ppostgothic
Aida
safetop
uitlefstreep

Thursday 30 September 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 7 October  2004 at 17:30

Arts - Kunste

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Jeugdrama  in Meulteater

[ Top ]


DIE akteurs van die Hoër Jongenskool Paarl is die tweede agtereenvolgende jaar genooi om by Aardklop op te tree.

Die jeugdrama, 'Skrum', uit die pen van die skrywer/regisseur André Bester, volg in die voetspore van die aangrypende jeugdrama, 'Anderkant die Yard' waarvan die speelvak in 2003 by die

wSKRUMfc

DRAMA. Die fokus is op rugby in Boishaai se jeugdrama, 'Skrum'.

KKNK en Aardklop uitverkoop was.

'Skrum' is 'n multimedia rugbydrama waarin rugby as spel/leefwyse op skole- en Cravenweekvlak ondersoek word. 

Bester het die teks geskryf ná 'n reeks onderhoude met Cravenweek- en senior provinsiale rugbyspelers, die kaptein van die huidige SA o.19-nasionale span en breiers van Cravenweekspanne. 

Die visuele materiaal wat deel is van die produksie, sluit in 'n onderhoud met Corné Krige, eertydse Springbokkaptein, waarin hy prontuit praat oor kwotastelsels op Cravenweekvlak. 

Heelwat aksiemateriaal uit skolewedstryde word ook vertoon.

Hier is die storie: 'n oefengroep waaruit die finale Cravenweekspan saamgestel word, trek saam vir afronding. As gevolg van die afsondering loop die frustrasie hoog. 

'Skrum' fokus op ses spelers wat saamgegooi word.  Hulle word gekonfronteer met die praktiese implikasie van 'n kwotastelsel, opkikkertoetsresultate, dieetversteurings, opgeblase ego's en 'n breier wat alles weet.

In wese fokus 'Skrum' op menslike aspekte soos selfverwesenliking, heelwording en groepdinamika. 

Die ses akteurs, almal leerders aan die Hoër Jongenskool, se ouderdomme wissel tussen 15 en 17 jaar.

Moenie dié opwindende jeugdrama misloop nie. 

Dis sexy, kontemporêr, robuus, uitdagend en manlik.

'Skrum' is tans te sien by die Aardklop Kunstefees.

Daar is ook 'n speelvak in die Paarl, in die Meulteater van Maandag tot Woensdag. Bespreek by Hoër Jongenskool Paarl, 872-2875.


Kans vir kunstenaars

[ Top ]


UMNYAMA Music (npo) soek liedjieskrywers/uitvoerders om ingesluit te word in die samestelling 'Music from the Cape Winelands'.

Deelnemers moet by voorkeur van voorheen benadeelde gemeenskappe wees en op Franschhoek, Stellenbosch of Paarl woon.

Hulle moet nie onder kontraktuele verpligtinge wees nie, hul eie liedjies skrywe (geen 'covers') en goedgekeur word deur Umnyama Music.

Hierdie nie-winsgewende projek beoog om onbekende liedjieskrywers en uitvoerders kans te gee om hulself bekend te stel.

'n Deel van die opbrengs sal verdeel word onder die deelnemers, en 'n deel word geskenk aan FLAC se HIV/Aids Hulptoonbank op Franschhoek.

Die projek word deels gesteun deur die kultuurdepartement van die Vlaamse Regering.

Stuur 'n opname van die liedjie wat jy wil voorstel en jou musikale CV na Umnyama Music, Posbus 298, Franschhoek 7690, bring 'n kopie na FLAC, Markstraat 5 op Franschhoek of reël 'n datum vir 'n oudisie voor 25 Oktober (tel 876-3994).


Jason King at Barnyard

[ Top ]


THE Barnyard Theatre at Bridge House presents Jason King and the Great Pretenders on Saturday 16 October.

The cast members of the Great Pretenders are all individually selected for their remarkable voice styles and performing talent.

They will bring to life the likes of Shirley Bassey, Matt Monro, Elvis Presley, Righteous Bros, The Platters, The Drifters, Sammy Davis Jnr, Lena Horne, Judy Garland, The Supremes and many more!

Tickets are R90. Book on tel/fax 874-1505 or 082-371-3267.


'A beautiful noise' in Paarl

[ Top ]


DIS amptelik! Op Saterdagaand 4 Desember word "Neil Diamond - A Beautiful Noise", die skouspel oor die lewe en musiek van Neil Diamond, in die Paarl Amfiteater aangebied.

Steve Hofmeyr en Nianell vertolk die hoofrolle en 'n orkes van sewe professionele musikante sal dit 'n onvergeetlike aand maak.

Meer as 14 ton toerusting word benodig om die skouspel aan te bied en 26 mense sal twee dae lank werk om die klank en beligting in die amfiteater voor te berei vir die skouspel wat selfs die Johnny Clegg optrede van verlede jaar sal oorskadu.

Danksy die finansiële ondersteu-ning van Liqui-cooler, De Oude Paarl hotel (akkommodasie), Intermedia (advertensie ontwerp), munisipaliteit en Taalmonument se hulp met die terreinvoorbereidings sal Paarl die gasheerdorp wees vir die enigste optrede van hierdie skouspel in die Wes-Kaap.

Dit sal ook die eerste keer wees wat die produksie buite Gauteng te sien sal wees.

'n Fees atmosfeer sal op die berg geskep word met verskeie kos en wyn stalletjies wat beman sal word deur die Paarl se voorste wynkelders en restaurante.

Heerlike disse en 'n reuse verskeidenheid van wyne sal alle smake en behoeftes bevredig.

Meer as 15 000 kaartjies is sowat twee weke gelede vir die optredes by Carnival City verkoop.

Paarliete moet gou spring om teleurstelling te voorkom.

Kaartjies vanaf R70 per persoon is nou beskikbaar te Computicket.

Paarl se Computicket kantoor is binne-in die MTN winkel in Hoofstraat, naby McDonalds.

Kaartjienavrae is by Computicket, 083-915-8000.

Vir enige verdere navrae rakende die optrede kontak Gerhard Meyer, tel 872-1002.


Potchtrio op La Motte

[ Top ]


DIE magiese musiek van Mendelssohn is die tema van die konsert wat Saterdag om 19:00 op La Motte Wynlandgoed aangebied word.

Die Potchtrio, bestaande uit die violis Piet Koornhof en die tjellis Human Coetzee met Albie van Schalkwyk op klavier, speel drie kamermusiekwerke van Felix Mendelssohn.   

Piet Koornhof begin met Mendelssohn se Vioolsonate in F Majeur (1838) wat in 1953 deur Yehudi Menuhin gerekonstrueer is uit Mendelssohn se oorspronklike manuskrip. 

Daarna speel Human Coetzee Mendelssohn se Tjellosonate in D Majeur, opus 58. 

Die program word afgesluit met die komponis se Tweede Klaviertrio in C mineur, opus 66, 'n werk wat Mendelssohn se virtuose skryfstyl vir die klavier, sy lughartigheid, sy perfekte kontrole oor vorm en die gemak waarmee hy kontrasterende temas in een werk kan saamsnoer, illustreer.

Piet Koornhof en Human Coetzee is albei tans, ná verskeie jare se studie in die buiteland, musiekdosente aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom.

Albie van Schalkwyk van Bloemfontein is een van Suid-Afrika se mees gesogte kamermusiekmedewerkers, en word allerweë beskou as die doyenne van Suid-Afrikaanse begeleiers.

Kaartjies vir die konsert, wat landgoedwyn en 'n vingerete insluit, is beskikbaar deur Comari Lategan by 876-3114/9 op La Motte Wynlandgoed te skakel.


Orpheus in Paarl

[ Top ]


DIE Orpheus Ensemble, bestaande uit klarinettis Matthew Reid en tjellis Anmari van der Westhuizen met Lisa Garson voor die klavier, tree Sondag 10 Oktober by Nederburg op, in die laaste konsert van vanjaar se seisoen.

Die Orpheus Ensemble sal die Quartet for the End of Time van Oliver Messiaen speel.

Die kwartet is gebaseer op 'n aanhaling uit Openbaring, hoofstuk 10, verse 1 tot 7.

Messiaen, wat in 1908 in Avignon gebore is, was een van die mees oorspronklike komponiste wat 'n impak gemaak het in die 20ste eeu.

Hy het die werk geskryf terwyl hy 'n oorlogsgevange was gedurende 1940-1942. Die eerste uitvoering hiervan was op 15 Januarie 1941, en die gehoor was 5000 mede-gevangenes.

Die konsert begin om 17:00. Kaartjies kos R125 per persoon en sluit 'n ligte ete met Nederburg wyne in. Vir besprekings en meer inligting, kontak Christine Joubert by 809-7473 of e-pos haar by dcjoubert@distell.co.za.


Foto's vertel 'n storie

Engela Duvenhage

[ Top ]


'n HISTORIESE oorsig oor Distrik Ses, soos waargeneem deur die lens van fotograaf Cloete Breytenbach oor 'n tydperk van vyf jaar, is van 15 Oktober tot 1 November te sien by die Wellington Museum.

Die tentoonstelling word amptelik geopen op Vrydag 15 Oktober om 19:30 by die museum, en belangstellendes is welkom.

Dit foto-uitstalling, "The Spirit of District Six", bied 'n geskiedkundige rekord oor die inwoners en hul omgewing van daardie tyd.

Distrik Ses het reeds in 1701 op die plaas Zonnenbloem naby Kaapstad sy wortels, en het gedurende die tweede helfte van die 19de eeu ontwikkel as 'n woongebied digby die sentrale kern van Kaapstad.

'n Kosmopolitaanse gemeenskap met uiteenlopende geskiedenisse, herkomste en kulture het hier saamgebly.

Na herhaalde onsuksesvolle versoeke van die sentrale regering vir die opgradering van die woonbuurt is daar op 11 Februarie 1966 onder die Groepsgebiedewet besluit om Distrik Ses as as 'n wit gebied te verklaar.

Kort daarna is begin met die hervestiging van die inwoners, meestal na die Kaapse Vlakte.

Oor 'n tydperk van vyftien jaar is meer as 55 000 mense op hierdie wyse hervestig.

Breytenbach se foto's wys dat Distrik Ses nie noodwendig net 'n kortbuurt was nie, maar dat die gees van die buurt veel eerder in die harte van die mense was wat daar gebly het.

Vir navrae en besprekings, kontak Ansie van Vuuren by 873-4710 of 084 335 3701.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]