safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 30 October 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 6 November  2003 at 17:00

Youth - Jeug


Hugo Rust top sportskool
in SA

[ Top ]


DIE Laerskool Hugo Rust op Wellington het 'n paar sterk mededingers geklop om deur Ussasa as die beste sportskool in die land aangewys te word.

By die toekenning is daar gekyk na hoeveel van die kinders in die skool aan sport deelneem, hoe die onderwysers betrokke is en ook die mate van die skool se betrokkenheid by die gemeenskap. 

Die skool skitter ook wat individuele .

whugoFC

BLYDSKAP. Daar was groot opgewondenheid by Hugo Rust Laerskool toe daar Maandag aangekondig is dat hulle as die SA Sportskool van die Jaar aangewys is.

prestasies betref, met 'n hele paar leerlinge wat op provinsiale vlak deelneem en selfs nasionale rekords opstel en internasionale medaljes verower.

Muller Joubert (Boland Sportseun van die Jaar) het onlangs 'n nuwe SA rekord in spiesgooi opgestel, en Yolandi Ramsauer het 'n silwermedalje in tweekamp gewen in Monaco.

Ook die onderwysers is baie aktief op sportgebied.

Piet Krynauw is voorsitter van Boland Krieket, lid van Boland Oorkoepelende Bestuur asook van Boland Laerskole Bestuur.

Helena Krynauw is voorsitter van Boland Swem en Wes-Kaap Swem en dien op die Boland Oorkoepelende Bestuur.

Johan van der Merwe dien op Boland Tennis se bestuur. Marie le Roux is voorsitter van Boland Netbal en dien ook op die Boland Oorkoepelende Bestuur en Boland Laerskole Bestuur.

Sy is aangewys as bestuurder van die o.19A netbalspan.

Liesbet du Toit, sportorganiseerder, is ook voorsitter van Wellington Netbal, lid van Sentraal-Boland se Netbalbestuur, asook van Wellington Atletiekbestuur. Niel le Roux, skoolhoof, dien op die bestuur van Wellington Rugby.

* Hugo Rust Primary in Wellington has been crowned top sports school in South Africa


Laaste matriek hulp

[ Top ]


'n WISKUNDE werkswinkel vir matrieks word van Woensdagmiddag 5 November tot Maandagmiddag 11 November deur die Mathcardsentrum by Hoërskool Gimnasium aangebied.

Dit is die laaste hulp wat matrieks kan kry met die oog op voorbereiding en afronding vir die finale wiskunde-eksamens. 

Die klem gaan hoofsaaklik op die uitwerk van vraestelle onder toesig val. Spesiale vraestelle is vir dié doel voorberei en volledige memorandums word voorsien.

Soortgelyke werkswinkels is die afgelope jare met groot vrug aangebied. 'n Volledige program is beskikbaar by Hoërskool Gimnasium, Pam Golding Eiendomme en De Jagers Uitrusters.

Die spertyd vir inskrywings is Saterdag om 20:00 by 872-0307 of 082-854-3611.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za