|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
Só vertel 'n moedelose Maria Gamaldien van Sandstraat, Wellington. Maria se man is verlede jaar oorlede en dit is waar dié fyn vroutjie se probleme |
|
|
|
siekte en kan nie voltyds werk nie. Met die stormreën en wind die afgelope maande, het haar houthuisie stadig maar seker begin kantel, totdat dit nou 'n gevaarlike helling van 45 grade het. Familie het drie van haar vyf kinders ingeneem, maar sy en die twee jongstes trotseer nog elke aand die gevaar om in die skewe huis te slaap. Nou het Lizzie Phike, provinsiale LPP (ANC), die gesin onder haar vlerk geneem en begin soek na boumateriaal en gewillige hande wat kan help om die huis weer regop te kry. Mense wat kan help, kan haar skakel by 082-410-3078. * A widow who has lost her leg is struggling to survive the winter in a collapsing shack. |
|
|
||||||||||||||||
|
Dit is die woorde van Wellington se eie Coca-Cola Popstar, Richard Hlala (24), wat onlangs onder die top tien in dié landwye kompetisie geëindig het. 'n Popgroep is saamgestel uit die laaste vyf finaliste, en hy het dus net-net dié eer misgeloop. Dit is duidelik dat musiek bruisend deur die are van dié oud-leerling van |
|
|
|
musiek en sy liefde daarvoor, in sy lewe speel. "Ek het maar nog altyd vandat ek kan onthou, gesing. Ek het ook baie inspirasie geput uit my ma, wat in die kerkkoor sing, se sangtalent. "Van 1993 sing ek saam met vier van my vriende in die groep Black Shuga en het ons baie sukses behaal," vertel hy. Richard is 'n wedergebore Christen en skroom nie om die Bybel nader te trek en 'n vers daaruit aan te haal nie. "My ouers het my van kleins af geleer om my talente te waardeer en dit is ook soos wat die Bybel ons leer. "Deur my sangtalent tot sy volle potensiaal te ontgin, wil ek graag eendag terugploeg in die gemeenskap en ook omsien na my gesin." Sy ouers is ses jaar gelede geskei en dit was nie maklik vir hom nie. Hy en kleinboet Deon (14) bly by ma Margaret, terwyl sy tweelingbroer Ricardo by hul pa in Mbekweni bly. Ouboet Henry (26) en sy gesin bly net 'n klipgooi van sy ouerhuis af. "Ek kan voel dat ek op pad is êrens heen, want ek het reeds verskeie aanbiedinge ontvang, onder meer 'n toer na Durban later dié maand. "Die ondervinding met Coca Cola Popstars het geweldig baie deure vir my geopen en ek was nie juis teleurgesteld omdat ek nie ingesluit was in die finale groep nie, omdat die hele idee was om net my voet in die deur te kry in die musiekwêreld." Die mense in Impalastraat is glo nie bietjie trots op hul buurseun se prestasie nie, maar Richard knipoog net wanneer daar gevra word of die meisies nou toustaan voor sy deur. "Die belangrikste is om nooit te vergeet waarvandaan jy kom nie. Ek probeer altyd om opreg met mense te wees en net my beste te lewer." * A Wellington singer made the finals of the Popstars competition. |
|
|||||