safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 31 January 2002

uitlefstreep
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


Spoegkobra geen speelmaat

Leon Steenkamp

[ Top ]


wspit34'n SLANG is niemand se maat nie en as hy boonop sy gif kan spoeg, moet jy nog meer op jou hoede wees.

Iemand wat van eerste-handse ondervinding kan getuig is Cynthia Mentoor, 'n werknemer van Die Vonds Slangsentrum net buite die Paarl, wat Maandag met seer, tranende oë gesit het nadat 'n swart spoegkobra in haar gesig gespoeg het.

Volgens Cynthia het 'n besoeker aan die sentrum haar geroep en uitgevra oor die jong slang wat onlangs gevang is.

"Ek het so oor die hok geleun om te kyk na die slang en nie gesien hy lê bo-op die rand van die muur net onderkant die gaasdraad nie," het Cynthia vertel.

SPITTING IMAGE. Cynthia Mentoor, an employee at Die Vonds Snake Centre in Noorder Paarl, had a painful encounter with a black spitting cobra (right) on Monday. She suffered excruciating pain from the venom spat into her eyes. Pic's: Leon Steenkamp

Die slang het vinnig gere-ageer en 'n sarsie gif in haar gesig gespoeg. Haar rooi en betraande oë het duidelik gewys hoe pynlik die ondervinding was.

Selfs nadat haar oë met 'n ligte soutoplossing uitgespoel is om die gif teen te werk, was daar geen verligting nie.

Volgens Danie Malherbe, eienaar van die slangsentrum, kan die branderigheid tot twee dae lank duur en hewige hoofpyn veroorsaak.

Die betrokke slang is 'n nuweling by die sentrum. "Mense het die slang Vrydagaand in hul huis naby Paardeberg ontdek nadat hulle die aand tuisgekom het.

"Die slang het in die slaapkamer ingeseil en die man en vrou het maar die aand in 'n ander kamer geslaap.

"Die volgende oggend het hulle ontdek dat die slang in 'n plastieksak ingeseil het. Hulle het die sak toegeknoop en dit hier by die sentrum kom afgee," vertel Malherbe.

Dit is nie nodig om slange voor die voet dood te maak nie, meen hy. Hy werk saam met Kaapse Natuurbewaring in die rehabilitasie van slange en hou 'n groot verskeidenheid daar aan - van hoogs giftige mambas tot onskadelike melk- en molslange.

Spoegslange reageer op beweging en mik gevolglik na die gesig. Hulle kan tot drie meter ver spoeg.

"Mense moet daarvan bewus wees dat dié slange hier voorkom en moet versigtig wees, veral in landelike gebiede."

Mense wat op slange afkom kan hom skakel by 863-8309.


Muller kry dalk môre lewenslank

[ Top ]


DIE Paarlse weduwee Maureen Muller kan môre tot 'n lewe lank in die tronk gevonnis word vir die beplande moord op haar man byna vier jaar gelede.

Muller (41), die ma van twee tieners, is verlede week saam met haar suster en twee mans in die Kaapse Hooggeregshof skuldig bevind aan die dood van haar man, Edmund.

Die staat het versoek dat al vier beskuldigdes lewenslange gevangennisstraf opgelê word.

Soos die weduwee het Faisa Allie, Marshall Februarie en Desmond Ortell, almal van Stellenbosch, hulself tot die einde probeer verontskuldig.

Maureen het getuig dat hulle probleme in die huwelik gehad het, veral weens haar man se drankprobleem en aggressie.

Tog was hy "'n goeie man wat nie die dood verdien het nie".

En al voel sy aardig oor die dood, gaan die lewe aan. Sy moet haar kinders grootmaak, het sy gesê.

Steeds stylvol geklee en met haar hare kortgeknip, was Muller by tye baie emosioneel in die hof. Met toe oë het sy die gebeure van destyds onthou en tydens verdagings met haar hande voor haar gesig gesit.

Haar getuienis dat sy die huurmoord wou stopsit nadat sy 'n tjek vir R10 000 vir die daad uitgeskryf het, is nie aanvaar nie.

Edmund is op 5 Junie 1998 in 'n stoel in sy sitkamer in Jan van Riebeeckweg doodgeskiet terwyl sy vrou by die werk was.

'n Man wat onder die dekmantel dat hy 'n bakkie by Muller wou koop by die woning opgedaag het, het die sneller getrek.

Muller het getuig hoe sy na die begrafnis uit vrees vir haar gesin se veiligheid byna R70 000 vir die huurmoordenaar betaal het.

Sy het toe ook besef die man wat homself Java noem, die "huurmoordenaar uit Johannesburg", is eintlik haar suster se vriend, Februarie.

Edmund het 'n jaar voor sy dood, na 21 jaar as werknemer by Rembrandt, 'n pakket geneem. Maureen was die alleenbegunstigde in die boedel en sou sowat R350 000 erf.

Sy het as sekretaresse by die Skiereiland Technikon gewerk.

Tydens die verhoor was Muller uit op borgtog van R30 000 en het sy en die kinders, Kim (16) en Robin (13), steeds in die moordhuis gewoon terwyl hulle in die Paarl skoolgegaan het.

"Ons is baie bekommerd oor die kinders," het Edmund se moeder, Janet Muller, gister gesê.

"Hulle moet nog 'n hele lewe deurgaan en dit kan nie vir hulle maklik wees nie."

Hartseer het sy bygevoeg: "Ons is verlig dat die saak nou na 'n einde staan. Nou sal ons kan rus."

* Paarl widow Maureen Muller will be sentenced tomorrow for arranging the assassination of her husband.


Plans for N1 toll road still on track

[ Top ]


RESIDENTS of the Boland should know before the end of the year whether they will in future have to pay toll to travel to Cape Town on the N1.

Should the current proposals of Protea Parkways Consortium for tolling of the N1 and N2 be approved, a new toll plaza is likely to be constructed in the vicinity of Joostenbergvlakte.

The final phase of the scheme development on the proposed toll road project is to commence soon.

Protea Parkways Consortium has made the unsolicited proposal with the approval of the South African National Roads Agency Limited (SANRAL).

It is proposed that toll will be payable from the Old Oak interchange west of the R300 in Bellville to Sandhills near De Doorns, a distance of 104 km.

Scheme developer status was awarded to Protea Parkways Consortium in April 2000 to develop the consortium's proposal to upgrade, maintain, operate and toll the N1 and N2.

The proposal has been made because the government lacks the finance to upgrade these roads. The proposals include doubling the Huguenot Tunnel on the N1, construction of interchanges at Rawsonville and Worcester, and completing the Somerset West bypass on the N2.

The initial phase of scheme development from April to November last year included an Environmental Impact Assessment (EIA) scoping study undertaken by independent consultants Crowther Campbell & Associates and Nomi Muthialu & Associates.

The final scoping report included the terms of reference for specialist studies to address the key issues and alternatives identified during the scoping study.

It was submitted to the national Department of Environmental Affairs and Tourism (DEAT) and the Provincial Department of Environmental and Cultural Affairs and Sport (DECAS) in November 2000. 

The final phase of scheme development includes the impact assessment phase as well as topographical surveys, preliminary materials assessments, geo-technical drilling tests and preliminary design work.

As part of the EIA, 13 specialist consultants have been appointed to assess the impact of the project on the environment, which includes both the socio-economic and bio-physical environment.

The findings of these specialist studies and all other relevant information will be presented in a draft Environmental Impact Report (EIR), which will be made available for public comment.

The public will also be invited to attend a public open day in Paarl in May.

Comments from the public, together with responses to these comments, will be incorporated into a final EIR for submission to DECAS and DEAT.

They will then consider the report and through a Record of Decision either issue an authorisation, with or without conditions, or reject the project.

The public will be allowed a period of 30 days in which to appeal against the decision should they wish to do so.

If the project is authorised in terms of the EIA Regulations, tenders will be invited for the concession contract. Protea Parkways Consortium would then have to tender for the work along with other consortia.

For more information contact Nomi Muthialu and Associates on 0800-005-668 or e-mail nmacpt@global.co.za.


Father of two dies on N1

[ Top ]


'n PAARL father of two young children, André Oppelt (38) of 5 Lustigan Road, died tragically on the N1 in Joostenbergvlakte on the way home from work in the early hours of Sunday morning.

He crashed into the back of a truck and died on impact.

Oppelt attended Noorder Paarl high and started to work at UWC as laboratory assistant in 1986. Thereafter he was pomoted to senior laboratory assistant at the Goldfields Resource Centre before being transferred to campus control.

His commitemnet, diligence, efficiency and loyalty resulted in his being promoted to manager of campus services on 1 April last year.

He leaves his wife Carlyn (science teacher at New Orleans High) and two sons, Cardré (9) and Keanu (6), as well as his mother Rachel Kulsen of Paarl, father Tommy Petersen of Namibia, brother and two sisters.

The funeral service is at home at 11:30 and at the Bethel Congregational Church at 12:00.

Oppelt's mother has lost two brothers in the past year. Her brother Niel Oppelt drowned in December 2000 and another brother, Benjamin, died of cancer in March last year.


Verlore seun begrawe

[ Top ]


SEWE maande nadat haar seun in die Bergrivier verdwyn het, kon 'n moeder van Paarl-Oos hom die naweek ter ruste lê.

Graine Mentoor (22) van Harperstraat 22 is die laaste keer lewend gesien toe hy op 4 Junie verlede jaar in die Bergrivier verdwyn het.

"Mans het hom gejaag toe hy van die brug oor Lady Greystraat gespring het," sê sy moeder, Rose.

Dit het daardie dag en die volgende dag vreeslik gereën.

'n Foto van Graine en 'n beskrywing van sy roomkleurige langbroek, bruin langmouhemp en wit drafskoene is in die Paarl Post gepubliseer, maar tevergeefs.

'n Liggaam wat vyf weke ná die voorval uit die Bergrivier by Wellington Noord gehaal is, is nie met die seun se verdwyning verbind nie.

'n Beskrywing en die kleredrag van die liggaam is op aandrang van die Paarlse lykhuisbeampte Paul Abrahams in die koerant gepubliseer.

Niemand het die liggaam kon eien nie en die oorskot is na die Tygerberg Lykhuis geneem.

"Dit was eers toe ons vir direkteur Kennith Patrick van die Onafhanklike Ondersoekdirektoraat in Oktober gevra het om te help, dat sake begin vorder het," sê Rose.

Bloedmonsters van haar en haar man is geneem en in die Polisie se forensiese laboratorium met dié van die liggaam vergelyk.

Voordat dié uitslag egter bekend was, is die vingerafdrukke van die ontbinde liggaam en Graine se afdrukke in 'n lêer by Binnelandse Sake, positief verbind.

Dir Patrick het die Mentoors op 17 Januarie ingelig dat hul seun geïdentifiseer is.

"Weet jy hoe dit voel? Vir sewe maande lank soek jy jou kind en hy lê die heeltyd in die lykhuis? Ons is almal onder doktersbehandeling."

Graine se oorskot is die naweek in die Parys begraafplaas te ruste gelê.

* A Paarl mother has laid her son to rest after he had been missing for seven months.


Spoorsnyers keer geslepe pypdief aan

[ Top ]


VEERTIEN dae van 24-uur wagstaan in landerye en spoorsny deur plase en oor teerpaaie het die naweek vir die Hugenote Plaaswag by Wellington vrugte afgewerp.

'n Man van Khayelitsha is in besit van gesteelde koper besproeiingspype betrap en aan die Wellington polisie oorhandig.

Die arrestasie volg nadat boere die afgelope weke weer skade van honderde duisende rande gely het aan die hand van koperdiewe.

"As dit vanjaar 'n Januarie met 40grade C dae was, dan was dit chaos en was ons in groot moeilikheid," het 'n boer gesê.

"Om die pype waaruit die sproeiers gebreek is uit die landerye te dra en reg te maak, neem dae. Gelukkig het ons reën gehad - anders was daar aan die wingerdstokkies ook skade."

Voor dagbreek Saterdag het oud-Koevoetlede wat vir die Hugenote Plaaswag werk, 'n verdagte langs die spoorlyn aangekeer.

"Ons het nagte lank gepatrolleer en die diewe in die landerye voorgelê, tevergeefs," het Plaaswag-woordvoerder Deon Jansen gesê.

"Toe daar weer op 'n plaas aan die Hermonpad gesteel is, het ons besef dis dieselfde spore wat in die Bovlei gekry is, en die spore loop elke keer na die spoorlyn toe."

"Die stelers klim vermoedelik op die trein en dan land die sproeiers by skrootwerwe in die Kaap."

Plaaswaglede het Vrydagnag die spoorlyn gepatrolleer en die verdagte met 'n sak vol sproeiers en krane in die omgewing van die ou blokhuis voorgekeer. Dit is nog onseker waar die sproeiers gesteel is.

"Dis nie die einde van die probleem nie," het Jansen gewaarsku. "Die saak kan net opgelos word indien die boeregemeenskap op hul hoede bly en alle verdagte persone aanmeld."

Hy versoek dat boere hom skakel (082-573-7328) met inligting, of met speur-insp Flippie Pietersen van die Wellington Polisie (873-1141) kontak maak.

* A pipe thief who stole copper irrigation equipment worth thousands of rands from Wellington farmers, has been caught by experienced trackers.


Seun geopereer na aanval deur hond

[ Top ]


DIT is twee weke sedert die aanval waarin 'n hond die gesig van die sesjarige Angus Macapella van die Paarl vermink het.

In die kamer in Tygerberg Hospitaal is dit stil, maar die breë verbande en letsels aan sy gesig vertel die verhaal van die seuntjie se nagmerrie-ondervinding.

Angus het reeds drie operasies aan sy gesig ondergaan, waartydens vel van sy regterbobeen verwyder is om die skeurwonde in sy gesig te heg.

Angus se regteroor is ook afgeruk en sal met plastiese chirurgie opgebou moet.

Volgens sy suster, Leandra, wat tydens die aanval bykans 'n halfuur lank gespook het om hom van die hond se kake te bevry, het die dokters nog geen terugvoering gegee of Angus die sig in sy regteroog sal behou of nie.

"Hy het nog baie pyn en kry steeds verdowing," sê sy terwyl sy met haar arm beskermend om hom sit.

Angus sal nog vir weke in die hospitaal moet bly, maar die sielkundige letsels wat die aanval gelaat het, sal dalk nooit genees nie.

Die hond wat Angus aangeval het toe hy by bure gaan speel het, was 'n Staffordshire Bulterriër. Tog is aanvalle deur dié ras nie algemeen nie, sê kenners en plaaslike Staffie-telers.

"In Engeland (waar hulle vandaan kom) staan die Staffordshire Bulterriërs bekend as 'The Nanny dog' want hulle is vreeslik lief vir kinders en kan rowwe spel en woelige mensies hanteer. Hulle geniet dit om te jakker, te hardloop en vang-vang te speel," sê Niël Ackermann, 'n plaaslike teler.

"Gedragsprobleme en temperament-afwykings kan verskillende oorspronge hê, maar hoofsaaklik gebeur dit wanneer eienaars baster-"Staffies" vir 'n goedkoop bedrag koop by ongeregistreerde telers.

'n Ander rede is oningeligte eienaars wat nie die honde reg hanteer of dissiplineer nie."

Volgens Ackermann is dit in enige hond se natuur om in 'n vreemde situasie sy gebied en gesin te beskerm.

Dit is dus hoogs waarskynlik dat die hond iemand sal aanval wat oor 'n muur klim soos in die geval van Angus wat deur die bure se seun oor die muur getel is.

"Eienaars verwag van hul honde om skelms aan te val en hulle te beskerm, maar verwag ook dat die hond die bure se kind sal ken," sê Ackermann.

Kennis oor hondegedrag kon die aanval op Angus verkort en selfs miskien voorkom het.

"'n Hond reageer soos 'n tropdier - 'n jagter. As daar op die hond gegil en hy geslaan word tydens 'n aanval, gaan hy dink jy por hom aan en keur die aanval goed.

"Hoe meer daar geslaan en geraas word, hoe aggressiewer word die aanval. Bly kalm en spuit die hond nat. Dit lei sy aandag af," gee Ackermann raad.

Hy gee verder sy versekering dat Staffies as 'n reël nie aggressiewe diere is nie.

"Dit is hoe jy hom grootmaak, wat die verskil maak, nes met kinders. Kies 'n bekende teler, neem jou hond vir opleiding en waarsku kinders om nooit oor 'n muur te klim waar daar honde is nie."

Ackermann was reeds by Angus se ma, Cynthia, en het aangebied om saam met 'n sielkundige te werk om Angus te help om sy verskriklike vrees vir honde (veral Staffies) te oorkom.

Vir navrae oor hondhantering kan Ackermann  geskakel word by 872-0116.

* The five-year-old Paarl boy who was savaged by a dog is undergoing plastic surgery in Tygerberg Hospital.


Anger over felling of trees on Paarl Mountain

[ Top ]


RESIDENTS of Suider Paarl have expressed great concern about the felling of trees on Paarl Mountain above Enslin Street. A private contractor is harvesting the trees free of charge.

According to Dave Deacon, a resident, this area of the mountain has been popular with tourists, walkers, mountain bikers, horse riders and bird watchers who walk along the shady tree-lined path up the mountain from the top of Enslin Street.

"The indiscriminate felling has left the area looking like a First World War battlefield. What used to be a peaceful area of natural beauty has become a messy industrial site.

"I am aware of the initiative to rid our environment of so-called alien vegetation, but why not remove the Black Wattle and Port Jackson trees which grow all over the Nature Reserve area?

"Will the area be replanted with local species? Will the inevitable and rapid spread of Port Jackson and Black Wattle be controlled?

"I would also like to see the environmental impact report which I presume is required before such an area is devastated like this one. If there is no environmental impact assessment I would like to know why this has not been done."

According to another distraught resident, Mignon van Wyk, the logging company takes only the tallest and straightest pine trees, leaving many other big pine trees standing.

"They simply lop off all the branches, leaving these to cause a fire hazard. They have desecrated the area where there are two graves presumably dating from slave times.

"The contractor is taking the cream of the crop and Paarl Municipality will still be left with the job of cutting down the rest. And as soon as the pines are gone, the invasive aliens will take over.

"Judging by the section cleared last year which has been taken over by Port Jackson and Black Wattle, the fynbos does not get the opportunity to establish itself. There is also an increased chance of erosion."

According to the SA Heritage Resource Agency (Sahra) no one may disturb a gravesite older than 60 years.

Says municipal manager Jacques Carstens, "The Municipality is systematically removing pine trees, classified as category 2 invasive aliens, as it threatens the fynbos in the Paarl Mountain Nature Reserve. It is also considered a fire hazard. Impact assessment is not required.

"Trees are removed in vertical sections after which remaining logs are moved to horizontal positions to prevent erosion of the slope.

"The branches will be burnt in clearings during the winter months when it is safer, while aliens like Port Jackson and Black Wattle will be removed as funds become available.

"The method used is to destroy aliens and to allow a period of a year or two to elapse and allow new growth to spring up.

"Thereafter the larger aliens are cut down, while the smaller growth is sprayed with a toxic substance which contains a colourant. This ensures that only targeted plants are affected, not the fynbos.

"Although this is an intensive and slow process, the Municipality has had considerable success with restoring the fynbos vegetation in some areas, as is visible the top of Jan Phillips Drive below Victoria Dam," Carstens said.


Misdaad vasgevat met grootskaalse polisie-optrede

[ Top ]


MISDAAD in die Paarlse middedorp was die afgelope naweek die laagste in sewe maande.

"Dit is te danke aan 'n misdaadoperasie wat van Vrydag tot Sondag deur polisiebeamptes uitgevoer is," het Paarl stasiekommissaris snr/supt Paul Marais gesê.

Beamptes van die eenhede misdaadvoorkoming en sigbare polisiëring was elke dag van 14:00 tot 04:00 aan diens.

Daar is 60 arrestasies gemaak vir dronkenskap, urinering in publiek, slenter en drink in die publiek.

Die publiek moet darem ook hul deel doen, vra die patrolleerders van die strate.

Maandag alleen is daar byvoorbeeld ses selfone uit geparkeerde motors in Paarl-Sentraal gesteel. 'n Twintigjarige is in hegtenis geneem met motorradio's in sy besit.

Fietseienaars word gewaarsku om hul fietse agter slot en grendel te hou, aangesien fietsdiefstal weer toeneem.

Op Wellington het die Polisie in samewerking met die Worcester Polisie, Paarl Polisie, Honde-eenheid, Openbare Orde Polisie-eenheid asook die Verkeersdepartement sukses behaal met hul optredes.

Die operasie was gemik op smokkelhuise in die gebied. Daar is 26 arrestasies vir verskeie misdade gemaak.

Daar is beslag gelê op vyf rondtes ammunisie, dagga, 105 Mandrax tablette en 738 liter drank. Twee vrieskaste is gekonfiskeer, asook R5129 kontant.

Die Verkeersdepartement het boetes van R2900 vir verskeie verkeersoortredings uitgeskryf.

Dinsdagnag het Wellington speurders weer deur die nag gewerk en 13 verdagtes op lasbriewe en ander sake aangekeer.

* There has been a marked drop in crime after a special police operation against loiterers in central Paarl over the weekend.


Swak rand lok toeriste na Vallei

[ Top ]


DIE Paarlvallei is steeds hoog op die gewildheidsleer wat buitelandse toeriste, veral Duitsers betref, weens die swak rand.

Vallée Tourisme op Franschhoek het vanjaar beslis meer buitelandse besoekers gehad as verlede jaar.

"Tot dusver het ons in Januarie al 2263 besoekers gehad. In Januarie verlede jaar het ons vir die hele maand 2810 besoekers gehad, en ons verwag om dié getal teen die einde van die maand te oortref," het 'n woordvoerder gesê.

Desembermaand het hulle 3131 besoekers gehad, vergeleke met 2865 in 2000. Hiervan was 39% Suid-Afrikaners.

Van die buitelandse besoekers is moontlik afkomstig van die groot passasiersbote wat die afgelope maande in die Kaap aandoen.

Volgens Hedwig Moore van die Wellington Toerismeburo het hulle oorsese besoekers veral van Duitsland, België, Nederland, Frankryk, Brittanje en Kanada gekom - omtrent net soveel as die vorige jaar.

Daar was ook besoekers van Indië en Suid-Korea. Wyn, droëvrugte en leerprodukte was die groot trekpleisters.

By Nederburg was daar vanjaar meer besoekers, met 70% oorsese besoekers (meestal Duitsers) en 30% plaaslike toeriste. Fairview het sowat 400 besoekers per dag gehad.

Landskroon Wynlandgoed spog ook met 'n toerismesyfer van 800 in Januarie vanjaar, waarvan sowat 80% plaaslike besoekers was.

"In Desember verlede jaar was daar 1500 toeriste in ons proelokaal waarvan 75% plaaslik was. Ons syfers was redelik konstant," het Huguette van der Merwe gesê.

Gedurende die Kersgety het meestal binnelanders die landgoed besoek en na beraming sal buitelanders (meestal Duitsers en Britte) vanaf Februarie begin instroom.

Backsberg Landgoedwyne het ook meer toeriste ontvang, veral vanuit England, Duitsland, Frankryk en Amerika.

"In November en Januarie word ons hoofsaaklik deur plaaslike toeriste besoek," het 'n woordvoerder gesê.

Die Taalmonument se besoekerstal in Desember het gestyg sedert die vorige jaar, met meer plaaslike as buitelandse toeriste.

"Ons kry gewoonlik 'n goeie toeloop van toeriste aan die begin van Desember en dan neem dit maar bietjie af na die einde van die maand toe," het Jack Louw van die Afrikaanse Taalmuseum gesê.

Die Paarlse Toerismekantoor het die afgelope seisoen egter 'n afname in besoekers ondervind teenoor verlede somer.

Die swak ekonomie, hoë petrolkostes en kommer oor inbrake tuis word beskou as faktore wat moontlik bygedra het tot 'n afname in besoeke deur veral binnelandse toerisme aan die Paarl, meen Lydia Harrison.

By die Simonsvlei Wynkelder was daar volgens Heila Brand, skakelbeampte, beslis die afgelope vakansie ook ietwat minder besoekers as die vorige jaar. Die toeloop het ook later begin.

* Foreign tourists are flocking to the Winelands in the wake of the weakening of the rand while domestic tourism to Paarl has dropped.


Boere hou duim vas

[ Top ]


DIE wynboere in die Paarl omgewing hou styf duim vas dat daar nie binnekort weer reën sal val nie. Warm weer word tot die naweek verwag.

Hierdie Januarie is tot dusver die natste in menseheugenis in die Paarl, met 140mm reën wat vir die maand gemeet is.

Meer reën kan vir sommige boere die laaste spyker in die doodskis wees.

Baie boere moes alreeds hul wins afstaan aan die spuit van stowwe om die wingerdstokke en druiwe gesond te hou.

Die gereelde bedompige weer is 'n teelaarde vir swamsiektes.

Riël Malan van die Bergrivier Tafeldruif Assosiasie is redelik optimisties oor die vooruitsig van hul oes vanjaar.

"Bewolkte weer hou nie juis 'n bedreiging in vir tafeldruiwe nie, solank ons net nie weer baie reën kry nie.

"Ons volumes is wel laer vanjaar en ons kyk na 'n afname van sowat 20% teen verlede jaar se oes.

"Daar is ook heelwat skade aangerig met vaalvrot, maar ons kwaliteit lyk nog redelik goed. Die druiwe wat ons reeds verpak het, lyk nie te sleg nie," het hy gesê.

Ook Drikus van der Westhuizen, Vinpro konsultant van die KWV, het gesê dat bewolkte weer nie 'n probleem is nie, omdat dit nie onlangs gereën het nie.

"As ons nou wel reën moet kry, sal daar skade aangerig word.

"Ons kyk wel na 'n afname van tussen 8% en 10% teen verlede jaar se oes, maar tafeldruifboere ly beslis meer skade as ons. Solank dit net nie reën nie, is ons nog hoopvol," het hy gesê.

Geen reën word vir die naweek voorspel nie.

Vir vandag en môre word 'n warm 34 grade Celcius voorspel. Vir Saterdag word 33 grade Celcius voorspel.

* Local farmers are hoping sunny weather will prevail to ensure a good harvest.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za