safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 30 January 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 6 February 2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Youth - Jeug


Banke te min

Leigh Reitz

[ Top ]


wklas30SEKONDêRE skole in die Vallei is erg bekommerd oor akkommodasie vir hul graad agt leerders, met 'n reuse toename in dié getalle.

'n Nuwe skool, die Wellington Middelskool, het verlede week in Weltevrede geopen, nadat hoërskole soos Weltevrede en Bergrivier Sekondêr hul volle kapasiteit bereik het en nie al die leerders kon huisves nie.

Dié twee skole akkommodeer vanjaar onderskeidelik 350 en 267 graad agts, terwyl die nuwe skool 'n honderd leerders het.

GROENTJIE. Megan du Preez, nuwe graad eentjie by Hoër Meisieskool Paarl, was baie opgewonde om die eerste keer die skoolbanke te betree. Foto: Melani Theron

Hugenote Hoërskool het 170 graad agt inskrywings ontvang, terwyl hulle optimaal 250 kan akkommodeer. Verlede jaar was daar 180 leerders.

Ander skole soos Paulus Joubert Sekondêr moes weer leerders wegwys, weens 'n akkommodasieprobleem. Daar is vanjaar 349 graad agts ingeskryf, terwyl hulle net 250 kan akkommodeer.

Dit het oorvol klasse tot gevolg.

"Ons moes van die leerders wegwys. Daar is tussen 40 en 44 leerders per klas en dit veroorsaak dat daar te min sitplekke is. Dié getalle sal oor 'n paar jaar ook dan oorvol matriek klasse tot gevolg hê," het 'n woordvoerder van die skool gesê.

By New Orleans Sekondêr word dieselfde probleem ervaar. Daar is vanjaar 400 graad agts, wat ongeveer 50 meer is as verlede jaar.

Klein Nederburg Sekondêr het op die oomblik 300 graad agts, wat hul kapasiteit oorskry, maar die getalle kan nog verander. Daar is ses klasse, met tot 50 leerders in 'n klas.

Noorder-Paarl Sekondêr gee vanjaar klas aan 310 graad agts, baie meer as verlede jaar se 220.

Desmond Tutu Sekondêr het vir die tweede agtereenvolgende jaar geen graad agts nie weens onvoldoende klaskamers.

Graad agts en neges gaan na Ihlumelo Junior Sekondêr, waarna hulle terugkeer na Desmond Tutu vir die res van hul skoolopleiding.

Hoërskool Gimnasium het nog nie volle kapasiteit bereik met 201 graad agts nie. Hoërskool Labori het vanjaar 111 graad agt inskrywings gehad, maar is ook nog nie vol nie.

Hoërskool La Rochelle se getal van 98 is dieselfde as verlede jaar.

Hoër Meisieskool se 81 graad agts is dieselfde as verlede jaar.

Charleston Hill Sekondêr het 320 graad agts, wat dieselfde as verlede jaar is en beteken dat hul volle kapasiteit bereik is.

Hoër Jongenskool se getal graad agts, 146, stem ooreen met dié van verlede jaar, wat dan ook baie na aan hul volle kapasiteit is.

Ook by primêre skole was daar vanjaar 'n toename in hul nuwe leerdertjies.

Laerskool WA Joubert het 61 graad eens vanjaar, met 'n totaal van 470 leerders, teenoor 316 in 2001. Hoër Meisieskool Paarl het 32 graad eens, teenoor 2002 se 16. By Amstelhof Primêr was daar 'n toename vanaf 103 verlede jaar na 130 vanjaar.

Orleansvale Primêr het 'n afname vanaf 105 verlede jaar na 91 vanjaar gehad.

By Charleston Hill Primêr is daar vanjaar 62 graad eens, meer as laas jaar. Daar is nog plek vir graad eens.

Courtrai Laerskool het 65 graad eens ingeneem vanjaar. Hul getalle is hoër as verlede jaar en daar is nog plek vir Engelssprekende. As daar egter meer Afrikaanssprekendes inskrywings ontvang word, sal 'n ekstra klas geskep moet word.

Ebenezer Primêr is met 74 nog onder hul volle kapasiteit. Hulle kan tot 80 inneem.

Gimnasium Laerskool se graad eens is vanjaar 72, wat meer is as verlede jaar.

LK Zeeman Primêr se getalle het gedaal met 45 graad eens vanjaar, wat tot gevolg het dat hulle slegs een graad een klas het teenoor 2002 se twee klasse.

Nederburg Primêr se graad een klasse is vol met 105 leerders. New Orleans Primêr het met 110 meer graad eens as verlede jaar.

Hillcrest Primêr het vanjaar minder graad eens, met die getal wat vanaf 179 na 134 gedaal het vanjaar. Ook Hugenote Laerskool het 66 graad eens vanjaar, teenoor 79 verlede jaar.

Pauw Gedenk Primêr het vanjaar 137 graad eens en het verlede jaar 141 gehad. St Albans Primêr se graad eens is 182 vanjaar, teenoor 171 verlede jaar.

* Groendal Sekondêr op Franschhoek se slaagpersentasie in die matriekeksamen is 89% en nie 85% soos berig was nie. Noorder-Paarl Sekondêr het 'n persentasie van 68,75% gehad en nie 63,3% soos dit in die koerant verskyn het nie.

*Secondary schools are experiencing problems to accommodate all their pupils.


Daar is geen keer aan Vincent

Yolanda de Villiers

[ Top ]


TWAALF jaar gelede het die jong Vincent Vingui in Franschhoek aangekom met net sy moedertaal, Xhosa, om hom oor die weg te help.

Van Afrikaans en Engels het hy niks geweet nie. Maar verlede jaar het hy matriek geslaag met 'n onderskeiding in Afrikaans.

Vincent is op die dorpie Bedford in die Oos-Kaap gebore. As leraarspaar het sy ouers heelwat rondgetrek en toe uiteindelik op Franschhoek beland.

In 1990 het hy met sy skoolloopbaan by die Laerskool Wemmershoek begin, en in 1994 na die Hoërskool Franschhoek oorgegaan. Hy moes graad 4 oordoen om die grondbeginsels van Afrikaans en Engels onder die knie te kry, maar toe was daar geen keer meer aan hom nie.

Daar het hy ook met rugby kennis gemaak en van 2000 af vir die eerste span gespeel.  Hy is tot die leerlingraad verkies en was in 2002 onderhoofseun.

Sedertdien het hy die prestasies ingeryg. Hy het die wisseltrofee ontvang as die Engelse leerder wat die beste in Afrikaans gevaar het, asook 'n trofee vir tweetaligheid.

Hy het die toekenning as beste presteerder in 'n toerismekursus by die Tygerbergkollege ontvang. Sy matriek het hy met vrystelling en die onderskeiding in Afrikaans Tweede Taal verwerf.

"Dis 'n onderskeiding wat hy beslis verdien het," sê  Lynette Steynberg, sy Afrikaansonderwyser.

Hy wil nou 'n driejaarkursus in interne ouditering aan die Kaapse Technikon volg, maar moet nog die geld daarvoor in die hande kry.


[ List of Schools / Skolelys ]


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za