|
|
 |
Sport |
 |
Off to the champs |
|
|
 |
TWO riders of Paarl and Wellington make up the Western Province contingent of a team of five female riders that will compete in the World Championships at the International Mounted Games in the USA in July.
Simone Kilian (16) of Paarl and Tanya Kerr (17) of Wellington have both been riding for the Paarl Pony Club for the last ten years. |
 |
 |
|
Championships in Ottowa and the World Championships in Kentucky, USA.
Along with two riders from KwaZulu-Natal and one from Gauteng, Simone and Tanya made it into the team after a gruelling three days of selection trials.
The South Africans, escorted by coach Gloria Killian, also of Paarl, will travel to Canada where they will be supplied with horses and receive two weeks of intensive training before pitting their strength against the local riders in the national event in Ottawa.
The riders and their borrowed horses will then be transported to Kentucky for the World Championships where they will compete against riders from 14 other countries.
"All riders have to be able to vault on and off their ponies, both stationary as well as at a canter.
"They will compete in 60 races from heats to finals, a high degree of skill is required handling the competition equipment," explains Gloria, who owns the Evergreen Stables Riding Centre in Paarl and heads the Paarl branch of the Pony Club.
Simone currently studies at the Boland College in Paarl and has twice been awarded Western Province Pony Club colours for showjumping and SA Pony Club colours for showjumping and Mounted Games in 2001.
Tanya, a scholar at La Rochelle Girls' High, has represented her branch in mounted games (for the last nine years), as well as in showjumping and equitation.
Captaining the team, will be Mande Siderfin (32) currently running her Equestrian Centre in Gauteng, but previously from Wellington where she attended Hugenote High School.
She is also the National Chairperson of MGASA and also represented SA two years ago at the Mounted Games World Championships.
The enthusiasm and financial help of the Canadians, who were the World Champions in 2001, can be ascribed to this country's eagerness to give the sport of Mounted Games Olympic status.
The girls' each need R20 000 for their trip. Potential sponsors can contact Adrian Kerr at 082-575-9198. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Kavaliers is honger vir wen |
|
|
 |
|
 |
HEELWAT versterkings is ingeroep om die Boland Kavaliers weer op die wenpad te kry in een van die belangrikste reekse waarin dié provinsie die afgelope jare gespeel het.
Die Kavaliers pak Saterdag die Oostelike Provinsie in hul eerste uitspeelwedstryd om 'n plek in vanjaar se Curriebeker-reeks.
Die Kavaliers se afrigter, Hawies Fourie, het gefokus op die aankoop van agterspelers, nadat die span van Wellington kwaai met diepte gesukkel het en in sy laaste twee Vodacombeker-wedstryde slegs met twee gekontrakteerde agterspelers gespeel het.
Beserings het 'n groot rol gespeel in die span se Vodacom-treurmare, waarin hulle nie een wedstryd kon wen nie.
"Dinge het nie verloop soos ons beplan het nie. Ons het met en sonder 'n bietjie geluk wedstryde verloor, maar die spelers is honger om aan die wenkant te kom en is gemotiveerd om die bordjies te verhang," het Fourie gesê.
Van die nuwe spelers wat reeds Saterdag speel in die Boland se eerste wedstryd op Wellington, is die voormalige Cheetahs-vleuel Ashwell Rafferty, Solly Goosen (losskakel, WP) en Piet Myburgh wat onlangs in Italië klubrugby gespeel het en ook vir die Blou Bulle en SA o.23 uitgedraf het.
Nog twee nuwelinge, Melvin Smith (vleuel, Leeus) en Ernst Joubert (agsteman, WP), sal op die reserwebank wees.
Ander spelers wat ook by die Boland aangesluit het, is Herman Schreuder (senter, WP) en Ryan Pickering wat twee jaar terug vir die Bulldogs vleuel gespeel het.
Die WP en Stormer agtsteman, Chean Roux, speel Saterdag in die eindstryd van die Italiaanse Premier rugbyliga vir die klub Calvisano, en sal Woensdag by die Kavaliers aansluit.
Fourie is positief oor hul kanse die naweek.
"Ek het Dinsdagaand 'n video van hulle bestudeer. Dit was die eerste keer vanjaar dat ek hulle in aksie gesien het, en was verbaas met die sterk pak voorspelers wat hulle het.
"Hulle speel baie fisies. Chad Alcock (skrumskakel) is ook 'n speler om dop te hou. Ons is versigtig, maar ek glo ons kan hulle aanvat."
Die wedstryd skop om 15:00 op die Boland Stadion af.
Die span is Antonius Verhoeven, Warren Petersen, Piet van Zyl, WP Strauss, Ashwell Rafferty, Solly Goosen, Cassie Carstens, Henley du Plessis, Kobus le Roux, Chris Potgieter (k), Piet Myburgh, Nicky Smit, Andries Human, Gustav Rademeyer, Pieter Terblanche. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Kanovaarders maak reg vir Berg |
|
|
 |
|
 |
 |
|
DIE winter is hier en die Bergrivier Kanomarathon lê om die draai. Kanovaarders wat vanjaar aan dié uitmergelende wedvaart wil deelneem, het Saterdag die eerste van die kwalifiserende bene op die Bergrivier afgelê.
Weens die lae watervlak kon die roeiers nie die tradisionele eerste been van Franschhoek na Paarl vaar nie en is die wedvaart beslis tussen Paarl en Skooltjie.
Soos verlede jaar die geval was, is Graeme Solomon van Skiereiland Kanoklub vanjaar weer een van die groot aanspraakmakers. Solomon wat verlede jaar tweede geëindig het in die Bergrivier Marathon en in 2001 gewen het, het Saterdag se been in 'n tyd van 1:45:26 gewen.
Hy is gevolg deur die Matie, Gert van Deventer (1:46:02), Edgar Boehm ook van Skiereiland in 1:46:22 en Chris van Deventer (Maties) in vierde plek met 1:50:25.
Onder die vroue het Donia Kamstra (Kin) die eersteplek geneem in 'n tyd van 2:10:19, met Erin Liebbrandt (Maties) 2:16:09 tweede en Kim Rew (2:20:08) van Milnerton derde.
Ander Paarl roeiers wat goed gedoen het, was Mynard Marais wat die veterane-klas gewen het en sewende algeheel was; Adie de Kock (derde sub-meester), Giel van Deventer (derde meester), Herbert Conradie (derde in B-klas), Paul Lombard (tweede junior) en Wayne August (derde o.21). |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Geen keer aan Thomas se trapkrag |
|
|
 |
|
|
|
 |
TYDENS die Muldersvlei padfietswedren wat die Westelike Provinsie Fietsryunie Saterdag aangebied het, het Garth Thomas gewys dat hy in uitsonderlike vorm is.
Die Rhadsport-ryer het tydens die hoofwedren van 129km met die louere weggeloop - sy vierde agtereenvolgende oorwinning op die pad.
By die 90km-merk het vyf ryers van die bondel weggebreek en voorgebly tot aan die einde. Thomas het onder Wynand Oosthuizen (tweede) van CVT, Martin Roblick (derde) en Raynold Cox (vierde) albei van Tygerberg Fietsryklub, uitgery.
Thomas het met dié oorwinning die nasionale keurders reg bewys, met sy insluiting op 'n kortlys vir 'n span na vanjaar se Afrika Spele.
'n Ander ryer van die Vallei wat 'n goeie vertoning gelewer het, is Marius Bester wat weer op sy eie weggebreek het van die bondel en meer as drie minute voor die ander geëindig het in die o.14 groep.
Bester het die vorige week die WP Padkampioenskappe met tien minute gewen en ook goud verower in die tydtoetswedren.
Réniell Matthysen het die derde plek in die o.16 wedren oor 86km verower. Hy het ook tydens die padkampioenskappe derde gekom in die 20km tydtoets. |
 |
|
|
|
 |
Burger lei o.21 Bokke |
|
|
 |
 |
|
Die Wellingtonner Schalk Burger sal die o.21 Springbokke as kaptein aanvoer wanneer hulle oor twee weke hul Wêreldbeker-titel in Engeland gaan verdedig.
Die aankondiging is verlede Woensdag gemaak nadat die groep se oefenkamp van twee weke by Sabi-Sabi ten einde geloop het.
"Dit voel lekker om as kaptein aangewys te word," het Burger Maandag gesê.
Dié klipharde flank wat vir Westelike Provinsie in vanjaar se Vodacomskild-kompetisie gespeel het en ook deel was van die Stormers oefengroep, het in 2001 laas as kaptein opgetree toe hy Paarl Gimnasium se eerstespan aangevoer het.
Volgens Burger loop die span se voorbereidings voor die wind en het hyself herstel nadat hy 'n paar weke terug sy regterduim gebreek het.
"Dinge gaan goed, ons is aan die gang en die ouens sien uit na die toernooi."
Die Boland-vleuel, Alsaun Bock, is ook in die span opgeneem.
Die groep vertrek Dinsdag na Engeland. |
 |
 |
|
Boland rugby-kragte toets mekaar |
|
|
 |
|
|
|
 |
DAAR is baie op die spel wanneer Wellington en Ceres mekaar môreaand in hul Superliga A1 wedstryd op Ceres pak en toeskouers kan hulle dus gereedmaak vir 'n aanskoulike wedstryd.
Wellington en Ceres lê tans eerste en tweede onderskeidelik op die punteleer en Vrydagaand se kragmeting is hul laaste wedstryd in die eerste ronde van die liga.
Wellington is steeds onoorwonne en spog met nog 'n bonuspunt-oorwinning ná hul tuiswedstryd teen Moorreesburg verlede Saterdag.
Hoewel die spanne voorlangs gelyk opgeweeg het, het Wellington se agterlyn groter slaankrag gehad.
Kris Joubert (heelagter, 2), Herkie le Roux (vleuel, 2) en Tiaan Burger (flank) het die tuisspan se drieë gedruk, terwyl Arthur Snyders (senter) met vier doelskoppe en 'n strafskop geslaag het.
Ceres het op hul beurt op hul tuisveld 'n gemaklike 26-10 oorwinning oor Roses United behaal, in 'n wedstryd wat vroegtydig gestop is weens geniepsige spel.
Virgil Frans (vleuel) het vir Roses gedruk terwyl Warren Apollis met 'n doel- en strafskop geslaag het.
Ceres sal Vrydagaand vir Wellington met bonuspunte moet wen en met 'n punteverskil van 18.
Volgens Dolf Stemmet, voorsitter van Wellington Rugbyklub, is die druk vierkantig op Ceres.
"Die spelers is positief. Hulle is onder minder druk aangesien hulle nie met 'n bonuspunt hoef te wen nie, en slegs die wedstryd in hul guns moet beklink," het Stemmet gesê.
Die klub wat ná die eerste ronde bo-aan die punteleer lê speel van 30 Junie tot 5 Julie in die SuperSport Suid-Afrikaanse Klubkampioenskappe wat by die Randse Afrikaanse Universiteit in Johannesburg gehou word.
Newtons het sy eersteplek-posisie op die punteleer in die Superliga A2 verstewig met 'n 20-11 sege oor Wesbank op Newton Park.
Goeie druk deur veral die voorspelers het sake in Newtons se guns laat swaai en hulle teen rustyd met 13-3 laat voorloop.
Die tuisspan sak uit vroeg in die tweede helfte en Wesbank kom terug om die telling 13-11 te maak.
In die doodsnikke onderskep Newtons se Ahdiel Cassiem (senter) en druk onder die pale.
Ranfred Dazel (losskakel) druk Newtons se ander drie en slaag ook met 'n strafskop, terwyl Ben Martin en Roderick Claasen elk met 'n doelskop slaag.
Claasen was ook suksesvol met 'n strafskop.
Uitblinkers was Anthony Matthee (stut), Reggie Manuel (senter), Roberto Watson (agtsteman), George Siebritz (slot) en Marvin Arendse (vleuel). |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Gim, Paul Roos speel gelykop in taai stryd |
|
|
 |
BEIDE eerste spanne van Paarl Gim en Paul Roos Gimnasium is nog onoorwonne nadat hulle Saterdag 16-16 gelykop gespeel het in hul wedstryd op Stellenbosch.
Die tuisspan se voorhoede het die oorhand gehad en Gim se pak telkens op die agtervoet gedryf.
Die Paarliete se agterlyn het egter beter vertoon as dié van Paul Roos met veral die vleuels, Andries Botha en Marius Ruster en, skrumskakel Marnus Hugo wat met blink spel die oog gevang het.
Voorlangs was dit Ashley Johnson (agtsteman), Petrus Visser (slot) en Nielbert Schmidtlin (flank) wat die inklimrugby gespeel het.
Botha en Ruster het Gim se twee drieë gedruk en Willem Laubscher het met twee strafskoppe geslaag. |
 |
 |
|
Acme veerpylspan wen eerste ronde |
|
|
 |
 |
|
DIE Acme veerpylspan is die wenners van die eerste ronde van Boland se ligabekerkompetisie.
Die verdedigende kampioen, Versapak, was tweede met Ambassadors in die derde plek.
Donovan Koopman en Dennis Jenecke (Worcester) het Saterdag koning gekraai in die pare-kompetisie.
Hulle het al hul teenstanders in die stof gespeel en Gavin Naidoo (Wellington) en Charles Cloete (Paarl) in die finaal 4-3 gewen.
Koopman het voortgestoom en ook die enkeltitel ingepalm nadat hy vir Bob Marais (Paarl) in die finaal geklop het.
'n Totaal van 15 voltalle is gegooi waarvan Koopman drie gegooi het. Hy het ook op 110 toegemaak.
In die vroue-afdeling het Jackie Sitzer en Barbara Solomons die pare-afdeling gewen, gevolg deur Christal en Elaine Herklaas. Sitzer het ook vir Christal in die enkelspel geklop. |
 |
 |
|
Schools' soccer tournament kicks off |
|
|
 |
THE Ussasa/MTN national football competition for u.16 soccer players kicked-off in Paarl this week.
The schools that entered for the competition are Bergrivier Secondary, Paarl Boys High, Charleston Hill, New Orleans and Weltevrede.
Country-wide all the schools that have registered for the competition have their eyes set on the national crown, seeing as the national champs will represent SA at the International Football Tournament of the International Schools Federation in 2003.
In order to qualify for the National MTN Festival in September later this year, winning is priority and the first matches were very competitive.
Paarl will host the provincial final of the competition on 9 August. Highlights of the game will be broadcast on 11 August on MTN Soccer Zone.
Charleston Hill currently leads the log with six points followed by Paarl Boys (three), Weltevrede (three), Bergrivier (zero) and New Orleans (zero). |
 |
 |
|
Basketbalmeisies wen Engen-toernooi |
|
|
 |
 |
|
IN onlangse wedstryde van die Whoop Squad Basketbalklub het die eerste vrouespan 26-38 teen die Kaapse Technikon verloor, terwyl die mans 54-61 teen Angolian vasgeval het.
Tydens die o.18 Engen-toernooi die naweek het die seuns in die uitklopwedstryde uitgeval. Die tweede meisiespan het in die semi-finale teen Future Stars verloor.
Die eerste meisiespan het vir Future Stars in die finaal geklop. Nathaly September is as die beste speler van die toernooi aangewys.
Saterdag by die Kaapste Technikon speel die o.14 seuns teen Montana Vikings om 10:00 en kom die o.16's om 11:15 teen Gladiators te staan.
Die klub hou 'n vergadering op 29 Mei om 17:30 by Paarlzicht Primêr. |
 |
 |
|
Peoples duik in die grond |
|
|
 |
|
 |
 |
|
DIE eerste span van Young Peoples het Saterdag op Kraaifontein skande gemaak toe hulle met 29-10 teen die huidige agterosse in die Premierliga A, Scottsdene, verloor het.
Die Paarliete was teen rustyd reeds 19-0 agter.
Scottsdene het die Tiere verras deur aanhoudend aanvallend te speel.
Daarby het Peoples hul teenstanders oënskynlik hopeloos onderskat en hulle vasgeloop in 'n span wat bereid was om hoë-risiko rugby vir 'n volle 80 minute te speel.
Die besoekers moes duur betaal vir 'n magdom foute, met vyf versekerde drieë wat in die water gegooi is weens verlore aangeë.
Op die keersy het Scottsdene weer hul vier drieë gedruk nadat omgekeerde besit verseker is.
Die linkervleuel Ivor Pietersen se twee drieë was Peoples se enigste punte van die wedstryd.
'n Goeie tweede helfte het Paarl Rangers 'n gelykop uitslag in hul wegwedstryd teen Stellenbosch Coronations besorg.
Rangers was teen rustyd 17-5 agter, met slegs die drie van Gert Monk (stut) wat punte vir die besoekers beteken het.
Hierna het Rangers met meer vuur begin speel en 20 punte op die bord gesit danksy drieë deur Roger Ruiters (vleuel) en Johannes van Reenen (agtsteman). Die doelskop deur Mark Adams (skrumskakel) het sake gelyk gemaak.
Beide spanne slaag weer met strafskoppe, maar Adams verbrou 'n kans na die pale in die laaste minute en die wedstryd eindig op 20-20.
Die swaarder voorspelers van Albions het die Paarliete die voordeel gegee in hul wedstryd teen Young Stars Saterdag.
Goeie samespel tussen voor- en agterspelers en 'n hoë tempo van aanvallende spel het Albions teen rustyd 'n voorsprong van 21-7 gegee.
In die tweede helfte het Albions hul houvas op die wedstryd verloor en Stars kom terug met twee doele om die telling gelyk te maak.
Nadat Stars weer met 'n strafskop slaag, neem Albions weer beheer oor toe Ashley Manuel (heelagter) druk nadat Ju-Wayne Cyster (vleuel) mooi breek.
John Stevens verdoel om Albions 28-24 te laat wen.
Gillian Arendse (stut) en Marius Claassen (skrumskakel, 2) het die ander drieë gedruk, met Stevens wat twee strafskoppe geslaag het. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Rally action on Paarl Mountain |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
RALLY ENTHUSIASTS can ready themselves for fast pace racing action when the Toyota Dealer Rally kicks off in Paarl tomorrow at 16:00.
The 51 cars will start the day's racing at 15:00 at the Pick 'n Pay Hypermarket in Brackenfell from where they will race to Paarl and ascend the Paarl Mountain along Jan Philips Drive.
Stage one will end at the amphiteatre, after which cars move on to Stage two along Helshoogte while a tar stage at the parking lot of Pick 'n Pay in Brackenfell ends the day's racing.
The rally makes up the third leg of the National Championship.
Sakkie Bosman of Paarl and team mate Charl Strydom will pit their Golf 1600 against the strength of the other contestants.
"It is the first national we've entered this year but have done well in the regionals, coming eighth overall and second in the A6 class at the recent Ceres Rally," says Bosman.
According to Bosman the Toyota Dealer Rally this year sports a strong field of drivers "but we've spent a lot of money on our car thanks to great sponsors" and they are positive for a good result.
The best vantage points on the mountain stage are accessible at the Jan Phillips road (turn off in front of KWV) where the drivers will race past the Victoria dam. The road will be closed to all public traffic from 14:00 tot 18:30.
The first car gets the go ahead at 15:48, with a car following every two minutes thereafter. |
 |
 |
|
|
|
|
|
|