|
MY LIEFSTE POP. Die Paarl Hospitaal se kindersaal het onlangs 'n beroep gedoen vir hulp om nuwe toerusting vir die saal aan te skaf. Toerusting soos ventilators, respirators en fototerapieligte moet dringend vervang word. Daar is ook 'n tekort aan speelgoed, kryte, klere en videovermaak. Skenkings kan inbetaal word by die tjekrekening Hospitaal Raad Paarl Hospitaal: Pediatrie (400400105) by Absa se Metroplitan-tak (kode 632005). Vir navrae, skakel dr Mary Fischer by die hospitaal of by 072-268-5857. Bydraes kan ook by haar by die pediatrie-eenheid afgegee word. |
|