![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Thursday 29 July 2004 |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
This site will be updated on 6 August 2004 at 17:30 |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
[ Top ] |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
EK wil graag reageer op Mervin Petersen se kommentaar op Tony April se brief "Bekommerd oor rugby op Wellington" (15 Julie). Hy sê ons sukkel in 'n groot mate nog steeds met die backyard-sindroom en "ons kan egter nie toelaat dat tradisies/herinneringe en dies meer in die pad van ontwikkelinge staan nie." Hy sê ook "ons sal nooit weer terugkeer na die tagtigs en negentigs nie." Ek wil hom net daaraan herinner dat die stelsel van die tagtigs en die negentigs die stelsel was wat wyle dr Danie Craven by ons afgekyk het en by die Maties ingestel het, wat hulle noem die koshuisliga. Die verskillende koshuisspanne speel elke Saterdag teen mekaar en daaruit word 'n eerste span en o.21 spanne gekies wat in die WP Superliga speel. Vandag is die Maties een van die sterkste klubs in die land. Newclares, Pirates, Rosebuds, Roslins, Westerlies, Villagers, Newton en die ander klubs hoef nooit op te hou bestaan nie. Uit hulle moes 'n eerste en o.21 span gekies gewees het wat in die Super-A liga van die Boland gespeel het. Dieselfde geld vir Worcester en Malmesbury. Dan sou bruin rugby drie of vier sterk spanne in die Super-A liga gehad het. Hierdie spanne sou van die heel beste in die Boland- liga gewees het. Dan sou die speelvelde gelyk gewees het. Kwotas sou glad nie nodig gewees het nie. Bruin rugby in die WP is in dieselfde posisie. Daar is seker vyf keer meer bruin rugbyspelers in die Boland en WP. Na meer as tien jaar van eenwording kan bruin rugby slegs twee kwota- en een merietespeler in die Stormers span wys, uit 'n totaal van meer as 30 spelers wat vanjaar diens gedoen het. Dit is 'n totale belediging vir bruin rugby. Mervin Petersen sê verenigde rugbyklubs maak sin. Ek sê dit maak geheel en al nie sin nie. Die stelsel soos ons in die tagtigs en negentigs gespeel het, maak meer sin. Ikraam Moerat, Paarl |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DEAR 'Gif-in-die-Polonie', this letter refers to, as you called him, that "Swart sluiper, miserabele, benerige swart Great Dane Brak". I just wanted to inform you that he died on 14 July, along with my cat (Maya), and ironically they were poisoned. It was the most horrific experience imaginable, and worst of all, one of my children had to witness this. I'm sure you didn't mean anything by the above alias you chose when you complained about my dog, but I urge you please not to do it again, since it is possible that you planted a very nasty seed somewhere for some sick person to use. I wish someone could explain to my ten-year-old son what kind of person it is that can do such a thing, because he keeps asking and we have no answers. I want to give special thanks to the personnel of the Market Street Animal Hospital, who did their best, especially to Dr Kruger who did everything in her power to save Jazz even when I wanted to give up. Hanneke, jy was wonderlik! Ek is baie dankbaar vir alles wat jy vir Enzo oor die jare geleer het van liefde en geduld, en trots dat my kinders kan opkyk na iemand soos jy. Thank you to the people from Bergrivier Besproeiing who raced Jazz to the hospital for me when I couldn't even think straight. We appreciate it more than you know. And to the person that committed this heinous deed, you will never know the pain you caused us, but we know it will come back to you tenfold. To our beloved Jazz and Maya, we love and miss you so terribly much, but we know we'll meet again one day on the rainbow bridge. With all our love... Your family |
|
|
|
|
EK verwys na die afgelope naweek se gru-moorde en selfmoord van 'n Paarlse polisieman in die kamtige "liefdesdriehoek" op 'n bekende wynplaas in die Paarl. Wat ek graag wil vra, is dat die Onafhanklike Klagte-direktoraat (OKD) van die polisie vir die publiek statistiek moet deurgee oor hierdie groter-wordende probleem van "afdiens" wetstoepassers met dienspistole in hulle besit wat hulle skuldig maak aan verskeie kriminele dade. Verlede Saterdagaand was die OKD feitlik gelyktydig doenig by 3 sulke sake (in die Paarl, toe Stellenbosch en Khayelitsha). Hierdie verskynsel kan beslis nie meer geïsoleerde gevalle genoem word nie. Ons hoor almal gedurig van polisiemanne wat te min is, oorwerk is en onder geweldige stres werk. As bogenoemde aksies die resultaat is, dan raak ons as gemeenskap baie bang. Hartseer en verslae vriende |
|
|
|
|
I AM looking for my father, Russel Star, who is possibly living in Paarl after leaving Durban three years ago. About 25 years ago he was living in Durban, where he had a relationship with my mother Avril Barends, who now lives in Athlone. I have never met my father but am told he is dark-skinned with straight hair. Anyone who knows where he is, or who has ever in contact with him, should please contact me on 084-800-7768 or g.n.barends@ webmail.co.za. Grant Barends |
|
|
|
|
MY elektrisiteit was Dinsdag 1 Junie afgeskakel weens my nalatigheid om op datum te betaal. Die Dinsdagoggend het ek 'n brief ontvang wat my inlig oor agterstallige geld. Die aand toe ek by die huis kom, het die donkerte my ingewag. Die huis was koud. Die kerse het my die geleentheid gegee om romanties te verkeer met my familie. Die volgende dag het ek vir Vaughn Kriel (Drakenstein Munisipaliteit) geskakel en ek was onmiddellik gehelp. Hy het my alles verduidelik en ek het goeie diens van hom ontvang. My elektristeit was daardie dag aangeskakel. Ek wil graag die munisipaliteit bedank vir die goeie diens wat julle lewer. Ek het die les geleer en 'n goeie persoon soos Vaughn Kriel ontmoet. Raylene |
|
|
||||||||||||||||
|
PLAASKINDERS suig dikwels aan die agterspeen, of dit is die persepsie wat dikwels bestaan. Nou het 'n Bovlei plaasboer, met die hulp van 'n plaaslike karate-instrukteur, bewys dat plaaskinders nie 'n duim hoef agteruit te staan vir hul dorpsnefies nie. Alles het begin met die kinders wat eendjies wreed seergemaak het en die plaasboer laat besluit het dat daar iets vir hulle gebied moet word om hulle besig te hou. Nou het die plaas 'n spog-karateklub, die eerste plaasklub, en die kinders het ook gereeld uitstappies en praatjies. Dan is daar ook die jonge dame wat in beheer is van 'n preprimêre skool vir kinders van plaaswerkers langs die Perdeskoen op Wellington. Sy het na matriek by 'n dagsorgsentrum beging wer, waar dit vinnig duidelik geword het dat sy 'n slag met kinders het. 'n Plaasboer het haar geborg om 'n kursus in kleutersorg by die Wamakersvallei Opleidingsentrum te doen. Nou, 'n jaar later, is die skooltjie goed aan die gang en word die kleingoed speel-speel skoolgereed gemaak. Kinders is ons toekoms, en sonder behoorlike voorbereiding en ondersteuning, kan dié toekoms maar duister wees. |
|
|