|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
'n OUD-PAARLIET, kunstenaar Michéle Van Dyk (39), het Dinsdagoggend in 'n motorongeluk tussen Bettiesbaai en Kleinmond gesterf. Sy is uitgeslinger toe haar motor die pad verlaat het. Haar seuntjie, Redy (5), het die ongeluk oorleef en was saam met medici aan haar sy toe sy gesterf het. Die begaafde Michéle was 'n skitterende oud-leerling van La Rochelle wat 'n MA Beeldende Kunste aan US verwerf het en verder studeer het aan De Hoogere Institut, Antwerpen. Sy was die tweede dogter van Stefanie Redelinghuys van La Modestraat, Paarl, en wyle Pieter Redelinghuys. Michéle word benewens haar moeder oorleef daar haar man Paul, haar broer Eddie van St Pieter's Roche, Paarl, en susters Miki van Kaapstad en Nonnie de Jager van Johannesburg. Haar oudste suster Mariette, is 20 jaar gelede op 22-jarige ouderdom ook in 'n motorongeluk dood. Die roudiens is môre om 15:00 in die Congregational Kerk, Auretstraat, Paarl. |
|
|
|
|
A FORMER Paarlite, Owen Nelson Prout (73), passed away on 17 October after a long illness. He worked for the Sasko group for 41 years, retiring as senior deputy general manager in 1987. He was well-known in the milling and baking industries and served on several boards. Prout was an active member of the Paarl Rotary Club and was also involved in the Auret Street Congregational Church where he held the positions of Church Treasurer and Church Secretary. He retired to Belvidere, Knysna, where he was buried on Monday 21 October. He leaves his wife of 48 years, Kathy, sons Michael and Colin and two grandchildren. |
|
|
||||||||||
|
'n Weerspieëling van sy kwiksilwer persoonlikheid - een oomblik mymer hy nostalgies oor sy grootmaak-ouma en dan blink sy oë van pret as hy die kitaar gryp en begin sing "Ons Jiet Nou." Sy rokerige, hees stem, oorspronklike lirieke en tonekrul-melodieë het die Huguenot-gemeenskapsaal onlangs kant en wal volgepak met die bekendstelling van sy nuwe CD. Die mense het gekom om na hul geliefde Rappin' Donkey te luister en veel meer gekry. Want Ameen, met 'n hart vir opkomende kunstenaars en 'n fyn neus vir verhoogkuns, het die aand gepak met jong talent. En dat daar waardering was vir Rappin' Donkey se terugkeer na die verhoog, was duidelik uit die oorverdowende applous, entoesiastiese uitroepe en saamsingery. Ameen het hom meer as twee jaar van die verhoog onttrek, ná die tragiese dood van sy lieflingdogter, Olivia, op 21 Julie 1999. Olivia (23) het hoofbeserings en vermoedelik 'n slagaarfraktuur opgedoen in 'n botsing op die Wemmershoekpad. Ameen vertel hulle was nog by tuis toe die nuus kom. "Marie (sy vrou) is hospitaal toe, maar ek het gaan werk, want ek kon net nie glo dat dit ernstig is nie." Kort daarna het 'n vriend hom gaan haal. Olivia is op die operasietafel oorlede en 'n geskokte Ameen moes hom sterk hou vir sy gesin. "Marie het snags langs my lê en huil - ek was self stukkend en ek het nie woorde gehad om haar te troos nie. "Ek het langs haar lê en prewel: 'Dankie Here vir nog 'n dag, help ons deur hierdie donker nag'." Die woorde sou later deel word van 'Rus in vrede' en 'Dankie Here', die twee liedjies wat hy oor Olivia en sy groot verlies geskryf het. Maar eers moes hy heel word en deel van dié proses was sy aankondiging in Augustus 1999 dat hy die musiekwêreld ná dertig jaar gaan vaarwel toeroep. "Ek wil graag meer tyd aan my ander kinders, Mario en Leigh, bestee. Ek glo Olivia sou dit so wou hê," het hy aan die Paarl Post gesê. Ameen se diep geloof het hom deur dié tyd gedra. "Ek was baie keer so teleurgesteld, maar God het my doodstil gemaak tot ek Sy teenwoordigheid weer kon voel." En toe kom Desember 2001. Op Radio KC gesels een aand oor Die Stoepe se kleurryke karakters en gebeure. 'n Luisteraar wil weet wat het geword van Ameen Levy wat altyd daar gesing het? Pittig antwoord 'n luisteraar: Hy is nie meer Ameen nie, hy is nou 'n donkie. Die brokkie nuus noop toe Casper Adams en David Seale, aanbieders van die program, om Ameen te nooi om te kom gesels. "Die reaksie was oorweldigend. Elke oproep wat ons gekry het, het gevra 'Kom terug'." Hy doen 'n programvoorlegging vir Radio KC en die res is ou nuus: op 9 Februarie begin Ameen uitsaai aan sy gewilde Saterdagaandprogram, Die Rappin' Donkey Show. Die donkie sinspeel op dié geliefde dieremaats van sy jongjare en het deel geword van sy musikale beeld. Nou luister 60 000 mense na hom, die meeste vir enige'n gemeenskapstasie in Wes-Kaap. Voorwaar 'n ver pad wat dié plaasseun van die Paarl gekom het. Ameen Levy is in die vyftigerjare op die plaas Dekkersvlei in Klein Drakenstein gebore. Hier het hy ook grootgeword by sy ouma. "Dit was swaarkry dae, my ouma was seker die armste mens wat ek ooit geken het." Maar deur die swaar was daar ook altyd Ameen se bruisende lewenslus en liefde vir musiek. "Ek was so ses, sewe jaar oud, dan het ek gesit en sing terwyl ek Ouma se potte langs die rivier skuur." Ameen het nooit formele musiekopleiding gehad nie, sy leermeesters was die plaasmense met hul instinktiewe aanvoeling vir kitaar en noot. In 1970 word hy voorsinger vir die orkes Ohms en later 'n stigterslid van die Fireball. Vier jaar later begin hy met 'n mobiele disko: "Eers speel ons in die agterbuurte en later in nagklubs." In 1979 wen hy die titel as Platejoggie van die Jaar. Hierna gaan die deure vir Ameen oop. "Ek bevind my in die geselskap van Suid-Afrika se heel bestes, onder wie Oscar Renzi van Capitol 604, Corkie Two Bull van Radio 702, Treasure Tshabala van Radio Metro, Ali Claasen en Johan Abrahams van SABC TV, Rashied Abbass en Robin Sewlal van Durban." In 1985 reël hy en Mark Esau 'n musiekfees op die Boland skouterrein wat deur sowat 10 000 mense bygewoon word. Ameen, wat 'n tyd lank musiek net as stokperdjie beoefen het, begin weer naweke by klubs optree en word gereeld ingevlieg na Port Elizabeth se Club Aquarius in die Hotel Alabama, Lenasia en die Five to Seven International in Johannesburg. "Dit was lekker dae," vertel hy. Maar Ameen het nooit sy eie swaarkry-dae vergeet nie. "Ek onthou nog 'n berig in die koerante oor mense in Port Elizabeth wat so honger was dat hulle katte geëet het. "'n Paar van ons DJ's het het om 'n program by Club Aquarius te hou om geld in te samel. Al die groot ouens sou daar wees, maar toe daag net ek en André Pearce op." Om dit erger te maak, het Brenda Fassie 'n konsert net om die draai gehad, maar hulle besluit om tog voort te gaan. "Die toegang was gratis en ons het van vyftig sent tot vyfhonderd rand by die deure gekry." Die opbrangs was sowat R10 000, 'n aardige sommetjie vir daardie jare. Teen die laat tagtigerjare het Ameen besluit om dinge rustiger te vat. "Ek was nie meer lus vir nagklubs nie. Dit het gevaarlik begin raak en my kinders word groot - dit was nie 'n voorbeeld vir hulle nie." Toe het hy op sy kitaar begin tokkel en geskryf. 'Ons slaap vanaand by Heidi' was sy eerste pennevrug. "Ons was die naweek by Laaiplek en ek het op die strand gesit en oefen. Toe ek my weer kom kry, was daar 'n honderd mense wat sit en luister." In 1991 verskyn sy eerste CD, 'Here comes the Donkey'. 'Ons slaap vanaand by Heidi' was gou 'n landwye treffer en is ook benoem vir die OKTV-toekenning as Beste Afrikaanse Liedjie. Vyf jaar later verskyn 'Die Luise byt my'. "Dit was 'n absolute teleurstelling. Dit was 'n beter CD as die eerste een, maar bemarking was sleg en ek het 'n renons in platemaatskappye gekry. "Maar musiek is in my bloed, en ek bly maar skryf." Nou is Ameen terug en Space Muis, het reeds sy derde druk beleef. "Ek voel die Here se hand is met my en hierdie CD gaan diep in die mense harte inkruip. "Want as die Kaapse Klopse en die langarm orkeste van 'Tamatie' hou, is die CD op die regte pad." Met die eerste uitsending oor Radio KC het mense van heinde en verre ingeskakel. "Jou ma moet baie trots wees op jou," was ene Johan Kriel se woorde. Ameen raak stil: "Ek waardeer my ma uit my hart. Sy het baie vir my gebid, die seën pluk ons nou." En die pad vorentoe: "Ek wil graag meer betrokke raak by die gemeenskap en jong kunstenaars help." Nog 'n manier waarop hy 'n helpende hand uitsteek, is om tuisbemarkers teen kommissie aan te stel vir sy CD. Die CD, wat soos soetkoek verkoop, is net by dié bemarkers, Ameen self en Deejays in die Paarl te koop. Ameen is reeds hard besig om te werk aan sy volgende CD, Die 30 Goue Jare van Ameen Levy, en mense kan hul regmaak vir nog 'n musikale mallemeule van woord en klank. |
|
|
|
|
'n PAARLIET, Gesie Lategan, was een van twee top vroueboere van die Wes-Kaap wat aangewys is as naaswenners in die nasionale kompetisie vir boervrou van die jaar. Die kompetisie word jaarliks deur die Nasionale Departement van Landbou, in samewerking met die onderskeie provinsiale Departemente van Landbou, geloods. In die afdeling nasionale top uitvoerder is adv Lategan van Domaine Brahms in Agter-Paarl as naaswenner aangewys. Volgens Johan Gelderblom, Wes-Kaapse Minister van Landbou, is Lategan se bewaringsboerdery in praktyk 'n voorbeeld vir boere van die Wes-Kaap. Twee verdere toekennings het adv Lategan intussen toegeval. Haar '99 Shiraz is met 'n goue medalje bekroon op die Michelangelo International Wine Show, terwyl haar 2000 Shiraz ook goud ontvang het op die jongste Veritas toekennings. |
|
|
|
|
Not that he had any choice in his placing as chef in the South African Navy in 1984. But that is where his love of food and beverage started - with a healthy dose of good cooking at his mother's table, mind you. Maingard (36) might seem the dark horse in Paarl, but there are bright lights burning in his stable. He is straining at the bit to lead Paarl on the winning track in cuisine. A Capetonian, Mark married Paarl's Marian Neethling and started working in the contract catering business in 1990, in Johannesburg and in Cape Town. Four years ago he started his own company, Superior Caterers, and shortly afterwards, he moved to Paarl. His family has since grown with the birth of two sons, André-Louis (6) and Jacques (16 months). Many Paarlites first heard of Mark Maingard when he opened his restaurant, 42 on Main, last month - except the golfers who have become accustomed to his superior catering abilities at Paarl Golf Club. "I consciously kept a low profile," Maingard says. "I was very focused on what I was doing, and trying to do what I did well. This year Superior Caterers established an office at 131 Main Street, an old homestead Maingard has acquired. He bought a navy-blue 1969 VW Combi, had his logo written on the side, and he was on his way to market the company. Among its clients are three golf clubs, two staff restaurants in Paarl, an upmarket retirement village and his recently opened restaurant on Main Street. "I've always wanted to have my own restaurant where I can really be creative," Maingard says. "With 42 on Main it was all about parking and position - the setting of the old house. Says Mark, "I go over the top with client relations and service. Service should be personalised, efficient and speedy." Like when two women could not be seated after a pompous guest had usurped their reserved table, refusing to budge. The women left. Maingard was so upset when he heard about their unhappy experience that he tracked the women down, and visited them with a bunch of flowers and a lunch voucher. Because he believes in exchanging ideas and the continuous training of staff in the hospitality sector, a discussion group called Passionate Gourmets is now being formed. The group of restaurateurs from Paarl will meet monthly. "We want to work together, for the greater good of Paarl. We believe that Paarl has more to offer than neighbouring towns and we want to be part of this new vision." Maingard used to be a keen sportsman, a first league cricketer and mean wave skier. He still plays a bit of golf, but his family and the business now take up most of his time. He believes it is to his benefit that he is a Jack of all trades - with experience as chef, in managing and marketing and now running his own business. "I can still jump into the kitchen and cook if I have to," he says over a cup of very good coffee. |
|
|||||