|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||
|
DIE voortbestaan van Klein Drakenstein, die laerskool tussen die plase aan die voet van Du Toitskloof, hang aan 'n draadjie. Maar die ouers van die 17 leerders wat vanjaar op die banke van die historiese skoolgebou sit, hou vol: "Ons skool bly oop." Daar is vanjaar vier leerders in grade 1, 2 en 3, drie leerders in grade 4 en 5, met tien leerders in grade 6 en 7. "Ons bly egter positief," het 'n ouer aan die Paarl Post gesê. "As elke ouer een kind vir Klein Drakenstein werf, sal ons skool kan voortgaan." Volgens die Onderwysdepartement het 'n skool slegs 'n bestaansreg met meer as 25 leerders. Met elke 35 leerders kwalifiseer 'n skool vir 'n departementspos. Skoolhoof Daniël Brink was einde verlede jaar vol vertroue dat Klein Drakenstein laerskool weer soos die afgelope 155 jaar, met genoeg leerders sou oopmaak. Nou blyk dit 2003 sal die maak of breek jaar wees vir die skooltjie tussen die plase. Klein Drakenstein het plek vir 50 leerders, maar hoe om die getalle te kry? "Ons wil die skool bemark vir kinders wat wegraak in groter klasse in groter skole," het Brink gesê. Die leerkragte is Marinda Lingenfelder (senior) en Marelize Nel, wat in haar eerste pos aangestel is toe sake verlede jaar nog beter gelyk het. Sy is gekwalifiseerd in remediërende onderwys tot graad sewe. Die ouers besing die voordele van die kleiner klasse, die individuele aandag en die uitstappies in die natuur. Rekenaarklasse en kuns word by die skool aangebied deur onderskeidelik Future Kids en die hoof van die kunssentrum in die Paarl, David Steele. Sport word gekombineer met Privaatskool Simond en Laerskool Slot van die Paarl. Gratis vervoer skool toe en terug is beskikbaar vanaf Wellington, deur die Paarl, na Klein Drakenstein. Die skoolfonds, wat onontbeerlik is vir die behoud van die leerkragte, is vanjaar R3000 (R300 per maand). |
|
|
|||||||||||||
|
THE road between Wellington and Hermon, which has deteriorated alarmingly over the past years, will be rebuilt in 2004. "The project to rebuild the R44 has now been classified as a priority by the Province and work will start next year," Pierre-Jeanne Gerber, ANC MP said. "Building will start on the extremely dangerous stretch between Wellington and Hermon, with shoulders also being added to the road." It is about time, farmers who use the road with slow moving tractors and other farm implements, said. Not a week passes without loss of life or damage to vehicles on the R44. "The road is also vital as an alternative route for the N1 between Paarl and Worcester," Gerber said. Only last week traffic was halted for 11 hours near Gouda when insecticide started leaking on the back of a bakkie, sending chemical smoke into the air. The driver of the bakkie, Sipho Sangweni from Wellington, was treated for inhalation of the poisonous substance. In December last year a tanker with liquid petroleum gas left the road and tumbled down an embankment. The lorry had allegedly crashed into a discarded motor part that had fallen onto the tarmac from another vehicle. The area was cordoned off by the Boland fire brigade and the road was closed for 36 hours. That same day a lorry carrying diesel overturned and spilled the diesel onto the tarmac. A section of the road was closed for an hour to clean up the slippery lane. |
|
|
|||||||||||||
|
TWEE jaar nadat klein Candice Abrahams (6) uit 'n speelparkie by haar ouerhuis in Groenheuwel ontvoer en daarna vermoor is, is 'n familielid nou aangekla van die skokmoord. Christopher (Green Eyes) Papier (26), haar pa se broer, verskyn in Februarie op aanklagte van menseroof, verkragting en moord in die Kaapse Hooggeregshof. Herhaalde DNA toetse het staatsaanklaers oortuig dat die polisie 'n sterk genoeg saak teen Papier het om hom voor die hof te daag. John Williams, 'n getuie in die Candice-saak, word versoek om die ondersoekbeampte, insp Lucas Lourens, by 807-4000 te skakel. Williams het ten tyde van die voorval in Irisstraat 72A, Groenheuwel gewoon, maar het sedertdien getrek. In Maart 2000 het Candice saam met maatjies bollemakiesie geslaan, maar sy het nooit na haar ouerhuis in Ameliastraat teruggekeer nie. 'n Reuse-soektog nadat sy laas saam met haar oom gesien is, het die volgende dag met die gru-ontdekking onder bome buite die verkeersentrum in Daljosafat geëindig. Sy is daar verkrag en met haar eie broekie verwurg. "Candice sou net saam met iemand gaan wie sy goed geken het," het haar bewoë pa, John Abrahams, destyds gesê. Papier was in die visier van polisiebeamptes nadat bebloede klere in sy woonplek in Fairyland ontdek is. Hy het toe reeds tronkstraf weens verkragting uitgedien. Green Eyes het die polisienet vrygespring, en ook die soektog met helikopters ontduik toe hy langs die Bergrivier in die omgewing van die plaas in Suider-Paarl waar sy ouers woon, opgemerk is. Papier is uiteindelik 15 dae na Candice se moord in hegtenis geneem, enkele ure nadat 'n 18-jarige skoolmeisie van Mbekweni uit die kloue van haar verkragter teen Paarlberg ontsnap het. Sy is die oggend op pad skool toe oorval en teen die berghang op gesleep deur 'n man wat sy as Papier uitgewys het. Papier is ná 'n jaar as verhoorafwagtende op die verkragting van die skoolmeisie uit aanhouding vrygelaat toe sy aansoek om borgtog geslaag het. Hy is is Oktober 2001, twee weke na dié vrylating, weer in hegtenis geneem op 'n ander aanklag van poging tot verkragting. Hy bly in aanhouding tot sy verhoor. |
|
|
||||||||||||||||
|
Inspekteur Jan Burden van die Paarl Polisie honde-eenheid was Donderdagnag om 02:00 op patrollie toe hy by die aansluiting van Lady Greystraat en Jan van Riebeeckweg 'n swaargelaaide bakkie opgemerk het. "Ek het deur die venstertjies van die kappie gesien dis 'n vrag drank, en toe |
|
|
|
Hy het die bakkie probeer voorkeer, maar die twee insittendes het petrol gegee. "Die bakkie was so swaar gelaai dat dit oor die pad geslinger het. Ek het die situasie oor die radio verduidelik en hulp was gou op pad." By die verkeerslig by Spilo het die bakkie links geswenk en toe weer regs in Drommedarisweg, met Burden op hul hakke. In Mbekweni was bystand daar en is die bakkie van die pad gedwing. Kenny Ngubiko, wat vroeër die aand nog aan diens was by die KWV, en die bestuurder van die bakkie, Khabundam Mantso, ook 'n inwoner van Mbekweni, is in hegtenis geneem. Verdere ondersoek het gelei tot die inhegtenisneming van Chris Davey (32) van Paarl-Oos, 'n sekuriteitswag wat al twee jaar die KWV help beveilig. Hy was die aand van die diefstal aan diens by die ingang tot die kelder en store in Kohlerstraat. Ses-en sestig kiste 10 jaar-oue brandewyn, met 'n waarde van sowat R60 000, is dieselfde nag nog aan die regmatige eienaars terugbesorg. "So is ons werk maar - op die regte tyd, op die regte plek, en siedaar..." het Burden tevrede geglimlag. * A wide-awake policeman caught thieves with R60 000 worth of KWV brandy in Paarl. |
|
|
|
|
'n BESTUURDER van die Slabbert Burger Vervoer maatskappy op Wellington en werkers van Delmonte Fresh Produce op Gouda, moes verlede Donderdag behandeling ontvang, nadat hulle die giftige dampe van Azenphos-metiel ingeasem het. Die stof word gebruik om aalwurms in die grond teen te werk. Indien persone dit inasem, kan hul bors geaffekteer word en die vel word krapperig. Die bestuurder van Slabbert Burger, Sipho Sangweni, was met tien sakke van dié poeier agterop sy bakkie op die R46 in die rigting van Tulbagh onderweg, toe dit vermoedelik weens die hitte of klammigheid spontaan begin rook het. Dié dampe het toe die Delmonte fabriek, sowat 'n kilometer daarvandaan, bereik, waarna van die werkers dit ook ingeasem het. Hulle is onderskeidelik na hospitale op Worcester en Ceres vervoer. Produksie moes gestaak word en van die werkers was vir twee dae afwesig. Die Boland Distriksmunisipaliteit en Drakenstein Brandweer was gou op die toneel. Die pad was vir ongeveer twee en 'n half ure toegemaak vir verkeer en moes motorryers van die Sonkwasdrif-grondpad as alternatiewe roete gebruik maak. |
|
|
|
|
AN alleged rapist suffered serious head injuries when he was caught and beaten by angry members of the Mbekweni community at the weekend. When a 13-year-old retarted girl was reported missing to the Chris Hani commitee on Saturday afternoon, members of the community joined in the search. They later told policemen how they had surprised the abductor in bushes near the Ikwezi Centre. The man had jumped up and fled. The semi-clad girl was comforted by women in the search party. After the Police received the call, they arrived to find a badly beaten Makhaya Nzunga (in his late 30's). He was rushed to Paarl Hospital where he had to undergo surgery to serious head wounds. In another case where the community stood up against crime in Mbekweni, a man who allegedly tried to rape a two-year-old on Thursday, was apprehended and assaulted. He was handed over to the Police after the assault. The man suffered head injuries but was well enough to appear in the Paarl Magistrate's court this week. |
|
|||||