|
die oorspronklike Guy Fawkes, maar stories van kinders wat beseer word en diere wat verwilderd, en dikwels ook beseer, gesoek moet word, is volop.
Verlede jaar het ten minste een kind van die Paarl in die hospitaal beland en die DBV was propvol opgetelde diere ná die vuurwerke.
Diere hoor vier keer beter as mense, wat die geluid van klappers 'n skrikwekkende ervaring maak.
Saterdag het die Greenhills Protectors Buurtwag in Groenheuwel 'n program vir ouers en kinders aangebied oor die veiligheid en gevare van vuurwerke.
Met behulp van Klapperjan en sy hond, Sampson, is die vreugdes en ellendes van klappers gedemonstreer.
Volgens die munisipale verordening mag geen pesoon enige vuurwerke binne die munisipale grens afvuur of laat afvuur nie, behalwe op goedgekeurde terreine (Mbekweni rugbystadion, Orleans sportterrein (suid), Sanddrift sportterrein, Weltevrede sportterrein, Saron sportterrein en Gouda sportterrein).
Die munisipale bestuurder mag wel skriftelike toestemming vir die afvuur van vuurwerke op ander plekke gee.
Niemand mag enige vuurwerke aan persone jonger as sestien jaar verkoop nie en niemand jonger as sestien jaar word toegelaat om vuurwerke te besit nie.
Enige polisiebeampte of wetstoepassingsbeampte mag beslag lê op vuurwerke as hulle vermoed die persoon het hierdie Verordening oortree, of is van plan om dit te doen.
Enige persoon wat die bepalings van hierdie verordening oortree, is skuldig aan 'n misdryf en strafbaar met 'n boete van hoogstens R1000 of gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens ses maande.
Mense kan ook R4000 boete of tronkstraf opgelê word in sake die Dierebeskermingswet.
Die Paarl DBV het diere-eienaars aangeraai om diere veilig toe te maak en sagte musiek te speel as daar vuurwerke geskiet word.
Hulle bied ook afslag op losies aan met Guy Fawkes (863-2720). |