safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Wednesday: 30 April 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 8 May 2003 at 17:00

Arts - Kunste


Kunstenaars kan naam maak

Malané Bosman

[ Top ]


wselwinDIE name van drie onbekende Paarlse kunstenaars kan dalk een van die dae in internasionale kunsannale pryk.

Simon Pietersen, Rhafique Fortuin en Thembinkosi Kohli werk elke dag hard aan hul lewensdroom.

Maar hulle verf en vroetel nie meer in 'n

agterkamertjie nie. Hulle het nou 'n ruim perseel aan Klein Drakensteinweg, met kunsmateriaal waaroor hulle 'n paar maande gelede nog net gedroom het.

BLINK TOEKOMS. Die ontluikende Paarlse kunstenaars (van links) Rhafique Fortuin, Thembinkosi Kohli en Simon Pietersen met hul mentor, Selwin Pekeur.

Hul groot kans het gekom toe 'n Amerikaner, Paulfrank McCabe,  die kunsgees van Paarl-Oos, Selwin Pekeur, genader het om vir hom te werk.

McCabe het kunswerke vir die Amerikaanse mark gesoek, en Selwin het voorgestel dat hy eerder jong kunstenaars aanstel sodat hulle 'n geleentheid gegun word om hul talent te beoefen.

"Nie net sou hulle kon werk nie, maar hulle kan die blootstelling kry wat hulle andersins nooit beskore sou wees nie," het Selwin verduidelik.

"So baie jong kunstenaars klop by my aan, maar ek kan onmoontlik almal help. Hulle het materiaal en leiding nodig, en daarna moet hulle werke verkoop word.

"Ek hoop die Amerikaner behandel hulle goed, want hulle is baie spesiaal en hulle werke is van hoogstaande gehalte."

Selwin het 'n lys name van ontluikende kunstenaars in Wellington, die Paarl en Mbekweni aan McCabe gegee, waaruit die Amerikaner dié drie kunstenaars gekies het.

Rhafique het al 16 groot abstrakte werke gemaak sedert die ontstaan van die werkswinkel in Februarie.

Hy hou daarvan om sy eie kleure te skep. So word Suid-Afrika in sy moderne werke as 'n mengelmoes goud, swart en bruin kleure voorgestel.

Simon het al in nege groot werke nuwe dimensie kon gee aan musiekblyspele.

Met helder blou, groen en geel plaas hy musikante bedags in woonbuurtes en met nagkleure en beligting speel die joviale musici snags in kroeë en nagklubs.

Thembinkosi werk nou aan 'n doek waarop 'n figuur staan met 'n beker op die kop, 'n tak wat kronkel uit die lyf en 'n pad wat slinger voor sy voete.

Thembi meen hy drink stadig aan wat die lewe bied, en hy groei soos die tak, terwyl hy nog 'n ver pad het om in die toekoms te loop.

Die kunstenaars werk elke weeksdag en kan al 'n groot saal volmaak met die werke wat hulle die afgelope drie maande gemaak het.

McCabe kom hulle volgende maand besoek en dan hoop hulle die werke sal na Amerika verskeep word om verkoop te word.

"Ons wys gereeld vir hom op die internet hoe dit lyk, en hy is baie tevrede. Hy wil 'n katalogus opstel," sê die manne.

"Dis lekker om kuns te skep, maar hier het ons nog nie 'n naam nie. Ons gaan dalk nou erkenning kry," sê hulle kwas in die hand.

* Three budding artists have set up a studio with the help of sponsors.


Aand van nostalgie met Angels

[ Top ]


DIE plaaslike vermaaklikheidsgroep 'Angels' tree op 16 Mei om 19:30 in die Huguenot gemeenskapsaal op.

'The Best of the Angels Showcase', is die eerste sang- en dansproduksie van die groep vir die jaar.

Vianca Adams, leier van die groep, sê hulle doelwit is nog steeds om die breë spektrum van die uitvoerende kunste te ontwikkel en bekend te stel.

Hulle gebruik byvoorbeeld dansers uit die gemeenskap en werk ook met die R&B groep 'Unexpected' vir die konsert.

Die huidige Angels bestaan uit Vianca, Starlon en Collette Adams, bygestaan deur Felicity Bee, Sidwell Beziek en Bianca Daniëls.

Die gaskunstenaar vir die aand is Margaret Stuart, 'n oud-lid van die groep.

Kaartjies is R20 en is beskikbaar by die Angels. Vir besprekings, kontak Vianca 073-189-2964 of Felicity  868-2349.


Feeskunstenaars gesoek

[ Top ]


DIE Paarl Liggiefees sal vanjaar op twee aande, Donderdag 4 Desember en Vrydag 5 Desember, plaasvind.

Die Donderdagaand sal 'n meer gewyde Kersprogram aangebied word onder leiding van Michelle Pietersen.

Die Vrydagaand is 'n partytjie-aand waar verskeie musiekgroepe en straatmusikante sal optree en waar daar ook vermaak vir die kinders sal wees. Dit staan onder leiding van Gustav Skippers.

Belangstellendes wat by die program betrokke wil wees, insluitend mimiek- en ander straatkunstenaars asook poppekas en kinderteater, kan Paarl Toerisme (872-4842) of die HOP-kantoor (862-2889) kontak.

Mense van Saron en Gouda wat betrokke wil raak by dié twee dorpe se feeste op 12 en 13 Desember kan direk met Gustav Skippers skakel by telefoonnommer (021) 868-4972 of 082-707-9657.


'n Nuwe ster in die Paarl

[ Top ]


'n OPWINDENDE, nuwe sangtalent het haar verskyning op Paarlse verhoë gemaak.

Theo-Lynne Isaacs van Chicago, sing reeds van sy nege jaar oud is. Sy het twee jaar gelede matriek geskryf by New Orleans Sekondêr en sedertdien wy sy al haar aandag aan haar sangloopbaan.

Die afgelope sewe jaar sing sy saam met Black Suga van Wellington en verlede jaar was sy deel van hul optrede by die Liggiefees. Dit is hier waar promotor Yusuf Gaidien haar ontdek het.

"Ek hoor baie talentvolle jong sangers, maar ek was lanklaas so opgewonde oor 'n stem," vertel hy.

Gaidien het haar oortuig om solo te gaan en Maandagaand om 20:00 tree sy in die Huguenot gemeenskapsaal in die Paarl op in 'n konsert wat deur Gaidien se Rocket Promotions gereël is.

Die groep Protégé en die Little Flames dansers is van die kunstenaars wat haar sal ondersteun.

Kaartjies is R20 by New Orleans Sekondêr (862-0900), Theo-Lynne (072-308-8175 of die aand by die deur. Theo-Lynne sing veral R&B en HipHop.


Rachmaninoff-fees op Stellenbosch

[ Top ]


DIE US Konservatoriumgebou op die hoek van Neethling- en Victoriastraat op Stellenbosch word vanjaar 25 jaar oud. 

Hierdie gebou - wat beslis een van die modernste en bes toegeruste van sy soort in die wêreld is - se verjaardag word vanjaar met 'n Rachmaninoff Fees gevier. Dit is vanjaar die herdenking van Rachmaninoff se 60ste sterftejaar. 

Die fees vind van 5 tot 10 Mei by die Konservatorium plaas en bestaan uit aandkonserte, meesterklasse, 'n Rachmaninoff Klavierkompetisie, gratis middagetekonserte en lesings voor elke aandkonsert. 

Vir hierdie geleentheid word twee top kunstenaars uit Portugal na SA gebring: Osvaldo Ferreira (dirigent) en Liliana Bizineche-Eisinger (mezzo sopraan).

Nasionale kunstenaars sluit in die Musaion Trio met Zanta Hofmeyr (viool), Heleen du Plessis (tjello) en Malcolm Nay (klavier). 

Plaaslike gunstelinge is die US Simfonie-orkes, Nina Schumann (klavier), André Howard (bariton), Francois du Toit (klavier), Magdalena Roux (tjello), Bennie van Eeden (klavier), Liezl-Maret Jacobs (klavier), Simone Kirsch (klavier), Elna van der Merwe (klavier), Philippus Hugo (klavier), Hendrik Hofmeyr (klavier), Suzanne Martens (altviool) en Peter Martens (tjello). 

Musiekstudente verbonde aan die US Departement Musiek kry ook ruim optree-geleentheid en die orkes van die Frank Pietersen Musiekskool in die Paarl is verantwoordelik vir een van die middagetekonserte. 

Meesterklasse sluit in sang meestersklasse deur Bizineche-Eisinger en dirigeerkuns meestersklasse deur Osvaldo Ferreira.  Die publiek is welkom om dit by te woon. 

Die Rachmaninoff Klavierkompetisie met prysgeld van altesaam R6000 en 'n konsert by die Lindbergh Foundation kan gratis deur die publiek bygewoon word.

Hoogtepunte op die program is die sang uitvoering deur Bizineche-Eisinger met Nina Schumann as begeleier. Tesame met die uitvoering van Rachmaninoff Lieder, sal sy ook 'n uitvoering lewer van Lieder wat deur James Khumalo en Peter Klatzow verwerk is.  Hierdie Lieder is deur Minister Buthelezi se oorlede moeder gekomponeer. 

Ander hoogtepunte is die twee klaviere uitvoering deur Nina Schumann en Francois du Toit, en die Simfonie-orkes uitvoering van die première van Hans Roosenschoon se Speculum Musicae, Rachmaninoff se 2de Klavierkonsert met Nina Schumann as solis en laastens die 4de Simfonie van Brahms. 

Kaartjies vir alle aandkonserte is beskikbaar by Computicket. Lesings voor die aandkonserte en etensuurkonserte is gratis.

Kaartjies vir die meestersklasse is by die deure beskikbaar. 

Konsertgangers word versoek om vroegtydig te bespreek vir aandkonserte sodat teleurstelling vermy kan word. Navrae oor die fees kan gerig word aan Joubert Potgieter, 808-2343, of by e-pos music@sun.ac.za.


Collage at La Motte

[ Top ]


ON Saturday 10 May the ensemble Collage, with Marietjie Pauw (flute), Anmari van der Westhuizen (cello) and Bennie van Eeden (piano), will perform at La Motte winery.

The concert includes Haydn's Trio in D Major, Von Weber's Trio in G Major and a new South African composition by Hans Huyssen based on a Sena-Tonga shepherd's song.

One of the objectives of the ensemble is to expose the public to interesting contemporary compositions as well as works by South African composers.

The name of the ensemble reflects the variety of compositions and combinations they can perform, often adding their voices.

The concert starts at 19:00 in La Motte's historic cellar. On their arrival, guests will be welcomed with a drink. Each concert is concluded with a get-together where concertgoers can mingle with the artists while enjoying La Motte wines served with light snacks.

Admission is R85 per person. Book at the tasting venue or phone 876-3114/9 (Comari).


Pret met Larriefees

[ Top ]


KOM vang gerus gees by Hoërskool La Rochelle se Larriefees wat vanaf 12 tot 15 Mei die skool sal omskep in 'n plek van kuns, kultuur en hope plesier.

* Die program skop op Maandag 12 Mei om 15:30 af met Artscape se "Theatresports" in die gees van "Who's line is it anyway?" af, in die leersentrum (kaartjies is R35, met plek vir slegs 30).

* Om 19:00 word die Larrie Toekennings aangebied in die saal (R10).

* Dinsdag 13 Mei om 15:00 bied die bekende akteur Albert Maritz 'n toneelwerkswinkel teen slegs R35 (30 plekke beskikbaar) aan.

* Dieselfde tyd is daar 'n vioolwerkswinkel aangebied deur Piet de Beer (R20) met plek vir 30.

* Dieselfde aand om 19:00 word Hoër Jongenskool Paarl se treffertoneelstuk "Annerkant die Yard" in die skoolsaal aangebied (die kaartjies is R30 vir volwassenes en R20 vir leerders).

* Woensdag 14 Mei om 18:15 bied Giuseppe 'n kookdemonstrasie in die Huishoudkundeklas.

* Die aand om 19:00 bied die befaamde Hennie Loock, leier van die Tygerberg-kinderkoor, 'n koorwerkswinkel (R20) in die saal aan.

* Martie Preller bied op Donderdag 15 Mei om 14:30 'n skryfwerkswinkel teen R50 (slegs 15 plekke) aan.

* Die program word die aand om 19:00 afgesluit met 'n verskeidenheidskonsert waar al die Larrie-sterre hul talent sal wys.

Ander hoogtepunte is handvlytdemonstrasies, kosdemonstrasies, 'n interskole bakkompetisie en 'n uitvoering van klassieke musiek.

Daar sal ook deurentyd boeke, kunswerke- en foto-uitstallings wees. Om kaartjies te bekom en om stalletjies te bespreek, kontak die skool by 872-4367.


Johnny Cooper Big Band opens Barnyard Theatre

[ Top ]


THE new Barnyard Theatre at Bridge House school wil be opened on Friday 9 May and Saturday 10 May with the Jonny Cooper Big Band and their hit show His Way.

The 20-piece band has just completed sold out stints at the Barnyard Theatres in Umhlanga and Johannesburg.

The show is primarily a tribute to Frank Sinatra and audiences can expect to hear evergreen hits like Come Fly With Me, I've Got You Under My Skin, Mack the Knife, The Lady Is A Tramp and My Way.

Highly talented Timothy Moloi, who has been performing with the Jonny Cooper Big Band since 2001, fills the role of male vocalist for the duration of the run. 

Teaming up with him will be Beverly Scott-Brown who completed her Bachelor of Music degree (in jazz and contemporary pop) and graduated as the top performer of her year. She currently works with the Jonny Cooper orchestra and has recorded on their latest CD Just Like That.  

Pack your picnic basket, arrive well before curtain up and enjoy your meal seated at wooden tables in the warm atmosphere of the theatre. You may bring your own drinks or purchase them from the wine and malt bar. The doors will open at 18:30 and the show begins at 20:00.

Tickets for the performances are available at R95 from Robyn Watkins at the school (874-1505 or theatre@bridgehouse.org.za).


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za