ppostgothic
Aida
safetop
uitlefstreep

Thursday 29 July 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 6 August  2004 at 17:30

Lifestyle - Leefstyl


b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
wBATONfc

PERFEK. Die hoofleidster van William Lloyd Laerskool se trompoppiespan, Ilke Olivier, vertoon haar vaardighede tydens LoveLife Spele se openingseremonie Saterdag in die Paarl.


Gee jou kind 'n kans

[ Top ]


ONS kinders is die grootmense van vandag, maar as ons nie na hulle kyk nie, wat gaan van die toekoms word?

Só het Johan Lambrecht, Hoof van Gemeenskapsdienste by Drakenstein Munisipaliteit, Maandag gesê by die amptelike opening van die massaveldtog teen polio.

Die veldtog in Drakenstein is deel van 'n landwye veldtog om alle kinders onder die ouderdom van vyf jaar te immuniseer teen dié gevreesde siekte.

Die poliovirus word versprei deur besoedelde water en kos, asook swak sanitasiegeriewe. Die siekte tas die menslike senuweestelsel aan en veroorsaak in die meeste gevalle permanente verlamming van ledemate.

Daar is ook geen genesing vir hierdie siekte nie, en daarom is die immunisasie van alle kinders onder die ouderdom van vyf jaar so belangrik.

Polio-inentings bied lewenslange beskerming mits dosisse toegedien word op die volgende ouderdomme: direk na geboorte, op ses weke, op 10 weke, op 14 weke, op 18 maande en dan weer vir oulaas wanneer die ouderdom van vyf jaar bereik word.

Alle gesondheidsdienste in die Wes-Kaap bied toegang tot polio-immunisering en dit word gratis verskaf in hospitale en klinieke.

Die huidige veldtog is daarop gemik om alle kinders onder die ouderdom van vyf jaar, twee addisionele dosisse van die polio-entstof te gee.

Die eerste dosis word tot môre toegedien, en die tweede dosis van 30 Augustus tot 3 September.


Beauty pageant in Paarl

[ Top ]


THE closing date for the Mr & Miss Paarl 2004 competition is extended until 15 August.

It will take place on Saturday 11 September at 19:00 at the Paarl Ontspanningsklub in Du Toit Street.

There are four categories: Mr & Miss Petit (7-9 yr), Mr & Miss Pre-teen (10-13 yr), Mr & Miss Teen (14-16 yr) and Mr & Miss Paarl (17-22 yr).

Entry forms are available from the venue or local schools. The entrance fee is R50. Entrants must include two photos, one full length and one face.

Semi-finals will take place on 14 August.

Tickets for 11 September are R75 for the gala-dinner. There are also tickets available at R20 for spectators.

Contact Wilna Stander at 073-199-3969, 872-8448 (w) or 872-2719 (h).


Rubberbootvaart ten bate van Kansa

[ Top ]


DIE dertiende rubbertbootvaart ten bate van die Kankervereniging van Suid-Afrika word van Woensdag tot Sondag 8  Augustus op die Bergrivier aangebied tussen Paarl en Velddrif.

Sedert die ontstaan van die projek, 13 jaar gelede, is meer as R660 000 ingesamel. Die teiken vir 2004 is R50 000. Geld wat ingesamel word kom hoofsaaklik van skenkings en veilings wat aan huis van boere in die Boland, Swartland en Weskus gehou word.

Woensdag sal 18 vrywilligers in vyf rubberbote by die Markstraatbrug in die Paarl wegspring. Hulle sal 'n afstand van meer as 230 kilometer in vier dae aflê.

Onder die deelnemers is oud-Springbok rugbyspeler Schalk Burger en Johan Pauw, bekende sakeman van die Paarl.

Vir die tweede maal sedert die projek van stapel gestuur is, sal die organisasie Reik na 'n Droom 'n kind stuur om die eerste dag van die vaart van 35 kilometer na Gouda mee te maak. Die kind sal per polisiehelikopter van Kaapstad gebring word.

Vir meer inligting oor die projek skakel Attie Laubscher by 083-427-2488.  


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]