|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
AS deel van die Stokkiesdraaifees bied die VLV 'n vroue-oggend aan op Saterdag 28 September om 09:00 by Provence. Dit sal 'n bederf-oggend wees met sangitems en gelukkige prystrekkings. Retha Visser gaan vertel hoe jou denke jou gesondheid beïnvloed en Jackie Burger, moderedakteur van Fair Lady, praat oor styl. Verversings sluit 'n ligte middagete met wyn/sap in. Kaartjies teen R80 by die Feeskantoor, 873-3988, of by June Smit, 873-3219. |
|
|
|
|
DIE Wellington Rapportryerskorps bied op 11 September 'n dinee by Hugenote Hoërskool aan waar die Wellingtonner van die Jaar toekenning oorhandig sal word. Verskeie bekende Wellingtonners het al die toekenning ontvang. Verlede jaar se toekenning het gegaan aan die Onderwyskollege Boland vir 106 jaar se onbaatsugtige diens aan en betrokkenheid by die Wellingtonse gemeenskap. Die spreker by die geleentheid is adv Frans Stroebel, afgetrede besturende direkteur van Stellenbosch Boerewynmakery. Stroebel was op sy dag onder andere Suid-Afrika se verteenwoordiger by die Europese hoofkwartier van die VVO en daarna privaatsekretaris van Pik Botha, maar is veral bekend vir sy jarelange betrokkenheid by die SA Natuurstigting vestiging en uitbreiding van verskeie Natuurreservate en Nasionale Parke en meer onlangs Vredesparke. Hy is tans deel van dr Anton Rupert se private personeel wat omsien na die Rupert Stigtings, met hooffokus natuurbewaring. Vir navrae, skakel 873-2759 of 082-591-6807. |
|
|
|
|
DIE Hugenote Laerskool bied op 18 en 19 September die skreeusnaakse komedie "Cinderella van der Merwe" aan. Vir almal wat lus is om die laaste greep van die winterkoue weg te lag, beloof dit om net die regte medisyne te wees. Bespreek by die Write Shoppe in Kerkstraat, Wellington. |
|
|
|
|
WELLINGTONSE senior burgers word uitgenooi om Dinsdagoggende 'n kunswerkwinkel in lapverf, collage, houtsneewerk of naaldwerkvaardighede by te woon, aangebied deur die ACVV Dienssentrum. Bespreking is noodsaaklik omdat getalle beperk is. * Op 12 September om 09:45 kan senior burgers uitsien na 'n heerlike pretdag by die Wellington-Oos Kerksaal. Kom deel in die pret vir net R20 per persoon, verversings ingesluit en ontmoet ander senior burgers van die Wes-Kaap. Kaartjies is by die Dienssentrum beskikbaar. * Saterdagoggend 2 November vertrek 'n Senior Burger trein na Matjiesfontein. Teen R350 per persoon, etes ingesluit, gaan daar vrolik feesgevier word. Die trein vertrek om l0:00 vanaf Wellingtonstasie en keer die Sondagmiddag terug. Bespreek vroegtydig by die Dienssentrum aangesien daar net plek vir 100 mense is (tel 873-4682). |
|||
|