 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
|
|
|
 |
|
|
|
Thursday 29 July 2004 |
|
|
|
 |
|
|
|
This site will be updated on 6 August 2004 at 17:30 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
Arts - Kunste |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Feestelik in Afrikaans |
|
|
|
[ Top ] |
|
|
|
|
|
|
|
DRAMA, kabaret, boekepret, musiek, voorlesings, uitstallings en nog veel meer... dis wat jy alles vanjaar tydens Afrikaansweek van 9 tot 15 Augustus in die Paarl kan geniet.
Die Afrikaanse Taalmuseum en verskeie instansies in die Paarl span weer saam om Taaldag te herdenk - die dag waarop die Genootskap vir Regte Afrikaners (GRA) in 1875 gestig is om hulle te beywer vir die erkenning en bevordering van Afrikaans.
Die museum bied vanjaar ook self vyf produksies aan - die Alles in Afrikaans musiekfees op Taaldag, 14 Augustus, met Dozi en ander bekende en opkomende kunstenaars, die drama "Die Meester" met Johann Nel, die |
|
 |
|
|
|
|
|
RAKA. Die bekende dansdrama 'Raka' is op Donderdag 12 Augustus om 20:00 te sien by Laerskool Gimnasium. Dit word opgevoer deur leerders van Noorder-Paarl Sekondêr, onder leiding van Ernest Loth. Kaartjies by 872-3441. |
|
|
|
|
dansdrama "Raka" met leerders van Noorder-Paarl Sekondêr, tienertoneel deur die dramagroep Museum Muse, asook "Boekepret" by skole in Paarl-Oos in samewerking met Human & Rousseau.
Eerste op die program is 'n vrouetee by die Afrikaanse Taalmonument Restaurant op Maandag 9 Augustus om 14:00. Dit is ter ere van ons Afrikaanse digters, met lewendige Afrikaanse musiek deur Anthony K. Bespreek by 863-2800.
Algemene navrae oor Afrikaansweek: Jack Louw of Isabeau Joubert, 872-3441.
Moet dit nie misloop nie! |
|
|
|
 |
|
 |
Kuier met skilderkuns en letterkunde |
|
|
 |
|
 |
'n UNIEKE kuier-aand van skilderkuns en letterkunde word op Woensdagaand 11 Augustus om 18:30 vir 19:00 by die Simonsvlei wynkelder buite die Paarl aangebied.
Waar kan jy 'n beter kombinasie vind wat reg laat geskied aan die veelvormigheid en verskeidenheid van Afrikaans as met hierdie geleentheid wat deel vorm van die Afrikaanse week in die Paarl?
Cato Jamneck, die kunstenaar van die Klein Karoo, met haar skilderye waarin sy die meeste van Hans du Plessis se Griekwa-psalms verbeeld het, gee visuele uitdrukking aan hierdie vorm van die taal.
Sy het verlede jaar in November haar eerste uitstalling by Simonsvlei gehou.
Kombineer dit met Elias Nel (Oompie Griqua) wat 'n paar van daardie gedigte van Hans du Plessis gaan voordra en sommer ook nog 'n paar stukke doer uit die voorste môres gaan sny, en jy ontdek dat hierdie taal so wild is soos 'n lekker riel.
Gooi dan daarby vir Willem Fransman Jnr (Die Kaapenaar). Hy dra van sy eie gedigte voor asook van Adam Small en Peter Snyders. En wat dan van sy stories "ytie Cape Flats yt"? Dis mos Kaapse humor en patos soes nog nooit "innie Pêrel gahoo issie".
En wat dan van Joey Erasmus (Die Onderwyser) wat uit verskeie Afrikaanse werke gaan voordra en musiek maak wat jou voete laat jeuk en jou hartsnare gaan roer?
Die opening van die kunsuitstalling word om 18:30 deur dr Kobus Victor gedoen. Daarna gaan die gaste die opvoering "Ma se melk" van Afriqua Produksies geniet. 'n Hutspot van gedigte en stories in Griqua-afrikaans, Kaaps en ander vorme van Afrikaans, getint met musiek.
Kaartjies is R35 elk en sluit 'n glasie Humbro rooi of wit jeripiko in. Die kaartjies is by die kelder te koop en kan voor die tyd daar afgehaal word. Skakel Joey Kruger by 863-3040. |
 |
|
 |
Winter lecture series |
|
|
 |
A SERIES of lectures will be presented at the Hout Street Gallery in Paarl during August by the Drakenstein Heritage Foundation.
On 5 August, Len Raymond will present "Porcelain at the Cape" and the evidence as found on old sites, shipwrecks and information taken from inventories of the time.
Every piece of porcelain taken to Europe came via the Cape, but what is interesting is that Chinese domestic ware never reached Europe - it remained for local consumption.
* On 12 August John Martin will give a talk on Old Paarl and the effects of the Group Areas Act on communities in the town.
The legislation and general government policy at the time caused unprecedented social upheaval among thousands of people, the effects of which are still being felt.
The cost per lecture is R25 or R80 for the series of four including refreshments.
Book with Gail Zetler at 872-5030. |
 |
Oud-Paarliet op Zing |
|
|
 |
|
 |
'n OUD-LEERDER VAN Hoërskool Labori in die Paarl, Jaco Tosen, is onder die Top 20 semi-finaliste wat oor die volgende vyf weke in groepe van vier duo's elk sake sal uitsing in kykNET se opwindende tweede reeks van Zing.
Jaco sing saam met Rudie du Plooy van Welkom in groep vyf van die kompetisie.
Die twee het in Kaapstad saamgespan nadat Rudie in Bloemfontein nie 'n sangmaat kon kry nie.
Hy is toe af Kaap toe, waar hy en Jaco met 'Al Lê Die Berge Nog So Blou' hul pad tot in die Top 20 oopgesing het.
Jaco, oorspronklik van Malmesbury, is 19 jaar oud en studeer by die CAE College in Durbanville om 'n klankingenieur te word.
Zing is Vrydae van 20:00 tot 21:00 en Woensdae van 19:30 tot 20:00 op kykNet.
Zing II word ook gedurende M-Net Oopkyktyd uitgesaai, Maandae tussen 17:00 en 18:00 en Sondae om 10:00.
Jaco en Rudi kan op die volgende datums gesien word: Woensdag 11 Augustus 19:30 op kykNET, Vrydag 13 Augustus 20:00 op kykNET, Sondag 15 Augustus om 10:00 op M-Net en Maandag 16 Augustus om 17:00 in M-Net Oopkyktyd.
Die stemlyne is oop van Vrydagaande tot die volgende Woensdagaand en die twee duo's met die meeste stemme in elke groep, gaan deur na die Zing Top Tien.
Tydens dié fase hang hul lot weer af van die beoordelaarspaneel - Coenie de Villiers, Jennifer Jones en Joe Niemand.
Die wenners word op Vrydag 24 September tydens 'n regstreekse gala-aand aangewys. |
 |
|
 |
Kamermusiek by Nederburg |
|
|
 |
KAMERMUSIEK van die hoogste gehalte, uitgevoer deur gevierde Suid-Afrikaanse musici is op die spyskaart by die Nederburg-opstal Sondag om 17:00 met die Rosamunde Strykkwartet.
Dit is een van die voorste kamermusiekgroepe op die SA musiektoneel. Die lede van die kwartet is Denise Sutton, konsertmeester van die Suid-Afrikaanse Kamerorkes, Suzanne Swanepoel (viool), Jeanne-Louise Lombard (altviool) en Marian Lewin(tjello).
Die program bestaan uit Haydn se Kwartet Opus 76 nr 4 ("The Sunrise"), Dvorak se "American" Kwartet en Schubert se Kwartet in D mineur ("Death and the Maiden").
Kaartjies kos R125 en sluit 'n ligte ete en Nederburg wyne in. Kontak Christine Joubert by 809-7473 of by dcjoubert@distell.co.za vir besprekings en navrae. |
 |
Rock and Roll at Barnyard |
|
|
 |
TAKE a nostalgic trip this Saturday with "forever Young" at the Barnyard Theatre at Bridge House School, Franschhoek.
Producer Duck Chowles presents a tribute to the late and great legends of rock and roll - dedicated to those late musicians and singers who remain etched in our memory because of the mark they made on both the musical world and society.
In "Forever Young" De Wet Wraight pays tribute to his favourite artists Buddy Holly, Roy Orbison, John Lennon and the King himself.
Desiree Henning portrays the ultra-sexy Marilyn Monroe, Dusty Springfield and Janis Joplin.
Tickets are R90. Doors open at 18:30 and the show begins at 20:00. Book at tel/fax 874-1505 or 082-371-3267. |
 |
KWV Paarl talentkompetisie is 20 |
|
|
 |
|
 |
|
|
DIE finalistefunksie van die KWV Paarl Talentkompetisie is verlede Woensdag in die Laborie restaurant gehou.
Dié geselligheid, waarna deelnemers en hul ouers genooi word om met die bestuur van die kompetisie, asook personeel van die KWV saam te verkeer, is 'n jaarlikse instelling.
Dr Willem Barnard, hoofbestuurder van KWV, het soos gebruiklik in sy toespraak pitkos aan die jong deelnemers uitgedeel.
Die KWV Paarl Talentkompetisie vier vanjaar sy 20ste bestaansjaar en vind plaas op Vrydag 20 Augustus in die ouditorium van die polisiekollege. Van volgende jaar verskuif die kompetisie na Worcester, onder leiding van Anchen Schreuder, Johan Groenewald en hul komitee. KWV sal die hoofborg bly.
Die gedagte is dat meer dorpe in die Bolandstreek betrek gaan word. Die kompetisie was die afgelope twintig jaar beperk tot leerders van skole in die Paarl-, Wellington- en Franschhoekstreek.
Vanjaar se kompetisie beloof om, soos gewoonlik, weer vir hoogtepunte te sorg.
Vyf van die afgelope 20 jaar se wenners gaan as gaskunstenaars optree. Hulle is Robert Germishuys, Charlene Truter, Mareli Serfontein, Felicity Buffel en Liani van der Vyver.
Johan Rademan van RSG sal oudergewoonte weer as seremoniemeester optree, met die tienman-orkes onder leiding van Bram Potgieter wat die deelnemers begelei.
Besprekings vir hierdie luisterryke aand open vandag by Musiklood, 872-3863.
* Ondersteun deur BASA (Business Arts South Africa) |
|
|
|
|
|
|
|