|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
moontlike, soos nou weer bewys is met die herskikking van die politieke landskap in die Wes-Kaap. Hy beskou die grootste uitdaging van die hersaamgestelde raad "om kleinlike verskille agterweë te laat en te konsentreer op die bereik van gestelde doelwitte". "Verskaffing van basiese dienste, aanspreek van armoede, MIV/Vigs, misdaad en werkloosheid is van die aspekte wat daadwerklik aangespreek moet word. "Om dit alles te bereik, sal van ons vereis word om vandag hier met mekaar 'n akkoord te sluit om Drakenstein en sy mense eerste te stel en politieke voorkeure op die agterbaan te skuif," het Bailey gesê. Aan die nuwe opposisie, die DA met elf lede, het hy gesê: "Dit is dieselfde 58 raadslede wat die Raad voor die inwerkingtreding van die oorloopwetgewing gedien het en waarvan die huidige opposisie voorheen aan die regterkant gesit het. Daarom wil ons aanvaar dat hulle nog dieselfde ywer het in die nastrewe van 'n suksesvolle Raad." Dienslewering Bailey het beklemtoon dat hy namens homself én die onderburgemeester praat, en hom tot die koalisievennote (NNP/ANC) gewend met dié woorde: "U is nou in 'n ooreenkoms ingebind." Dit beteken dat alle optrede altyd in goeie trou moet wees, dat daar samewerking en wedersydse repek vir mekaar se standpunte moet wees, dat die fokus dienslewering aan die mense moet wees en dat goed regeer word, sonder korrupsie. "Ons uitdaging lê beslis in goeie besluitneming, verkieslik gebaseer op konsensus. "Kom ons werk doelbewus daarheen om die konflik te verwyder en mekaar te vind ter wille van die publiek wat hul vertroue in ons gestel het." Die nuutverkose uitvoerende komitee, bestaande uit vyf lede van die ANC, vier van die NNP en een van die DA, sal nou moet uitvoering gee aan hierdie versoek. Die lede is Appollis Solomons, Anthea Sheldon, Charlotte Stemela, Ndodomzi Mkabile en Sikhumbuzo Mgajo van die ANC, Deon Swarts, André de Villiers, Bokkie Claasen en Bernardo Maralack van die NNP en Koos Louw (DA). Bailey bring die komitee op tien te staan. Bailey tree slegs as voorsitter op en na verwagting sal Louw (DA) nie 'n portefeulje beklee nie. Die nuwe komitees wat ter sprake is, is Finansies, Gemeenskapsdienste, Beplanning & Omgewing, Maatskaplike & Ekonomiese Ontwikkeling, Ekonomiese Dienste & Openbare Werke, Veiligheid & Sekuriteit, Menslike Hulpbron-ontwikkeling en Korporatiewe Dienste. Die samestelling van die komitees sal later bekend gemaak word. Die agt nuwe verteenwoordigers op die Boland Distriksraad is ook gekies. Hulle is Harlan Cloete, Matty Paulsen, Boniswa Sihuba en Appollis Solomons van die ANC, JT Basson en Chris Leander van die NNP en Marion Julius en Johan von Wielligh van die DA. Die uitvoerende komitee sal binne die volgende paar dae besluit oor 'n datum vir die volgende raadsvergadering. * Herman Bailey (NNP) was elected as new Mayor of Drakenstein. Anthea Sheldon (ANC) is Deputy Mayor and Zandisile Killian Cekiso (ANC) is the new Speaker. |
|
|
||||||||||
|
Van Dawie Broodryk, eens bekende Paarlse speurder en nou ewe bekend as motorverkoopsman, kom niemand weg nie. Broodryk was Donderdagoggend by |
|
|
|
"'n Petroljoggie van MV Motors was op sy hakke, maar ek het met die wegspring al 'n voorsprong gehad," lag die lang-been Broodryk. "Agter Pick 'n Pay het ek gefluit dat die motorwassers moet help. Hulle het hom probeer keer, maar hy het 'n mes in die hand gehad. "Toe gooi hulle 'n emmer voor sy voete en daar slaan hy neer voor Shangrila in Versterstraat, met my bo-op hom." "Dit was een van die kalante wat so by kantore inloop en met selfone verkas," sê Broodryk. Maar by die motorhawe het die opportunistiese dief hierdie keer meer gekry as wat hy kom soek het. Op die toonbank het die banksak met duisende rande gelê, reg om gebank te word. Net voor die verdagte platgetrek is, het hy die banksak met geld neergegooi. Motorwasser Karel Carolissen het dit opgeraap en met een hou deur 'n motoris se oop ruit gegooi. Voordat die verdagte nog by die polisiestasie besorg is, het Reinhardt Coetser, 'n Paarlse besigheidsman, al daar ingestorm met die banksak vol geld. "Vat die ding tog," het hy gesê. "'n Outjie het dit nou net deur my motorvenster gegooi, en ek wil nie eens kyk wat daarin is nie." Die verbaasde polisiemanne het die sak oopgemaak en R4 000 kontant en nog tjeks ontdek - alles van Maxie Jonker se motorhawe. * An ex-policeman, now car salesman, caught a thief with the help of bystanders. |
|
|
||||||||||
|
HULLE was 'n hegte gesin wat altyd alles saam gedoen het en so was dit ook dan toe hulle verlede Donderdag 'n troue van 'n familielid op Kimberley wou gaan bywoon. Naby De Doorns het vyf lede van die Arendse-gesin van Paarl egter op die N1 gesterf en 'n tweejarige babaseuntjie wees gelaat in die Eben Dönges Hospitaal op Worcester. Leroy Arendse (2) is die enigste oorlewende van die gesin na die ongeluk wat die lewens van pa Lionel (28), werksaam by Saldanha Staal, ma Roelien (25) van Securicor, oupa Wallace (56), werker by Somchem, ouma Norah (58) en tante Leonora (31), ook werksaam by Somchem, geëis het, toe hulle in 'n kop-aan-kop botsing met 'n bakkie betrokke was. Leroy se ma Roelien was agt maande swanger. Die bestuurder van die bakkie, Zanubuntu Tshemusu van Khayelitsha, wat ook die ongeluk oorleef het waarin sy passasier, Nyase Mantsu (57) gesterf het, is intussen na 'n hospitaal in Kaapstad oorgeplaas. Die Arendse-gesin was in die vroeë oggendure in hul Honda Ballade onderweg na die noorde, toe dit omstreeks 04:00 reg van voor met die Toyota bakkie gebots het. Tshemusu het vermoedelik uitgeswenk vir 'n aankomende vragmotor. Familielede van die Arendses het van die ongeluk verneem toe 'n broer van een van die oorledenes per selfoon wou verneem waar hulle is en 'n polisiebeampte die oproep beantwoord het. Warren Arendse, Lionel se broer, en ander familielede het die lyke op Worcester gaan uitken. Intussen ry hulle maar elke dag na die hospitaal om vir Leroy te gaan kuier. Die babaseuntjie het been- en armbeserings opgedoen en verkeer tans in 'n stabiele toestand in die hospitaal. Hy sal waarskynlik nog vir drie weke in die hospitaal bly. Daar sal later 'n voog vir hom aangewys word. Die begrafnisdiens vind Saterdag om 10:00 te Bothmastraat 5 in Paarl-Oos en 11:00 in die Huguenot VGK plaas. * A tragic accident near De Doorns wiped out five members of a family and orphaned a two-year-old baby boy. |
|
|
|
|
HAAR menslikheid het Donderdag verlede week 'n bejaarde Paarlse vrou byna duur te staan gekom. Die 69-jarige vrou het die middag net by haar woning in Optenhorst Mews gekom en moes nog inkopies indra, toe 'n jeugdige haar buite die meenthuis om water gevra het. Immer sekuriteitsbewus het sy die veiligheidshek agter haar gesluit toe sy na die kombuis gestap het. Maar die beker was te groot om deur die tralies aan te gee en sy het die hek oopgesluit. Die tiener het om die hoek van die huis gestap, kamstig die water gedrink, maar dit weer uitgespoeg, en met die leë beker teruggekeer. Toe hy teen die hek kom, het hy dit skielik oopgedruk en die vrou aan haar keel gegryp. Sy is agteruit in haar woonkamer gegooi. Toe hy dreig om haar dood te maak, het sy vorentoe gebeur, vertel die vrou, en hard gegil. Die aanvaller het haar gelos en gehardloop, so ook 'n makker wat tydens die voorval ongesiens agter die vrou se motor gehurk het. Bure het tot die bejaarde se hulp gesnel en in hul motors die twee bruin tienerseuns, glo niks ouer as 17 nie, gaan soek. Insp Gerrit Boois (807-4000) ondersoek. |
|
|
|
|
POLISIEMANNE moet dalk 'n kursus in renjaag ook volg, met inspekteur Wessel Fourie van die Paarlse honde-eenheid as instrukteur. So spot die manne nadat hulle Dinsdagaand verlede week 'n halfuur lank teen 'n spoed van na aan die 200 km per uur agter 'n voortvlugtende in 'n vinnige BMW gejaag het. Hondemanne Wessel Fourie en Varkies van Wyk het om 22:00 op hul polisieradio gehoor dat hul Kaapse kollegas 'n rooi 3-reeks BMW uit Seepunt agtervolg. Die twee het tot by die Klipheuwel afrit gery en daar omgedraai, net toe die voertuig teen sowat 200km/u op die N1 by hulle verby geflits het. "Dit het soos Kersfees gelyk, met die ligte van die Kaapse blitspatrollie en ander polisiemotors agter hom aan," vertel Van Wyk. Terwyl instruksies gegee is dat paaie uit die N1 afgesper moet word, het Fourie die lepel van hulle Opel Astra plat getrap. "Ons wou hê die man moet homself by die tonnel vasry, waar 'n horde polisievoertuie gewag het. Maar daar maak hy toe 'n U-draai en jaag terug Kaap toe. "Ons is agterna, toe draai hy links uit op die Wemmershoekpad, Franschhoek toe. Ons manne ken die pad en Wessel kon 'n string polisievoertuie verby." Toe die BMW links draai by die Wemmershoek saagmeule was die hondemanne op sy hakke. Hulle het deur Franschhoek en teen die bergpas opgejaag. By die eerste skerp draai het hy omgeswaai en teruggejaag, met Wessel teen sy agterligte. Met die afkom by die Hugenote Monument was die pad met polisievoertuie geblokkeer, maar die man het kortpad regs gedraai deur die woongebied. Ook die uitgang van Franschhoek was toegemaak, maar die man het 'n speurdersvoertuig skraps gemis en verder gejaag. By die spoorlyn buite die dorp is hy deur nog 'n padblokkade. "Alles teen ten minste 160km/u," onthou Van Wyk. "Toe hy sien ons wil hom verbysteek, toe ry hy in die baan vir aankomende verkeer. Maar toe is daar 'n stuk oop pad voor ons, en toe skiet ek sy regter-agterwiel pap. "Hy moes links swaai, en toe kom hy voor die toe hek van die plaas Oude Jonge. En daar het ons hom," vertel Van Wyk. Mogamat Solomons (26) van Quickstraat 26, Lansdowne, was alleen in sy motor. Nigeriërs wat saam met hom uit Kaapstad weggetrek het, het reeds in die stad uitgespring. Die vermoede bestaan dat Solomons met dwelmbedrywighede doenig was. Benewens 'n klag van roekelose en nalatige bestuur, word ook 'n klag van diefstal van rekenaartoerusting uit sy ouers se sake-onderneming ondersoek. "Ek rook nie eens nie," het Van Wyk na die episode gesê, "maar daar buite Franschhoek het ek 'n sigaret aangesteek. Ek moet net sê, Wessel, hy mag maar ry." * Local policemen cornered a suspect after a high speed chase between Paarl and Franschhoek. |
|
|
|
|
'n JONG meisie van Wellington is Sondagmiddag in haar moeder se arms met 'n klip doodgegooi. Myrtle van der Ross, haar gesig bespat met haar dogter se bloed, was versteen toe die klip vir Hannelie (14) in Aandblomstraat tref. Hannelie het haar ma vergesel terwyl sy spyseniering by die wonings van twee katkisante in dié straat, wat Sondag voorgestel is, gedoen het. Daar het 'n rusie in die huis te Aandblomstraat 11 uitgebreek en ma en dogter het langs die woning gaan staan. 'n Groot klip is uit die straat in die rigting van die huis geslinger en het Hannelie agter die kop getref. Sy het oombliklik gesterf. Hannelie se graad agt skoolmaats by Weltevrede Hoërskool, was erg geskok toe hulle van haar dood gehoor het. "Hannelie was so spontaan en vriendelik," het 'n maat gesê. "Sy het altyd vir almal 'n woordjie gehad." Hannelie word oorleef deur haar ouers, Frank en Myrtle, haar broer Randall (22) en suster Carmen (19). Die tuisdiens is Saterdag om 12:00 in die Van der Ross woning te Pelikaanstraat 14, Wellington, en die kerkdiens om 13:00 in die VGK Bergrivier. Hannes Wagenaar van Aandblomstraat 11 word op 'n klag van moord aangehou. |
|
|
|
|
TWO young women on a smallholding at Vlakkeland, Paarl, tried in vain to lock the doors to their house when robbers attacked them on Thursday afternoon. Sheraan Scheepers (20) and Zenobia Gamieldien (28) were in the homestead on the Rust en Werk smallholding between Paarl and Wellington when five Xhosa-speaking men arrived at 13:00. They managed to lock the doors but the men climbed through a window and forced them to hand over two cellular phones and their jewellery. Insp Jacques Coetzee (807-4000) would like witnesses to come forward. He believes the men came from the Phola Park area in Mbekweni. * While the police were looking for clues on the scene, they discovered the body of a man hanging from a rope in a shed on the smallholding. Leonard Viljoen (in his 30's) had last been seen alive on October 20. |
|
|
|
|
'n AGTTIENJARIGE meisie, die ma van 'n babaseun, is die naweek met 'n slagtersmes in die rug doodgesteek op 'n plaas in Agter-Paarl. Charlene Roberts het nie by haar ouers op die plaas Nooitgedacht gewoon nie, maar saam met 'n vriend, Jan van Schalkwyk, op St Martin. Sy is Sondagaand vermoor. Van Schalkwyk (30) is kort ná haar dood in hegtenis geneem. Haar bedroefde ouers het die moordwapen tussen klerasie in die plaaswerkershuis op St Martin ontdek. Charlene was verlede jaar in graad agt aan die Nieuwedrift Primêre Skool. Sy word oorleef deur haar ouers, Dick en Roseline Plaatjies, twee broers en twee susters en haar seuntjie, Randall (10 maande), wat nou deur haar moeder aangeneem sal word. Die roudiens is Saterdag om 11:00 by die NG Kerk, Agter-Paarl. * Dié moord was een van nege onnatuurlike sterftes in die vallei die naweek, met slagoffers van vier mesmoorde, twee padongelukke en drie vermeende selfmoordgevalle in die lykhuis. |
|
|
|
|
A VERY successful anti-crime march was held in Mbekweni recently. It was part of a campaign initiated by the Khanya Christian Movement to address the rampant crime in the area. The purpose of the march was to highlight the plight of Mbekweni residents. The event was attended by Leonard Ramatlakane, Western Cape Minister for Community Safety, and former mayor Chris Leander. In a memorandum to the Minister they requested resources to fight crime, such as police personnel, investigators and vehicles. Other issues that were addressed, were a demand for a fully fledged Police Station and for Reserve Police. The mayor was asked to look into the matter of adequate street lighting. "We won't stop until we destroy all criminal activities in our area!" was the message. |
|
|
|
|
DIE afrigter wat Paarlse gimnaste gemolesteer het, is 'n vry man nadat hy slegs een jaar van 'n agt jaar vonnis uitgedien het. Piet Olivier (40) se versekering aan die Kaapse Hooggeregshof dat hy behandeling vir sy probleem sal kry, is aanvaar. Hy moet nou vyf jaar lank 'n opgeskorte vonnis uitdien, waartydens hy terapie moet ontvang en nie met jong mense onder 19 in aanraking mag kom nie. Olivier, eers 'n onderwyser en toe gimnastiekafrigter in die Oos-Kaap, Stellenbosch en die Paarl, het oor 'n tydperk van 17 jaar lank jong studente gemolesteer. Die seksuele misdrywe het op die lappe gekom toe die ouers van 'n jong gimnas in die Paarl snuf in die neus gekry het. Die seun is na 'n sielkundige geneem, waar die trauma herken is. Olivier se slagoffers was gimnaste tussen agt en twaalf jaar oud. Hy het een van die seuns saam met hom op vakansie geneem en het toe daar 'n tekort aan slaapplek was tydens 'n gimnastiek-kompetisie, 'n bed met 'n ander jong deelnemer gedeel. * A gymnastics trainer sentenced to eight years has been freed after one year in prison for child molestation. |
|
|
|
|
'n KABELDIEF het ernstige brandwonde opgedoen terwyl hy probeer het om kragdrade buite Wellington te steel. Eskom se moniteringstelsel het Sondagaand getoon dat daar tussen die gholfklub en Wellington Wynboere 'n probleem met kragtoevoer is. Krag kan onmiddellik uit 'n beheerpunt weer lewendig gemaak word, en dis wanneer diewe die spit afbyt. Donovan Jacobs alias Franklin van Wyk (in sy dertigs) van Jardinestraat, Paarl-Oos het teen 'n elektriese paal opgeklim toe hy geskok is. Sy hemp en die lem van die ystersaag wat hy in die hand gehad het, het weggebrand. Jacobs word in die Paarl Hospitaal behandel. 'n Makker, Elmo Davids, is ook in hegtenis geneem. Die twee mans word van saakbeskadiging aangekla. Volgens die Wellingtonse speurhoof, kapt John Adams, word 'n probleem met die diefstal van Spoornet, Telkom en Eskom kabels ondervind. Die kabelnetwerk word deur die ondernemings gemonitor en booswigte word gereeld op heterdaad betrap. "Hulle besef nie in watter lewensgevaar hulle verkeer en dat hulle doodgeskok kan word wanneer hulle grondkabels steel nie," sê kapt Adams. Sodra 'n aardkabel gebreek word en 'n foutstroom deurkom, is die persoon wat daaraan raak, in doodsgevaar. "Ons is dankbaar dat hierdie verdagte aangekeer is. Sulke booswigte veroorsaak nie net groot skade vir Eskom nie, maar ook ernstige ongerief vir verbruikers." * A cable thief landed up in hospital with severe burns. |
|
|
|
|
DIE ou Hofstraat begraafplaas in Bergrivier Boulevard, Paarl, is reeds vir baie jare 'n steen des aanstoots, veral vir diegene wat familie en vriende se grafte wou besoek en die totale agteruitgang en grafskending moes aanskou. Die perseel behoort aan die Toringerk, maar fondse en mannekrag ontbreek om dit in stand te hou. Uit desperaatheid om die leeglêers daaruit te hou, is die hekke permanent gesluit, maar selfs dit het nie die besoedeling en slapery daar gestuit nie. Dit het net besoekers gekortwiek, want die sleutels is slegs by die kerkkantoor beskikbaar wat net soggens oop is en nie naweke nie. Opskrifte op stene toon dat menige bekende eertydse Paarlse inwoners hier ter ruste gelê is - eintlik diegene wat hul beywer en bygedra het tot die totstandkoming van die trotse Toringkerk, onder andere De Villiers, Joubert, Retief, Redelinghuys, Malherbe, Malan, Louw, Loubser, Dreyer, Van Gemert, Combrinck, Bam, Steyn, Van Niekerk, Van Wyk, Strauss, Derksen, Dekker, Hoogendoorn, Gobregts, Van der Merwe, Le Roux, Roux, Small, Van Breda, Hofmeyr, Philips, Sparenberg, Marais, Perold, Pickard, Reyneke, Rossouw, Hauptfleisch, Grobbelaar, Schneider, Benade, Lutz, Cloete, Kriel en Zuidmeer. Volgens een gemeentelid het die oneerbiedige optrede van haweloses grootliks bygedra tot die verslonste voorkoms van die perseel, maar daar is ook ontsteltenis dat die Toringkerk toegelaat het dat die grafte van diegene wat in lewe die fondamente en glansende vensters van hul spogkerk was, so verwaarloos raak. "Hoewel iemand die begraafplaas 'n 'bergieparadys' genoem het, is daar eintlik net één woord wat die verval beskryf: godskreiend," sê die lidmaat. Vyftien vragte vullis is verlede week vanuit die begraafplaas verwyder deur die goedgunstige pogings van buitestaanders, veertig plaasarbeiders en die Munisipaliteit. 'n Klag van betreding is gelê by die polisie, wat leeglêers verwyder het en beloof het om voortaan 'n wakende oog daar te hou. Lemmetjiedraad is nou ook op die mure aangebring, om verdere indringing te keer. Enigiemand wie se ouers, grootouers, vriende of familie by dié begraafplaas begrawe is, se bydraes tot die instandhouding daarvan sal geweldig waardeer word. Skenkings kan gedeponeer word in 'n spesiale tjekrekening Graffonds NG Gemeente Toringkerk (nommer 400590176) by Absa Paarl. * The neglected cemetery of the Toringkerk has been cleaned up and fenced following the removal of homeless people. |
|
|||||