safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 30 October 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 6 November  2003 at 17:00

Nuus - News


Doodsval

Malané Bosman

[ Top ]


DIE wanhopige pogings van 'n seun van Suider-Paarl om Dinsdag sy vriend van 'n waterdood in die Bergrivier te red, was tevergeefs.

Clifton Willemse (15) van Keurfontein, Noorder-Paarl, het die middag met sy fiets by sy klasmaat, Brendan Goeieman van Nancy-plaas, aangekom.

Hy wou graag soos die kinders van die omgewing, ook die 15m van die treinbrug oor die Bergrivier afspring en in die poele tussen die riete afkoel.

"Ek sou eerste spring," het 'n geskokte Brendan vertel, "maar terwyl ek nog so vorentoe kyk, toe kom Cliffie by my verbygespring."

Brendan het gewag dat sy maat uit die water moet opkom, maar die seun het dieper weggesak.
"Ek moes help, hy is my tjommie. Toe

wbrendan01

WATERGRAF. Brendan Goeieman (16) van Suider-Paarl sal twee keer dink voordat hy weer van die Arboretum treinbrug oor die Bergrivier afspring ná sy maat, Cliffie Willemse, se doodsduik hierdie week.

seil ek teen die brug af en duik agter hom in die water in."

Hy het die bewustelose Clifton beetgekry en uitgesleep tot op 'n sandbank.

"Daar was net 'n klein gaatjie in sy agterkop waar hy sy kop teen 'n klip gekap het. Ek het aanmekaar op sy maag gedruk en toe met my mond asem in hom geblaas.

"Ek was baie bang. Toe skree ek die ander kinders op die wal moet die ambulans laat kom. En toe begin Cliffie weer asemhaal."

Paramedici het deur die water geplas en Clifton gestabiliseer voordat polisiebeamptes met 'n rubberboot die beseerde seun na die rivierwal gebring het.

Clifton het later die aand aan hoofbeserings gesterf sonder om sy bewussyn te herwin.

"Nou is sy plekkie in die klas (graad 9) leeg," het sy onderwyser by Nieuwedrift Primêr, Alfred Sampson, gesê.

"Hy was avontuurlustig, en baie lief vir water. Cliffie was 'n toegewyde atleet en goeie rugby- en krieketspeler.

"As daar iets goeds uit die tragedie kan kom, is dit om insig by ander kinders te bring, dat hulle wegbly van die treinbrug oor die rivier."

Clifton, 'n enigste kind, word oorleef deur sy moeder, Nolene Willemse van Keurfonteinplaas, en sy pa, Cliff Demas van Franschhoek.

Die begrafnisdiens is Sondag om 11:00 by die Baptiste Kerk, Paarl-Oos.

"Die somer het nog nie eens behoorlik begin nie en die swemongelukke begin al," het 'n ma van Nancy kopskuddend gesê.

"'n Mens sal nooit die kinders uit die rivier kan hou nie."

* A Paarl teenager tried in vain to save the life of his  friend after a diving accident in the Berg River.


Drakenstein Council
'acting illegally'

[ Top ]


"EVERY day brings another horror story from an ANC/NNP controlled council. Far from having created stability, the walkover has unleashed a landslide of looting and incompetence," says Robin Carlisle, DA provincial spokesman on local government issues.

He was commenting on the request by the DA caucus in the Drakenstein Council that the Speaker of the Council acts against all members of the Mayoral Executive Committee for a number of serious breaches of the Code of Conduct for Municipal Councillors in the Municipal Structures Act.

The DA have fully detailed the charges with supporting documents and submitted them to the Speaker of Drakenstein and the Minister of Local Government, Cobus Dowry.

"The Minister must deal urgently and firmly with the irregular and unlawful activities of the Drakenstein Mayoral Committee," said Carlisle.

"I have laid a formal complaint with the Minister and asked him to take urgent action in terms of the Code."

The first complaint concerns the unauthorized expenditure of R367 770 to provide fulltime councillors with laptop computers.

The second item about which the DA has complained, is an advertisement that the ANC/NNP controlled Council placed in the Paarl Post on 28 August, promoting themselves and attacking the DA, paid for by ratepayers.


Auditor rejects purchase of laptops for councillors

[ Top ]


THE DA Caucus in Drakenstein Council has requested the Speaker of the Drakenstein Council to act against all members of the Mayoral Executive Committee for a number of serious breaches of the Code of Conduct for Municipal Councillors of the Municipal Structures Act.

The first complaint concerns the unauthorized expenditure of R367 770 for full-time councillors' laptop computers.

"When the new ANC/NNP Mayoral Executive Committee took over in Drakenstein Municipality (Paarl/Wellington), their burning priority was how all the full-time councillors could get laptop computers," says Robin Carlisle, DA provincial spokesman on local government issues.

"Undeterred by their Municipal Manager informing them in writing that no funds were available for the purchase of laptops for full-time councillors, they nevertheless bought the laptops from Dell computers for R367 770 without going through a tender process.

"This was done without delegated powers to do so, and taking their decisions irregularly and outside of the Council structures.

"In fact, the decision was taken in the Mayor's lounge at the civic centre, with his secretary acting as informal chairman while the Mayor was enjoying a drink outside.

"They particularly ensured that the Municipal Manager was kept out of the picture. The rush was that they wanted to squeeze the transaction through before the financial year end closed on 30 June.

"The result is that on 30 June the Council's auditors have declared the expenditure as unauthorised because tender regulations were not followed and no formal or proper decision was taken to spend the money.

"Further the auditors have noted that all members of the Mayor's committee were party to this unauthorised expenditure, and all are liable for the consequences that will flow from the irregular decision."

The second item about which the DA has complained, is an advertisement that the ANC/NNP controlled Council placed in the Paarl Post on 28 August, promoting themselves and attacking the DA.

"The advertisement cost the ratepayers R2150 as well as any costs of production," says Carlisle. "Not only is this expenditure unauthorised, it is also fruitless and irregular.

"In addition to asking for action against the Mayor's Executive, the DA will be requesting that the Council be refunded by the Councillors involved."

Mayor Herman Bailey did not respond to requests to comment on the allegations.


Rowers raak nou al hans

[ Top ]


'n BROODAFLEWERAAR het Dinsdag in Paarl-Oos sy geld en goed teen rowers beskerm deur drie skote op hulle te vuur.

Die polisie was vinnig op die toneel en het die twee verdagtes in hegtenis geneem.

Die drama het begin terwyl brood by 'n superette by die Ivanhoeparkgebou afgelewer is. Twee mans wat teen 'n muur gestaan het, het skielik 'n mes uitgepluk en na die bestuurder gesteek.

Sy assistent het 'n vuurwapen uitgepluk en drie waarskuwingskote geskiet.

Polisiebeamptes het een van die verdagtes, van Amstelhof, op die toneel in hegtenis geneem. 'n Tweede verdagte is kort daarna by sy woonstel in Magnolia aangekeer.

Die rower wat Vrydagmiddag met meer as R100 000 by 'n geldleenfirma in Laer Lady Greystraat weggekom het, is nog soek.

Die werknemers van die firma het om 17:00 die kantoor gesluit en begin geld tel. Die volgende oomblik het 'n vreemde man na bewering voor hulle gestaan.

Hoe hy ingekom het, en of die man homself voor toemaaktyd op die perseel versteek het, is onbekend.

Die personeel is gedwing om R130 000 te oorhandig.

Die rower het die buit in sy rugsak versteek en die werknemers se polse en enkels vasgebind.

Hulle moes in 'n toilet wag sodat hy kon wegkom.

In 'n ander rooftog, in Suider-Paarl, het 'n man loongeld van meer as R20 000 verloor.

Die slagoffer was van die bank op pad terug na sy werk by 'n baksteengroef in Suider-Paarl, toe hy eers by die Adamsvale-winkel teen die treinspoor aangedoen het.

Hy het by die winkel gestop, en toe gesien die verdagte motor hou ook daar stil. Hy was al in die winkel toe drie mans uitgeklim het.

Toe die geldtrekker weer by sy motor kom, was die sak met R21 000 weg.


Wag al vyf jaar vir kaart
en transport

Anne Kruger

[ Top ]


n PAARLSE egpaar wag al vyf jaar vir die oordrag van die huis wat hulle self gebou het, op hul naam. En hulle is nie die enigstes in Amstelhof se uitbreiding 35 wat so sukkel nie.

Nicolaas en Maria Titus het in 1997 aansoek gedoen om die gesubsidieerde erf in Amstelhof.

Op grond van hul beperkte inkomste, het die staat aan hulle 'n erf van R11 000 toegeken, waarvan R5 000 deur die staat betaal sou word op 'n individuele subsidiebasis.

Soos met baie ander gesinne in dié projek, het die uitbetaling van die subsidie gesloer en in 1999 het die Departement Behuising die betaling van individuele subsidies gestaak weens 'n tekort aan fondse.

Gevolglik kon die erf nie op hul naam oorgedra word nie.

Omdat hulle desperaat was om 'n eie huis te hê, wou hulle graag met die bouwerk begin, maar sonder 'n eie erf kon geen verband op die eiendom by 'n bank verkry word nie.

Ten einde raad het Nicolaas en Maria hul eie pensioengeld by hul werkgewers geleen, en begin bou.

Vandag staan daar 'n huis van R57 000 op hul erf maar steeds het hulle nie eienaarskap van die grond waarop dit staan nie. Van die kamers is ook nog nie gebou nie.

En hulle het steeds geen bate op hul naam wat as sekuriteit kan dien vir enige lenings vir verdere aanbouings nie.

"Wat my bekommer," sê Nicolaas, "is dat die Munisipaliteit die erf nou al waardeer op R22 500, en die totale eiendom op R82 500, maar ons het nog nie kaart en transport nie.

"Ons het basies al ons pensioengeld in die huis gesteek. Nou roep die Munisipaliteit ons in en vra om ons inkomstestate te sien.

"Dit lyk asof hulle nou poog om ons die subsidie te ontsê op grond van die styging in ons inkomstes.

"Maar feit bly staan, toe die erf aan ons toegeken is, was ons gesamentlike inkomste minder as R3 500, en het ons gekwalifiseer vir 'n subsidie.

"Daardie subsidie kom ons toe, maar niks gebeur nie.

"Wat gaan ons nou maak? Moet ons self R11 000 inbetaal vir die erf en dus die R5 000 verloor, om die huis op ons naam te kry?

"Of gaan daar nou selfs van ons verwag word om R22 000 te betaal vir die erf?

"Waar moet ons soveel geld kry, as ons steeds afbetaal vir die huis se bou en nêrens 'n verband kan kry nie?"

"Ons betaal gereeld ons munisipale rekening insluitend eiendomsbelasting van R73,08, maar die projek is in so 'n warboel dat baie mense nog glad nie aangeslaan word vir belasting nie.

"Wat gaan aan by ons Munisipaliteit en Provinsie dat sake so sloer? Gesprekke met raadslede het nog geen vordering gebring nie," sê Nicolaas bekommerd.

"By die behuisingskantoor word daar vir ons gesê 'net die minister se handtekening kort' voor ons die subsidie kry, maar ons kry niks op skrif nie."

Die egpaar meen hul grondwetlike regte word geskend weens dié onhoudbare situasie.

Volgens 'n munisipale woordvoerder het die probleem met subsidies vir hierdie projek ontstaan toe individuele subsidies deur die Departement van Behuising gestaak is.

Van die 236 erwe is 132 eiendomme reeds oorgedra aan die eienaars, maar die oorblywende 104 erwe wag nog op subsidies.

Van hierdie het 59 gesinne reeds ten einde raad begin bou of reeds ingetrek, terwyl 47 erwe nog onontwikkel is en nie finaal toegeken is nie.

Daar word reeds geruime tyd onderhandel met die provinsiale behuisingsdepartement om die subsidie te bekom, maar formele goedkeuring is nog nie ontvang nie.

"Van die Munisipaliteit se kant doen ons alles moontlik, maar die finale goedkeuring berus by Provinsie.

"Ons rig vertoë tot die Departement Behuising dat die mense aan wie die erwe toegeken is, steeds hul subsidies moet ontvang, al het hul inkomstes sedertdien gestyg."

By navraag het die woordvoerder van die Minister van Behuising, Nomatyala Hangana, gesê dat die saak op versoek van die Munisipaliteit ondersoek word, maar dat geen besluit nog geneem is nie.

"Dit wil voorkom asof the Munisipaliteit onder die indruk was dat die mense outomaties subsidies sou kry sodra fondse weer beskikbaar raak, en dat die inkomste van destyds steeds as basis sou dien.

"Sodra die ondersoek voltooi is, sal die Munisipaliteit oor die besluit ingelig word."

* A Paarl couple is one of many in Amstelhof extension 35 who have been waiting five years for transfer of their erven due to delay with subsidies the Department of Housing is yet to approve.


Al hoe meer babalyke

[ Top ]


'n PASGEBORE babaseuntjie is Vrydag dood gevind in 'n vullishouer in Wellington, die tiende verbergte geboorte in die Vallei die afgelope twee maande.

Die liggaam van die 5kg seuntjie was in 'n bebloede pienk handdoek toegedraai.

Haweloses wat Vrydagmiddag na herwinbare artikels in die vullishouer op die hoek van Kerk- en Malanstraat gesnuffel het, het die gru-fonds gemaak.

Hulle het dadelik werknemers van Citrona Motors, op wie se perseel die vullishouer staan, in kennis gestel.

Die vullishouers word net op Maandae leeggemaak.

Na-doodse ondersoek

Volgens die distriksgeneesheer wat 'n na-doodse ondersoek gedoen het, is die baba lewend gebore, en nie meer as 24 uur voor die ontdekking van die lykie nie.

Die ondersoekbeampte, speur-insp Abel Nlati (873-1141), het reeds onverrigtersake by medici, klinieke en hospitale navraag gedoen.

Dit blyk dat 'n blou motor met getinte ruite en 'n CA registrasienommer, met 'n man agter die stuur en 'n vroulike passasier, die middag by die vullishouers gestop het..

Die naweek het nog twee ander babas in die Vallei tragies gesterf.

Daar is nog onduidelikheid oor die oorsaak van die dood van 'n seuntjie van 15 maande wat Vrydagaand in Fairyland gesterf het nadat hy glo aan 'n koekie verstik het.

'n Baba van vier maande is Sondag op Wellington dood in sy bedjie gevind. Sy borsie was toegetrek toe hy gaan slaap het, en toe sy ma om 04:00 sy doeke wou omruil, was die kindjie yskoud.

Daar is die afgelope twee maande reeds tien fetusse of pasgebore babalykies in die omgewing van die Paarl en Wellington ontdek. Sake van verberging van geboorte, of in sekere gevalle moord, word ondersoek.

* The body of another baby, the tenth in two months, has been found in a bin.


Dagga soos biltong

[ Top ]


DAGGA is vir Tiny soos biltong vir haar hondemaats is. Sy ruik dit op 'n afstand uit, en loop 'n stop nie sommer verby nie.

Tiny het maar onlangs by insp Francois Hugo se jarelange hondekollega, Flippie, oorgeneem as daggasnuffelaar.

Die swart Spanjoeltjie moes gaan rus, want 'n dwelmhond moet fyn van neus en lig van voet wees, en Flippie het begin oud word.

Maar eers het sy sewe maande lank vir Tiny (nou 16 maande oud) goed touwys kon maak.

Tiny het hierdie maand in drie dae 'n rekord R1,8 miljoen se dagga uitgesnuffel.

Sy en insp Hugo van die Paarlse Honde-eenheid was aan diens by 'n padblokkade by Laingsburg waar sy in vyf dae 400 voertuie "gedoen" het.

Die grootste fonds was toe Tiny aangesê is om 'n vragmotor met plastiekdromme met chemikalië onder 'n toe kap te besnuffel.

Sy het eers van agter na voor, en toe weer van voor na agter gedraf. En toe teen die agterkant van die hoë trok begin opspring.

"Dit is die teken dat die uitwysing positief is," sê insp Hugo.

Hy het onmiddellik sy kollegas van Georganiseerde Misdaad nadergewink.

Volgens die vragmotorbestuurder is die vrag chemikalië in Durban gelaai en was dit vir Kaapstad bestem. Diep versteek tussen die dromme het die polisiebeamptes die fonds gemaak - 60 raffiasakke gedroogte dagga met 'n straatwaarde van R1,8 miljoen.

Kort daarna het Tiny teen 'n bus se bagasieruim opgespring. Bo-op die koffers van die passasiers uit die Transkei na Kaapstad was 'n hele vrag kruiebossies en knolle.

"Dié goed ruik skerp, maar Tiny het dit eenkant toe gekrap en al dieper tussen die sakke en goed ingeduik.

"Later het net haar stert se punt uitgesteek," vertel Hugo.

"Toe klouter ek ook maar in en daar kry ons 59kg dagga tussen die bagasie."

In 'n volgende bus is 13,5kg dagga in 'n koffer gekry.

"As dit nie vir Tiny was nie, het hulle almal verbygekom met die dagga," sê insp Hugo trots.

* Paarl sniffer dog Tiny goes for dagga like most dogs love biltong.


Inbrekers met duur smaak

[ Top ]


INBREKERS met duur smaak het Sondagnag binne sekondes derduisende rande se goedere uit Cash Converters in die Paarlse Hoofstraat weggedra.

Twee groot klippe is gebruik om die glasvoordeur en twee vertoonkaste met elektroniese apparaat en juweliersware stukkend te kap.

Die alarm is geaktiveer, maar dit het die inbrekers nie verhoed om eers armsvol waardevolle items te steel nie. Selfone, 'n skootrekenaar, mini kassetspeler, horlosies en juweliersware is weggedra.

"Hulle het presies geweet waar hulle wou wees, en wat om te vat," het die werknemers gesê.

"Dit was net die duurste apparate, en niks nagemaakte juweliersware nie, net die egte goud en silwer, wat verdwyn het."

Speur-Insp Lappies Labuschagne (807-4000) volg leidrade op.

Twee maande gelede is daar ook die nag in soortgelyke omstandighede by Cash Corporation in Lady Greystraat ingebreek en veral selfone  gesteel.

* Burglars raided a central Paarl shop selling second-hand goods.


Workshop on gangsterism
in Paarl

[ Top ]


THE Department of Community Safety, in a joint venture with the police, is hosting a Gang Prevention Workshop at the Paarl Police College auditorium on Saturday from 08:50 to 15:00.

This initiative entails the mobilisation of communities to address the problem of gangsterism in different areas.

Paarl is one of the areas in which gang related crimes are high and therefore there's a call on community and business leaders to meet with the organisers, to address the problem of gangsterism in the area in a multi-faceted approach.

The Paarl East station commissioner will give an overview of crime in the area and Area Commissioner Ganief Daniels will deliver the keynote address.

There will be a presentation on gangs by John Cloete of the Department, after which guests will separate into commissions for different sectors like schools, public awarenes, community/police relationships and economic development.

After lunch, the commissions will report back so that a plan of action can be formulated. For more information, contact Inspector Sharon Blankenberg at 862-5617 or 083-654-8619 or fax 807-4081.  


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za