safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 30 October 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 6 November  2003 at 17:00

Business - Sakenuus


wmarco2FC

TOP STUDENT. A student at Elsenburg College, Marco Ventrella (right) of Klipheuwel, was named John Deere Agricultural Student of the Year on Friday night. Here he receives his award from Bert Pepler, MD of John Deere South Africa. He was one of the six finalists from agricultural colleges all over the country, who competed for this coveted award.


Acclaim for Charles Back

[ Top ]


THE title South African Wine Person of the Decade has been bestowed on Charles Back in a survey of leading wine pundits, while Fairview has been voted the most exciting winery in the Cape.

Independent wine magazine, Grape, sent out a survey to 26 leading wine judges, wine writers, retailers and sommeliers - people who deal with the industry and its wines on a daily basis.

"They were asked a variety of questions about the wineries, wines and their styles and the personalities in the industry, including who was the person who has contributed most significantly to South Africa's advancement and reputation over the past decade," said Angela Lloyd, associate-editor of Grape.

"When we got the replies back there was overwhelming approval for Charles, while his Fairview operation, together with Flagstone, were considered the most exciting wineries in the industry," said Angela.

Charles Back is also one of 50 nominees for the 2003 Wine International Personality of the Year, run by leading UK wine consumer publication Wine International. The results are expected in early December.

Over the past decade he, together with other leading winemakers, has helped to put South African wines on the international map, raising the standard of wine for export considerably.

The perception of South African wine has changed in this time from being cheap and cheerful to having a growing number of wineries and winemakers who are serious contenders on the international stage.

 Fairview and Spice Route were both among the top 20 wineries voted on.

Charles Back paid homage to the teams in his vineyards and cellars at Fairview and Spice Route wineries.

"It is a humbling experience to be honoured in this way, but at the end of the day it is a team effort. Everybody pulled together and we share this honour."


Drie pinotages skitter

[ Top ]


DRIE plaaslike wyne tel onder die room van Kaapse Pinotage nadat die top tien gebottelde wyne van Suid-Afrika se inheemsgekweekte wyndruifvariëteit, Pinotage, aangekondig is.

Vanjaar se Absa Top 10 Pinotage wyne is Allée Bleue 2002 (Meerrust Farms, Groot Drakenstein), Graham Beck Old Road 2002 (Franschhoek), La Cave 2002 (Wamakersvallei Wynkelder Wellington), asook Bellevue 2002 (Stellenbosch), DeWaal 2002 (Uiterwyk Landgoed Stellenbosch), L'Avenir 2002 (Stellenbosch), Rijk's Private Cellar 2002 (Tulbagh), Rooiberg Winery Reserve 2001 (Robertson), Slaley Hunting Family 2002 (Simonsberg) en Stellenzicht Golden Triangle 2001 (Stellenbosch).

Die wyne wat vir die 2003 Absa Top 10 Pinotage Kompetisie gekeur is, kan beskou word as trots Suid-Afrikaanse voorbeelde van dié unieke wynvariëteit.

Wamakersvallei Wynkelder se La Cave Pinotage) tel vanjaar vir die tweede jaar agtereenvolgens onder die top tien.

Volgens die sameroeper van die paneel beoordelaars en Kaapse Wynmeester, Duimpie Bayly, was dit vanjaar 'n harde taak om die Top Tien te keur weens die wye verskeidendheid topgehalte wyne.

Die druiwe kom uit 'n wye gebied. Die druiwe vir die Allée Bleue se  oorsprong is Piekenierskloof en Graham Beck se oorsprong is Kusstreek.

Agt van vanjaar se top 10 wyne is van die 2002 oesjaar en die ander twee van die 2001 oesjaar. Dit kan beskou word as 'n bevestiging van menings wat verlede jaar uitgespreek is tydens 'n proe van jong 2002 Pinotage wyne, dat die wyne spog met 'n uitstekende balans tussen toeganklikheid, prominente vrug en goeie struktuur.

Die naaswenners van vanjaar se kompetisie is Bain's Way, Nederburg, Altydgedacht, Beyerskloof Reserve, Devon Hill, Kaapzicht, Kanonkop, Kumkani, Middelpos en Viljoensdrift.

Spesiale verpakkings van die 2003 Absa Top 10 Pinotage wyne is te koop by die Wine-of-the-Month-Club, 657-8100.


Grondhervorming is 'n uitdaging

[ Top ]


GRONDHERVORMING is 'n uitdagende werklikheid wat nie geïgnoreer kan word nie.

So het Johan Gelderblom, Wes-Kaapse Minister van Landbou, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, verlede week aan lede van die Wellington Landbouvereniging gesê, waar hy die genooide spreker was.

"Sommige mense meen dis 'n slegte ding wat hul regte bedreig, en selfs hul voortbestaan. Ander beskou dit ten beste as iets wat hulle nie raak nie.

"Vir sommiges verteenwoordig dit egter 'n kans op vernuwende denke, nuwe geleenthede, en selfs die eerste kans om in die geskiedenis van baie jare, die werklike uitdagings van ons mooi land aan te pak," het die Minister gesê.

"Dit lyk my die jong, kommersiële boere, die volgende generasie wat nou die leisels oorneem, word oor die algemeen nie daardeur afgeskrik nie.

"Hulle besef sekere foute van die verlede moet reggestel word, en daar moet in die proses ekonomiese welvaart oor die hele bevolkingspektrum geskep word.

"Hierdeur moet stabiliteit en voedselsekuriteit vir al ons mense, spesifiek in die Wes-Kaap, teweeggebring word."

Hy het die boere verseker dat die regering die grootste waardering het vir die rol van gevestigde landbouers, want hulle is steeds verreweg die grootste faktor in volhoubare voedselsekuriteit.

"Maar ons geskiedenis en ons toekoms noop ons om ons aandag ook sterk op die opkomende sektor te vestig.

"Daar is struikelblokke wat in die pad van egte, volhoubare bemagtiging staan, wanneer die ingewikkeldheid van die proses onderskat word, of onrealistiese verwagtinge die hele proses kan laat ontspoor."

In vraetyd het die lede gevra vir meer inligting omtrent grondhervorming, beter opleiding en ondersteuning vir nuwe boere, asook oor die toekoms van navorsing.

Die Minister het onderneem om maklik verstaanbare inligting beskikbaar te maak.

Hy het ook die belang van opleiding beklemtoon en gesê daar is reeds vier plekke geïdentifiseer om nuwe toetreders op te lei.

Minister Gelderblom het boere ook aangemoedig om plaaswerkers op te lei: "Begin by jul eie werkers. Hulle is vertroud met jou pyn en seer."

Hy het saamgestem dat navorsing uiters belangrik is en die landbouers verseker dat hy dit met groot erns bejeën.

* Land reform is a challenge, minister Gelderblom told Wellington farmers last week.


Vrugtesap is sy passie

[ Top ]


ONS hoef nie die grootste te wees nie, net die beste.

So sê Kabous Marra, eienaar van Pacmar-vrugtesapvervaardigers en -verpakkers op Wellington.

Marra, wat onlangs as Sakeman van die Jaar aangewys is deur die Wellingtonse Sakekamer, glo dat eerlikheid en opregtheid die basis van alle besigheidsoptrede moet wees.

Die storie van Kabous Marra se sukses het begin as 'n droom van 'n jong student - een van die eerste voedseltegnologiestudente van die Kaapse Technikon.

Nadat hy verskeie posisies in die suiwel-, wyn-. vrugte- en vrugtesap-industrieë beklee het, het hy sy eerste tree as entrepreneur gegee in 1996 deur sy eie vrugtesap-verpakkingsbesigheid te loods.

Kabous het geglo dat daar groot potensiaal is in kontrakverpakking en met die onblusbare gees van 'n entrepreneur en met 'n idee waarin hy onwrikbaar glo, het hy 'n nederige begin gemaak in 'n skuurtjie op sy plaas De Oudebrug langs die Bergrivier in Wellington.

Sy eerste toerusting het bestaan uit 'n paar vlekvrye staaltenks, 'n menger en produksiekapasiteit van 1500 liter per dag.

Sy vennoot was 'n Taiwanese finansierder, asook eertydse kollegas en sapkenners, waarvan sommiges later voltyds by die firma as werknemers aangesluit het.

In Julie 1996 het Kabous Pacmar se eerste 25 liter sap gemeng, 'n klein stappie tot die skepping van wat vandag 'n multi-miljoenrand besigheid is wat produseer 24 uur per dag, ses dae per week.

Pacmar se omset het toegeneem met 230% van 1998 tot 2003. In dieselfde tyd het sy personeel gegroei van 40 personeellede tot die huidige 153 personeellede.

Pacmar is vandag die grootste kontrakverpakker van langlewe-vrugtesap in Suid-Afrika.

Sy langerwordende lys van kwaliteitkliënte sluit in Coca-Cola, Tigerbrands, Pick 'n Pay, Woolworths en Spar.

Pacmar het ook sy eie vrugtesap-handelsmerke ontwikkel wat vandag insluit die bekende plaaslike handelsmerke Wilde, Amazing en Crystal Falls en vir die uitvoermark, Bioes en Bio Green.

In terme van innovasie het hy 'n unieke proses ontwikkel vir die produk Wilde, wat die uitdruk van vrugte behels met die minimum verwerking, waarna dit verpak word as 'n verlengde raklewe-produk. Dit is 100% suiwer met geen water, suiker of preserveermiddels bygevoeg nie.

Wilde word nie vervaardig soos die tradisionele sap wat appel-, druiwe- of peerkonsentraat gebruik as basis nie, maar bestaan suiwer net uit die produk self - slegs enkelsterkte sap.

"Dis so na as kan aan die oorspronklike vrug, soos wat hy van sy ma af kom," vertel Kabous geesdriftig oor sy produk, waarin hy met oorgawe glo.

"Daar is minder prosesse en daarom verloor jy minder voedingstowwe as by ander vrugtesappe."

Wilde is beskikbaar in suiwer vorms van lemoensap, appelsap, bosbessie (cranberry), peer, perske en grenadella - 'n groter verskeidenheid suiwer sappe as wat tans selfs in die buiteland beskikbaar is.

Die eenliter-kartonhouer waarin dit verkoop word, het 'n skroefdoppie, wat beteken dit kan maklik vervoer word nadat dit oopgemaak is en is verbuikers- en kindervriendelik.

Kabous skryf self sy sukses toe aan harde werk, geloof, produkdifferensiasie en om die regte mense in diens te neem.

"Dit is noodsaaklik om kwaliteit en diens te lewer teen die regte prys, met goeie verhoudings intern sowel as met die kliënt. Dit beteken jy moet te alle tye eerlik en opreg optree."

Pacmar beskik oor 'n trotse rekord van aktiewe gemeenskapsbetrokkenheid en ondersteun welsyn, kerke, kultuur- en sportinstansies jaarliks met borgskappe en ander vorme van hulp.

Pacmar is ook die eerste maatskappy wat gekwalifiseer het en as Leiermaatskappy aangestel is om 'n leerderskapprogram in die Foodbev SETA te bestuur.

Twintig werklose mense is in diens geneem wat uitkomsgebaseerde opleiding by Pacmar doen.

Kabous glo in 'n beleid wat aktief die plaaslike ekonomie stimuleer en verskeie plaaslike ondernemings het 'n groot deel van hul omset hieraan te danke.

Die voorsitter van die Sakekamer, Max van der Wath, het hom geloof as iemand wat ander motiveer en inspireer deur 'n rolmodel vir hulle te wees.

* Wellington factory owner Kabous Marra has won the award for Businessman of the Year from the Sakekamer.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za