 |
 |
|
Melvin Hermanus het met 'n doelskop geslaag.
Die tweede span wen 17-3.
Saterdag speel Paarl Rangers tuis teen Strand United. |
 |
Albions vat raak in nat weer |
|
|
 |
|
 |
ALBIONS se afrigter, Randall Williams, het sy huiswerk behoorlik gedoen met sy spankeuse vir Saterdag se nat en modderige stryd teen Van der Stel.
Die sewe drieë wat Albions op 'n sopnat Daljosafat A-veld gedruk het, spreek duidelik van Williams se raakvatkeuse.
Die tuisspan het met groot sukses die bal die werk laat doen vir hul 39-3 (22-3) sege.
Losskakel John Stevens het gereeld die voordeellyn oorgesteek, danksy die vaste vyf wat voorlangs alles gegee het.
Oudergewoonte was dit die Paarliete se lostrio wat die oog gevang het met hul baljag-vernuf en goeie tweede fase besit.
Ashley Raubenheimer (skrumskakel) het bewys dat hy nie net op 'n droë veld kan speel nie, maar net so op sy gemak is op 'n nat veld. Hy is dan ook as speler van die wedstryd aangewys.
In die tweede helfte het dit 'n ruk gevat om weer aan die gang te kom. Nadat Courtney de Wee vir Lincoln du Preez, op heelagter vervang het, druk De Wee twee van die beste drieë van die dag.
Heelwat stelskoppe is egter verbrou weens die nat oppervlakte.
Stevens, Courtney de Wee (heelagter, 2), Alfredo Adams (slot) en die vleuels, Alvin Hugo en Elrico Pietersen, het drieë gedruk.
Hugo en Morné Goetham het elk met 'n doelskop geslaag.
Albions II wen 17-16, terwyl die derde span 8-8 gelykop speel. |
 |
|
 |
Stryd van die spoedvrate |
|
|
 |
|
 |
TOESKOUERS kan Saterdag uitsien na 'n kompetisie van vlugvoetigheid wanneer die Boland Kavaliers en die Olifante van die Oostelike Provinsie mekaar op Wellington pak.
'n Groot kragmeting tussen die Boland linkervleuel, Jonghikaya Nokwe en sy OP eweknie, Fabian Juries kan beslis verwag word.
Nokwe maak weer sy toetrede tot die span nadat 'n nekbesering wat hy in Februarie tydens 'n motorongeluk opgedoen het, hom op die kantlyn gehou het.
Nokwe is ook vir die SA Sewespan gekies wat Sondag na Londen vertrek. Daar is egter besluit dat hy eers weer provinsiaal moet speel om homself weer gevestig te kry.
Juries het al telkens vir die Sewes Bokke-span uitgeblink. Dit sal dus interessant wees om te sien watter een van die spoedvrate die ander gaan ore aansit.
Jaco du Toit vervang vir Henley du Plessis op agsteman. 'n Dyspierbesering sal Du Plessis vir die volgende twee weke op die krukkelys hou.
Die enigste ander verandering aan die span, is Michael Noemdoe wat Nicky Smit op slot vervang. Smit het 'n kniebesering tydens 'n oefening opgedoen en sal ook vir sowat twee weke buite aksie wees.
Vion Wium neem Noemdoe se plek op die plaasvervangerbank in, terwyl Angelo Brinkhuys (flank) in Du Toit se plek inskuif.
Die OP het reeds twee wedstryde verloor, maar hul laaste kragmeting teen die Luiperds in Port Elizabeth gewen.
Die Boland het reeds met die Griffons afgereken en op Nelspruit teen die Luiperds 31-28 verloor. Die hoofwedstryd wat om 16:00 begin, word voorafgegaan deur 'n wedstryd tussen die Noordweste Sub-unie-span en die Boland o.20 (13:00) en die Boland-vrouespan teen die Vrystaat (14:30). Kaartjies is R20 (skoliere gratis).
Die Kavaliers-span is Antonius Verhoeven, Rayno Benjamin, Jacques Badenhorst, Jonghikhaya Nokwe, Solly Goosen, Charl Blom, Jaco du Toit, Kobus le Roux, Chris Potgieter, Henk Eksteen, Michael Noemdoe, Tommy Dixon, Conrad Burke (k) en Fabian Brandt. |
 |
|
 |
Basson kap dit flou in judo |
|
|
 |
|
 |
DIE judoka Riekie Basson het onlangs behoorlik haar man gestaan tydens die Junior Afrika Kampioenskappe wat op Mauritius gehou is.
Basson, van die Paarl Judoklub, het as lid van die junior SA-span silwer verower in die o.20 jaar 63kg afdeling en goud in die kurash-afdeling.
Basson het haar plek in die nasionale span oopgeveg deur drie silwer medaljes, in die o.20 jaar, senior en kurash afdelings, asook 'n bronsmedalje in die spankompetisie te wen tydens die SA Kampioenskappe wat in Julie in Port Elizabeth gehou is.
Die Boland het tydens dié kompetisie skoonskip gemaak en 54 medaljes ingeoes.
Basson wat verlede jaar aan Hoërskool Hu-genote gematrikuleer het, neem aan die einde van die jaar saam met die res van die SA Juniorspan ook aan die Junior Wêreld Spele plaas.
Riekie, wat tans haar eie winkel in Wellington bedryf, hoop om aan die einde van die jaar na haar tweede Dan swartgordel op te gradeer.
Judokas kry geen borgskappe van Judo SA of Noksa en Riekie se pa, Chris, bedank graag almal wat sy dogter se deelname aan dié twee toernooie moontlik gemaak het. |
 |
|
 |
Eendeweer bemoeilik mooi rugby |
|
|
 |
|
 |
DIE rugbymanne van Robertson was Saterdag in hul eie agterplaas aan die ontvangkant van 'n tamaaie loesing toe Wellington hulle 56-10 pak gegee het.
Eie aan hul spel die afgelope seisoen, was Wellington weer eens in volle beheer van alle aspekte van die wedstryd.
Soos al voorspel kon word, was dit die besoekers se pak wat die fondament gelê het vir Wellington se 35-3 voorsprong teen rustyd.
Agsteman Paul Bester was oudergewoonte weer in die middel van al die aksie, terwyl Gerdus la Grange (slot) en Pieter Wium (haker) ook die Robertson-manne harde bene laat kou het.
In die agterlyn het die twee senters, Kobus Meintjies en Kris Joubert, telkens gevaarlik die lyn gebreek en dan ook self elkeen 'n drie gedruk.
Bester, La Grange, Wium, Theuns Stofberg en Hendrik van Zyl (2) het ook vir Wellington in die doelgebied gaan kuier. Mark Kotzé het met al agt doelskoppe geslaag.
* Die eerste span van Roses United het Saterdag op Pelikaanpark 20-19 vasgeval teen die gedugte span van Delicious.
Die wedstryd was in moeilike weersomstandighede gespeel en die nat, modderige speeltoestande was glad nie bevorderlik vir hardlooprugby nie, maar albei spanne was bereid om die bal lug te gee.
Die besoekers het eerste bloed geruik toe die sewes-Springbok, Eugene Francis, oorgeduik het vir sy span se eerste drie.
Spoedig daarna het die besoekers se tweede drie gevolg. Roses het hierna stadig maar seker sy stempel in die wedstryd begin afdruk met goeie voorspelerspel, wat tot gevolg gehad het dat Burton Abrahams (slot) oorgeduik het vir die tuisspan se eerste drie.
In die tweede helfte het Roses algaande beter begin speel en met die verskyning van die reserwe-vleuel, Brandon April, op die veld was Roses terug in die wedstryd.
April het weer eens met goeie hardlooplyne sy talent ten toon gestel en is met 'n drie beloon.
Die doelskop van Danie Roman in die doodsnikke van die wedstryd was van allerbelang, maar dit was nie suksesvol nie en Roses buig die knie voor die span wat gekwalifiseer het vir die Klubkampioenskappe later vanjaar.
Roses se volgende wedstryd is op 14 Augustus weg teen Robertson.
Die tweede en derde span het 10-7 en 11-0 gewen.
* Die A2 Superliga-wedstryd tussen Kaapse Technikon Wellington Kampus (KTWK) en Darling is op Wellington in 'n modderbad beslis.
Die besoekers het egter beter vastrapplek gekry in die glibberige veld en 33-5 (19-5) gewen om sy posisie bo-aan die ligapunteleer te versterk.
Die Boland Kavaliers se losskakel, Patrick Petersen, het met sy skopvoet en goeie besluite die tuisspan uit die wedstryd gespeel.
Johan Moolman het die studente se enigste drie gedruk. |
 |
|
 |
Development tournament helps build bodies |
|
|
 |
|
 |
THE Boland Natural Bodybuilding Association held its fourth annual national development championships in Paarl recently.
Although the Boland youngsters battled against tough competition from their Western Province neighbours, it was a good learning experience, says AC Adams, chairman of the Boland Weightlifting and Bodybuilding Association and national co-ordinator of judges for the SA Natural Bodybuilding Association.
"Every young bodybuilder in the Boland gets a once-off chance to compete in the development tournament to experience what the competition set-up is like.
"After that he must compete in the normal tournaments with another development athlete taking his place in the development tournament," explains Adams.
He was satisfied with the numbers and the talent that the athletes from Boland, WP, Eastern Province and the Northern Cape showcased.
"Since the development competitions started, the number of new bodybuilders has increased," says Adams.
He adds that the national Department of Sport still gives no recognition to any formal bodybuilding body in the country.
"It was however agreed that should we, the SA Natural Bodybuilding Associaton, acquire the affiliation of another two provinces, we will be awarded official status. The process is underway to incorporate Kwazulu-Natal and maybe Border," said Adams.
The other large bodybuilding association in SA is the International Federation of Bodybuilders.
According to Adams a policy difference concerning the testing of performance enhancing drugs have sunk the efforts to unite the two bodies.
Athletes interested in joining the Boland Natural Bodybuilding Association can contact Adams on 072-245-4160. |
 |
|
 |
Blues stel teleur |
|
|
 |
DIE rugbyspan van Macassar het Saterdag vir Laer Paarl (Blues) 'n rugbyles geleer toe die Paarliete op Daljosafat 36-0 in die stof gebyt het.
Die tuisspan se voorspelers het hul bes gedoen om Blues se eer te red, maar algehele vrotsige spel deur die agterlyn het die poging laat skipbreuk lei.
Die agterspelers het sonder 'n plan gespeel en was ook swak op die verdediging.
Die besoekers het ondanks die nat weer daarin geslaag om by tye wyd te speel, maar hoewel hulle genoeg besit gehad het, kon die tuisspan nie dieselfde doen nie.
Toeskouers meen dit was een van Blues se swakste vertonings tot nog toe dié seisoen.
Die tweede en derde spanne het ook verloor. |
 |
Old Boys Interskole-wedstryd verskuif |
|
|
 |
|
 |
DIE interskole-stryd tussen die Old Boys van Paarl Gim en Boishaai word vanjaar op 'n heel ander manier aangebied.
Die twee spanne, Old Boys en Golden Oldies, sal Woensdagaand ('n dag vroeër as gewoonlik) teen mekaar te staan kom, pleks van die Donderdagaand ná die o.13 rugbywedstryd.
Daarby sal vanjaar se wedstryde op Boishaai se Brugstraatvelde gespeel word pleks van die Faurestraat Stadion.
Daar gaan gepoog word om die wedstryde elke jaar by die gasheerskool aan te bied, maar aangesien Gimnasium se velde nog nie oor ligte beskik nie, sal dit voorlopig elke jaar by HJS aangebied word.
Oud-Springbok en -WP-spelers wat 'n verbintenis met beide skole het, soos John Gainsford, Theuns Briers, Hugo van Zyl, Tiny Neethling, Oelie de Kock, André de Villiers, Mannetjies Roux en Ryk van Schoor is ook na die geleentheid genooi.
Met dié nuwe formaat hoop die oud-studente-unies van albei skole om hul lede nader aan mekaar te bring.
Die eerste wedstryd van die aand tussen die Golden Oldies skop om 19:00 af en die Old Boys-stryd volg om 20:00. 'n Kontantkroeg sal beskikbaar wees. |
 |
|
 |
Vineyards klop Richmond |
|
|
 |
DIE maroen-truie van Vineyards het Saterdag weer met breë borskaste gespog toe hulle vir Richmond Rangers 11-5 geklop het.
Met die sege het die Paarliete vir Strand Pioneers onttroon as die huidige voorlopers in die Vyfde Liga.
Die flank en speler van die wedstryd, Adam Moerat, het Vineyards se enigste drie gedruk, terwyl John "Ponkas" Koopman (heelagter) met twee strafskoppe geslaag het.
Wasfie Nackerdien en Thamier Moerat was Vineyards se ander uitblinkers.
Die tweede span verloor 20-0 en die derde span wen 31-5.
Vineyards speel Saterdag op Daljosafat Stadion teen Thistle. |
 |
Peoples baas in modderstryd |
|
|
 |
EEN van Young Peoples Rugbyklub se bekendste kapteins het eenkeer voor 'n eindstryd gesê: 'Boys, al wen ons dié game 1-0, ons móét wen!'
Dit is presies wat die Tiere Saterdag gedoen het, toe hulle Silvertree op Daljosafat 7-3 geklop het.
Harde reënbuie het die veld in 'n modderbad omskep en van hardlooprugby was daar geen sprake nie.
Die tuisspan het egter voorlangs oorheers en dit was op die ou end die verskil tussen die twee spanne.
Dit is ongelukkig al positiewe kenmerk van die Paarliete se spel. Dissipline was 'n probleem en twee Peoples-spelers is met geelkaarte beboet.
Irvin Martin het Peoples se drie gedruk, wat Ben Martin verdoel het. Peoples II en III het 17-9 en 15-0 gewen.
Peoples speel Saterdag op Daljosafat teen Hamlets. |
|
|
|
|