|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DIE Theologos Instituut vir Geestelike Berading bied van Dinsdag 12 Februarie 'n videowerkwinkel in huweliksverryking aan. Die kursus bestaan uit 12 een-uur sessies, met praktiese vrae wat na elke sessie behandel word. Dit strek oor drie maande en word Dinsdagaande om 19:30 aangebied. Die koste vir die kursus is R90 wat 'n handleiding insluit. Vir meer besonderhede en besprekings bel pastoor Herbert van Revival Christian Ministries by 862-9166 of 072-151-0495. |
|
|
|
|
IF you own waterfowl, but do not have a permit to do so, you have until the end of March to register them without getting prosecuted. Waterfowl such as the Northern Pintail, Bean Goose and Mandarin Duck have the ability to cross-breed with indigenous waterfowl. It is for this reason that the Nature Conservation Laws Amendment Act requires that a permit is needed to keep waterfowl. This does not apply to domesticated waterfowl like the Peking Duck. In order to enable owners to register their waterfowl without being prosecuted, the Board has decided to impose a moratorium against the prosecution of illegally kept fowl until 31 March. |
|
|
|
|
OP 1 Februarie open 'n volwaardige dienssentrum vir bejaardes te Bainstraat 7 met dienste soos fisio- en arbeidsterapie en ontspanningsgeriewe vir senior burgers. Hierdie diens is beskikbaar vanaf 07:30 soggens tot 17:30 saans en bedien alle bevolkingsgroepe. Inwonende bejaarde ouers, gestremdes of vereensaamdes kan teen slegs R100 Maandag tot Vrydag hier geakkommodeer word (of R30 per dag). Ligte verversings is ingesluit maar 'n volle middagete teen R8 kan voorsien word. Volgens suster Irene de Waal, hoof van die Dienssentrum, is daar toenemend 'n behoefte aan gebalanseerde aktiwiteite vir die senior burgers. Hier kan rustig saam met ander bejaardes gekuier word. Hulle kan koerant lees, danslesse geniet, pedikure en manikure ontvang, na toeka se dae se musiek luister en smiddae selfs 'n uiltjie knip. Saans kan die kinders 'n gelukkige oupa en ouma gaan haal. Hoewel die gemeenskap al ruim bygedra het, is daar nog 'n groot behoefte aan enkelbeddens en matrasse, linne, mobiele braaiers, tuinmeubels, CDs, hangkaste, 'n yskas en los matte. Vrywillige verpleeghulp, storielesers, naaldwerkers en gasvrouens word ook benodig. Skakel Irene de Waal soggens by 873-4682 vir verdere navrae. |
|
|
|
|
DIE ATKV se prettrein reis vanjaar na Worcester op Saterdag 2 Maart. Die trein vertrek uit Kaapstad om 08:00 vanaf platform 24 en stop om 08:25 in Bellville platform 1, om 09:10 in die Paarl en om 09:30 in Wellington (rytuig een). Wellington se ATKV-tak gee Wellington se gemeenskap kans om so spoedig moontlik hul kaartjies te koop waarna dit aan enige ander belangstellendes verkoop sal word. Die kaartjies se koste is R60 per persoon en kinders wat op die ouers se skoot sit, kan gratis saam ry. Kole asook braairoosters word voorsien en elkeen bring sy eie eet- en drinkgoed asook eetgerei of pak 'n piekniekmandjie vir die dag. Kleinplasie Restaurant bedien ligte middagetes asook tradisionele etes vir wie dit so verkies. Besprekings is noodsaaklik. Skakel Heletia by (023) 347-5118 of (023) 342-6261 na ure. Koos Koeglenberg en sy manne sal vermaak met musiek. Musikante word versoek om hul instrumente saam te bring. Hoe meer siele, hoe meer vreugde! Wellingtonners moet teen 14 Februarie hul kaartjies koop om teleurstelling te voorkom!. Vir navrae, kontak Marieta Hugo by 873-5000 (h) of 082-578-2164. |
|||
|