|
PAARLVALLEI BOTTELERINSMAATSKAPPY (EDMS) BPK
VAKATURE
Paarlvallei Bottelering is 'n dinamiese, jong, maatskappy in die wynbedryf, geleë in Wellington. Ons benodig die dienste van 'n hardwerkende persoon met goeie interpersoonlike kommunikasievaardighede en vermoë om onafhanklik en onder druk te werk
JUNIOR LYNINSPEKTEUR
Sleutelprestasie-areas:
• Kontroleer uitgereikte Droë Materiaal • Kwaliteit van verpakking tydens Bottelering-/Etiketteringsproses • Monsterneming tydens Bottelering • Hantering van klagtes • Hantering van verpakkingsmateriale • Huishouding • Relevante Administrasie
Vereistes:
• Minimum matriek of gelykwaardige kwalifikasie • Probleme vinnig en doelgerig kan oplos • Fisies gesond (werk behels baie staan en loop) • Minimum 1 jaar ondervinding in soortgelyke omgewing • Skof- en oortyd te werk soos nodig
Aanbevelings:
• Rekenaargeletterd (MS Office) • Kennis van wyn en ander bederfbare produkte
Stuur asseblief u volledige Curriculum Vitae aan:
Surette Jonkers Adres: Posbus 254, Wellington, 7654 Tel: (021) 864-2860 • Faks: (021) 864-2862 E-pos: jonkerss@pvbm.co.za
Sluitingsdatum: 12 November 2003
Indien u geen terugvoering ontvang binne 2 weke nie, aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. |