|
|
 |
Letters - Briewe |
 |
 |
|
Ek maak beswaar teen dié gemene brief |
|
|
 |
 |
|
GUN 'n ander man ook iets - dit is my leuse. Ek verwys na die brief in verlede week se Paarl Post waarin mense aangesê is om nie te koop by die apteek van die persoon wat die bome langs die ou Spar afgekap het nie.
Dit was 'n gemene brief en hy het dit nie verdien nie, want die ouer boom was in elk geval vrot. Hy het geen ander keuse gehad nie, as om dit af te kap.
Sedert die bome afgekap is kan 'n mens nou vir die eerste keer daardie mooi, ou gebou met sy sierlike pilare sien.
Die nuwe eienaar van die ou gebou gaan dit opknap en die omgewing verbeter deur weer bome te plant, die lelike groen elektrisiteitskas te laat verskuif en die ou granietrand van die sypaadjie te herstel.
Hy het slegs probeer om sy omgewing te verbeter en wou niemand kwaad aandoen nie. Daarom maak ek beswaar teen daardie nare anonieme brief.
A Empedocles |
 |
 |
|
Jongmense is nie almal ongedissiplineerd |
|
|
 |
|
 |
 |
|
EK wil graag 'n lansie breek vir die jeug van vandag. Baie mense etiketteer die jeug van vandag as kinders wat alkohol misbruik, sedelik vervalle is, swak dissipline het, seksueel losbandig leef, vere voel vir hulle godsdiens en so kan die lys voortgaan.
Ek voel dis verkeerd om die jeug almal oor een kam te skeer. Baie van ons leef nie losbandig nie. Baie van ons respekteer die senior geslag en gee wel om vir ons godsdiens.
Diegene wat sonder aansiens des persoon redeneer moet hulself afvra: Het u ouers nie dieselfde van u geslag gesê en ook maar gekla oor u musieksmaak, kleredrag en dissipline nie?
Neem in ag dat die jeug van vandag ook baie positiewe punte het. Let bietjie op na berigte oor kinders wat uitstekend presteer op verskillende terreine soos sport, sang en debat.
Die jeug van vandag leer uit die foute van apartheid, hoe om saam te leef en mekaar te aanvaar. Ons is moeg vir die geweld en die toestand van ons land. Die toekoms is in ons hande en daarom beplan ons om dit te verander.
Baie dankie aan diegene wat in die jeug glo en ons gereeld aanmoedig. U help ons om ons volle potensiaal te bereik en om bo ons omstandighede uit te styg.
Baie dankie ook aan die Paarl Post vir julle moeite om gereelde positiewe nuus oor jeug van verskeie skole te publiseer.
Positiewe jongmens |
 |
|
 |
 |
|
Nuwe Suid-Afrika 'n wen-wen kombinasie |
|
|
 |
VOOR 7 April was die nuwe Suid-Afrika "nie vir my nie" maar dit is alles verander deur 'n man met 'n bakkie vol "Hubbly Bubbly" koeldrank.
Dit het begin toe ek en my suster my nuwe skoonseun se troupak moes terugneem Kaap toe. Met die terugreis uit die stad het die regteragterband besluit genoeg is genoeg. Met 'n flap-flap was hy pap.
Daar sit ons twee toe gestrand op die N1: twee vroue sonder 'n selfoon en ons weet nie hoe om 'n band om te ruil nie.
Ons twee het vir byna 'n uur en 'n half gesit en staan, met geen Samaritaan wat hom oor ons ontferm nie.
Vragmotors en motors vlieg verby. Skielik is ons penarie verby, want die man met sy "Hubbly Bubbly" bakkie besluit om nie verby te ry nie.
Sonder om te wik en weeg het hy op sy knieë gegaan en ons gewys die nuwe Suid-Afrika met sy reënboognasie is 'n goeie wen-kombinasie. Baie dankie weereens, meneer.
Mevv A Conradie en M Marais |
 |
 |
|
Well done Paarl Museum |
|
|
 |
I WOULD like to congratulate the Friends of the Paarl Museum on the road-show they held there a week or so ago.
It was heartening to see people from all our communities bringing their precious pieces to be valued.
There were some interesting articles, from solid silver to a homemade doll, dating back to the depression years.
It is normally difficult to have one's heirlooms valued and this was a rare occasion to have them independently valued.
The museum staff were very welcoming and lovely refreshments were served. Well done and I do hope this is going to become a regular event at our museum.
Jill Chennells |
 |
 |
|
Besorg dokumente asseblief terug |
|
|
 |
OP Maandag 15 April het ek in Cummingsstraat, Wellington, 'n pak werkspapiere verloor.
Iemand het dit opgetel en vir Ian MacDonald in Vyeboom geskakel en toe belowe om dit deur te faks, maar ek het dit nog nie ontvang nie.
Kan die persoon wat dit opgetel het my asseblief by 864-2172 skakel, sodat ek kan kom afhaal?
Baie dankie vir die moeite wat u gedoen het om die dokumente te bêre en te skakel.
M Meyer |
 |
 |
|
Teenagers on road rampage - remove them |
|
|
 |
|
 |
THERE are a group of teenagers who congregate on the island mid-traffic on the R44. Their preferred spot is the last island where the dual carriageway becomes a two-way (just beyond Windmeul Co- op).
Their presence elicits a great many hoots from motorists. When a hooter is sounded (one in three motorists), the group wolf-whistles, cat-calls and makes such a racket it can be heard above the din of the traffic over a wide area.
If traffic officials and the police accept and condone that anyone is allowed to congregate on island mid-traffic and distract motorists, who protects (a) the road-user who is already contending with undue stress because law-enforcement is tragically failing their office, (b) thrill-seeking and potential suicidal behaviour of some individuals.
While one would really expect the parents to give appropriate guidance, information and when necessary, punishment for irresponsible/dangerous behaviour, it is a sad truth that most often these youngsters who grow up on farms are not appropriately supported, guided or informed.
But sometime really soon (the sooner the better) each one of us must take responsibility for our own actions, deeds, words and thoughts.
If our attitude is potentially harmful to our neighbour (not excluding ourselves) we are detrimental to the greater good of the whole and should be removed.
Biebie Barbara Brits |
 |
|
 |
 |
 |
|
Redaksioneel: |
|
|
Laat reg geskied |
|
|
 |
|
|
SONDAG was Vryheidsdag, 'n dag om ons wonderlike demokrasie te vier.
Vir baie mense is die gedagte van vryheid egter 'n wrange een.
Kyk 'n mens na die reeks onsinnige moorde, verkragtings en ander misdade wat daagliks vir ons opgedis word, wonder jy onwillekeurig wie se vryheid gevier word - die wetsgehoorsame landsburger of die wetsoortreder s'n?
Maar inwoners van die Paarlvallei kan vryer asemhaal, en dalk moedig glimlag, want die afgelope weke het ons polisiebeamptes weer bewys dat hulle nie 'n steen onaangeraak sal laat in hul poging om booswigte op te spoor nie.
In twee goedbeplande moorde wat die gemeenskap geruk het, was die verdagtes binne enkele ure in die visier van die speurders, en kort daarna in die polisieselle.
Die polisie kan tevrede voel met hul toegewyde werk en daaropvolgende suksesse. Hulle bly egter beskeie. Hulle wil nie alleen die eer neem nie.
Die polisie skud die blad van die lede van die Paarl gemeenskap wat nie skroom om vorendag te kom met inligting nie, soos die wenke wat die deurbrake in dié moorde gebring het nie.
Selfs die gehardste polisieman weet niks kan ooit die hartseer ná die daad wegneem nie. En die dankbaarheid oor die arrestasie sal hol wees sonder 'n toepaslike vonnis in die howe.
Want sonder dat reg geskied, sal daar vir wetsgehoorsames geen vryheid wees terwyl wetsoortreders vry rondloop nie. |
|
|
|
 |
|
 |
 |
|