ppostgothic
Aida
safetop
uitlefstreep

Thursday 30 September 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 7 October  2004 at 17:30

Sport

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Jukskei gewild onder jong klomp

[ Top ]


DIE tradisionele boeresport van jukskei is besig om gewild te word onder die jeug van die Boland.

Die oplewing in junior spelers is te danke aan die toegewyde poging van die Kaapprovinsie Jukskei Unie om die sport onder jonger spelers te bevorder.

Die Unie het Saterdag sy Interskole byeenkoms op Wellington gehou waar 80 kinders van Boland, Westelike Provinsie en Suid-Westelike Distrikte meegeding het.

Kinders het in 'n o.19, o.14 en ontwikkelingsafdelings deelgeneem, met van die spanne wat uit provinsiale spelers en beginners bestaan het.

Terwyl die skeie met mening op die bane gegooi is, het beamptes van die Unie asook 'n verteenwoordiger van die SA Junior Jukskeikomitee 'n werksessie gehou.

"Ons het opnuut gaan kyk of die missie en visie van die Kaapprovinsie se Juniorkomitee in lyn is met die moederliggaam s'n en of ons op datum is

wMACK

OP KOERS. Peter Mackriel van Labori Jukskeiklub laat waai met 'n skei tydens Saterdag se interskoletoernooi op Wellington. Agter kyk André van Vuuren van Laerskool Drakenstein of Mackriel se mik in is.

met skolejukskei. Daar is ook bespreek watter aspekte van junior ontwikkeling nog aan gewerk moet word," het Jaco Botes, voorsitter van Kaapprovinsie se Junior Jukskeikomitee gesê.

"Ons is ook tans besig met die vestiging van 'n gevorderde skoleliga en kyk ook na beter skakeling tussen die verskillende Unies en skole," het hy bygevoeg.

Die plaaslike jukskeispelers wat na die Boland Junior Jukskeiproewe genooi is, is (o.19) Rudi van Wyk, Ancu van Wyk (albei Wellington), Margaret van Wyk (Paarl), (o.14) JP Rossouw, Danie Weyers (albei Wellington) en Dirkie Kotze (Paarl).

* Die Oukraal Jukskeiklub hou Saterdag die Hermanus le Roux Jukskeitoernooi by die Manas de Villiers-bane (langs die Paarl Posduifklub) in die Paarl.

Die 24 spanne van regoor die Boland begin om 08:00 speel.


Kavaliers in halfeinstryd

[ Top ]


DIE Boland Kavaliers het verlede Saterdag danksy 'n naelskraap 22-21 (13-13) oorwinning oor die OP Olifante in Port Elizabeth vir hul 'n plek in die halfeindstryd van die Curriebeker se eerste ligakompetisie bespreek.

As die Kavaliers egter sy tuisskare behoorlik wil jolig maak deur 'n tuis halfeindstryd te verseker, moet hulle môre vir die Valke op Wellington met vyf punte klop.

Die Wynboere se klipharde dryfwerk deur hul pak toegewyde voorspelers was vanjaar die kern van die Kavaliers se sukses.

Die flank en staatmaker in die span, Chris Potgieter, wat op die krukkelys was weens 'n enkelbesering, het reeds die naweek sy terugkeer gemaak teen die Olifante. Die Boland-span is onveranderd vir Saterdag se kragmeting.

Die Valke is een van die spanne teen wie die Kavaliers tot dusver die seisoen vasgeval het.

Die wedstryd op Springs waar die tuisspan 31-26 gewen het, was egter besaai met foute en gekenmerk deur power rugby deur albei spanne.

Daar kan egter verwag word dat die Kavaliers, wat tans in baie goeie vorm is en tweede op die eerste liga punteleer lê, die bordjies op skouspelagtige wyse sal wil verhang.

Volgens die Kavaliers se spanbestuurder, Denver Pienaar, verwag hulle dat die Valke soos in hul eerste kragmeting ook aggressief voorlangs gaan aanval.

"Ons is egter beter voorbereid vir hulle as toe ons hulle in Springs gespeel het," het Pienaar gesê.

Sou die Kavaliers vyf punte kry uit Saterdag se wedstryd en dan ook die liga-voorlopers, die Grens Bulldogs, daarna pak gee, kan hulle nie net 'n halfeindwedstryd nie maar ook moontlik die finaal op Wellington speel.

Die wedstryd skop om 16:00 op Boland Stadion af met 'n hoofvoorwedstryd tussen die Boland Provinsiale Amateurspan en die Grens Platteland Provinsiale Amateurspan wat om 14:20 begin.

Saldanha en Villagers Montagu (12:45) en Brandvlei Perseverance en Bella Vista (11:15) speel ook promosie/relegasie wedstryde.

Die Boland span is Antonius Verhoeven, Ryno Benjamin, Piet van Zyl, Jacques Badenhorst, Jongikhaya Nokwe, Solly Goosen, Charl Blom, Henley du Plessis, Chris Potgieter, Conrad Burke (k), Henk Eksteen, Dawid de Villiers, Tommy Dixon, Gustav Rademeyer en Fabian Brandt. 


Drie Paralimpiese medaljes vir Van Dyk

[ Top ]


DIE Paarlse rolstoelatleet, Ernst van Dyk, het 'n bykomende twee medaljes losgejaag tydens die Paralimpiese Spele wat die naweek in Athene ten einde geloop het.

Van Dyk wat reeds verlede Dinsdag in die 1500m 'n silwermedalje verower het, het nog 'n silwer in die 800m (1:32,53) en 'n bronsmedalje in die 5000m (10:24,47) verower.

Hy kon egter nie onder die top drie eindig in die twee items - die 400m en marathon - waarin hy regtig wou presteer nie.

Nog 'n Paarliet wat ook aan die Paralimpiese Spele deelgeneem het, die fietsryer Janos Plekker, het ook uitgemis op medaljes.

Volgens sy afrigter, Elrick Kulsen, ook van die Paarl, het Plekker egter baie ervaring opgedoen tydens sy eerste Paralimpiese Spele.


Dubbele SA-kleure vir Réniell

[ Top ]


DIE talentvolle Paarlse fietsryer, Rèniell Matthysen, het vanjaar 'n doelwit bereik wat min fietsryers te beurt val.

Matthysen het die naweek saam met 125 ander ryers van regoor die land aan die SA o.16 Padfietstoer op Ermelo deelgeneem.

Matthysen het algeheel sesde geëindig en is in die SA Padfietsspan opgeneem om só sy SA kleure vir padfietsry te verwerf. Hy is een van vyf o.16-ryers wat dié toekenning gekry het.

Rèniell het dus vanjaar SA-kleure verwerf in sowel padfietsry as baanfietsry, voorwaar 'n besondere prestasie.

Die jong ryer het vanjaar vyf goue medaljes verower tydens die SA Baanfietsry Kampioenskappe.

Die 15-jarige ryer van die Paarl Fietsryklub het die beste gevaar in sy gekombineerde WP/Boland sesmanpadfietsspan.

Nog twee Paarliete wat ook deel was van dié span is, Marius Bester van Paarl Fietsryklub en Reginald Benjamin van Yorkshire Fietsryklub. Die twee ryers het onderskeidelik 15de en 17de geëindig in die toer.


Paarlite captains SA u.18 basket ball team

[ Top ]


THE South African u.18 girls basketball team recently played an exciting three game tournament on home soil against their counterparts from Malaysia.

The visitors clinched victory over the South Africans in a tight final held at UCT Sports Centre in Cape Town on Sunday with the final score clocking 64-54 at the buzzer.

The national team was captained by Nataly September of the Whoop Squad basketball club in Paarl. Also dribbling for her country was Paarl's Adele Johnson.

Despite the South African team's strong offense techniques and dominance throughout the game, Malaysia's international experience played a significant role as their disciplined ball and break-away skills ensured their lead from the first quarter.

The Malaysian team arrived in South Africa two weeks ago for a three match tournament against South Africa.

The first match which was played in Johannesburg and saw South Africa walking away victorious with an 89-70 win and set the pace for the remainder of the games.

Malaysia came back strongly three days later when they won the second game in Pietermaritzburg 84-66.

As part of their National tour, the teams participated in a number of development clinics, where aspiring youngsters from previously disadvantaged communities around the country had the opportunity to interact and train with both teams.

One of theses clinics was held in Paarl on Friday with some 100 children attending.


Tande gaan kners in Super 4 toernooi

[ Top ]


DIE jaarlikse Super 4 rugbytoernooi waar Young Peoples, Albions, Paarl Rangers en Young Gardens om die Bailey-trofee meeding, skop môreaand op Daljosafat af.

Die gewilde toernooi lok jaarliks groot getalle toeskouers en aanskoulike hardlooprugby dra verder by tot die feestelike atmosfeer.

Die eerste halfeindstryd begin om 19:00 wanneer Young Peoples en Paarl Rangers mekaar pak.

Albei klubs het vanjaar erg gesukkel en 'n redelike gelykop stryd word voorspel.

As die Tiere egter hul spelpeil van hul laaste ligawedstryd, waarin hulle vir Paarl 36-16 geklop het, kan nadoen, behoort hulle vir Rangers te laat les opsê.

Rangers het egter al oor en oor bewys dat hy nie vir die groot kanonne skrik nie en die Groentruie sal beslis 'n verrassing of twee vir die Tiere hê.

In die tweede wedstryd om 21:00 sê die verdedigende kampioene, Albions, vir die onvoorspelbare Young Gardens die stryd aan.

Albions het vanjaar 'n droomseisoen beleef en ook welverdiend die WP se tweede liga gewen. Hulle draf dus as die groot gunsteling op die veld.

Gardens se Rooi Rose het egter 'n wisselvallige vertoning gelewer in die derde liga en sal alles moet uithaal as hulle die kampioene se planne omver wil werp.

Hekke open om 17:30 en die o.16 spanne van Albions en Rangers speel om 18:00 in 'n voorwedstryd. Toegang is R5 (volwassenes en motors) en R3 vir kinders.  


Wellington vertoon beter

[ Top ]


DIE Wellington Rugbyspan het wel twee wedstryde verloor in vanjaar se nasionale klubkampioenskappe maar 'n beter vertoning gelewer in vergelyking met verlede jaar.

Dit is die mening van 'n tevrede Dolf Stemmet, voorsitter van die Wellington Rugbyklub.

"Ons het 'n goeie toernooi gehad en is nou agste geloot vir volgende jaar se toernooi teenoor die tiende posisie wat ons vanjaar beklee het," het Stemmet gesê.

Die Boland Superligakampioene het in hul eerste wedstryd vir Crusaders Technikon van Port Elizabeth 28-24 geklop.

In die tweede wedstryd het hulle in 'n baie taai stryd teen die uiteindelike toernooiwenner, Puk Rugbyinstituut, 26-15 verloor.

Die Wellingtonners het egter die Pretorianers behoorlik laat werk vir die sege met die Boland-span wat rustyd 10-3 voorgeloop het.

Die ontbreking aan die beseerde slot, Wynand Smit (lies) en vleuel, Hendrik van Zyl (gebreekte hand) asook die Puk-studente se groter diepte het in die tweede helfte die wedstryd in hul guns laat swaai.

"Pukke het ná rustyd sewe veranderinge aan hul span aangebring, terwyl ons net kon bekostig om aan beseerde spelers aandag te gee. Hul diepte was groter as ons sn.

As Hendrik en Wynand nie al in die eerste wedstryd beseer geraak het nie, kon die wedstryd teen die Pukke dalk 'n ander storie gewees het," sê Stemmet.

Die span van die Boland het in sy laaste wedstryd teen College Rovers kwaai slae gekry in 'n 45-19 nederlaag.

"Op daardie stadium het ons kwaai onder beserings gelei en elke speler is ook 'n speelbeurt gegee," het Stemmet gesê.

Wellington het verlede jaar reeds in sy eerste wedstryd vasgeval, maar sy orige twee wedstryde gewen en in die plaateindstryd teen Polisie verloor.

"Om vanjaar onder die top agt spanne te eindig is beslis 'n verbetering," het Stemmet gesê.

Die spelers hou hul tans fiks vir die proewe vir die Boland sewespan wat op 20 Oktober gekies sal word en op 30 en 31 Oktober in 'n provinsiale toernooi in aksie sal wees.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]