safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 31 July 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 07 August  2003 at 17:00

Nuus - News


Ysterperde in as

[ Top ]


RwFaring10FCOOK wat bo die dak van sy onderneming uitborrel en 70 uitgebrande motorfietse is die gesig wat Robbie Perold, eienaar van Boland Bikes in die Paarl, Saterdagoggend begroet het.

Die skade aan die gebou, die werkswinkel en inhoud kan tot R2miljoen beloop.

'n Werknemer, Fanus Fredericks, wat om 08:15 voor die geslote deure gekom het en eers 'n koppie koffie by die kafee langsaan gaan koop het, het uit die kafee die rook bokant die werkswinkel gesien.

"'n Brandweerman wat naby Jan van Riebeeckweg bly, het Saterdagoggend daar verbygery, toe hy die rook bo die

GESMELT. Glen Perold staan verslae in die uitgebrande motorfietswerkswinkel.

gebou se dak sien.
"Hy het glo eers gedink dis dalk die bakkery langsaan se stoom, maar by

nadere ondersoek het hy gesien dis my onderneming wat in ligte laaie staan," het Perold gesê.

Die brandweer was onmiddellik op die toneel en moes die glasvoordeure afbreek om toegang te verkry. Nuwe motorfietse in die uitstallokale is inderhaas na veiligheid gestoot.

Die gebou se alarm het om 08:25 afgegaan, vermoedelik as gevolg van die brand, het Alan Carolissen van Paarl AC Rottweiler gesê.

'n Drukstuk toon dat die alarm die heelnag aangeskakel was.

Perold meen 'n kortsluiting voor oopmaaktyd het die brand veroorsaak.

Tien nuwe motorfietse asook 60 motorfietse van kliënte wat herstel of gediens moes word, het uitgebrand of gesmelt.

'n Werksbakkie, 'n vurkhyser en 'n rekenaar, kantoortoerusting, gereedskap en die dak van die werkswinkel het in die slag gebly.

Maar Robbie sê hy is nie 'n negatiewe man nie en gaan nie toelaat dat dié voorval hom moedeloos laat nie.

"Dis hartseer om al die kliënte te skakel en die nuus oor te dra," het werkwinkelbestuurder Johan Greeff gesê.

"Baie van die mense kom al jare lank met ons saam, en nou is daar van sommiges se motorfietse net 'n raam oor."

Drie motorfietse van die Drakenstein verkeersdepartement en twee motorfietse van die Paarlse speurdiens het ook in die slag gebly.

'n Klag van brandstigting word deur speur-insp Francois van der Merwe ondersoek.

'n Forensiese brandkundige van Port Elizabeth, het Sondag reeds die perseel deursoek.

Assessors van die versekeraars was tot laat Dinsdag nog besig om deur die rommel te sif.

Gister is die personeel van Boland Bikes vir die eerste keer toegelaat om te begin opruim en die werklike skade te beraam.

* Seventy motorbikes were destroyed when a workshop in Huguenot caught fire.


Tweede boetie beswyk

[ Top ]


TWEE boeties word vandag saam in Franschhoek ter ruste gelê nadat hulle verlede week op pad skool toe voor 'n motor beland het.

Aubrey Claasen (8) is Dinsdagoggend op slag dood terwyl sy jonger boetie, Nesville (6), Vrydag met hoofbeserings in die hospitaal beswyk het.

Die seuns het op die eerste skooldag van die kwartaal langs die Wemmershoekpad voor hul ouers se arbeiderwoning op die plaas La Paris gestaan. Toe hulle die skoolbus sien aankom, het  hulle opgewonde oor die pad gehardloop, reg voor 'n aankomende motor in.

Hulle laat hul ouers, Abé Malan en Marinda Claasen, en suster Audrey (12).

Die tuisdiens is vandag om 09:00 op die plaas, met 'n roudiens daarna in die saal van Wemmershoek Primêr, waar 'n skoolkoor ter herdenking aan hul maatjies sal sing.

Personeel in die houtwerkswinkel van die nabygeleë Drakenstein Gevangenis het uit meegevoel finansieel bygedra en twee kissies gemaak waarin die kinders begrawe sal word.


Ou wapad herleef met tog van Kimberley na Paarl

[ Top ]


PAARL was die begin van die Grootpad na Kimberley nadat diamante in 1866 daar ontdek is. Vir twintig jaar het die wafabrieke in die Paarl waens geproduseer vir die lang pad, totdat die spoorlyn in 1885 Kimberley bereik het.

Die ou roete deur die Ceres-Karoo na die binneland word in die Paarl herdenk op Erfenisdag 24 September.

Die fees word aangebied deur die De Poort projek wat 'n museumdorpie wil vestig by die ingang tot die Paarl. Dit sal veral die periode 1875 tot 1895 weerspieël.

De Poort se simboliese bokkiekar getrek deur twee Saron boerperde vertrek van Kimberley se Mynmuseum op 30 Augustus.

Die plaaslike gemeenskap verskaf rytuie, trekdiere en perderuiters om deel te neem aan 'n optog by die Gariepfees.

Verder suid doen hulle aan by Hopetown (1 September) en Carnarvon (3 September).

Elke dorp reël sy program rondom die aankoms en vertrek van die Bokkiekar. Drie dae (4,5 en 6 September) word in die Ceres Karoo vertoef.

Op 24 September sal die bokkiekar simbolies die Paarl binnekom en aansluit by 'n optog van outydse rytuie en verrigtinge van die dag. Daar word ook beplan om die Vrydag en Saterdag daarna 'n program aan te bied.

Die feesorganiseerders maak staat op entoesiaste en entrepreneurs met periode-handwerk en tradisionele geregte om na vore te kom uit die Drakenstein gemeenskap en by die fees aan te sluit.

Vir navrae, kontak Frances Graves 863-3902 of Johan van der Merwe 869-8584 (n/u).

* A wagon from Paarl is to retrace the old wagon route from Kimberley to the Boland.


Storm broei oor 23 skootrekenaars

Susan Botha

[ Top ]


SKOOTREKENAAR is 'n kleinerige dingetjie, maar in die Drakenstein Munisipaliteit het dit 'n storm ontketen wat dreig om in 'n orkaan te ontaard.

Die probleem het gekom met die aankoop van 23 skootrekenaars teen 'n bedrag van R385 000.

Vir wie is die luukshede?

Twaalf hiervan gaan skynbaar vir die voltydse raadslede en die res is vir die gebruik van die departementshoofde en sekere senior amptenare.

Hoekom is dit nodig? Daar word beweer dat die rekenaars 'n noodsaaklikheid is omdat dié raadslede en amptenare na ure moet werk.

Toe kom die vraag oor die geld: in 'n munisipaliteit waar geld deesdae maar skraps is, is R385 000 darem meer as net 'n druppel in die emmer.

En dit is net hier waar die kat in die hoenderhok beland het. Wie het toestemming gegee vir die aankoop?

By verlede week se vergadering van die Burgemeesterkomitee (BK) is gepoog om die saak uit te pluis.

Volgens 'n agendapunt het die komitee na hul verkiesing op 11 Junie informeel vergader.

Daar is toe genoem dat rekenaars aangekoop kan word uit besparings en dat weens die dringendheid daarvan (aankope vir 2002/3 boekjaar het op 30 Junie gesluit) net kwotasies aangevra word.

Normaalweg moet 'n tender aangevra word vir enige aankope bó R50 000.

Volgens die verslag is daar ooreengekom dat die formele besluit by die eerste volwaardige vergadering van die BK bekragtig sal word.

'n Besluit van die Uitvoerende Komitee op 8 Mei is ook aangeheg.

Hiervolgens is volmag aan die Munisipale Bestuurder gegee om kantoorruimte vir die komitee in te ruim "en wat daarmee saam gaan", voor einde Junie.

Die lede van die nuwe Burgemeesterskomitee was egter nie so maklik gepaai nie.

Raadslid André de Villiers (NNP) sê daar is op 11 Junie slegs aan hulle gevra óf hulle belang stel - daar is nie enige besluit geneem nie.

Raadslid Charmaine Manuel (ANC) het hom ondersteun.

Raadslid Bernardo Maralack (NNP) wou weet hoekom 23 rekenaars aangekoop is, nadat net 12 raadslede 'n opinie daaroor uitgespreek het.

Die burgemeester, raadsheer Herman Bailey, het die saak opgesom: "Ons kondoneer nie die aankoop van die rekenaars nie en ons vra 'n verslag oor die aangeleentheid."

* A storm is brewing at Drakenstein Municipality over the purchase of 23 laptop computers.


Motor trek deur muur

[ Top ]


'n JONG man wat Maandagnag om 02:00 beheer oor sy motor in Haarlemstraat in die Paarl verloor het, het dwarsdeur 'n tuinmuur en byna binne in 'n swembad beland.

Die blou Opel Kadett wat Hein Smit (25) van Skoolstraat, Noorder-Paarl bestuur het, is 'n wrak, maar hy en sy twee passasiers was ongedeerd.

Dele van die sement-tuinmuur op die hoek van Haarlem- en Bourbonstraat het 12m ver getrek.

Pilare het gekantel, die pergola is in repe, tuinbanke en blombakke is in stukke en die helfte van die braaidrom het in die swembad beland.

Inwoners van dié kronkelstraat het met die slag wakker geword.

"Die mense jaag asof hierdie straat 'n motorrenbaan is," was hul kommentaar.

 Hier sal die verkeersdepartement iets moet doen."

* A motorist nearly landed up inside a swimming pool in Paarl.


Body of slain woman found

[ Top ]


THE body of a young woman was found with a stab wound in the heart in Mbekweni on Saturday.

Michelle Davids (21) of Frederick Street, Paarl East was last seen visiting shebeens in the area on Friday night. She had not been dead long when a pedestrian found the body on an open lot in D-Block, Silvertown, at 05:15.

Insp Montague Mundt will appreciate information that would lead to an arrest.

Michelle was wearing an orange jersey at the time of her death.

The pistol used in an attempted murder in Mbekweni at the weekend, was stolen during an armed cash heist in the township earlier this year.

An argument at 156 M-Block at 10:00 on Saturday, turned violent with two shots being fired. Bystanders overpowered the gunman and started severely assaulting him.

Pistol

By the time police were on the scene, Richard "Ponki" Allah was only semi-conscious.

Fearing that he might die in the cells, police did not charge the suspect, but had him admitted to the Paarl Hospital.

The investigation will continue and Allah might yet face charges.

The firearm that was confiscated by members of the Mbekweni community on Saturday, has been identified as the pistol stolen two months ago when Marius Engelbrecht was held at gunpoint and robbed of cash and his firearm at Max Garage.

Insp Lucas Lourens (807-4000) investigates.

Meanwhile Mayedwa Ndimbaza (23) of Fairyland is being held on charges of assault and attempted car theft by police who rescued him from vigilantes last week.

Vigilantes

Ndimbaza had been arrested and beaten by members of the Mbekweni community after he allegedly attacked Elvis Vuthela (52) and his wife.

The couple had been delivering groceries in Fairyland at the time of the attack.

Charges of public violence, resulting from interference when Police freed the hostage from a house in Phola Park, is being investigated against the members of the community.


Tiener sterf onder trein

[ Top ]


'n TIENER het Vrydagmiddag gesterf toe hy voor 'n trein in Suider-Paarl beland het.

Toe die ouers van Ashwin de Kock (17) hom Sondag as vermis aangemeld het, is die liggaam uitgeken.

Volgens getuies het Ashwin gereeld met die treinspoor gestap na sy woning by McMillan steenwerke in Suider-Paarl.

Vrydag om 12:00 was hy van sy suster in Paarl-Oos onderweg toe die ongeluk gebeur het.

Niksvermoedend dat daar dié dag weens herstelwerk aan die spoorlyn ook treine van agter sou kom, het hy glo oudergewoonte op die spoor gestap waar treine hom net van voor sou tegemoetkom.

In nog 'n noodlottige botsing is 'n voetganger, Lindi Betty Hbolo (37), Saterdag om 21:00 deur 'n voertuig regoor Vlakkeland op die pad tussen die Paarl en Wellington getref. Sy is op die toneel dood.


Naakte liggame ontdek

[ Top ]


DIE ontdekking van die naakte liggaam van 'n jong vrou op 'n plaas in Klein Drakenstein het polisiemanne aan die gis.

Evelyn Carelse (23) is die nag van 12 Julie laas lewend gesien nadat sy by Bongi's nagklub in Lady Greystraat, Paarl, gekuier het.

Sy, 'n vriendin en dié se vriend het om 03:30 die Sondagoggend saam met 'n onbekende man 'n rygeleentheid huis toe gekry.

Hulle het eers by 'n kafee in die straat aangedoen vir eetgoed. Twee van die jong mense het uitgeklim terwyl Evelyn saam met die bestuurder in sy motor gewag het.

Toe die paartjie sowat ses minute later weer buite kom, was die motor weg.

Evelyn, 'n inslaap-huisbediende oorspronklik van Graaff-Reinet, is Maandag deur haar Paarlse werkgewer as vermis aangegee.

Toe kon die liggaam geïdentifiseer word wat die vorige middag deur werkers op die plaas Avondale sowat 500m van die Wemmershoekpad ontdek is.

Evelyn het naak met haar gesig in 'n plas water gelê. Daar was geen klere by die liggaam nie, net 'n 50m lange sleepmerk vanaf duidelike spore waar 'n motor stilgehou het.

In die nadoodse ondersoek is bepaal dat die vrou verwurg is, moontlik met 'n tou, en dat sy verkrag is.

Die polisie vermoed dat die moordenaar 'n medepligtige kon gehad het.

Die motor waarin Evelyn laas gesien is, is beskryf as 'n ouerige, pruimkleurige Toyota Cressida met outomatiese ratkas en CJ registrasienommer.

Die linkeragterdeur kon nie oopmaak nie en die ruitveërs het nie gewerk nie. Die bekleedsel is roomkleurig en 'n oranje tou hang van die aansittersleutel.

Evelyn het die man se liggroenblou baadjie met khakikleurige kraag oor haar klere aangehad toe sy laas gesien is.

Die ontvoerder word beskryf as so 38 jaar oud, 1,8m lank, ligbruin van kleur en baie skraal. Hy was geklee in 'n grys T-hemp, ligblou jeans, met 'n kep op die kop en wit en swart rubberarmbande om sy linkerpols.

Inspekteurs Nardie Groenewald en Lucas Lourens (807-4000) ontvang graag inligting.

Wellington

Die half-naakte liggaam van 'n meisie wat onlangs op 'n veldjie in Wellington ontdek is, is voorlopig geïdentifiseer as Rozanne Jacobs (16).

Haar familie woon moontlik op Somerset-Wes terwyl sy sonder 'n vaste adres op plase buite Wellington gebly het. Die liggaam is deur 'n vriendin uitgeken.

Rozanne is die nag van 8 Julie op 'n grasveld van die Hugenote Kollege teen die Kromrivier gelaat.

Die ondersoekbeampte is speur-insp Karl Rossouw (873-1141).

* Police are puzzled about the murder of two young women whose naked bodies were found outside Paarl and in Wellington.


Meisie (3) die naweek begrawe

[ Top ]


DIE meisietjie wat deur 'n skoot uit haar pa se pistool in Groenheuwel doodgeskiet is, word dié naweek ter ruste gelê.

Kelly-Lee Hendricks (3) het met 'n wond in haar bors op haar moeder se bed in Candicestraat gesterf.

Haar ma, Devinia, is die naweek uit die Paarl Hospitaal ontslaan ná 'n operasie om die skade te herstel van die patroon wat haar skouer deurboor het.

Die begrafnisdiens is uitgestel sodat sy eers kon aansterk.

Buurtwaglid Leslie Hendricks, wat die nag sy pistool na bewering wou wegsit toe die skoot afgegaan het, is Maandag op borgtog vrygelaat en sal die begrafnisdiens kan bywoon.

Hy verskyn weer in September in die Paarl Landdroshof op aanklagte van moord en poging tot moord.

Die tuisdiens is Saterdag om 09:00 by Candicestraat 55 en die roudiens om 10:00 by die Apostoliese Kerk, Beukesstraat, Paarl-Oos.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za