safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 31 July 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 07 August  2003 at 17:00

 Letters - Briewe


Nuwe winkelsentrum tot voordeel van Paarl

[ Top ]


DAAR is mense wat gedurig kla dat die Paarl nie ontwikkel word soos by buurdorpe nie, maar word die woord ontwikkeling genoem, dan is dit daardie einste mense wat beswaar aanteken.

As dit nie gaan oor ou verrotte eikebome nie, dan voldoen dit nie aan die karakter van die outydse geboue nie. Nee wat, ons lewe darem nie meer in die agtiende eeu nie!

Daar is oorgenoeg outydse geboue in die Paarl om hulle te verlustig in. Die hele Hoofstraat is vol pragtige, ou geboue en ek glo dit sal behoue bly.

In Suider-Paarl staan 'n klomp ou geboue wat eerder opgeknap kan word, as om nuwe geboue te bou op 'n outydse styl.

Wat die "Paarl Mall" betref, wat nou ook weer kritiek uitlok van sekere mense: dit kan net voordele inhou vir die Paarl as geheel asook die groter Drakenstein munisipale gebied.

Dit is juis die mense wat nog gekant is teen ontwikkeling in die Paarl, wat hulle inkopies elders gaan doen.

Dink net daaraan dat indien die Paarl die afsnypunt kan word van ander dorpe se mense wat andersins Kaapstad toe moet ry, hoe voordelig dit sou wees. Die Paarl is gunstiger geleë as Somerset-Wes vir inkopies in die Boland en die hele dorp sal baat by die mall.

Deur die besigheidskern net in die middedorp te probeer hou, striem mense eintlik die ontwikkeling, want dit sal nie kopers van plekke soos Worcester trek soos die "Mall" dit kan doen nie.

Ek hoop die Drakenstein Munisipaliteit sal 'n wyse besluit neem wat die finansiële druk op die dorp sal verlig en die herontwikkeling van die middedorp sal bespoedig.

Beswaard


Morsjorse in Bainskloof moet vasgevat word

[ Top ]


NA aanleiding van Lucas se brief (24 Julie: Bainskloofpas is glad nie so skoon nie) wil ek graag namens die Vriende van Bainskloof vir hom bedank vir sy volgehoue pogings om die pas skoon te maak.  Ek wil egter 'n paar dinge onder sy aandag bring.

Ten eerste is dit een van ons belangrikste doelstellings om die pas in seksies te verdeel en aan verskillende belangstellende jeugbewegings en ander instansies toe te ken sodat hulle ons kan help om die rommel- en indringerplantprobleem met mening te takel.

Dit is 'n massiewe taak en ons is deeglik daarvan bewus dat die rommelsituasie nog kommerwekkend is. Al word hierdie pas egter elke week skoongemaak, sal dit nog nie die rommelprobleem oplos nie. Die besoekers aan hierdie gewilde naweek-kuierplek sal eers hulle gesindheid moet verander.

Die Vriende van Bainskloof het oor die afgelope paar maande op verskeie geleenthede met amptenare van die Provinsiale Paaie Afdeling sowel as die Bolandse Distriksraad vergader om oplossings te vind vir hierdie en ander probleme op die pad.

Rommel is nie die owerheid se eerste prioriteit nie. Hulle het egter die hele padreserwe in April skoongemaak.

Aangesien die verantwoordelike owerheid slegs die vullisdromme "per geleentheid" skoonmaak en kees-hulle al te graag die inhoud van die dromme oral rondstrooi, is die oplossing vullisdromme  wat teen bobbejane bestand is of om alle besoekers te vra om hul vullis saam huis toe vat. Laasgenoemde opsie sal egter jare se "belastingbetaleropvoeding" verg wat begin by huisgesinvlak.

Graag nooi ek vir Lucas om by ons aan te sluit en deel te word van die groter plan om ons pas van agteruitgang te red. Hy sal dan uit ons nuusbrief aan lede op hoogte bly van ons vordering.

Ek is seker dat 'n geordende, gesamentlike poging onder die vaandel van een organisasie baie beter resultate sal oplewer. Hy kan my kontak by 082-745-9810.

Sieg Kröger Voorsitter
Vriende van Bainskloof


Erken oor die stigter van Cravenweek

[ Top ]


'n Uiters geslaagde veertigste Cravenweek is pas verby in die skilderagtige dorpie Wellington. Sarvu, Ussasa, die Boland Rugbyunie en alle organiseerders kan opreg geluk gewens word met die puik week!

Daar is egter een teer punt wat ek wil opper as die dogter van Jan Preuyt, stigter van die Cravenweek in 1964 en ook bekend as "die vader van Skolerugby" in SA.

Sou dit nie amptelik korrek gewees het om melding te maak van sy bydrae tot SA-skolerugby in ons land nie? Veral die feit dat hy 30 jaar lank as voorsitter van SA skolerugby gedien het!

 As sportvrou en -administrateur is ek opreg trots op wat hy gedoen het en ek dink hy verdien meer erkenning. Hy is afgetree en woon tans in Oos-Londen.

Die inisiatief en visie wat hy getoon het, is vir baie sportliefhebbers tot voorbeeld en mag nie vergeet word nie. Hy is immers deel van die trotse sportgeskiedenis van ons land.

Almarie Coetzee, Wellington


Boishaai was Gim toe oor

[ Top ]


SATERDAG is dit weer interskole tussen Boishaai en Gim. Self het ek aan die skool van alle skole studeer (hulle sê mos die lug is so mooi blou).

Graag deel ek 'n interessante stukkie statistiek omtrent die drie jare na mekaar (1961-1963) wat Boishaai elke keer met 6-0 gewen het.

In 1961 het die ses punte bestaan uit twee strafskoppe.

In 1962 het die ses punte bestaan uit een strafskop en een drie ('n drie wat toe slegs drie punte was) en in 1963 het die ses punte bestaan uit twee drieë.

Een van hierdie drieë is deur die bekende boer van die Paarl, Jannie le Roux gedruk.

Mag hierdie interskole die goeie gesindheid en sportmangees uitdra wat daar nog altyd tussen Gim en Boishaai was. Mag die organiseerders nie teleurgestel word nie.

Kobus Bester


Wonderful Wellington

[ Top ]


WE had the privilege of spending a week in the Wellington area watching Craven Week rugby.

We enjoyed our stay on a guest farm and as we had not previously stayed in the Wellington area we were amazed at the beauty and peacefulness of the area. 

Probably what impressed us most was the friendliness and helpfulness of all the people with whom we came into contact especially all the wine farms and all the excellent restaurants. 

The Bolanders can be proud of the reception they gave their visitors. Keep it up.

Mike & Alizanne Wilkins


We really need to jack up our service in Paarl

[ Top ]


I AM a staunch supporter of Paarl and all that goes on in this beautiful town of ours. Still, I am often hugely embarrassed and perturbed by what some businesses in this town regard as good service. 

Poor service will be the death knell of Paarl.

In one day, on Thursday 3 July, I had the following experiences: After a sleepless night because the alarm at the house of our neighbours, who had gone off on holiday went off intermittently throughout the night, as it had also done all of the previous day, I phoned the police who said that they were aware of the problem, but could do nothing. 

The neighbourhood watch rang our doorbell at 22:40 to ask whether we had a key to the house as the alarm was going off. 

I then phoned the security company, who said they were aware of the problem, but had no contact details of the owners and so were unable to switch it off. 

It would be reported to their technical division the next morning, but nothing could be done that night. Nothing happened the next morning either.

I therefore went about getting legal advice as to how we could get into the house and switch off the alarm ourselves as I could not face another sleepless night. 

Once all the arrangements had been made, we contacted the security company to arrange for them to meet us at the house so that they could switch off the alarm. 

We were informed by the technical person that the alarm had been de-activated at 13:25. How?

"Oh", said the technical person, "We just switched it off." 

Great! More than 30 hours' of disturbance and high blood pressure later - not to mention that there really could have been a serious problem causing the alarm to go off in the first place!

I experienced more poor service on the same day, at a restaurant and a clothing store.

If this is the attitude towards service, businesses may as well leave Paarl's town centre to those who understand the words quality, service, training and just plain good manners. 

This sentiment also applies to all the other businesses in the town who have the same slapdash attitude towards the clients on whose goodwill they are dependent.

 Cathy Robertson

The Boland Regional Manager of ADT, Pierre Visser, replies: A burglar alarm system is the client's property and as such it is the client's responsibilty to ensure that it is utilised in a manner as to cause minimal or no inconvenience to the neighbours. The specific client was on holiday and had left no contact numbers or local keyholder contact details.


Lekker om Paarl Post in Londen te lees

[ Top ]


DIT is nog steeds lekker om nuus van die Paarl en omgewing te lees - al is dit duisende kilometers ver in Londen!

Familie het vir my vier koerante oorgestuur en ek het dit weer aan ander Paarliete gegee om te lees.

In die tussentyd het ek die Paarl Post se webwerf ontdek, en kan ek darem vinniger die nuus kry.

Geniet die winter, want ons dood hier van die hitte!

Die ou klomp Engelse klae steen en been, so behoed hulle as hulle tog in die somer in die Paarl moet kuier!

Johan Brand, Londen


Het hulle regtig geld nodig?

[ Top ]


NA aanleiding van soveel briewe die afgelope tyd met klagtes oor bedelaars wat jou om elke hoek en draai lastig val, wil ek net graag die volgende gediggie deel met die lesers:

Beggars at the Gate

A spate of beggars at the gate,

from early morn till rather late.

Not all of them at the same time though,

One will come, another go.

One could write a book on their ruses and excuses,

lamentations, presentations,

fictions and frictions, strains and pains.

If only the whole set-up weren't too cruelly heart rending -

the bitter agony underlying their pretending.

I would like to show concern,

but how could I discern?

How could I detect the lies,

the stories in disguise?

The person crying -

is he lying, spying, prying?

Is he just trying or really dying?

Or both?

Even swearing on oath

could mean nothing -

he or she might just be bluffing.

It could have been me - my fate

not to be inside, but outside the gate.

"Give to him who asks you", Jesus said.

Of course, he is human, he must be fed.

On the other hand

I understand

He might be an angel, and I being unaware,

may begrudge him his fare.

He may be one of the least

of the Lord

I cannot afford

to jeopardise my chances to the final feast!

"He who helps the poor, lends to the Lord".

It is better to help than to hoard.

Better to share

than so spare,

Please Father, make me wise

and help me to discern their cries.

Prevent me from handing out some cash

just to have it spent on a drinking bout bash.

Paarliet


Redaksioneel:

Wat is nodig en wat is gulsig?

[ Top ]


MOENIE koop wat jy nodig het nie, koop waarsonder jy nie kan klaarkom nie.

Gesonde ekonomiese beginsel? Miskien, maar vir die meerderheid van Drakenstein se inwoners is dit ook die enigste uitweg om kop bo water te hou.

Kyk 'n mens egter na die doen en late van ons stadsvaders en   -moeders, lyk dit of 'n totaal ander stel spelreëls vir hulle geld.

Eers het ons 'n uitvoerende burgemeesterstelsel gekry, ingestel van provinsievlak, maar tog gretig aanvaar deur die plaaslike raadslede. Die skok van die gepaardgaande voltydse raadslede se verhoogde salarisse het nog nie mooi tot op die buitewyke van Drakenstein gerimpel nie, of die volgende onkoste was op die tafel.

As 'n mens voltyds is, moet jy 'n kantoor hê en enige gaatjie sal ook nie doen nie - 'n mens moet darem dink aan status en voorkoms ook.Dus, nuwe kantore is ingerig, met nuwe meubels, rekenaars en wat ook al die ego kan streel.

Skaars het die belastingbetalers 'n bietjie asem geskep of hulle moet hoor van nog 'n noodsaaklike uitgawe: 23 skootrekenaars is aangekoop.

Dié draagbare tegnologiese hulpmiddels is skynbaar onontbeerlik vir die voltydse raadslede en senior amptenare, wat na bewering nag na nag by hul huise ook moet swoeg om al die werk gedaan te kry.

Nou het die burgemeesterskomitee gesê daar is nie toestemming gegee vir dié uitgawe nie en 'n dringende verslag is aangevra.

Maar intussen is die skootrekenaars 'n werklikheid. Sou daar bevind word dit was 'n ongemagtigde aankoop, gaan die rekenaars teruggegee word? Hoekom nie liewer al die oues wat elke jaar afgeskryf word, tuis benut nie?


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za