|
OORWEEG JY 'N LOOPBAAN AS 'N FINANSIËLE ADVISEUR?
Ou Mutual Persoonlike Finansiële Advies kan jou help om 'n plan te maak
Ou Mutual Persoonlike Finansiële Advies soek na gemotiveerde, selfgedrewe persone wat graag suksesvol in die finansiële dienste omgewing wil wees. Om suksesvol te wees, is dit nodig dat jy 'n mens is wat langtermyn persoonlike verhoudings kan bou. Jy hou daarvan om kliënte te adviseer oor hoe om hulle finansiële doelwitte te bereik deur middel van hoë-tegnologie-ontledings en beplanning.
Geleenthede bestaan tans by Ou Mutual PFA Paarl.
Die minimum vereiste om vir 'n pos oorweeg te word, is Matriek (Graad 12) en aanstelling is onderhewig aan die "FAIS" wetlike verplig-tinge.
Eie vervoer is noodsaaklik.
Die riglyne om vir hierdie opwindende loopbaan oorweeg te word, is buitengewone interpersoonlike vaardighede, 'n verbintenis tot dienslewering en 'n begeerte om suksesvol te wees. Die volgende bevoegdhede sal tot jou voordeel strek:
• Verkoopsvaardigheid/Oorredingsvermoë • Kweek van kliëntelojaliteit • Beplanning en organisasie • Volharding • Innovering • Rekenaarvaardigheid
Hoewel intensiewe opleiding deurlopend verskaf word, sal vorige kliëntediens en/of verkope-ondervinding veral in die finansiële dienste sektor (m.a.w. ook bestaande makelaars) tot jou voordeel wees.
Suksesvolle kandidate kan 'n uitdagende en stimulerende loopbaan met uitstekende groeigeleenthede verwag. Die markverwante vergoedingspakket bestaan onder andere uit 'n produksiegekoppelde aansporingskema.
Kontak vir Maliney Ontong by tel (021) 872-3181 om te bespreek vir die loopbaanaanbieding wat op Donderdag 12 Augustus 2004 om 18:00 aangebied sal word. |