|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
VAN deur sand jaag, kan jy niks meer vir Giniel de Villers vertel nie. Ná sy eerste Dakar wedren waarin die oud-Paarliet in 19 dae 8550km deur die woestyne van Afrika gejaag het, is dit g'n wonder nie dat hy 'n swembad die meeste gemis het. De Villers (foto) wat vir die Nissan Rally Raid span gery het, het in sy Hardbody bakkie algeheel vyfde geëindig in die voertuie-afdeling. Die Suid-Afrikaner het van die begin af sy voornemens duidelik gemaak deur ná die tweede skof tussen Narbonne en Castellón, tweede algeheel te lê. Die uitmergelende roete, onervaring en menige pap band was die oorsaak dat De Villiers teen die vierde skof gesak het na vyfde plek. Ná die volgende skof het hy 'n verdere plek gesak. Maar namate hy vertroud geraak het met die rytoestande was die Suid-Afrikaner met die aanbreek van die agste skof algeheel vierde. Meganiese probleme in die volgende skof het hulle egter terug in algehele agtste plek gesit. Aangevuur deur 'n vasberadenheid om 'n skof te wen, het De Villiers hard gery en het dit gelyk of sy wens in die 16de skof bewaarheid sou word, maar 'n navigasiefout deur Maimon, het hulle in 'n vierde skof-posisie laat eindig. Die span het hul sewende posisie behou, maar verbete bestuur deur De Villiers in die orige skofte het hulle finaal 'n vyfde plek besorg. Gevra of vyfde aan sy verwagtinge voldoen het, het De Villiers hy gesê dit is 'n "bevredigende resultaat". "'n Mens probeer maar so goed as moontlik ry, maar jy verwag niks in die Dakar nie, want in dié wedren verander dinge so vinnig. "Die ouens by Nissan is baie tevrede en ons dink dit is 'n goeie resultaat vir 'n nuwe span en 'n eerste probeerslag," het hy vandeesweek gesê. |
|
|
|
|
DIE SA Wêreldbekerspan se vermoë om vanjaar dié uitsonderlike kompetisie op eie bodem te wen, sal Dinsdag vir die tweede keer getoets word wanneer hulle teen 'n Boland XI in die Paarl te staan kom. Volgens Deon Muller, afrigter van die Boland, het die nasionale breier Eric Simons versoek dat die Proteas wat nie vir Dinsdag se wedstryd gekies word nie, in die Boland span opgeneem word. Herschelle Gibbs, Robin Peterson, Mark Boucher en Charl Langeveldt was teen gister die vier wat die Boland geledere sou versterk. Muller kon egter nie bevestig of dit die finale span sou wees nie aangesien hy teen druktyd nog nie met Simons gepraat het nie. Sy voorlopige insluiting in die Boland-span sal Gibbs die geleentheid gee om sy kolfvernuf teen die Suid-Afrikaanse boulaanval te slyp. Die wedstryd is 'n dag/aandwedstryd en kaartjies wat by Boland Krieketstadion beskikbaar is, is R30 per sitplek en R20 vir die graswalle. Die Boland Krieketraad versoek toeskouers om kaartjies vir die opwarmingswedstryd asook die wêreldbekerwedstryde twee dae voor die tyd te koop om oponthoud by die toegangshekke te vermy. "Dit is 'n wonderlike geleentheid om die SA span en spelers soos Justin Ontong wat amper die wêreldbekerspan gehaal het, teen 'n lae prys, in aksie te sien," het Peter Ingwersen, WB-koördineerder van Boland gesê. Die voorlopige Boland XI is: Herschelle Gibbs, Chad Baxter, Robin Peterson, Justin Ontong, Henry Davids, Mark Boucher, Con de Lange, Charl Langeveldt, Jacques van Wyk, Ryan Groeneveld, Henry Williams (12de manne) Andrew Cyster, Willem du Toit. L |
|
|
|
|
INGEVOLGE leemtes en gebrekke tydens hul aanbieding van die eendagtoets tussen Suid-Afrika en Pakistan, het die Boland Krieketraad vandeesweek verbeteringe bekend gemaak wat 'n beter diens tydens die komende Wêreldbekerwedstryde sal verskaf. Volgens direkteur Vincent Beaton, adjunk-areakommissaris van Boland, sal 'n groot sekuriteitskorps vir veiligheid in en om die krieketstadion verantwoordelik wees. Daarby sal daar 'n buite-veiligheidsone van 2km wees wat ook gemonitor sal word, met toeskouers se voertuie wat bewaak sal word. "Alle gebeurlikheidsplanne is in plek en daar is tans geen bedreiging wat dié krieketaangeleentheid kan kniehalter nie. Die omliggende polisiestasies sal daagliks operasies uitvoer om te verseker dat die spelers en krieketgemeenskap veilig sal wees," het Beaton gesê. Hy het bygevoeg dat streng maatreëls by ingange en binne die stadion sal geld en die publiek gevra om die polisie in die verband te ondersteun. 'n Pluimpie vir die plaaslike SAPD is dat provinsiale kommissaris Lennit Max en Wes-Kaapse Minister van Kultuursake, Sport en Ontspanning, Patrick McKenzie, albei tevrede was met die sekuriteit tydens die eendagtoets op 16 Desember by Bolandpark Stadion. Daarby is daar ook nie een klag van motorinbraak aangemeld nie. 'n Operasiesentrum binne die stadion sal voortdurend sake monitor en reageer op enige probleme of moontlike rampe. Dit is ook duidelik gemaak dat die gereg teen persone sal optree wat onwettig kaartjies buite die stadion verkoop. Volgens Peter Ingwersen, WB-koördineerder by Boland, was die koop en afhaal van die kaartjies op die dag van die wedstryd, die oorsaak vir die oponthoud by die hekke. "Dit sal nie die geval wees by die wêreldbeker-wedstryde nie. Daar sal twee karavane wees. By een koop mens kaartjies en by die ander word die kaartjies afgehaal. 'Toeskouers wat reeds kaartjies het, sal direk by die hekke kan ingaan. Só, dinge behoort beter te vloei," het Ingwersen gesê. Nog 'n klagte tydens dié onlangse wedstryd was die lang rye by die bierstalletjies. "Daar is reëlings getref dat die diens by die stalletjies beter sal verloop. Die Polisie het egter die mag om die kroeë te sluit indien nodig," het Pietie Williams, hoof-uitvoerende beampte van Boland Krieket gesê. Sagte koelsakke, 500ml plastiekbottels met water en naamlose koeldrank, asook vleis kan in die stadion ingebring word. "Ons sal braaigeriewe verskaf en wag om te hoor of die WB-komitee sambrele sal voorsien," het Williams gesê. Die geen-verkeer sone - wat strek vanaf die N1 afrit in Langenhovenlaan tot by die Van der Stelstraat-kruising - sal geld van 10:00 die aand voor 'n wedstryd tot 12:00 die volgende dag. 'n Bord met die aanwysing is reeds die afgelope twee maande langs Langenhovenlaan aangebring. Belangrike gaste en stadion-personeel sal tydens wedstryde by die Ligstraal skool parkeer. Orige staanplekke sal teen betaling vir die publiek beskikbaar wees. Dieselfde geld vir die perseel van Klein Nederburg Sekondêr, waar die losiehouers en WB-borge sal parkeer. Daar word versoek dat die publiek van dié twee parkeerareas gebruik maak. Lede van die media, vrywillige personeel en diensverskaffers binne die stadion sal by die ou renbaan naby die stadion kan parkeer. Die publiek sal gratis kan parkeer vanaf Dennebos tot by Van der Stelstraat. Voertuie sal egter nie onder toesig wees nie. Vir parkering by Ligstraal moet toeskouers Klein Drakensteinweg neem en regs afdraai in Pienaarstraat tot by die skool. Vir parkering by Klein Nederburg Sekondêr draai vanuit Langenhoven links in Van der Stel en weer regs in Newman waar die ingang van die skool is. Dié reëlings, soos uitgelê deur die Wêreldbeker-komitee, sal reeds Dinsdag tydens die tweede opwarmingswedstryd tussen Suid-Afrika en 'n Boland XI in werking tree. |
|
|
|
|
THE 43rd edition of the immensely successful Groot Drakenstein Six a Side Cricket Tournament takes place on Sunday at the Pickstone Oval in Groot Drakenstein, Franschhoek. The Host Club, who normally play only friendly cricket, use their contacts to field some of the highest quality players in the Boland and Western Cape. This year they will once again be captained by Boland Skipper, Steve Palframan, and Justin Ontong adds strength and grace to the side. We suggest you watch local allrounder, Lloyd Baldie, who will amuse and entertain all, born out by the regular award of visiting overseas teams to Groot Drak who name him player of the match. Pniel's Coronation Club will be skippered by Henry Williams, his overs will be sure to be pretty mean, as will young Jacques van Wyk, one of the finds of the current first class season. Henry Davids is also in the Coronation side, he, Jacques and Justin have graced the ground before. These two sides could be the teams to beat, maybe creating an all Boland final. Jono Holgate is bringing out his Fish Hoek side which always succeeds in performing above its perceived ability, being runner up last year. This year they have Irish international, John Mooney. Last year's winners, Pinelands, include 2002 best batsman, Murray Anderson and the Club will be honoured to welcome, yet again, Aubrey Martin who will bring his Claremont side, many of whom are familiar with Groot Drak and have often played there. Last year's plate winners, Almar, were also the biggest six hitters, so they are sure to excite. Andrew Kalis wishes to go one stage further and win the tournament, a first for this combination of the once famous Alma club and Marists. That leaves Cape Tech/Green Point, winners in 2001 and Cape Town Cricket Club. Neither side can be underestimated, Cape Tech/Green Point played Roger Telemachus last year and have some fearful batsmen and Cape Town Cricket Club has, over the years, produced some of our best players. Starting at 9:30 cricket will continue unabated until about 18:00. The Club has a bar and boerewors rolls and ice- cream will be available. A limited amount of lunches will also be available. The club has a swimming pool and a tennis court and all are invited to participate. For information call Rob Bertram at 885-1625 or 083-675-6161. |
|
||||