|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DIE Franschhoek Meentontwikkeling geniet al groter erkenning as model vir effektiewe grondhervorming, bemagtiging en bewaring en is uitgenooi om by die Aardeberaad uit te stal. Dit is 'n gesamentlike projek tussen die Stellenbosch Munisipaliteit, die Franschhoek Empowerment and Conservation Trust (Fremco Trust) en Franschhoek Ontwikkelingsmaatskappy (Frandevco). Nie net het die projek reeds 'n skenking van R1 miljoen ontvang van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika vir beplanningsuitgawes nie, maar dit is nou deur TISA (Trade and Investment South Africa, 'n afdeling van die Departement Handel en Nywerheid) gekies as een van net drie projekte landswyd in die toerismesfeer, wat by die Aardeberaad in Johannesburg deur die regering ten toon gestel word as model van volhoubare ontwikkeling. Ook word 'n delegasie van Frandevco, die munisipaliteit en provinsie in September deur Unesco in Parys ontvang, vir gesprek oor die vestiging van die voorgestelde Boland Biosfeerreservaat, waarvoor die ontwikkeling as toegangspoort gaan dien, sê woordvoerder dr Willem Steenkamp. Op die perseel in Franschhoek-Suid word 'n "mens en biosfeer"-inligtingsentrum voorsien, sowel as 'n teelstasie vir bedreigde inheemse vis soos die Bergrivier Witvis, en 'n fynbos-kwekery. Die hele ontwikkeling sal streef na sertifisering in terme van ISO1400/1 standaarde, asook die internasionale Forestry Stewardship Council sertifikaat. "Werk vir Water" het pas die hele meent aan die voet van die Franschhoekpas skoongemaak van indringerplante soos swartwattel en Port Jackson. Die studieraamwerk-fase (scoping) van die omgewingsimpakproses is pas afgehandel, wat met 'n intensiewe publieke deelnameproses gepaard gegaan het. Nie 'n enkele beswaar teen die projek is ontvang nie. Die laekoste-behuisingsprojek wat deels deur die meentontwikkeling gefinansier word, is ook goed op dreef, met die eerste aflewering huise wat reeds betrek is. Die Franschhoek-ontwikkelingsmodel is reeds deur Knysna aangegryp, wat nou 'n soortgelyke projek beoog vir hulle "bosdorpe". Ook het afvaardigings uit Kakamas, Greyton, Elgin/Grabouw en Knorhoek reeds daar kers opgesteek. Sleutelfigure in die Franschhoek-proses is ook deur die Presidensie genooi om die onlangse beraad in Pretoria van Afrika-deskundiges oor NEPAD, by te woon. * The project to develop the common in Franschhoek South will be exhibited at the earth summit in Johannesburg this week. |
|
|
|
|
BOLAND KELDER het vanjaar sy wynprestasies voortgesit deur op die Suid-Afrikaanse Jongwynskou die gesogte Pietman Hugo Trofee vir beste punte behaal met vyf beste inskrywings te verower. Boland Kelder het drie nasionale kampioenwyne opgelewer en het in totaal vyf nasionale klaswenners, agt goue medaljes en tien silwer medaljes ingeskryf. Boland Kelder het met hierdie prestasie 21% van die 19 nasionale trofeë ingepalm. Altesaam 167 produsente uit agt wynstreke het 1 997 wyne van die 2002 oesjaar vir vanjaar se SA Jongwynskou ingeskryf. Boland Kelder se Sauvignon Blanc/Chenin Blanc versnit is as die SA Kampioen Droë Wit Versnitwyn bekroon, hul Chenin Blanc as die SA Kampioen Chenin Blanc en hul Shiraz/Cabernet Sauvignon versnit as SA Kampioen Droë Rooi Versnitwyn. Boland Kelder se sukses sedert hierdie Paarlse kelder verlede jaar op die Internasionale Wyn- en Spiritualië Wynkompetisie in Londen as die Beste Wynmaker in die Wêreld aangewys is en die top presteerder was by die 2001 Veritas Toekennings (met drie dubbelgoud en twee goud toekennings), duur voort. Vanjaar is Boland Kelder se prestasie op die SA Jongwynskou voorafgegaan deur prestasies by Cidade do Porto in O'Porto, Portugal (Goud vir Boland Wit Muskadel 1993 en Boland Shiraz 2000); Monde Selection 2002 in Brussels (Goud vir Boland Shiraz 2000); Vino Ljubljana in Slovenië (Wêreldkampioen rooiwyn vir die Boland Cabernet Sauvignon 1999 en goud vir die Boland Shiraz 2000); Challenge International du Vin, Blaye & Bourg, Frankryk (Goud vir Boland Pinotage 1999 en Boland Wit Muskadel 1993); Concours Mondial de Bruxelles in Brussel (Goud vir Boland Cabernet Sauvignon 2000); Vinalies Internationales in Parys (Goud vir Boland Shiraz 2000). Oor hul sukses op vanjaar se nasionale jongwynskou, sê keldermeester Altus le Roux dit is 'n duidelike teken dat prestasies nie aan individue toegewys kan word nie, maar aan goeie spanwerk deur al die betrokkenes om die natuur ten volle te benut. "Klimaatsomstandighede was vroeg in die 2002 seisoen uitstekend, maar dit het gou omgedraai na 'n moeilike oesjaar. Elke oesjaar het sterk en swak punte en dit bepaal die oesinnames, bereidingstegnieke, versnydings, ensomeer. "Ons het vanjaar baie meer selektief te werk gegaan deur die proe van druiwe in die wingerde en keuring van gehalte by die kelder. Dit is soos enige vrug wat jy pluk om te eet, dit moenie te groen of te ryp wees nie, anders proe dit nie op sy beste nie," sê Altus. "As jy die oesjaar reg evalueer kan selfs 'n moeilike jaar soos 2002 puik resultate lewer. Dit wil voorkom of die geluk vanjaar aan ons kant was met ons besluite. |
|
|
|
|
WHILE a consultant is undertaking a study to determine the best location for the Boland District Council head office, towns in the area vie for the honour. The Boland District Municipality has invited submissions from the public on the best location for the head office which is currently located at Worcester, with some functions handled by the Stellenbosch office. While residents of the Breede River area are strongly in favour of retaining the centrally located head office in Worcester, where there is a suitable council chamber, residents of the Winelands contend that the seat of the power should be in the more populous Paarl/Stellenbosch area. While some favour Paarl or Wellington (where the former municipal office stands underutilised) as a "new beginning" where no officials will retain their old power bases, the financially strapped Worcester Municipality has indicated that the town cannot afford to lose the District Council office and staff. According to Paarl councillor JT Basson (DA) the head office should be in Paarl, which generates the greater part of the levy income. The municipal labour union Samwu has also expressed a preference for Paarl. According to Jonny Cheminais, consultant, aspects such as geographical central (nodal) point, proximity to stakeholders, economic efficiency, development needs of the local population, replacement costs of buildings, parking, security, access from public transport and accessibility for disabled persons must be taken into account. "Wherever the District Council head office is situated, there will be a need for integration of the current staff as well as for decentralised offices with staff to provide services to the community." The report is due to be submitted to the District Council at its next meeting, when the party caucuses of the different towns will have to find consensus on the site for the district headquarters. |
|
|||||