|
DIE Business Opportunities Network, Western Cape (BON), open binnekort 'n kantoor in die Paarl.
Die doel daarvan is om uitvoering te gee aan hulle mandaat van die Kaapse Wynland Distrikmunisipaliteit om sake-ontwikkeling en -ondersteuning in hul bedieningsgebied te bevorder. Die mandaat is vir drie jaar.
Die program vir die volgende drie jaar sluit die volgende in:
* Programmme vir opleiding en vaardigheidsontwikkeling
* Sakebeplanning en ontwikkelingsteun
* Mentor-programme
* Sakeskakeling en markontwikkeling
Spesifieke dienste vir opkomende sakepersone sluit in:
* Tender advies en opleiding
* Hulp met opstel van sakeplanne
* Identifisering van projekte en sakegeleenthede
* Leiding mbt toegang tot toekennings (grants) en finansiering.
Werkswinkels sal om die beurt weekliks in die Paarl, Ceres, Worcester, Robertson en Stellenbosch, gehou word.
Landbou (opkomende boere), toerisme en ook alle ander bedrywe sal aandag geniet.
Hulle wil daarna streef om vroue en die jeug te bemagtig.
Alle werksaamhede sal vanaf die kantoor in Paarl bedryf word.
Vir meer inligting, kan belangstellendes vir Gerrit Davids (49-9641/082-496-1657) of Des Davids (49-9641/072-659-4243) kontak. |