ppostgothic
Aida
safetop
uitlefstreep

Thursday 29 July 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 6 August  2004 at 17:30

Youth - Jeug


Plaaskinders nou voor in die ry

[ Top ]

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

TWEE jaar gelede het plaaskinders eendjies op 'n dam buite Wellington wreed seergemaak - uit verveeldheid of dalk uit onkunde?

Die Bovlei plaasboer het besef daar moet plan gemaak word met kinders wat naweke en vakansies ledig is.

Vandag spog Lelienfontein met 'n kampioen-karateklub, en het een van die ywerige karateka so pas SA-kleure in Durban verwerf terwyl sy spanmaats spog met 'n string medaljes.

"Na die voorval met die eendjies, het 'n natuurbewaarder die kinders kom toespreek," onthou personeelbestuurder Rita Andreas.

wspan03FC

WENNERS. Die plaasspan van Lelienfontein is kampioen karatekas. Rivano Andreas (9) het 'n goue medalje verwerf, met weerskante van hom sy spanmaats (van links, voor) Bianca Arnoldus (9), Cadin Lewis (7), Hayley Arnoldus (10) en Petronella Appollis (12) en (agter) Jacquin Azer (13), Heinie Bailey (14) en Jenai Azer (13).

"Hulle is met 'n bus Bainskloof uit en die kinders het baie geleer. Nooit weer is 'n dier of die veld beskadig nie."

By natuurkunde het dit egter nie gebly nie.

Daar is naweke vir die kinders van die plaas sportdae gereël. Hulle het veral graag atletiek gedoen. Uitstappies het gevolg.

Hulle het met trots die paaie van die Bovlei en Hexberg help skoonmaak.

En toe kom die karateklub in Maart 2003.

"Lelienfontein Karateklub is die eerste plaasklub," vertel Rita. "Dit is begin as 'n Sê-nee-vir-misdaad-projek", en dit is suksesvol."

Die lede, tussen sewe en 14 jaar oud, het nie net plaaslik nie, maar ook al in Kuilsrivier en Kraaifontein aan toernooie deelgeneem.

"Teen die einde van die jaar is ons as die beste klub aangewys," vertel Rita trots.

Nou het tien van die 15 lede Bolandkleure behaal en het sy vir elkeen 'n sweetpak in swart en goud gemaak.

Gedurende die winterskoolvakansie is hulle per bus na Durban waar hulle in 'n luukse hotel gebly en aan die nasionale kampioenskappe deelgeneem het.

Wat was die lekkerste in Durban?

Beslis die see, en die dag met die sardynloop toe ons die vissies langs die strand kon vang - en saambring Wellington toe," stem hulle saam.

En hoekom doen die jongspan karate?

"Om my ma-hulle te beskerm," sê die een.

"Vir selfverdediging," meen 'n ander.

"Ek wens almal wil karate doen," sê Heinie Bailey.

"As jy by die klas kom, vergeet jy van al die probleme wat jy by die huis het. Hier kry ons 'n gesonde liggaam en 'n gesonde verstand."

Die karateka oefen elke Saterdagoggend op Lelienfontein met hul sensei, Boland Hayashi-Ha hoofinstrukteur Patrick Ross.

Voor die SA kampioenskappe het hulle bykomend twee keer 'n week saam met die ander Boland karateka in die Paarl geoefen.

"Die ontwikkeling word moontlik gemaak deur die plaaseienaar, Jannie Bosman," sê Rita.

"Die karate is maar een van baie aktiwiteite wat hier gereël word om die plaasmense besig te hou en te help ontwikkel."

Lede van die plaassekuriteit en ouer kinders het opleiding ontvang in lewensredding en noodhulp, en jongeres in waterveiligheid.

Vir matrikulante word naskoolse kursusse gereël en vir volwassenes word lees- en skryfklasse aangebied.

"Dis juis ons matrikulante wat weer hul kennis terugploeg en help met klasse en praatjies oor belangrike sake, soos Vigs."

Voornemende motor- en vragmotorbestuurders op die plaas kry professionele afrigting.

En oor alles hou Rita Andreas 'n moederlike, maar niks-nonsens, oog.

* Children from a local farm are members of a champion karate club.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]