 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
|
|
|
 |
|
|
|
Thursday 30 September 2004 |
|
|
|
 |
|
|
|
This site will be updated on 7 October 2004 at 17:30 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
Nuus - News |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Tragedie by plaasdam |
|
|
|
[ Top ] |
|
|
|
|
Malané Bosman |
|
|
|
|
|
'n MOEDER se hartseer huil het Dinsdagmiddag die stilte oor 'n Wellingtonse plaasdam verbreek toe polisieduikers die lyk van haar jongste seun uit die modderwater gelig het.
Omstanders wat vier uur lank die walle van die dam op Mfosola, Voor-Groenberg volgestaan het, was ook skielik stil toe die wit plastieksak met die liggaam na die oewer gebring is. Heino Joubert (15) van die plaas |
|
 |
|
|
|
|
|
SLAGOFFER. Die liggaam van die eerste water-slagoffer van die somerseisoen word na die oewer van 'n plaasdam by Wellington gebring. |
|
|
|
|
Aruana-Slangrivier het die oggend vir sy ma gesê hy gaan swem.
"Ek het hom gewaarsku, die damme is gevaarlik, maar hy het gemeen hy kan goed swem," het sy ma, Gertruida, gesê.
"Die duiwel was listig."
Sy was besig om aarbeie te pak toe sy die skoknuus ontvang het. Haar man Josef en ouer seun Ryno (20) woon op Saron en het hulle na Wellington gehaas om mekaar by te staan.
"Dis die eerste keer dat hy hier by ons kom swem," het Jurgen Kammies van Mfosola, vertel.
"Ons was agt bymekaar. Ons het deur die dam geswem toe Heino skielik weggesak het. Hy het weer opgekom en met sy arms geswaai en geroep dat ons moet help, maar ons was te bang."
Polisieduikers uit Kaapstad het met 'n tou in die dam gegaan en binne 30 minute die liggaam met die rooi en grys swembroek opgespoor.
Terwyl sy moeder vertroos is, het sy vader en broer by die polisie lyksvoertuig gewag totdat Paarlse paramedici die seun dood verklaar het. (Nog foto's bl 2).
* A teenage boy has drowned in a farm dam at Wellington. |
|
|
|
 |
|
 |
Water restrictions from tomorrow |
|
|
 |
|
 |
THE level of dams in the Western Cape is the lowest since the implementation of the present integrated system.
The Nantes and Bethel dams on Paarlberg stand on 56,5%.
The Drakenstein Municipality has instituted water restrictions with effect from tomorrow until further notice.
The use of potable water connected directly or indirectly to, or derived from Council potable water mains for the purpose of watering gardens, lawns, parks and public open spaces is restricted to a maximum of two hours per week per property, as follows:
* one hour, only on Mondays and Thursdays for even street numbered properties, and not between 10:00 and 16:00;
* one hour, only on Tuesdays and Fridays for uneven street numbered properties, and not between 10:00 and 16:00;
* any property without a clearly defined street number should revert to watering on Mondays and Thursdays, and not between 10:00 and 16:00.
The use of hose pipes connected directly or indirectly to, or derived from Council potable water mains for the purpose of washing or rinsing buildings, structures, paths, pavements and paved areas, is prohibited.
All automatic flushing urinals shall be turned off in buildings during times when such buildings are normally vacated.
A further water tariff increase will be advertised in the press as soon as approved by Council, for implementation from 1 November.
The restrictions will not apply for the purpose of watering of plants in nurseries that are conducted for gain, nurseries owned by Council or the State, collections maintained for research purposes, dune rehabilitation projects, cricket pitches, bowling greens, golf greens, croquet lawns, artificial turf fields and sports fields, but are still subject to no watering between 10:00 and 16:00.
Other exemptions are:
* for the washing of certain paved areas at abattoirs and premises used for the processing of food;
* where special exemptions have been granted in writing by Drakenstein Municipality;
* where other sources of non-potable water are used and a notice indicating the source is erected in a position clearly visible from a public thoroughfare.
Fine
Any person who contravenes the provisions of this notice shall commit an offence in terms of Section 213 of the Municipal Ordinance, and shall be liable to a fine of up to R2000, or six months imprisonment, or both.
A flow restricting device may also be fitted to the water connection to such a property, at the consumer's cost.
Any person who wishes to be exempted from the water restrictions must apply in writing to the Municipal Manager. |
 |
|
 |
Twee jong rugbyspelers sterf |
|
|
 |
|
 |
DIE vinnige A-span vleuel van Paulus Joubert Hoërskool in Paarl-Oos het verlede week voor 'n voertuig gesterf, die dag dat die skool vir die vakansie gesluit het.
Aldino Riddles (20) het Donderdag Klein Drakensteinweg by die verkeerslig voor die polisiestasie oorkruis toe hy deur 'n aankomende Kombi getref is.
Aldino, 'n Graad 11-leerder, het vanjaar vir sy skool as vleuel en heelagter uitgedraf.
"Hy was so vriendelik en altyd gewillig om te help," het sy hartseer gesin hierdie week onthou.
Aldino word oorleef deur sy ouma, Sophia van Wyk, sy moeder Christene Riddles, vier susters, 'n broer asook sy tweelingbroer Alreco, en sy vriendin van byna vyf jaar, Samantha Jacobs.
Die tuisdiens is Saterdag om 09:00 by Lantanahof L3 met die gedenkdiens om 10:00 in die VGK Zionskerk in Drakensteinweg, Paarl-Oos.
Seun
In 'n ander noodlottige ongeluk het 'n 10-jarige seun Saterdagaand gesterf toe hy by Vlakkeland voor 'n voertuig beland het.
Damian Solomons (10) van Goede Rustplaas, Vlakkeland, was saam met maats na 'n huiswinkel in Mbekweni.
Met hulle terugkoms om 20:00 is hy raakgery terwyl hy Jan van Riebeeckweg gekruis het.
Damian was 'n Graad drie leerder van Daljosafat Primêr, en 'n uitblinker in rugby.
Die gedenkdiens is vandag om 10:00 in die VGK-kerk in Newton.
* Two scholars, both good rugby players, died in separate traffic accidents in Paarl East and Dal Josaphat during the past week. |
 |
|
 |
Vrou vermoor teen rivier |
|
|
 |
|
 |
DIE liggaam van 'n jong vrou van Paarl-Oos is verlede week op die oewer van die Palmietrivier, langs die Chicago woonbuurt, ontdek.
Die half-naakte liggaam is uitgeken as dié van Emily Williams (22), 'n werklose vrou wat saam met haar moeder woon in Springbokwoonstelle D23.
Emily is vermoor nadat sy vermoedelik verkrag is.
Sy het Donderdagaand by haar niggie se woning in Rietbokwoonstelle oorgebly toe sy om 23:00 ná 'n klop aan die deur, buitentoe is.
Die ander huismense was al in die bed en die ligte was afgeskakel, en niemand het die man wat haar kom haal het, herken nie.
"Sy moes hom goed geken het," het die familie gesê.
"Sy is rustig daar weg soos met 'n vriend."
Twee voetgangers wat die volgende oggend kortpad deur die rivier wou neem, het op die liggaam in die grasse op die rivieroewer agter Ribbokstraat afgekom.
Emily het aan veelvuldige beserings gesterf. 'n Erge kopwond is vermoedelik deur 'n klip veroorsaak.
Die moordklag word deur speur-inspekteurs Elton Abrahams en John Barties (807-4000) ondersoek.
Enigiemand wat weet saam met wie Emily Donderdagaand was, en waar sy was voordat sy vermoor is, kan dié speurders met inligting skakel.
* A young woman has been found murdered on the slopes of the Palmiet River in Paarl East. |
 |
|
 |
Baba dood in rioolpyp |
|
|
 |
|
 |
DIE jong moeder wie se baba die naweek in 'n toiletbak in Paarl-Oos afgespoel is, kan van moord aangekla word.
Die tienerma is ná die ontdekking van die lykie in die Paarl Hospitaal opgeneem waar sy medies en vir skok behandel word.
Inwoners van Jan Groentjiestraat, Amstelhof, het die naweek in afgryse gestaar na die lyk van die babadogtertjie wat uit 'n rioolpyp gehaal is.
Munisipale werkers wat uitgeroep is om 'n verstopte rioolpyp skoon te maak, het op die liggaampie afgekom.
Die polisie is ingeroep en hulle het inwoners van die omgewing begin ondervra. Daar is vinnig vasgestel dat daar twee swanger vroue in Jan Groentjiestraat was.
Een van die vroue het duidelik nog nie gekraam nie en die ondersoekers is na die adres van 'n 19-jarige meisie. Sy het na bewering Saterdag in die toilet geboorte geskenk aan 'n babadogtertjie.
Daar is met 'n na-doodse ondersoek vasgestel dat die volgroeide kindjie lewend was met geboorte. Die tienerma - sy is nie meer op skool nie - kan van moord aangekla word.
* A teenage mother may face murder charges after the baby girl she had given birth to at the weekend, was flushed down a drain in Paarl East. |
 |
|
 |
Vonnis ná teregstelling |
|
|
 |
|
 |
DIE skietdood van twee boesemvriende in Groot Drakenstein twee jaar gelede, het verlede week met lang jare agter tralies vir die moordenaars geëindig.
Vier mans is deur regter Yasmine Beer van die Kaapse Hooggeregshof aanspreeklik gehou vir die April 2002 moorde, wat die vorm van 'n teregstelling aangeneem het.
Die beskuldigdes en die slagoffers was jarelange goeie vriende, wat gereeld by mekaar gekom het. Dagga en mandrax is dikwels tydens die gekuier gebruik, is in die hof gehoor.
Die liggame van twee van die maats, Willen Arnoldus (19) van Ericalaan en Arnold Boonzaaier (20) van Hoofstraat, Lanquedoc, is onderskeidelik in 'n vlak gat in die veld en in 'n riviertjie tussen doringbosse gevind.
Hulle is albei die nag voor die ontdekking van die lyke, doodgeskiet en na die wegsteekplekke gedra.
Die vermoordes was hoofgetuies in 'n hofsaak teen 'n 15-jarige verdagte. Insp Charlie Pietersen van die Groot Drakenstein speurdiens het onmiddellik die moontlikheid begin ondersoek dat die moorde in opdrag gepleeg is.
Verlede week is Riaan Booysen (19) tot 20 jaar tronkstraf gevonnis terwyl Godwin Jansen (21) en Desmond Stevens (36) tot 15 jaar tronkstraf elk gevonnis is.
Ricardo Booysen (21) is skuldig bevind op twee aanklagte as medepligtige en tot drie jaar tronkstraf gevonnis.
* Four men have been sentenced for the execution-style murder of two of their friends in Lanquedoc, Groot Drakenstein. |
 |
|
 |
Kaal ná matriekafskeid |
|
|
 |
LOEIENDE sirenes in Paarl-Oos was verlede week die einde van 'n paartjie se oggend van passie ná die matriekafskeid.
Lede van die misdaadvoorkomingseenheid het Donderdagoggend om 10:30 haastig reageer toe 'n oproep van 'n "verkragting in aanvang" die Paarl-Oos polisiestasie bereik het.
Binne sekondes was hulle op die toneel, in die grasse tussen Chicago en die Allandale Gevangenis.
Die twee op die grond was glo so besig dat hulle eers salig onbewus was van die aankoms van die polisiemanne.
Die paartjie was die vorige aand by 'n matriekafskeidgeselligheid in die Paarl stadsaal. Dit was op pad terug van die 'after party' dat hulle in die oggendson vasgeval het.
Die skoolmeisie (20) en haar oud-skolier metgesel (21), is van dronkenskap en openbare onsedelikheid aangekla.
Hulle het onmiddellike aanhouding vrygespring toe hulle gedagvaar is om op 22 Oktober in die Paarl landdroshof te verskyn. |
 |
Betalings by Posduifklubsaal |
|
|
 |
UITBETALINGS van maatskaplike toelaes in sentraal Paarl sal vanaf 14 Oktober by die Posduifklubsaal aan die Bergrivier Boulevard gedoen word.
Dié uitbetalings is die afgelope ses maande by die Ontspanningsaal in Du Toitstraat gedoen.
Inwoners was weens rusverstoring, die bedrywighede van smouse en geldskieters, asook verkeersopeenhopings, ontevrede met die keuse van lokaal.
Volgens AllPay bedryfsbestuurder Wes-Kaap, Andries de Jongh is met die munisipaliteit ooreengekom dat die Posduifklubsaal regoor die Paarl Hospitaal, vanaf 14 en 15 Oktober 2004 vir die uitbetaling van toelaes gebruik sal word. |
|
Suutjies trap is geen grap |
 |
Leon Steenkamp |
 |
|
|
 |
|
|
DIE barmhartigheid van 'n Wellingtonse diereliefhebber twee weke gelede het verseker dat 'n splinternuwe gesinnetjie van krioelende verkleurmannetjies vandeesweek die lig gesien het.
Jaffie Julies van Vanwyksvlei het twee weke gelede 'n Kaapse Dwergverkleurmannetjie van 'n gewisse dood gered toe hy langs die Agter Paarl-pad gestop en dié koudbloedige kalant wat besig was om die teeroppervlakte oor te steek, opgetel het.
"Ek het my noodligte aangesit om te keer dat die vragmotor wat agter my gery het, hom nie doodry nie," vertel Julies.
Die verkleurmannetjie is 'n nuwe tuiste gegee op die Julies se voorstoep - 'n moerbeitak in 'n potplanthouer wat in 'n plastiese bababad staan gemaak is.
Saterdagmiddag is die Julies-gesin egter plesierig verras toe verkleurmannetjie geboorte gee aan 17 klein (regtige) trapsuutjies.
Die donkerkleurige kleintjies is slegs 3cm lank en 'n mens voel nie eers as hulle op jou vinger klim nie.
Daar is egter geen bewys van die diertjie se reputasie as 'n stadige jafel wanneer mens vir ma en kleintjies saam probeer afneem nie.
Net sodra Ma haar beste kant vir my gedraai het en wag vir die kamera se sluiter om af te gaan, besluit een van haar kroos om weer (teen 'n spoed) die hasepad te kies sonder om 'n duit om te gee vir iets soos fotostilering en komposisie.
Hoewel die jong klomp in die Julies-gesin se straat reeds toustaan om een van die klein verkleurmannetjies as troeteldier huis toe te neem, gaan Jaffie in 'n vistenk belê waarin hy dié nuwe ma en haar kroos kan huisves. |
|
|
 |
 |
 |
 |
|
|
|
|
|