 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
|
|
|
 |
|
|
|
Thursday 29 July 2004 |
|
|
|
 |
|
|
|
This site will be updated on 6 August 2004 at 17:30 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
Nuus - News |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bloedspoor |
|
|
|
[ Top ] |
|
|
|
|
|
|
|
'n PAARLSE polisieman het Saterdagaand sterwend oor die liggaam van sy vriendin in Agter-Paarl gelê, sowat twee uur nadat haar nuwe vriend doodgeskiet en sy ontvoer is.
Die bloedspoor het op die plaas Rhebokskloof in Noorder-Paarl begin waar die wynboukundige, Carel van Niekerk (37), voor sy huis vermoor is.
Toe die liggaam ontdek is, was daar van die bakkie waarmee Van Niekerk kort tevore daar aangekom het, geen teken nie. Ook sy vriendin wat saam met hom in die voertuig was, Michelle Raymond (27), het verdwyn. |
|
 |
|
|
|
|
|
GESTERF. Insp Connie von Willigh, hier met sy polisiehond, Egor. |
|
|
|
|
Die fiets waarmee insp Connie von Willigh (37) in die reën van sy huis in Noorder-Paarl gery het tot by Rhebokskloof, was nog op die toneel.
Die polisieman en die jong vrou het byna vyf jaar lank, tot twee maande gelede, 'n verhouding gehad.
Michelle se ouers, saam met wie sy en Van Niekerk vroeër die aand in die Paarl geëet het, was op pad na Worcester toe hulle 'n selfoonoproep van Michelle ontvang het.
Die geskokte ouerpaar het gehoor hoe hul dogter vir haar lewe pleit en het onmiddellik na Rhebokskloof teruggedraai. Daar het hulle op die liggaam van Van Niekerk afgekom.
Michelle se liggaam, met die polisieman sterwend bo-oor haar, is kort voor 22:00 langs die bakkie teen die Durbanvillepad gekry. Insp Von Willigh het in die hospitaal aan 'n kopwond beswyk.
Volgens gesinslede volg die driedubbele tragedie op onlangse dreigemente dat Michelle sou sterf. Dokumente in Von Willigh se woning dui daarop dat die moorde en selfmoord beplan was.
Kollegas van die gewilde hondegeleier is verstom en kry nou sielkundige berading. Von Willigh was 14 jaar verbonde aan die Paarlse honde-eenheid.
"Almal wou graag saam met Connie werk," het hulle uit een mond gesê. "Hy kon 'n situasie onmiddellik opsom, en reg reageer - een van die beste polisiemanne."
Die gedenkdiens was gister in die NGK Paarlberg. Von Willigh word oorleef deur sy seun Anrich (7), dogter Corné (12) en hul ma, Sariette, van Denneburg.
Hy laat twee broers in die Paarlse polisie, Martin (honde-eenheid) en Johan (ernstige misdaad), sy ouers van Porterville, en nog 'n broer en suster.
Michelle het in Januarie by Rhebokskloof aangesluit en was in beheer van die tuine.
'n Ywerige fietsryer, is Michelle deur haar hartseer vriende en familie beskryf as "'n goeie mens, lief vir die natuur, vriendelik en so lewenslustig."
Sy word oorleef deur haar ouers, Dassie en Rina Raymond van Worcester, en twee susters. Die gedenkdiens is môre om 11:00 in die Worcester-Noord NG Kerk.
Van Niekerk werk sedert Mei verlede jaar as wynboukundige by Rhebokskloof.
"Hy was so ongelooflik toegewyd, so gewild onder werkers en kollegas. Hy was so groot en so saggeaard dat hy die 'gentle giant' genoem is," het sy werkgewer, Tracey Thornycraft, gesê.
Van Niekerk word oorleef deur twee susters en 'n broer. 'n Gedenkdiens word vanmiddag om 14:00 in die NG Kerk Rawsonville gehou.
* A Paarl policeman committed suicide after killing his former girlfriend and her new friend. |
|
|
|
 |
|
|
'Gratis' aankope neem toe |
 |
Malané Bosman |
 |
|
|
 |
|
 |
VIR 27 jaar bedien Razak Gaffoor die inwoners van Paarl-Oos getrou uit sy supermark, maar die afgelope twee jaar word daar byna net soveel gesteel as wat gekoop word.
Net vanjaar alleen is daar al 12 keer by Food-O-Rama in Lantanastraat, Paarl-Oos, 'n "rooi gebied" vir versekeraars, ingebreek.
Eers het die inbrekers deur die dak gekom. Die dak is versterk en 'n alarmstelsel is installeer.
Steeds het die inbrekers deur die dak gekom, totdat ogiesdraad en ekstra alarmsensors teen die plafon ingesit is.
Die enkele traliedeur is na 25 jaar van "so dan en wan 'n probleem" sedert die vlaag inbrake twee jaar gelede begin het, al verdriedubbel en is nou met ses slotte gegrendel.
Addisionele staalwerk is aan die binnekant van die gebou opgerig. Vensters is toegemessel en ander deure met swaar ysters versterk. Die geldlaaie is nou staalkluise wat in die mure vasgemessel is.
Omdat die telefoondrade geknip word, is die alarmstelsel nou ook met 'n radiosein toegerus.
Maar steeds sluit Gaffoor soggens oop om hom vas te loop in blikskêre, hamers en koevoete wat deur die inbrekers agtergelaat is.
"Dis veral sigarette en geld wat gesteel word," sê Gaffoor. "Sigarette is soos kontant."
Hy sê: "Die inbrekers skrik vir niks. Nou word daar deur die winkel se baksteenmure gebreek. Met elke inbraak versterk ons die mure met staal en beton, maar volgende week is daar 'n gat langs die versterkte deel gemaak."
Volgens Gaffoor is dit nie net hy wat geteiken word nie. Soos ander winkels loop ook sy swaer se Broadway Hardware en sy pa se Polarama deur.
"Ons is raad-op. Ek glo die polisie is nie meer in beheer nie. En as jy die wet in eie hande neem, is jy die krimineel."
Volgens die reeksnommers van sake wat by die Paarl-Oos polisie aangemeld is, het die polisie hierdie maand binne twee dae meer as 'n honderd nuwe sake bygekry.
"Die polisie soek bewyse, maar ons kan nie met elke inbraak die besigheid gesluit hou tot die vingerafdrukmense die middag opdaag nie.
"En dit is nie maklik om die inbrekers op heterdaad te betrap nie.
"Dit is nie net die onkoste nie, maar die ongerief van snags wakker gemaak word met die alarm, en die herstel - bakstene kry, 'n messelaar soek."
Gaffoor het wagte buite die winkel, en het al selfs sekuriteitswagte oornag binne die winkel gelaat. Hy moes dit stopsit toe hy besef het hy het "vir wolf skaapwagter gemaak".
Gaffoor het nie meer versekering nie, want die premies word met elke eis verhoog as gevolg van die hoë risiko in die rooi gebied.
"Hier probeer jy 'n eerlike bestaan voer. Dit breek jou moed. Ek het al oorweeg om te verkoop, maar dan praat my pa, Mahmood, my weer moed in.
"Maar met alles het ons nog tyd om te lag en ons moet voortgaan. Wat sal die inwoners sonder 'n supermark doen?"
Paarl-Oos speur-insp Gavin Lombaard gaan die huisbrekers probeer aankeer. Skakel hom by 807-4000 met inligting.
* Paarl shopkeepers can hardly make a profit due to regular burglaries. |
 |
|
|
Duur minute by kitsbank |
 |
Malané Bosman |
 |
|
|
 |
|
 |
TWEE minute het 'n egpaar van die Paarl verlede Saterdag R2000 gekos toe die bank se besette noodlyn 'n outobank-kaartdief tyd gegun het om 'n onwettige transaksie te doen.
"Ek moes net té lank aanhou," het die ongelukkige vrou gesê.
"Eers was dit beset, en toe moes ek nog langer aanhou omdat al die operateurs besig was.
"Toe ek uiteindelik om 11:19 die kaart gekanselleer kry, moes ek verneem dat daar om 11:17 R1000 onttrek is, en weer om 11:18 nog 'n duisend rand."
Die vrou het in die motor op Jan Philipsplein gesit terwyl haar man buite Absa-bank in Fabriekstraat geld wou trek.
"Ek het skielik besef my man is in die moeilikheid.
'n Lang, donker man, netjies aangetrek, het ewe rustig van my man af na 'n wit motor gestap en weggery.
Toe ek by my man kom, het hy gesê ek moet dadelik die kaartstoplyn, 0800-1111-55 skakel.
"Hy wou nie die outomaat verlaat nie, dalk kom sy kaart uit."
Haar man het sy kaart in die masjien gesit en sy pinnommer ingedruk toe 'n hand oor sy skouer die kanselleer knoppie gedruk het.
Hy het omgekyk en die vreemdeling weggestoot. Min het hy geweet die man het reeds sy kaart uit die gleufie geneem.
Nadat hulle uiteindelik na die Absa-noodlyn kon deurkom en die skoknuus verneem het, is die egpaar na die polisiestasie waar hulle die saak aangemeld het.
'n Absa-operateur het die tyd en plek van onttrekkings aan die polisie bekend gemaak - twee minute voor die kansellasie, by die kitsoutomate by Checkers.
"'n Mens moet wa-wyd wakker wees, en niemand vertrou nie," het die gefrustreerde egpaar gesê.
Hulle het die Saterdag by die polisiestasie deurgebring en deur die foto's van verdagtes geblaai, maar sonder sukses.
Die verdagtes - 'n lang man en 'n korter maat - is swart van gelaat, in hul vroeë twintigs, en praat vlot Afrikaans.
Hul beskrywing voldoen aan dié van die mans wat maande lank al in die Paarl, Wellington en Franschhoek kitskaarte steel en onttrekkings doen.
Alhoewel die polisie talle sake teen die verdagtes ondersoek, gaan die diewery ongestoord voort.
"Hoekom was daar nie sekuriteit nie?" vra die vrou.
"Die polisie sê die diewe gebruik spieëls, of die lang man kyk oor jou skouer, of hulle luister na die klank soos die kode ingetik word.
"Die publiek is uitgelewer aan dié boewe."
* A Paarl man was robbed of R2000 at an autoteller while trying to cancel his card on the emergency line. |
 |
|
 |
Hartstilstand by rugby |
|
|
 |
DAAR is 'n "opflikkering" in die toestand van Neil Scheepers, die 14-jarige rugbyspeler wat Dinsdag op Hoër Jongenskool se sportvelde 'n hartstilstand gehad het.
Die o.15B slot het om 17:00 tydens 'n oefening op die Brugstraat rugbyvelde inmekaargesak.
Paramedici en dokters het die seun op die sportterrein behandel voordat hy in die waakeenheid van die Paarl Medi-Clinic opgeneem is.
Sy ma, Denise, van Rentiastraat, Noorder-Paarl, was die heeltyd by hom. Neil ly aan 'n harttoestand.
'n Harttoestel is gisteroggend ontkoppel terwyl die seun steeds aan 'n ventilator gekoppel moes bly. |
 |
Lekota eregas by dinee |
|
|
 |
|
 |
DIE Wellington Rapportryerskorps nooi inwoners en instansies uit om voorstelle te maak vir die Wellingtonner van die Jaar 2004.
Nominasies moet volledige motivering bevat, veral wat betref die kandidaat se diens aan en betrokkenheid by die gemeenskap van Wellington.
Nominasies moet die sekretaris bereik teen Maandag 16 Augustus, by Posbus 173, Wellington 7654, of gee af by Proteastraat 20. In geval van navrae, skakel 873-2759 of 082-591-6807.
Die dinee waartydens die toekenning oorhandig sal word, vind plaas op Woensdag 8 September by die Hugenote Hoërskool.
Die spreker tydens die geleentheid hierdie jaar is die Minister van Verdediging Mosiuoa (Patrick) Lekota. Hy is 'n Vrystater gebore en getoë waar hy vlot leer Afrikaans praat het. Hy is ook bekend onder die bynaam "Terror" uit sy jonger jare as sokkerspeler.
Verlede jaar se toekenning het gegaan aan twee staatmakers, Charlotte Cupido en Esna Zietsman, tydens 'n besondere funksie toegespreek deur oud-president FW de Klerk. |
 |
|
|
Huis brand byna af oor kombers |
 |
Malané Bosman |
 |
|
|
 |
|
|
'n MENS verwag dat 'n elektriese kombers jou bed lekker warm maak, maar darem nie dat dit jou huis afbrand nie.
Was dit nie vir Arno en MC van Zyl se buurman nie, het van hul huis in Eikelaan, Wellington, seker net die mure bly staan.
Arno moes die aand laat werk by hul onderneming, Boland Drukpers, toe MC om 22:30 tuis gekom het.
Sy het die elektriese kombers in die hoofslaapkamer aangeskakel en is na die buite-waskamer.
Toe sy ongeveer 15 minute later weer in die huis kom, het sy die rook in die gang gesien.
"Ek is na my kamer om my selfoon langs die bed te kry, maar het my in 'n dik bondel rook vasgeloop," onthou MC.
Sy het dadelik die hoofkragtoevoer afgesluit en haar man by die firma laat weet "die huis brand". Toe het sy na die buurman gehardloop om hulp te soek.
Braam Hugo het sy brandblusser gegryp en in die gang afgestorm.
"Toe ek die kamerdeur oopmaak, walm die rook en vlamme. En daar wil die brandblusser nie werk nie," sê Braam.
Hy is terug na sy woning oorkant die pad en het 'n tweede brandblusser gegryp.
Hy het die slaapkamervenster stukkend geslaan en begin spuit, net toe Arno opdaag en met 'n klein motor brandblusser asook die tuinslang die vlamme takel.
Braam het sy derde brandblusser ook gaan haal en binne minute het hulle die ergste brand onder beheer gehad.
Toe die Wellingtonse brandweer opdaag, het hulle die nog smeulende matras doodgespuit.
'n Kortsluiting in die kombers het vermoedelik die bed aan die brand gesteek.
"Ons kan dit nie eintlik verstaan nie. Dis maar die tweede seisoen dat ons die kombers gebruik," het MC gesê.
'n Kenner het gemaan dat dit veiliger is om 'n elektriese kombers nie ná die winter opgevou te bêre nie, maar eerder plat tussen die matras en die bedbasis te stoor.
Die versekering het alles uit die Van Zyls se woning verwyder om skoon te maak, terwyl die huisbewoners in 'n gastehuis sal vertoef.
Hulle sal seker eers oor twee maande kan terugkeer wanneer die roet- en rookskade herstel is en die wit stof van die brandblussers afgewas is.
"Die huis ruik erg, maar gelukkig is dit darem net die inhoud van die slaapkamer wat moet vervang word.
"Dalk is dit die regte tyd om my huis se kleurskema te verander," kon MC hierdie week spot. |
|
|
 |
|
 |
|
|