![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Thursday 30 September 2004 |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
This site will be updated on 7 October 2004 at 17:30 |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
[ Top ] |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
DIT lyk asof besighede in Paarl-Oos makliker groot borgskappe toestaan aan instellings in Paarl-Wes, terwyl sommige besighede in die middedorp klein borgskappies na Paarl-Oos kanaliseer. Ek gebruik as voorbeeld die Wieleskou wat onlangs op Bolandpark gehou was. Dit was mildelik ondersteun deur byna al die groot motorhandelaars en relevante handelaars alhoewel dit vir die eerste keer in die Paarl gehou was. Ek neem aan hierdie ondersteuning was te danke aan die feit dat hierdie skou nie geïnisieer is uit Paarl-Oos nie. Hierdie skou was bemark by skole in die middedorp maar nie by skole in Paarl-Oos nie. Ons skool, Paulus Joubert Sekondêr, hou nou vir die derde agtereenvolgende jaar 'n motorskou. Alhoewel ons bykans al die motorhandelaars, onderdele-handelaars en motorverwante besighede geteiken het vir borgskappe, het net sewe uit meer as 25 besighede ons te hulp gesnel. Ons bedank by voorbaat hierdie besighede wat vir ons gehelp het met hierdie motorskou al was die borgskappe kleiner as dié aan bogenoemde skou. Ek weet die middedorp kry sy grootste ondersteuning uit Paarl-Oos en aangrensende buurte. Dit kan jy sien wanneer jy maandeinde en aan die weekeinde in die middedorp is. Die meeste van die ander buurte se inwoners klim in hul motors en gaan doen inkopies in winkelsentrums in Kaapstad. Ek wil die Paarliete aanmoedig om die besighede te ondersteun wat vir ons help en bystaan en met ander oë kyk na die wie ons koopkrag misken! Willie Barends (Paulus Joubert Sekondêr) |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
IN antwoord op die klaaglied "Waar is hulle?" in die Paarl Post van 23 September: Ons is ook inwoners van Oranjestraat en inderdaad is daar 'n hele paar enkelinge wat heeltemal te vinnig in die klein straatjie ry en julle kat is verseker nie die eerste ongeval nie. Dit is jammer. Ons "ou inwoners" wonder egter ook maar. Wie is die nuwe intrekkers wat nie eers terug groet as mens groet nie? 'n Mens se houding bepaal dikwels hoe ander teenoor jou optree en miskien is dit in hierdie geval 'n kwessie van eers die balk uit jou eie oog haal voor die splinter uit 'n ander s'n. Ou gelukkige Paarliet wat ook maar net wonder |
|
|
|
|
'n EEN sent munstuk is nou vir my van onskatbare waarde. Ek en my tienjarige dogter staan by die kafee toonbank en sy sien die kassier gee vir my 'n eensent- stuk. Sy vat die sent en sê dit moet weggegooi word siende dit nie meer in gebruik is nie. Ek het onmiddelik vir haar reg gehelp, dat geld nie weggegooi moet word nie. Ek verduidelik ook verder dat daar twee mossies op die sent is en 'n belangrike boodskap dra. Twintig jaar gelede, voor my vertrek vir grensdiens in Namibië/Angola, word aan my oorhandig 'n kettinkie om die nek met 'n eensentstuk daaraan. Tannie Mossie Abrahams het by die kamp kom kuier om vir ons troepe moed in te praat en het die boodskap agter die eensentstuk verduidelik. Die kleinste muntstuk in Suid-Afrika het altyd twee mossies op, met verwysing na die bybelvers, Mattheus 10 vers 29: "Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van julle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is tot die hare op julle kop almal getel, moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies." Na 20 jaar het hierdie boodskap herleef en tot sy volle reg gekom deurdat ek dit op so 'n manier kon oordra aan my dogter. Dankie Tannie Mossie vir jou boodskap 20 jaar gelede. Ek hoop ek kry jou gou om hierdie ervaring vir jou te vertel. Tannie Mossie, nou ongeveer 70 jaar oud, was voorheen hoofinspektrise van skole in die Vrystaat. Nog 'n mossie |
|
|
|
|
DIE Paarl, ons mooi dorp, gaan ten gronde. Ons word aangesê om water te bespaar, maar niemand bekommer hom oor die besoedeling van die Bergrivier deur die plakkers wat sonder riolering woon nie. Die Munisipaliteit het mense wat ons rivier skoonmaak waarvoor ek as belastingbetaler betaal, maar nog nooit het ek een mens gesien wat 'n vol sak vuilgoed by hom het nie. Ek weet nie wat hulle werkstye is nie maar teen 15:45 lê hulle lekker teen die rivier se wal en rus. Dis seker maar 'n vorm van werkskepping. Stap jy teen die rivier af bly dit maar nog altyd vuil, want die bergies woon lekker daar. Ons dorp hou die rekord vir vuilste dorp, die swakste paaie en die meeste bedelaars. Welgedaan, stadsraad. Gee om vir Paarl |
|
|
|
|
HIERMEE wil ek my opregte dank uitspreek oor die beoogde opening van 'n Checkers in Noorder-Paarl. Dit sal wonderlik wees om nie meer gedurende 'n etensuur vir parkering in hierdie chaotiese besigheidsdistrik van ons te soek nie - wat nog te sê van die oorvol sypaadjies in Lady Greystraat. Ek is seker daar is sommer baie van ons Noorder-Paarl inwoners wat net soos ek voel. Aan die klaers: mense julle klagtes word gehoor, maar ander winkels het tog ook vragmotors wat goedere by hulle aflaai. Leeglêers en skelms kan in toom gehou word deur die Noorder-Paarl buurtwag - hulle lewer reeds 'n uitstekende diens aan ons. Dink net, mede-inwoners, voortaan betaal ons minder vir 'n groter verskeidenheid produkte. Dankbaar |
|
|
||||||||||
|
WATER is not something to take lightly - it is life-giving but can turn into a killer with as much as a drop of the hat, or a shirt for that matter. This week, on the eve of the implementation of water restrictions and at the dawn of summer, a farm dam at Wellington claimed the first victim of the swimming season. Water should be respected. The farmer concerned warned the labourers and their children about the dangers of the muddy dam. But the first warm days of the school holiday made the cool water too alluring for the teenagers. One of the boys had to be fished from the murky depths in a body bag. Much water will have to flow under the bridge before children will learn just how dangerous water can be, whether they can swim or not. Parents not only have to educate their offspring about the dangers of water, but they should also enlighten them about the necessity of using water sparingly. Winter came and went without enough rain to raise the level of irrigation dams and reservoirs sufficiently for unlimited household and industrial use. If utilised without restraint, water from the tap - or the lack of running water - can be as hazardous as the dam that awaits its next victim of drowning. |
|
|