safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 30 May 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 7 June 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Sport


wric22KAAPSE DRAAI. Ricardo Heneke van Yorkshire vat 'n draai tydens die Boland Afrikadag padwedren wat Saterdag gehou is. Heneke het die ope wedren oor 90km gewen. Foto: Leon Steenkamp


Boland is kweekplek vir kriekettalent

Leon Steenkamp

[ Top ]


AS die Verenigde Krieketraad sy visie verwesenlik, sal die Boland Krieket Unie eersdaags definitiewe strukture in plek hê om die magdom talent van dié streek in die krieketsterre van môre te omskep.

Gerald Majola, president van die Verenigde Krieketraad van SA, was verlede week die spreker tydens die Boland Krieket Unie se viering van sy tiende jaar as 'n unie sedert samesmelting in 1992.

"Die VKRSA is reeds deur twee vyfjaar-fases. Die eerste fase het die nasionale bekenstelling van die program behels waar daar gepoog is om die spel na alle gemeenskappe te bring en om krieket onder die jeug te ontwikkel.

"In die tweede fase is transformasie ingestel. Ons staan nou voor die derde fase waar ons moet uithaal en wys. Transformasie moet steeds voortgaan, maar ons moet ook op die veld presteer.

"Dit is die uitdaging wat vir die VKRSA en Boland in die gesig staar," het Majola gesê.

Hy het gesê dat die sukses van krieket in SA op vier pilare rus naamlik, om te wen, transformasie, ontwikkeling en die suksesvolle aanbieding van krieket as 'n produk.

"Ons aanbieding van wedstryde en toernooie soos die Wêreldbeker moet wêreldklas wees as ons hoop om mense na die stadions te lok en so ons borgskappe te behou."

In lyn hiermee sal daar indringend gekyk moet word na die formaat van die plaaslike krieketreekse om so 'n sterker nasionale span te verseker, het Majola gesê.

"Klubs moet ook sterker word en ons moet strukture in plek stel sodat ons nie die skoolspelers verloor, soos tans die geval is nie."

Majola het Boland as 'n provinsie bestempel wat die vermoë het om in 'n krieketkrag te ontwikkel.

"Die VKRSA kyk daarna om die Boland in 'n professionele provinsie te omskep en probleme soos top spelers wat na ander provinsies verskuif, uit te skakel.

"Die VKRSA wil 'n Skool van Uitnemendheid in die Boland ontwikkel, waar plaaslike spelers ten volle kan ontwikkel en daar verseker kan word dat die talent van die Boland hier bly."


More interest in Berg

[ Top ]


THE steady growth of canoeists participating in the qualifying races of the Berg shows how popular this ultra-marathon race has become among paddlers.

The first qualifying leg held on Saturday and which extended from Franschhoek to Paarl saw 176 paddlers enter. This exceeds the 131 participants of last year and the 124 and 88 in 2000 and 1999 respectively.

With a water level described as ideal by the paddlers and the water and weather not being too cold, the scene was set for good racing.

Although good for the event, the larger number of canoeists made racing difficult - especially along the narrow sections of the river.

Among some ten paddlers who fell victim to this fast flowing part of the route and gave up due to broken paddles and boats, was Sandy Moss of Paarl.

Moss was taken to the hospital for shock and treatment of lacerations to her face after her canoe caught on overhanging branches in the early stages of the race.

"I'm fine now, I just went to the hospital to get cleaned up. I just lost my nerve a bit.

My boat is stuffed, but it's fixable and we found my paddle, which I lost, on Sunday. The water level had dropped about a metre so it was easy to snatch it from the branches it had caught onto," said Moss.

Quite a few paddlers only finished after having a swim or two, but it was easy going for Grahaeme Solomon from Peninsula, who finished in first place.

Solomon, who also represented the national canoeing team last year, looks set to repeat his victory in last year's Berg River Marathon. He crossed the finish line in 1:12:37.

"It was tricky in the beginning because the race started just above a rapid. Five of us broke away - myself, Gert and Chris van Deventer, Anthony Stott and Mynhardt Marais - and then there was a bit of action.

"Anthony and I then took the lead and it pretty much stayed like that until the end," Solomon said.

Stott, from Natal, who also achieved his national colours last year, followed close on Solomons' heels with a time of 1:12:39.

Gert van Deventer, no stranger to Paarl and paddling for Maties, claimed the third spot in 1:14:20.

Peninsula Canoe Club landed another victory when Abbey Miedema finished first in the women's field with her time of 1:25:05.

She was followed by Kim Rew, last year's WP champion in long distance sea kayaking, and Michelle Eray, both from Milnerton Canoe Club.

In the junior category it was the brothers Dane and Lance King who claimed first and second spot respectively with times of 1:21:50 and 1:29:31.

Third was the developing paddler from Paarl, Jermaine Pietersen, in a time of 1:31:23.

Mynhardt Marais was both the first Paarl paddler to finish as well as the first veteran. His time of 1:16:14 also secured him the 11th spot overall.

Other Paarl paddlers who performed well were Adie de Kock, who finished third in the sub-masters category in 1:29:07, and Giel van Deventer who won the masters event in 1:21:28.


Muller is nuwe Boland breier

[ Top ]


TYDENS 'n spesiale raadsvergadering wat Dinsdag deur die Boland Krieket Unie gehou, is Deon Muller as die nuwe afrigter vir die Boland A-span aangewys.

Hy vervang Omar Henry as die Boland breier, nadat Henry as sameroeper van die nasionale keurkomitee aangewys is.

Muller het sedert 1998 die Boland Akademie en die Boland B-span afgerig en het in 1999 sy vlak IV afrigterskursus suksesvol voltooi.

"Deon se aanstelling is 'n bewys dat Boland Krieketraad sy beleid van Local is Lekker handhaaf.

"Sy aanstelling is goed aanvaar deur die raadslede en spelers aangesien hy baie nou betrokke was met die werkswyse van Omar Henry," het Pietie Williams, hoof uitvoerende beampte van Boland Krieket, gesê.

"Dit voel goed, en ek is baie  positief. Ek het juis vanoggend 'n paar idees met Pietie (Williams) en Justin (Ontong) gedeel oor die uitdagings wat nou vir ons voorlê," het Muller oor sy aanstelling gesê.

Tydens dieselfde vergadering is Justin Ontong as kaptein van Boland A-span aangewys.

Louis Koen, wat die span in die verlede aangevoer het, sal as onderkaptein sy ervaring met die 22-jarige Ontong deel.

"Dit is altyd 'n groot eer om jou provinsie te lei. Ons is 'n redelike jong span en ek sal steun op manne soos Henry Williams en Louis Koen. Maar ek sien uit na die uitdaging," het Ontong Woensdag gesê.


Paarliete op pad na Australië

[ Top ]


SES plaaslike sokkerspelers is besig om hul tasse te pak en bars uit hul velle van opgewondenheid vir wanneer hulle binnekort na Brisbane, Australië, reis om aan die Southern Skies Sokkertoernooi deel te neem.

Keenan Watson en Kenneth Langeveldt (New Orleans Sekondêr), Ryno Hendricks, Brendan Damonse en Gavin Adams (Hoër Jongenskool Paarl) asook Ayshin Baatjies (Charleston Hill) is deel van die Boland uitnodigingspan wat van 1 tot 6 Julie in die toernooi gaan speel.

Langeveldt en Baatjies is in die o.19 span opgeneem terwyl die res hul vernuf in die o.16 span ten toon sal stel.

Dit is die enigste twee Suid-Afrikaanse spanne wat genooi is om teen 13 ander lande soos Engeland, Brasilië en Nigerië kragte te meet.

Die res van die spanne bestaan meestal uit spelers van Atlantis en Saldanha.

Die spelers sal deur nog twee Paarliete, Martin Minnaar en Winston Williams vergesel word wat onderskeidelik as afrigter en spanbestuurder die groep sal lei.


October swem in Frankryk

[ Top ]


'n SWEMMER van die Paarl, Letreace October (foto), wys tans haar slag in Caen, Frankryk, as deel van 'n Suid-Afrikaanse skolespan.

October, 'n skolier aan Klein Nederburg Sekondêr en 'n lid van die Aquarius Amateur Swemklub, neem deel aan die ISF World Gymnasiade kompetisie.

Dié kompetisie, wat elke vier jaar aangebied word en vanjaar die 12de keer plaasvind, is die grootste byeenkoms in die internasionale skolesport arena.

Gimnaste, swemmers en atlete van regoor die wêreld neem vanjaar van 27 Mei tot 3 Junie teen mekaar deel.

October sal in die vlinder- en vryslag asook die individuele vryslag-items deelneem.     


Noue stryd vir Gardens, Albions

[ Top ]


DIT was voorwaar 'n naelbyt-stryd toe Young Gardens en Albions Saterdag in hul premier A-liga wedstryd mekaar op Daljosafat gepak het.

Albions is voorlangs oorskadu danksy goeie werk deur Gardens se Chrisbin Meyer, Rowan Fortuin en Garth Lewis. Fortuin het twee belangrike vaskoppe gehaak.

Die oorywerige skopvoet van Gardens se losskakel, Chesley Theo, sal egter in toom gehou moet word.

Belangrike balbesit is telkens aan Albions afgestaan deur ondeurdagte skoppe, terwyl Gardens se agterlyn gretig lê en wag het om wyd te speel.

Theo het egter die oorwinning vir sy span verseker danksy 'n uitstekende 40m lange strafskop in die doodsnikke van die wedstryd.

Die gevaarmanne in Albions se agterlyn was ongetwyfeld Ju-Wayne Cyster en die senters Ashley Manuel en Gamaine Poggenpoel.

In die lynstaan het die slot Desmond Davids goeie bal vir Albions gewen, terwyl die lostrio uitgeblink het in hul aanvallende spel sowel as op die verdediging.

Poggenpoel het Albions se twee drieë gedruk, terwyl John Adriaanse met 'n doel- en strafskop geslaag het.

Vir Gardens het Clint Hendricks die enigste drie gedruk terwyl Theo met nog twee strafskoppe en 'n doelskop geslaag het.

"Met hierdie oorwinning het die Rooi Rose sy kritici stil gespeel nadat hulle nie 'n kans gegun was om Albions te klop nie," sê Meyer.

* Durf en toewyding is ál beskrywing wat gegee kan word aan die manier waarop Young Standards teruggeveg het om Kylemore die naweek 25-22 te klop.

Standards was 'n kwartier voor die einde nog 5-22 agter. Die Paarliete se groot gebrek was in die skrums waar hul ligter pak gesukkel het om goeie balbesit te verseker.

Die besit wat verkry is, is egter gretig deur Standards se vlugvoetige agterlyn gebruik.

Verwoede aanvalle in die laaste kwartier, het Standards met twee strafskoppe beloon wat Enrico Davey met sy voet in punte omskep het.

Kylemore se pak het later swaar getrek en 'n goeie dryfbeweging deur Standards is mooi afgerond ná 'n drie deur Juwaan Carolissen. Bradman Arendse verdoel en bring die telling op 22-18.

Met net drie minute op die klok breek die plaasvervanger-senter, Angus Lewis, en druk onder die pale sonder dat 'n verdediger naby hom kom. Arendse verdoel om 'n skitter-oorwinning vir Standards te verseker.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za