl died and 102 were injured in January.

That was the finding of the board of inquiry whose report was released in Wellington yesterday.

"Whilst the passenger and the goods trains were moving along the same lines and in the same direction, the driver had unimpaired visibility for 1,8km," inquiry chairman Dines Gihwala said.

"The trains were also kept apart at the proper distance by way of colour signals. These were in working order and at least one yellow warning signal and the red stop signals were displayed.

"The driver of the passenger train failed to heed these signals and he ran his train into the back of the preceding train.

"One of his controls, a deadman's handle, would be released during sudden disability on the driver's part, and the power supply cut off and emergency brakes applied.

"The inquiry found no malfunction or defects in any of the equipment or rolling stock."

Mervyn Matthee, the driver, is still on sick leave after sustaining a foot injury during the collision.

"I never blamed the train," Matthee said. "I lost consciousness and must have fallen over the deadman's handle.

"Unlike on long-distance diesel locomotives, on my train the power is not cut while there is still any type of pressure on the lever."

Disciplinary action against the driver can only commence once he reports for duty at Metrorail again.

A criminal investigation by police is nearing completion.

"If I had the choice I would want to continue as train driver," Matthee said from his home in Wellington yesterday.

"But I doubt whether Metrorail will allow that."


Teater feitlik leeggedra

[ Top ]


LAG met 'n traan - só kan 'n mens die gebeure die afgelope paar weke by die Ou Meulteater in die Paarl beskryf.

Aand vir aand laat die akteurs die gehoor skaterlag met die komedie "Doller as kop-af" en nag vir nag breek booswigte in en dra die teater stuk-stuk leeg.

Danksy die hulp en ondersteuning van die publiek kon die teaterklub daarin slaag om voort te gaan met hulle huidige produksie.

Volgens Pieter Strümpher, voorsitter van die klub, het die eerste inbrake gedurende die April-skoolvakansie plaasgevind.

"Die diewe het die diefwering voor die enigste swaai-tipe venster aan die agterkant van die teater verwyder en so toegang verkry.

"Die dief of diewe het klaarblyklik baie tyd tot hulle beskikking gehad, want die hele teater is deurgesnuffel en alles van enige waarde is verwyder," het hy gesê.

"Breekgoed, ligte, die klankstelsel, waaiers, kostuums - selfs die gordyne voor die aantrekkamers is gevat."

Die inbrekers het ook kaste oopgebreek, die kandelaar in die voorportaal uit die dak geruk, spieëls in die kleedkames is van die mure geruk en gebreek en selfs kragdrade is losgeruk van die mure.

Volgens Strümpher het die Munisipaliteit, van wie die Paarl Teaterklub die gebou huur, die venster toegesweis, die diefwering herstel en weer ruite ingesit.

"Dieselfde aand het ons besoekers weer teruggekom, die nat stopverf uitgekrap en die ruite uitgehaal."

Verlede week het hulle weer ingebreek. Twee ruite is gebreek, maar diefwering het hulle gestuit.

'n Soliede houtdeur aan die suidekant is toe stukkend gebreek en toegang verkry. 

Luidsprekers, kragdrade, drank, CD's, nuwe gereedskap, 'n ketel en kostuums is gesteel. Die hoëtroustel en luidspreker is by die gat in die deur gelaat om later gehaal te word. 

"Dit is om van moedeloos te word," het Strümpher gesê.

Hy het weer 'n beroep op instansies en die publiek gedoen om hulp en bystand.

"Dit was so hittete of hierdie produksie het nie voortgegaan nie - en die teater het toegemaak.

"Ons wil bitter graag die teater vir eens en altyd op 'n goeie tegniese standaard bring, diefalarms ingesluit, wat nie net ander kunstenaars sal oorreed om hier op te tree nie, maar ook die klub in staat sal stel om meer skouspelagtige produksies op die planke te bring."

Onlangs het die bou-afdeling van die Munisipaliteit, wat agter die teater geleë is, 'n verdagte man by die teater gevang wat wou inbreek.

"Na 'n lang gewag het die polisie nie opgedaag nie, en het hulle hom laat gaan. Bid jou dit aan!" vertel 'n verontwaardige Strümpher.

Die klub is nou besig om te kyk na bykomende veiligheidsmaatreëls soos veiligheidshekke, 'n alarmstelsel en ekstra diefwering.

Strümpher kan gekontak word by 082-688-5454.

* The Old Mill Theatre in Paarl has been hit by a series of burglaries, leaving the actors in dire straits.


Motordiewe vasgetrek

Leigh Reitz

[ Top ]


INLIGTING deur die Groot Drakenstein gemeenskap het daartoe gelei dat 'n vermeende motorsindikaat deur die Groot Drakenstein Polisie oopgevlek en agt mense in hegtenis geneem is.

Volgens die stasiebevelvoerder, kapt Errol Merkeur, het inwoners van die plaas Droëbaan op 16 Mei inligting deurgegee oor verdagte voertuie by 'n woning op dié plaas.

"Daar was glo verdagte mans wat in en uit by dié woning beweeg het. Ses van ons polisiebeamptes asook lede van die Misdaadvoorkomingseenheid het die woning gaan deursoek, waarop ons  op gesteelde voertuie, 'n vuurwapen, selfoon asook 'n motorenjin beslag gelê het.

"Nadat ons die registrasienommers op die stelsel nagegaan het, het dit geblyk dat die voertuie en enjin in onderskeidelik Muizenberg en die Strand gesteel was," het hy gesê.

'n Wit Mazda Midge, groen 1400 Nissan bakkie en 'n kombi is na die polisieperseel geneem. Die kombi is op 15 Mei in Guguletu gekaap.

Twee inwoners op die plaas, Templeton Magadiela (63) en Sitnembile Sipoko (20), is in hegtenis geneem, saam met ses mans van Kaapstad. Die sake is aan die Muizenberg en Guguletu Polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

Kapt Merkeur het die gemeenskap bedank vir hul samewerking en hulle aangemoedig om nie te skroom om die polisie te kontak as hulle verdagte persone of voertuie in hul omgewing opmerk nie.

* Police have cracked down on a car theft syndicate in Groot Drakenstein.


Student sterf in gru-ongeluk

[ Top ]


'n WELLINGTONSE student het Saterdagnag in 'n motorongeluk op die dorp gesterf, terwyl sy vriend ernstige beserings opgedoen het.

Pierre Malan (20), 'n eerstejaar IT-student van George, is uit sy motor geslinger. Hy het weens hoofbeserings beswyk.

Sy klasmaat, Garryd van der Colff (19) van Vredendal, het 'n gebreekte bekken en versplinterde linkerheup.

Dit wil voorkom asof die mans Sondagoggend om 03:00 noordwaarts in Blouvleiweg gery het en uitgeswaai het by die stopstraat na Piet Retiefstraat.

Die BMW is oor die sypaadjie, ryvlak en middelmannetjie voordat die randsteen aan die inkomende baan na Wellington die motor omgegooi het.

Die motor het tot in Hoogstraat geskiet en op sy dak te lande gekom. Die voorwiele is met die slag uit die wrak geruk.

Die seuns het altwee uitgeval. Garryd is deur ambulanspersoneel onder die wrak uitgehaal.

Studentemaats wat geweet het dat Pierre minute tevore 'n vriend in Uitsig sou gaan oplaai het, het die slag gehoor en hulle na die toneel gehaas.

Hulle het geskok by die wrak saamgedrom.

'n Roudiens vir Pierre word Saterdag om 14:00 in die NG Gemeente Blanco op George gehou.

* A Wellington student died in a crash early on Sunday morning.


Traffic official behind bars

[ Top ]


A PAARL traffic official was arrested in a local nightclub after a fracas in which several on-duty policemen and army personnel were attacked.

Edward Maliti was visiting Bongi's nightclub in Breda Street in his private capacity on Friday night, when the police raided the premises.

The action was part of a clampdown on illegal dealing in drugs, alcohol and weapons.

The law enforcers entered with a warrant and attempted to search the premises at 02:00 on Saturday.

Maliti and a friend, Andile Plam, allegedly tried to intervene.

Attempts were made to grab the firearm brandished by a member of the armed forces.

In the ensuing scuffle Maliti suffered a cut to his cheek before officers managed to restrain him.

Four charges of assault were brought against him and Plam and they were locked in the police cells.

Maliti was later granted bail of R100 while Plam was set free with a warning to appear in court upon completion of the investigation.

* Members of the Crime Prevention Unit of the Police confiscated thousands of rands of drugs and alcohol in raids in Paarl and Wellington at the weekend.

A resident of the Cape Provincial Administration village in Paarl South, Chris Williams, was arrested for illegally dealing in liquor and his refrigerators confiscated.

The embankment of the Berg River next to the Boulevard and the caravans near the taxi-rank at Paarl Shoprite were raided, as well as the squatter area opposite the Huguenot railway station.


Wrede naweek vir Paarl

[ Top ]


DIE Paarl polisielykhuis was teen die einde van die naweek so vol dat daar van verkoelingsgeriewe van 'n begrafnisondernemer en die Paarl hospitaal gebruik gemaak moes word.

Kerkgangers het Sondagoggend op die lyk van Vukeli Mshaba (22) van V-blok, Mbekweni, afgekom kort nadat hulle drie mans van hom sien weghardloop het op die oop stuk veld noord van Groenheuwel.

Mshaba het met meswonde in sy liggaam gesterf.

Benewens die vier sterftes op paaie in en om die Paarl, is daar ook drie mans in Drakenstein vermoor.

Jakob Swartz (37) van Fortuinstraat, Klapmuts, is Saterdagoggend naby sy woning deur 'n trein doodgetrap.

'n Uitgeputte insp Paul Abrahams, bevelvoerder van die Paarl polisielykhuis, moes Sondag ook die liggaam van 'n motoris van Atlantis gaan haal ná 'n kop-aan-kop botsing op die N7 tussen Malmesbury en Kaapstad.

Die insittende van die tweede voertuig is deur verbygangers uit die wrak gesleep sekondes voordat die voertuie aan die brand geslaan het.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za