safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 31 October 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 7 November 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Vacancies

FINANSIëLE BEAMPTE

Ned Geref Gemeente Paarl-Vallei

Die NG Gemeente Paarl-Vallei benodig die dienste van 'n persoon met sterk syfer- en rekenaarvaardighede om verantwoordelikheid te aanvaar vir die doeltreffende funksionering van die gemeente se finansiële en rekenkundige administrasie.

Pligte behels:

-Die ontvangs, tel en bank van gelde wat inbetaal word

- Gerekenariseerde boekhouding tot balansstaat

-Alle rekeningbetalings

-Salaris- en lone-administrasie

-Byhou van finansiële- en reken-kundige bestuursinligting

-Hou van notules van Administratiewe Bestuursgroep & Finansiële Diensgroepvergaderings

Tik- en rekenaarvaardigheid, spesifiek t.o.v. MS Word en Excel is noodsaaklik.

Kennis rakende die kerklike rekenaarpakkette Winkerk & Finkerk asook persoonlike inkomstebelasting en die kerk se werksaamhede in breë verband sal as aanbeveling dien.

Werksure: 08:00 tot 13:00

Vir verdere inligting kan 'n kopie van die posprofiel by die kerkkantoor verkry word.

Aansoeke met volledige CV kan

gestuur word aan:

Die Voorsitter Diensverhoudinge

Diensgroep

NG Gemeente Paarl-Vallei

Posbus 228

Paarl

7620

of per faks by (021) 872-4395

Sluitingsdatum vir aansoeke:

Maandag, 11 November 2002


SJAMPOEDAMES

'n EKSKLUSIEWE haarsalon, wat binnekort open te Vineyardsentrum langs KWV, benodig bogenoemde dames. Netjiese, goed-opgevoede sjampoedames wat 'n hoë standaard kan handhaaf, is 'n absolute vereiste.

Skakel Nickey 082-552-8568 na 18:00

om 'n onderhoud te reël.


TONY'S TRUCK CENTRE (PTY) LTD

WORCESTER

Dieselwerktuig-kundige

Ons verlang die dienste van 'n gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige.

Vorige ondervinding van alle trokfabrikate sal 'n aanbeveling wees.

Goeie salaris met byvoordele beskikbaar.

Skakel (023) 342 3600 alle ure.


Hoër Landbouskool Boland WKOD:

 (Kontrakaanstelling)

HUISHOUDINGSTOESIGHOUER -

Huis Nico Malan

Aanvangsdatum: 1 Januarie 2003

Sluitingsdatum vir aansoeke:

Dinsdag 12 November 2002.

Rig aansoeke aan:

Die Skoolhoof

Hoër Landbouskool Boland

Privaatsak X01, Windmeul (Paarl), 7630

(F): (021) 869-8144

E-pos: hlb@mweb.co.za

Tel: (021) 869-8143.


OPVOEDERS/EDUCATORS

Vanaf Januarie 2003

1.Beheerliggaampos - Biologie Gr 8 - 12

Natuurwetenskappe Gr 8 - 9

Lewensoriëntering Gr 8 - 9

Volle tweetaligheid: Afrikaans/Engels

Meld buitemuurse bedrywighede en ander vakke aangebied

2.Tydelike pos - Grondslagfase Gr 2 (WKOD)

Volle tweetaligheid: Afrikaans/Engels

Meld buitemuurse bedrywighede en ander vakke aangebied

 

Navrae: (021) 872-1730/872-1767

Send application and CV to:

The Principal, Paarl Girls' High School

P.O. Box 50, Main Street, Paarl, 7622

Sluitingsdatum: 11 November 2002 om 14:00

Geen fakse sal aanvaar word nie


Aansoeke word ingewag vir onderstaande vakatures:

Leerlingbestuurders

Winkelbestuurders

Areabestuurders

As jy loopbaan-georiënteerd is en beskik oor die volgende:

- Dinamiese persoonlikheid

- Positiewe ingesteldheid

- Kommunikasievermoë

- Bestuurservaring

- Kleinhandelondervinding

Stuur jou volledige CV aan:Die Personeelbestuurder

Louwslaan 9, Suider-Paarl.


Boland Distriksmunisipaliteit strewe na dinamiese en effektiewe dienslewering aan die gemeenskap binne die jurisdiksiegebied van die Distriksmunisipaliteit. As 'n Gelyke Indiensneming-werkgewer, beskik ons tans oor die onderstaande vakatures vir toepaslik gekwalifiseerde en ervare persone.

Aanstelling geskied op 'n twaalfmaande-kontrakbasis.

SENIOR VERPLEEGKUNDIGE-IN-BEVEL

Vereistes: Diploma (of 'n gelykwaardige graadkursus) in Algemene Verpleegkunde. Gemeenskapsverpleegkunde, Psigiatrie, Verloskunde en verpleegadministrasie • bewys van SARV-registrasie • Sertifikaat in Kuratiewe Vaardighede vir Primêre Gesondheidsorg (Artikel 38A soos gelys by die SARV) • 'n geldige kode EB-rybewys • die vermoë om selfstandig en onafhanklik te werk.

Aanvangsalaris: R107 652 per jaar

Standplaas: Robertson

GEREGISTREERDE VERPLEEGKUNDIGE

(13 poste)

Vereistes: Diploma (of 'n gelykwaardige graadkursus) in Algemene Verpleegadministrasie • bewys van SARV-registrasie • Sertifikaat in Kuratiewe Vaardighede vir Primêre Gesondheidsorg (Artikel 38 A soos gelys by die SARV)

• geldige kode EB-rybewys • die vermoë om selfstandig en onafhanklik te werk • bereidwilligheid om sowel vaste as mobiele kliniekdiens te doen.

Aanvangsalaris: R78 000 per jaar

Standplase: Worcester (2 poste) • Ceres (1 pos) • Robertson (1 pos) • Prince Alfred Hamlet (2 poste) • N'duli, Ceres (1 pos) • Touwsrivier (1 pos) • De Doorns (1 pos) • Gouda (1 pos) • Wolseley (1 pos) • Tulbagh (2 poste).

SENIOR BRANDWEERMAN

Vereistes: Senior Sertifikaat • Sertifikaat in Brandtegnologie ("Firefighter II") • 'n geldige kode C1-rybewys • die vermoë om selfstandig en onafhanklik te werk.

Aanvangsalaris: R78 000 per jaar

Standplase: Ceres (1 pos) • Robertson (1 pos)

BRANDWEERMAN

Vereistes: Senior Sertifikaat • Preliminêre Sertifikaat in Brandtegnologie ("Firefighter I") • 'n Geldige kode C1-rybewys • die vermoë om selfstandig en onafhanklik te werk.

Aanvangsalaris: R61 188 per jaar

Standplaas: Robertson

LEERLINGBRANDWEERMAN

(3 poste)

Vereistes: Senior Sertifikaat • 'n geldige kode C1-rybewys • die vermoë om selfstandig en onafhanklik te werk.

Aanvangsalaris: R40 092 per jaar

Standplase: Ceres (2 poste) • Robertson (1 pos)

VERPLEEGHULP

Vereistes: Ingeskrewe by die SARV as Verpleeghulp • 'n geldige kode EB-rybewys • die vermoë om goeie menseverhoudinge te handhaaf • die vermoë om selfstandig en onafhanklik te werk • bereidwilligheid om sowel vaste as mobiele kliniekdiens te doen.

Aanvangsalaris: R35 676  per jaar

Standplaas: Ceres

KLINIEKASSISTENT (2 poste)

Vereistes: ten minste 'n Junior Sertifikaat • 'n Geldige kode EB-rybewys • die vermoë om goeie menseverhoudinge te handhaaf • die vermoë om selfstandig en onafhanklik te werk • bereidwilligheid om sowel vaste as mobiele kliniekdiens te doen.

Aanvangsalaris: R30 084 per jaar

Standplase: Robertson (1 pos) • Touwsrivier (1 pos)

Diensaanvaarding: Sal onderling gereël word.

Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag 8 November 2002

Byvoordele behels 'n pensioen-/aftreefonds, mediese hulpskema, groeplewensversekering, 'n 13de tjek en 'n behuisingstoelaag (onderhewig aan sekere voorwaardes). Besonderhede oor die omvattende reeks byvoordele en die posinhoude is op aanvraag beskikbaar.

Die sluitingsdatum vir aansoeke word beskou as die datum waarop voldoen moet word aan die minimumposvereistes. Die voorgeskrewe aansoekvorm waarop aansoek gedoen moet word, is verkrygbaar by mev C.P. Beukes by (023) 347-0945. Aansoeke, vergesel van gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasiesertifikate en rybewyse, moet teruggestuur word aan die Munisipale Bestuurder, Boland Distriksmunisipaliteit, Posbus 91, Worcester 6849.

Neem asseblief ook kennis dat, indien geen terugvoer teen 31 Desember 2002   ontvang is nie, kandidate kan aanvaar dat hulle aansoeke onsuksesvol was.

Gunswerwing sal 'n kandidaat diskwalifiseer.


BEMARKER

Ons soek 'n netjiese en entoesiastiese persoon vir 'n groeiende kleinhandelsaak in die sekuriteit.

Basiese salaris + kommissie

Eie vervoer

Prestasiebonus

Ekstrovert

Indiensopleiding word verskaf

Faks volledige CV na: (021) 872-8759


Laboratory Technical Officer

(contract position)

The position requires the sampling and analysis of chemicals, packaging material and environmental samples.

It involves analytical chemistry and instrument analysis.

Requirements for this post is Grade 12 (Matric) with pass marks in Mathematics and Science. A valid code 8 driver's licence essential.

An inherent requirement of this position also involves various strenuous physical activities.

Previous laboratory experience would be an advantage.

Preference will be given to candidates who add to the diversity of the company.

Applications per CV to be faxed to (021) 873-1097.


Dynamic retail company is looking for a

shop manager

with high integrity and honesty.

Matric, retail and administrative experience is a necessity.

Salary: Negotiable

Closing date: 8 November 2002

Send CV to:

e-mail: gduvenhage@snipgroup.co.za

or fax to (011) 440-6116

If you haven't been contacted by

15 November 2002 you have not been successful


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za