|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DIE eerste krieketspan van Paarl-Oos Polisie het Saterdag op Allandale teen Korrektiewe Dienste te staan gekom in 'n tweedagwedstryd. Allandale is eerste ingestuur om te kolf en teken 189/9 in hul 64 beurte aan. Hein Coetzee het 'n skitterbeurt beleef met sy onoorwonne 102 lopies terwyl Carlo Ludick (37) ook goed met die kolf vertoon het. Justin Watts (5/64 in 23bb) en Jackie Daniels (2/63 in 19bb) het die Allandale kolwers laat werk vir hul lopies. Ondanks 'n aanvanklike ineenstorting deur Paarl-Oos se top kolforde, wat die telling op 60/6 gebring het voor middagete, het die stert die besoekers in die wedstryd gehou. George Randall (69*), Jackie Daniels (52), Henrico Samson (32), Ferdie Jonathan (20) en Dennis November (20) het Paarl-Oos deurgedra na 222/8. Willys du Toit (3/66 in 22bb), Johan Agenbach (2/17 in 9bb) en Dawie Agenbach (2/22 in 7bb) het paaltjies geneem vir die tuisspan. Korrektiewe Dienste sal Saterdag hul tweede kolfbeurt aanpak met 'n agterstand van 33 lopies. Paarl-Oos Polisie II het die naweek tuis teen Bergrivier gespeel. Bergrivier teken 165/10 aan met S Januarie (79) wat die lopies opgestapel het. Shaun Andrews het amok gemaak tussen die kolwers met sy 7/30 in 18 boulbeurte waarvan vyf leë beurte was. Paarl-Oos antwoord met 197/4 en nog 13 beurte oor in hul eerste kolfbeurt. Graig (92*), Shaun Andrews (26) en Mervin Williams (24) was die tuisspan se top lopiemakers. Die wedstryd word Saterdag op die New Orleans velde hervat. * Paarl-Oos Polisie I meet op 9 Februarie kragte teen Korrektiewe Dienste in die halfeindstryd van die eendagliga. |
|
|
|
|
SAKE is redelik gelyk ná Young Peoples se eerste krieketspan Saterdag teen Wellington te staan gekom het in hul tweedagwedstryd op Daljosafat. Peoples het in sy eerste kolfbeurt 182/10 aangeteken, met Stanton Kamalie (40) en Edwin Jacobs (29) wat die lopies ingeryg het. Die Wellingtonners begin hul beurt goed met Wiaan Smit wat 'n skitterende honderdtal moker. Edwin Jacobs (drie paaltjies) en Brandon Adams (twee paaltjies) beperk egter die besoekers tot 166/7 met vier beurte oor. Die wedstryd word Saterdag voortgesit. Dinge het egter die volgende dag nie so goed vir Young Peoples gelyk nie. Die Paarliete het 'n groot nederlaag gely toe hulle met nege paaltjies teen Maties op Stellenbosch verloor het. Die studente het 'n eerste beurt voorsprong van 55 lo-pies gehad en daarna die besoekers vir 159 uitgeboul in hul tweede beurt. Slegs Wayne Julies (40) en Brandon Gabriels (24) het gesag afgedwing met die kolf. Die jong Boland-ster Wallace Albertyn het vyf paaltjies ingeoes. Young Peoples se tweede span is ook in 'n baie goeie posisie teen Korrektiewe Dienste op Allandale. Leonard Paulsen het sy terugkeer met 'n waardevolle vyftigtal gevier en sy span só na 192/10 gehelp. Die tuisspan teken 105 aan. Peoples, met 'n eerste beurt voorsprong van 87 staan tans op 60/4 in sy tweede beurt. Die wedstryd word Sondag op Allandale voltrek. Die derde span het sy skitterende vorm die naweek voortgesit op Daljosafat deur Paarl-Oos Polisie III met 29 lopies te klop. Peoples teken 165 lopies aan, met Gavin Karelse (37) en Alec Dyssel (34) aan die spits. C Arendse (6/19) het Paarl-Oos se boulaanval gelei. Laasgenoemde kolf met groot moeite en teken 136, almal uit. Marlin Carolissen (3/18) en Werner Cupido (2/19) het dinge vir die besoekers moeilik gemaak. Peoples III speel Saterdag tuis teen Wellington III. |
|
|
|
|
DIE Absa Discover a Star baan- en veldatletiek aandreeks het vanjaar nog meer betekenisvol geraak deurdat keurders van Westelike Provinsie Atletiek (WPA) dit gaan bywoon. Die keurders sal atlete keur vir 'n atletiekakademie asook 'n spesiale oefenprogram met die oog op die Absa Nasionale Jeug-atletiekkampioenskappe in April in Pretoria asook internasionale jeugatletiekbyeenkomste. Die byeenkomste vind op 13 en 20 Februarie plaas by die Universiteit van die Wes-Kaap se atletiekstadion in Bellville-Suid. Die doel van die atletiekreeks is om talent vanaf die vroegste stadium te ontdek en te ontgin. Laerskoolleerlinge vanaf agtjarige ouderdom (o.9), hoërskoolleerlinge en atlete van senior atletiekklubs word genooi om deel te neem. Die WPA keurders gaan atlete in die ouderdomsgroepe van o.14, o.15 en o.16 vir die atletiekakademie keur. Beide byeenkomste begin om 16:00. Die Absa Discover a Star aandreeks vorm deel van die Absa/WP Atletiekontwikkelingsprogram en sluit alle normale baan- en veldnommers in. Aangesien ABSA die borg is, sal gesubsidieerde vervoer na die byeenkoms en terug gratis verskaf word, ongeag van watter dorp in Wes-Kaapland die atlete kom. Meer as 450 laer- en hoërskole en atletiekklubs van die Wes-Kaap is genooi om deel te neem. Skole, senior klubs of individue wat wil deelneem kan die organiseerders kontak by 959-2018, 082-202-3474, 959-3402 of 083-411-0266. |
|
|
|
|
THE Madison track cycling event which Yorkshire Cycling Club will be hosting this coming weekend has been changed to a single day event due to a lack of entries. The two-day event was planned for this Friday and Saturday, but will now only commence on Saturday. All scheduled races will still take place, including the Madison team event. The team races which will include a relay race, devil race, points race and one mile race, will start at 12:00 on Saturday at the Faure Street Stadium, Paarl. Individual races for youngsters, ranging from beginners to u.16, will also form part of the event. The entry fees are R100 for Madison teams, R50 for u.14 and u.16, R30 for u.10 and u.12 and R10 for beginners. For further information phone Avril Adams 862-8663 (h), Peter Nicholson 082-671-1022 or Rodney November 862-8705 (h). Stalls can be booked with Avril Adams at R50 per stall. |
|
|
|
|
DIE Boland Veerpylvereniging het verlede week met sy Ope Somer-liga-kompetisie begin. Nege spanne wat bestaan uit plaaslike spelers sowel as spelers van Kaapstad neem aan dié kompetisie deel. Sover het daar al nege voltalle (180) geval, met Génade Williams van Strikers wat drie hiervan gegooi het. Tot dusver het die Nataller Gavin Naidoo (United) die hoogste toemaaktelling van 116 gegooi. In die derde rondte van die kompetisie het Independent Flyers (9) afgereken met Strikers (2), terwyl Odd Ball (8) vir Harry's 4 (3) oortuigend geklop het. Dolphins het daarin geslaag om naelskraap vir United te wen met 6-5, terwyl Strangers (10) behoorlik die grond gevee het met St Dalfour (1). Strangers is tans die algehele voorloper in die kompetisie. Saterdag is die eerste opekompetisie gehou. Wilfred Raats en Japie Landsman het die mansdubbelstitel ingepalm, met Irvine Carolissen en Denzil Jones tweede. In die enkelsafdeling het Raats vir spanmaat Landsman geklop. Weens 'n tekort aan dames kon daar nie 'n dubbelskompetisie gehou word nie en is dit vervang met 'n gemengde dubbelspan. Hier het die nasionale dubbelskampioen, Mamelia Matthee, haar stempel afgedruk saam met spanmaat Ettienne Festus. In die enkelsafdeling het die Springbokke Venessa Adams en Charmaine Johnston onderskeidelik eerste en tweede geëindig, met Jacky Sitler derde. Die junior speler Craig Johnson het met die hoogste toemaaktelling (118) van die aand gespog. * Die Vereniging hou Vrydagaand 'n worsrolletjieverkoping by die Ambagsvallei Sportkompleks (Boksaal) om 19:00. Speletjies sal ook aangebied word en almal is welkom. |
|
|
|
|
THE Brodie League Team of Paarl Golf Club made a good start by winning both games at Langebaan Country Club on Saturday. Both Kuils River B and Wellington were beaten 5-3 in the first round of the match play competition. JP Neethling, playing at number eight, came in first with victories over Ian Coetzee 7-5 and P Emslie 3-1. Herman Fredericks, Jan Vorster and Le Roux Strydom did the same to their opponents while Leon Scheepers and Clive Fredericks scored one win each over Wellington and Kuils River respectively. The second round will be played on 23 February. Saturday's results for Paarl vs Wellington: JP Neethling b P Emslie 3/1, CA Fredericks l F Wiggins 0/2, P van Zyl l T Mahoney 2/3, H Fredericks b C Philander 4/2, J Vorster b A Daniels 3/2, C Droomer l C Henderson 2/3, L Scheepers b S September 1/0, L Strydom b D Davids 6/4. Paarl b Wellington 5/3. Paarl vs Kuils River B: JP Neethling b I Coetzee 7/5, CA Fredericks b J Theart 8/6, P van Zyl l R Smit 4/5, H Fredericks b N Badenhorst 2/1, J Vorster b B Pick 6/5, C Droomer l A van der Linde 5/6, L Scheepers l A Botes 1/2, L Strydom b J du Preez 2/1. Paarl b Kuils River 5/3. |
|
|
|
|
DIE o.19A krieketspan van Paarl Gimnasium was die naaswenner van 'n toernooi wat onlangs by Kearsney Kollege in Natal aangebied is. Gimnasium het tweede geëindig ná oorwinnings oor Kearsney en Hilton Kollege. Ander spanne wat deelgeneem het, is Waterkloof, Michaelhouse en Grey Bloemfontein. Werner Pauw (50), Ettienne Duvenhage (42) en Alfredo Adams (2/49) het goeie vertonings gelewer teen Kearsney. Teen Michaelhouse het Jan van Zyl (51), Marnus Hugo (44 en 3/51) en Adams (4/99) goeie spel gelewer. Teen Hilton is boulwerk van hoogstaande gehalte gelewer terwyl Van Zyl (45) weer met die kolf laat waai het. Die komende seisoen beloof om opwindende krieket op te lewer in wedstryde teen Wynberg, HJS, Paul Roos, Biskoppe en 'n Louis Koen Elftal. * In sy wedstryd Saterdag het Gim 'n oortuigende oorwinning behaal toe hy Wynberg met 76 lopies geklop het. Marnus Hugo (48) en Jan van Zyl (36) het grootliks bygedra tot Gim se 226/8, terwyl Hugo (2/17) en Christo Ritter (4/34) die Wynberg kolwers help beperk het tot 150. * Die o.19A krieketspan van Boland Landbouskool het vir 'n groot verrassing gesorg toe hy Saterdag op 'n spannende wyse met HJS se eerstespan afgereken het. Boland Landbou se telling van 136 het maar skraps gelyk, toe die Boishaaiers met die kolf begin lostrek. 'n Kolf-ineenstorting deur die middelorde kolwers op 100/4 het egter die druk na HJS verskuif en Boland Landbou beperk hulle tot 135/9 in hul toegelate 50 boulbeurte. Clement Lewis was Boland Landbou se held van die dag. Benewens sy telling van 72 nie uit nie, het hy ook die HJS kolwers laat remme aanslaan met 4/17. Stefan Geldenhuys (2/24) het ook goed met die bal vertoon. Vir HJS het Vince Panazza (31), Herman Ingwersen (29) en Jan Rabie (2/7) goed vertoon. |
|
||||