safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 5 September 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 12 September 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


Wonderwerk

Malané Bosman

[ Top ]


wrohanTWEE Wellingtonse seuntjies is op die pad na herstel nadat hulle binne vier dae albei wonderbaarlik die dood op die pad vrygespring het.

Klein Rohan Henning (2) van Malanstraat het Donderdag twee weke gelede heel agter in sy ma se kombi gesit toe sy voor hul woning se hek stilgehou het.

Rohan se sussie Zanie het die voertuig se deur oopgeskuif en die hek oopgemaak. Met die gedagte dat Rohan nog agter sit, het Deanne Henning vorentoe gery, die erf in.

"Ek het gedink ek ry oor 'n hond of iets,

SPRINGLEWENDIG. Klein Rohan Henning van Wellington is ongedeerd nadat hy onder 'n kombi beland het.

maar wat ek nie besef het nie was dat Rohan ongesiens van die agtersitplek moes geklouter en uitgeklim het," sê sy ma.

Rohan het waarskynlik op die geteerde oprit geval op sy maag gelê toe een van die Kombi se agterwiele oor sy bobene en boudjies beweeg het.

Die doktersdiagnose was 'n gekraakte bekken. Rohan kort ses weke se bed-rus verklaar hy.

"Duidelik nie," sê Deanne terwyl Rohan in die erf op sy fietsie rondrits.

"Die dokter het gesê pyn sal hom beperk, maar dit lyk my nie hy het pyn nie. Die Heer se genade was met ons."

Op 'n Bergrivierplaas by  Wellington lê 'n naamgenoot, Ruan Laubscher (6), hierdie week in 'n bed wat vir hom in die televisiekamer opgemaak is.

Ma Martine, ouboet Malan, nefies en maatjies hou hom geselskap.

Maandag verlede week het hy oor die Hoofstraat gehardloop en voor 'n polisiemotor beland.

Ruan is die lug in geslinger en het hard op sy kop, heup en regterbeen beland.

Drie dae lank is daar gevrees vir onomkeerbare hoofbeserings en verlamming weens beseerde nekwerwels.

Vrydagoggend het die swel-ling op sy brein egter gesak en kon hy huis toe gaan met steke in die kop, harsingskudding, 'n wond in die heup en 'n pen en skroewe in sy regter-onderbeen.

Nou sterk Ruan tuis aan, met 'n nekstut en baie ondersteuning, lekkergoed en presente van dankbare familie en vriende.

* Two Wellington boys miraculously survived accidents involving vehicles.


Bus firm robbed

[ Top ]


A BUS company in Newton, Wellington, was robbed of thousands of rands when employees were held up by armed intruders last week.

Two sisters and their elderly uncle were locking up after having received the last bus driver at 21:10 on Thursday, when three men attacked them on the premises of Davey's Transport.

The robbers, armed with a pistol and knives, spoke English and demanded money.

They forced the employees to hand over the company's takings before locking them into a bathroom.

According to the police the men fled in a car belonging to one of the women, taking with them R57 000 and two cellular phones.

The victims managed to free themselves and raise the alarm. The stolen Mazda Midge was later found abandoned in Mbekweni.

Insp Biga Jones (873-1141) of Wellington is the investigating officer.


Verkragter weer in koshuis vas

[ Top ]


DIESELFDE man wat in 1991 teen die buitemuur van 'n meisieskoshuis in Wellington opgeklouter en 'n student verkrag het, is die naweek weer in 'n koshuis op dié dorp betrap.

Joseph Johannes (37) van Sampsonstraat 8, Wellington, is in 1991 twaalf jaar gevangenisstraf opgelê vir verkragting. Hy is verlede jaar op korrektiewe toesig vrygelaat.

Volgens 'n polisiewoordvoerder het 'n student van die Technikon-kampus Saterdagoggend om 01:10 vreemde geluide op die boonste verdieping van Huis Wouter Malan opgemerk.

Sy het ondersoek ingestel, beweging agter gordyne gesien en hard gegil. 'n Vreemde man met 'n swart snor het uit die gebou gevlug.

Manstudente wat buite was, het die gegil gehoor en die verdagte agternagesit. Hulle het hom aangehou en aan sekuriteitsbeamptes oorhandig.

Johannes is op die toneel deur die polisie in hegtenis geneem.

Daar word vermoed dat die inbreker teen 'n geut buite die koshuis tot op die derde verdieping geklouter het.

* A man who recently completed part of a 12 year jail sentence for raping a student in a Wellington hostel, was apprehended in another student hostel this week.


Ussasa hef skorsing op

Leon Steenkamp

[ Top ]


TYDENS 'n spesiale Boland Ussasa vergadering wat Vrydag in die Paarl gehou is, het dié skolesportliggaam sy skorsing van 'n groep skole opgehef wat hul rugby binne die WP-grense speel.

Die groep van 17 skole het sowat drie weke gelede 'n interdik in die Kaapse Hooggeregshof verkry teen hul skorsing.

Al die skole asook sportkodes wat by Boland Ussasa geaffilieer is, het die vergadering bygewoon.

Volgens Pieter Lourens, voorsitter van Boland Ussasa, is die besluit om die skorsing op te hef, op aanbeveling van hul regspan.

"Daar is op 'n tegniese punt besluit om die skorsing op te hef. Daarby, as die saak in die hof sou voorkom, sou die onkoste gedra moes word deur almal wat by Boland geaffilieer is," het die Lourens gesê.

Volgens Lourens was die vergadering 'n goeie weerspieëling oor die huidige stand van sake.

"Dit was 'n baie tegniese vergadering en daar was op 'n stadium 'n groep skole wat uit die vergadering gestap het. Iets wat ongehoord is, maar ek is dankbaar vir die mense wat agtergebly het om sake uit te praat."

Volgens Jannie van der Westhuizen, hoof van Hoër Landbouskool Boland, het van die persone by die vergadering uitgestap omdat hulle geensins betrokke is by die sportgrense-dispuut nie.

"'n Moontlike ander rede hoekom van mense wat wel betrokke is, uitgestap het, is weens die gees en trant waarin die vergadering verloop het.

"Maar daar was diegene wat ondanks die ongemaklike atmosfeer gebly het om die saak te bespreek en die vergadering het later in 'n meer positiewe rigting beweeg."

Benewens die opheffing van die skorsing was die ander groot besluit wat op die vergadering geneem is, dat Boland Ussasa vir Ussasa Nasionaal sal vra om as "'n saak van dringendheid" met Sarvu te vergader om die kwessie rakende die interpretasie van die taakspan se verslag finaal op te los.

"Sarvu en Ussasa gaan wel bymekaar kom om die verskil in interpretasie te bespreek," het Lourens gesê.

Hoewel hy hom nie wou verbind tot 'n datum nie, het hy bevestig dat dit beslis binnekort sou geskied.

Hy het ook die hoop uitgespreek dat dit die einde sal wees van 'n dispuut wat reeds sedert 1995 voortsleep.

"Ek dink dit is groeipyne van transformasie in sport. Daar is 360 skole wat by Ussasa geaffilieer en net 17 wat nie gehoor gegee het aan die grondwet nie. As jy nie gehoor gee aan die grondwet nie, dan moet jy demokratiese sanksies verwag," het Lourens gesê.

"Geen skole kan by Sarvu affilieer nie. As die skole ernstig was om in die Boland rugby te speel sou hulle al lankal gehoor gegee aan Boland Ussasa."

Volgens Van der Westhuizen kan die skole nie op eie inisiatief handel nie.

"Dit was nog altyd ons standpunt dat die saak nie nie op grondvlak uitgesorteer kan word nie. Net soos geen skool kan maak soos hy wil, net so kan geen provinsie maak soos hy wil nie," het Van der Westhuizen gesê.

Hy het die besluit op samesprekings wat op die vergadering geneem is, as 'n "enorme stap in die regte rigting" bestempel.

"Indien almal hou by die besluit wat nou 'n amptelike Boland Ussasa besluit is, voorspel dit 'n einde aan die sportgrense-dispuut," het hy gesê.

Hy bygevoeg dat dit verblydend was dat die rugbykomponent van Boland Ussasa ook sy ondersteuning uitgespreek het, dat daar nie meer konfrontasie tussen die partye moet wees nie, maar dat 'n oplossing vir die probleem gesoek word.

 Volgens Edward Daniels van Nederburg Primêr het die kwessie rakende die sportgrense tot groot onenigheid in die plaaslike onderwyskringe gelei.

"Sekere onderwysers wat net goed begin saamwerk het, se vertrouensbande is weer verbreek en staan nou weer ver van mekaar - amper verder as voor 1994."

* Following a court interdict, Boland Ussasa has lifted the sports ban on schools playing their rugby in Western Province.


Groot skade weens brand

[ Top ]


WAAR is 'n mens veilig? So vra Riëtte Roux nadat haar aromaterapiekliniek op 'n plaas buite die Paarl verlede week in 'n brand vernietig is.

"Alles dui op brandstigting," vertel Riëtte.

Die vorige week het sy R3000 skade gely in 'n inbraak en toe, nadat die diefwering versterk is, volg die brand vroeg Woensdagoggend. 'n Nabygeleë stoor se slot is ook oopgebreek.

"Dit ruk 'n mens. Ek het alles verloor wat ek in ses jaar se tyd opgebou het."

Die woonstel wat sy as kliniek gebruik het, is reg teenaan die huis wat Riëtte en haar man, Jan, op die plaas Helenasvlei in Daljosafat huur.

"Daar is net 'n muur tussen ons en die kliniek. As Jan nie die oggend teen halfvyf wakker geword het nie, sou ons dalk omgekom het in die rook."

Sy raam haar skade op sowat R40 000. Dit sluit 'n masseerbed, duisende rand se aroma-olies en ander apparaat in.

"Daar was ook sowat 100kg se was wat reeds in kerse gevorm en handgeverf was, reg vir die Walvisfees op Hermanus."

Hier hou die skade ook nie op nie.

"Ons sal moet trek sodat die huis herstel kan word," vertel sy.

'n Gasbottel het waarskynlik ontplof in die brand en groot strukturele skade aan die woonstel aangerig.

"Die buitekamer sal gesloop moet word en die hele huis se dak moet vervang word."

Die skade aan die gebou word op meer as R100 000 geraam.

Riëtte se grootste kopseer nou, is om haar kliënte op te spoor. "Al my kliëntekaarte het in die slag gebly en ek weet nie hoe om almal te kontak nie."

Intussen het sy 'n tydelike kliniek by Roodeberg Apteek in die Paarl geopen en mense kan haar kontak by 868-4455 of 082-774-5730.

Die polisie ondersoek 'n saak van brandstigting. Enige inligting oor die brand kan aan insp Gerrit Boois by 807-4000 gegee word.

* An arsonist has destroyed part of a house on a local farm.


Stryd oor krieketsak verby

[ Top ]


DIT is duidelik dat die sak nie was waar dit moes wees nie, maar die aangeklaagde in die diefstalsaak by Boland Krieket het hom nie aan diefstal skuldig gemaak nie.

Met hierdie beslissing in die Paarl Landdroshof verlede week is die sewe maandelange nagmerrie van Godvin Appollis, assistent-terreinopsigter by Boland Krieket, op 'n einde.

Appollis, werknemer van Boland Turf, is in Januarie aangekla van diefstal nadat sportsakke en krieketklere uit 'n stoor verdwyn het.

Hy het twee nagte in die Paarl polisieselle deurgebring voordat hy op borgtog van R200 vrygelaat is.

Die staat se getuies, Boland Krieket sekuriteitshoof Graham Williams, sekuriteitsman Charles Benjamin en restaurantpersoneellid Henry Davids, het wesentlik verskil.

Die hof kan dus nie sê wie die sak verwyder het, en hoe dit verwyder is nie, het landdros Marietjie de Villiers bevind.

'n Lid van die terreinpersoneel, Theodore Martin, het Appollis se getuienis gestaaf.

'n Brief op 'n Boland Krieketraad briefhoof, waarin na bewering voorgestel word dat skuld op Appollis geplaas word, is in besit van die verdediging.

"Die brief is hoogs ongerymd," sê prokureur Chis Nel, "en ons oorweeg siviele eise."

* A man accused of stealing cricket equipment of Boland Cricket Union has been acquitted.


Pa sterf op nat pad

[ Top ]


'n MAN het Woensdagaand verlede week gesterf toe 'n vragmotor en twee motors in stortreën in 'n botsing op die Wellington-Klapmutspad by die N1 afrit betrokke was.

Arrie Rooi, voorman by Boland Fine Spinners op Wellington, was ná werk met die Agter-Paarlpad onderweg na sy woning in Eersterivier toe 'n vragmotor voor sy motor hom beland het.

Die vragmotor was van Klapmuts onderweg en het blykbaar uitgeswaai vir 'n motor wat uit die rigting van Kaapstad met die afrit afgery het.

Die vragmotorbestuurder, Gerald Jantjies van Klapmuts, is gering beseer.

Die motorbestuurder, Linda Obermeyer van Kuilsrivier, is vir been- en rugbeserings behandel.

Rooi word oorleef deur sy vrou en vier kinders. 'n Roudiens word Saterdag om 08:00 by die Rooi-woning te Daphnestraat 9, Devonpark, gehou.

* A Capetonian who works in Wellington died in a crash at the Klapmuts intersection.


Inbrekers saai chaos

[ Top ]


INBREKERS saai steeds chaos in die Paarl, nieteenstaande die suksesse wat behaal word deur die polisie, sekuriteitsfirmas en die publiek.

Die afgelope naweek is sewe vermeende inbrekers aangekeer en verbind met drie van die tien inbrake wat in die Paarl en omliggende plase gepleeg is.

* 'n Vrou het Saterdagoggend in haar woning in Klein Reservoirstraat wakker geword van die geblaf van haar honde.

Sy het dadelik die polisie geskakel toe sy "'n vreemde reuk" gekry het en besef het daar moet iemand in die onderste verdieping van die huis moes wees.

Insp Hein Falzman en konst Natasha September was binne minute op die toneel en het die verdagte in die woning in hegtenis geneem.

Die seun, uit Impalastraat in Paarl-Oos, het beweer hy is 14 jaar -oud en dat hy in Reservoirstraat was "om werk te soek".

* Twee sekuriteitsbeamptes van ADT, Willie Smith en Jonathan Joubert, het hulle Sondagaand na Cape to Rio Fisheries in Suider-Paarl gehaas toe die alarm geaktiveer is.

Hulle het 'n verdagte, ene John Williams, buite aangetref en twee tieners binne-in die gebou betrap. Wors en ander kosse is al deur die venster na buite aangegee. Die verdagtes is aan die polisie oorhandig.

Volgens een van die seuns (14) woon sy ouers op Wellington en hy "onder die Markstraatbrug" terwyl die ander een (15) sê sy ouers is oorlede en hy "woon op straat".

* 'n Vermeende inbreker, 'n inwoner van Springbokstraat, Paarl-Oos, is Sondag in besit van gesteelde goedere betrap.

Hy het aan die polisieman wat hom voorgekeer het, beweer hy het die goedere uit 'n vullissak gehaal.

* 'n Man van die Strand is in hegtenis geneem nadat 'n ruit stukkend gegooi en die items in die vertoonvenster van Stansa Meubels in die Paarl middedorp gegryp is. Van die gesteelde goed is teruggekry.

* Plase in Klein Drakenstein het ook deurgeloop.

Op die plaas Dekkersvlei is kragbore en ander elektriese werktuie ter waarde van duisende rande weggedra.


Taximan beroof

[ Top ]


TAXIBESTUURDERS wat op pendelaars by spoorwegstasies wag, is die nuutste prooi van gewapende rowers.

Saterdag om 17:20 het 'n taxibestuurder buite die Huguenot spoorwegstasie gewag vir die trein om in te kom toe die voordeur van sy bussie oopgeruk is.

Twee mans met vuurwapens het hom van kontant en sy selfoon beroof voordat hulle op die vlug geslaan het.

Die verdagtes het herkenbare tatoeëermerke aan hul gesigte. Op die een se voorkop is die woorde: "God gives us freedom, the judge to get away" uitgekerf.

Inligting oor die rooftogte kan aan insp Jacques Coetzee (807-4000) gegee word.

Insp Coetzee ondersoek ook 'n voorval waar 'n pendelaar na Mbekweni Sondag op 'n trein tussen Huguenot- en Daljosafatstasies deur gewapende mans beroof is.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za