|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
WIE beheer of is "baas" van die "parking attendants" hier in die Paarl? Ek verwys spesifiek na die "geel voorskootjies". Wie of wat is AMB en hoe maak ek kontak? 'n Paar dae gelede was ek deur een van die "attendants" uitgeskel omdat ek ingemeng het toe ek 'n gestry tussen hulle twee karwassers nie kon vat nie. Ek het oorweeg om 'n klagte te lê en tot my ontnugtering het sake so verloop: 1. Die selfoonnommer op hul oorbaadjies bestaan nie. Nie een van die "attendants" kon, wou of mag vir my sê vir wie hulle werk, waar die persoon/firma se kantoor is of selfs 'n korrekte telefoonnommer verskaf nie. 2. Die polisie het laat blyk dat hulle niks aan my klagte kan doen nie. Wie die eienaar van die "geelbaadjies" is het hulle ook nie geweet nie. Dus ook geen telefoonnommer nie. 3. Die verkeersdepartement het verklaar dat hulle ook geen inligting in verband met hierdie firma AMB het nie. Geen telefoonnommer nie. Hulle kon ongelukkig ook nie teen die "attendants" optree nie. 4. By die "Vaalgebou" kon ek ook niks uitvind nie. Volgens die Munisipaliteit was geen permit of toestemming nodig om "attendants" die strate in te stuur nie. Geen naam, adres of telefoonnommer van die eienaar was beskikbaar nie. Genade! Hierdie "geel jurkies" en hul baas speel baas oor die middedorp se parkeerplekke en niemand weet iets van AMB nie. Dis g'n wonder dat die midde-dorp binnekort, en ek hoop dit gaan gou wees, toemaak nie. Ek sal dit waardeer indien die verkeershoof dan asseblief die ligte sal afskakel. Gatvol vir die chaos Anne-Marie Bartie van AMB Car Care antwoord: Die doel van "parking attendants" is om werkloosheid te bekamp en te verseker dat u motor, of iets wat in u motor rondlê, nie gesteel word nie - dus, 'n motorwag wat 'n sekuriteitsdiens lewer. Onthou dat tussen 30 en 40 mense in geel baadjies rondloop en vir hulle gesinne kan sorg - tussen dertig en veertig potensiële diewe en rowers minder! AMB is 'n maatskappy wat in 1994 in Durban tot stand gekom het. Ek is tans woonagtig in die Paarl en in beheer van operasionele bedrywighede. Senior polisielede asook die verkeershoof in die Paarl weet hoe om my te kontak. Die stadsraad het in 1997 verlof gegee vir ons werksaamhede en 'n brief is op rekord. Indien u kontak wil maak, sal Thulani Sikonde, die opsiener van die parkeerassistente, u klagte hanteer en na my verwys. Indien die motorwag ontoelaatbaar opgetree het, sal hy onderwerp word aan 'n interne ondersoek. Nuwe geel baadjies word tans gedruk, sonder enige telefoonnommers, maar u sal die telefoonnommer van die firma vind op die kaartjie wat die wag aan u oorhandig wanneer u parkeer. Daar is wel mense wat voorgee dat hulle vir ons werk, maar hulle dra nie ons baadjies nie. Sosiale opheffingswerk sal op groot skaal gedoen moet word om enigsins die probleem met bedelaars in die Paarl hok te slaan. In plaas van kerm en kla, kom ons bedink 'n plan en werk saam. |
|
|
|
|
OP Saterdag 31 Augustus het ek en my vrou haar moeder se begrafnisdekking gaan eis by die plaaslike Metropolitan tak en ons is deur die dame by die ontvangs ingelig dat dit so twee of drie dae neem vir die eis om uit te betaal. Sy sê dat dit eers Woensdag of Donderdag sal beskikbaar wees, want die eis moet eers Metropolitan Hoofkantoor toe gaan om verwerk te word. Op Donderdag 5 September na 12:30 gaan ons na die bank om die geld te trek wat beskikbaar moet wees en groot was ons teleurstelling toe geen geld beskikbaar was nie. Ons moes weer gaan navraag doen by die kantoor van Metropolitan, waar nog 'n groter skok ons inwag. Dieselfde dame van Saterdag deel ons mee dat sy nooit aan die eisvorms aandag gegee het nie - dit terwyl sy weet dat ons 'n begrafnis op hande het en dat die geld juis vir ons familie se gerief aangewend word. Ons was ook nie die enigste mense daar nie - terwyl sy die eis verwerk het, het daar nog twee gesinne gesit wat dieselfde ongerief moes verduur terwyl ons seer en baie emosioneel is. 'n Mens verwag nie nog sulke foute van professionele mense wat laks en traag is nie. Ons as familie is verontreg deur mense wat onsimpatieke diens lewer, of miskien moet ons maar verstaan dat die mens maar 'n swakheid het wanneer dit kom by vir jou naaste omgee. Baie bekommerd Johan Kitshoff, Kliëntediensbestuurder van Paarl Metropolitan reageer: Ons vra om verskoning dat u probleme met u eis ondervind het terwyl u die verlies van 'n geliefde moes verwerk. Ons erken dat daar 'n fout ingesluip het met die prosessering van u versoek, maar was dit spoedig opgelos na dit aan ons uitgewys is. Die betrokke werknemer het sedertdien 'n waarskuwing ontvang en maatreëls is ingestel om te verhoed dat soortgelyke voorvalle in die toekoms plaasvind. Dit was 'n geïsoleerde voorval en is geensins deel van die Metropolitan-kultuur nie. Ons hoop dat u ons verskoning aanvaar. |
|
|
|
|
VOLGENS die Paarl Post se meningsopname oor die oorlopery is die meeste mense ontevrede met die optrede van die oorlopers in die stadsraad. Ek het net soos hulle my kandidaat vertrou, maar nou het hy ook op die soustrein geklim - 'n man in wie se integriteit ek geglo het. Ry maar die soustrein, die wiele sal ook eendag van die spoor afloop. Stemgeregtigde |
|
|
|
|
EK het vir 39 jaar in die Paarl gebly, maar het verhuis na Nieu-Seeland. Ek en my familie bly nou in Hawkesbay, Sentraal-Noordeiland en lees graag oor die Paarlse nuus op die Paarl Post se webwerf. Hier is heelwat Suid-Afrikaners en selfs 'n Afrikaanse radioprogram (Afspraak Afrikaans). Indien daar lesers is wat meer wil hoor oor die land, kan hulle my e-pos by schalk@xtra.co.nz. Riaan van Schalkwyk |
|
|
|
|
TO date two groups of land claimants have received their money, but the last group has been waiting for over two years. What puzzles me is the fact that those people in the last mentioned group also had to complete additional forms that were not required before. Therefore, my questions are: * What were the criteria for choosing those people that were lucky enough to be compensated, as I've mentioned before over a year ago? * What is the delay? * Why was it necessary for those additional forms? * Lastly, when will the last group be compensated? If anybody could respond with concrete answers that entails specific dates, it would be greatly appreciated. What makes my Grandfather's claim any less important? Fortunately he is not alive today to hear all the empty promises. Dismayed granddaughter John Martin (chairperson) and Moutie Richards (secretary) of the Paarl Land Claims Committee reply: We have been handling the tenant and ownership claims in the Paarl district for the past seven years. The work we do is voluntary and without compensation. The process is uniform for all claimants, any suggestion to the contrary is completely untrue and without merit. The process is as follows: A claim is submitted by a claimant, which is then validated and pro-cessed, after which certain forms have to be completed by the claimant, namely 1. Indication of Interest; 2. Family Tree; 3. Memorandum of Agreement. This is the process as was prescribed by Land Affairs and all groups had to comply with it. With the last group, we facilitated the completion of all the forms and compiled a spreadsheet of all the information and forwarded it to the Commissioner's office. In December 2001 the Commissioner promised that final payment would be completed in March 2002. We delivered all the relevant documentation to the offices of the Commissioner in January 2002. To our best knowledge, we have completed all the work required of us: it is now in the hands of the Commissioner to prepare documentation for signing by the Minister. We have on various occasions pressurised the Commissioner, by means of phone calls, letters and meetings held at his offices in Cape Town, to finalise the claims. Needless to say we have not been successful. At present we are waiting on four groups of claimants to be finalised. We have informed the Commissioner and his officials of the concerns voiced by the Paarl claimants and have requested a response to your letter. To date we have not received any reply. In conclusion we would like to urge claimants to understand that we have done everything in our power to ensure the prompt finalisation of claims. It is not the Paarl Committee who is responsible for the delay, but the Commissioner for Land Affairs. In the meantime you are welcome to call the offices of the Commissioner at 426-2930, Matrix House, Strand Street, Cape Town. |
|
|
|
|
EK wens regtig restaurant-eienaars wil kyk wat by hulle besighede aangaan. Die kelners, kelnerinne en kroegmanne werk hard vir hulle geld. Dit gebeur dat die mense wat as bestuurders aangestel word nie regtig opgewasse is vir die werk wat hulle veronderstel is om te doen nie. Die jongmense wil kla, maar is bang hulle verloor hulle werk. Hoekom vergeet party van die bestuurders so gerieflik om die drankies/koeldranke of wat hulle ook al geniet op te lui? Hoekom moet die kelners/kroegmanne daarvoor betaal deurdat daar dan van hulle geld verhaal word oor hulle kastig kort is op hul voorraad? Hoe kan 'n persoon kort wees die volgende oggend as hy die vorige aand gebalanseer het? As jy nie saamstem nie, word eenvoudig vir jou gesê daar is die deur, jou dienste word nie meer benodig nie. Wat is beter: om goeie, getroue personeel te hê wat jou kliënte en hulle behoeftes ken, of om so gereeld van personeel te wissel dat dit by jou restaurant lyk of dit ook aan 'n "lucky dip" se vereistes kan voldoen? Skofte word weggeneem, vir ander gegee, personeel word nie in kennis gestel nie, moet net aanvaar as die bestuurder praat, is hy alleen reg, moet nie waag om teë te praat nie. Die jongmense wat nog bereid is om regtig hard te werk, word uitgebuit deur die bestuurders - hulle menseverhouding stink. Eienaars van restaurante maak oop jul oë. As jy nie getroue en trotse personeel het wat ook omgee wat in die besigheid aangaan nie, kan jy maar toemaak. Kliënt |
|
|
|
|
EK wil mense waarsku om versigtig te wees vir booswigte wat hul geld en kaarte by die OTM wil steel. Ek het onlangs by die OTM by Foodworld in Paarl-Oos geld gaan trek. Dit was net ek en die man voor my wat die masjien wou gebruik, maar nog drie mense het daar rondgestaan. Min wis ek hier's iets aan die broei. Nadat ek my geheime kode ingepons het, leun die man agter my oor en druk 'n klomp knoppies. Ek raas toe met hom en sê hom dat hy niks met my besigheid te doen het nie. Intussen het die masjien 'n duisend rand uitgeskop. Ek gryp dit terwyl hy 'n klomp goed mompel om my aandag af te trek. Toe gryp ek my kaartjie ook en gaan polisiestasie toe. Inspekteur Ruiters en konstabel Green het onmiddellik gereageer en die boosdoeners het soos mis voor die son verdwyn. JJ Small |
|
|
|
|
EK wil my groot teleurstelling uitspreek oor sekuriteitsmaatskappye se swak behandeling van hul werknemers. Veral ons vroue word herhaaldelik uitgebuit. Een van hierdie firmas is Crest Security in Suider-Paarl. Die firma het die kontrak by Berg River Textiles verloor, en gevolglik sit ek van 13 September by die huis. Ek het toe by 'n ander firma aangesluit. Maar wat 'n gesukkel was dit om my uniformgeld (sowat R800) en die uitbetaling van my vakansiegeld (sowat R900) na twee jaar by hom in diens, te kry. My afbetalingsgeld ('n week vir elke jaar diens) sal ek seker ook nie sien nie. Nadat ek by die Departement Arbeid gekla het, is teenoor hulle aangevoer dat die eienaar nie meer daar werk nie. Maar as 'n mens bel, word daar gesê hy is in 'n vergadering. Die minste wat die firma kan doen, is om die foon op te tel en my te bel en te reageer op my versoeke. Ontevrede |
|
|
||||||||||
|
DIE koeël is deur die kerk: die oorloopklousule het nou gestalte gekry in nuwe ampsdraers, nuwe sitplekreëlings en nuwe vriendskappe binne die Drakenstein munisipale raad. Dit is nog te vroeg om werklik voorspellings te maak oor wat die nuwe bedmaats gaan uitbroei, maar wat waar is, is dat sommige raadslede al reeds lyk asof hulle aan 'n suurstoftekort ly, met die oorloopvensters wat nou vir twee jaar dig toe is. Sommige NNP-raadslede, wat in hul vorige politieke lewens as DA-lede maar redelik oproerig kon raak, het Dinsdag met winkelpop-glimlagte gesit en kopknik op hul nuwe vennote se voorstelle en aanmerkings. Die ANC het Dinsdag reeds hul nuwe spiere gebult en dit duidelik gemaak dat hulle behoorlik gaan huis skoonmaak as dit kom by kwessies soos die begroting, ontwikkelingsplanne en munisipale aanstellings. Intussen het die DA, soos die Gideonsbende van ouds, sy nuwe rol as die amptelike opposisie met groot entoesiasme omhels. Met die skoen skielik aan die ander voet, het hulle die ANC deeglik laat proe aan hul eie medisyne van kritiek en punt-vir-punt-besprekings en regstellings van die agenda. Waarskynlik sal van dié ywer mettertyd verflou, maar hopelik kan die kiesers daarop reken dat die munisipale huis darem teen daardie tyd skoner sal wees. |
|||||
|
|||||