safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 17 February 2005

uitlefstreep

This site will be updated on 24 February 2005.

Lifestyle - Leefstyl


SAVE WATER. Drakenstein Municipality has erected signs to remind residents to save water. Here Gaynor Kulsen sips some water at the sign in Piet Retief Street in Wellington. Water restrictions limit watering of gardens to one hour twice a week for local homeowners.  


Drakenstein Sentrum bied hoop

[ Top ]


DIE Drakenstein Sentrum is 'n geregistreerde welsynsorganisasie wat dienste lewer aan persone met gestremdhede.

Die sentrum is geleë op die perseel van die Paarl Vaardigheidskool (ou Khuthele skool) op die Simondium-pad.

Gestremdes kry steun met maatskaplike dienste terwyl daar ook gefokus word op vaardigheidsopleiding binne 'n werkswinkel-opset.

Waar moontlik word gestremdes voorberei vir plasing in die ope arbeidsmark met werk in die vier afdelings (stoffeerwerk, houtwerk, kontrakwerk en naaldwerk).

Daar word ook strategiese vennootskappe met besighede in die privaatsektor gesluit vir kontrakwerk.

Daar word ook gefokus op sosiale vaardighede en die sentrum poog om elke ses maande 'n uitstappie te reël na 'n bestemming wat hulle andersins nie sou kon besoek nie, bv Tafelberg en Ratanga Junction.

Drakenstein Sentrum beywer hulle ook vir bewusmaking en verlede jaar is meer as 2600 leerders in graad 6 en 7 bereik in 'n skoleprojek.

Vanjaar word groter bewustheid onder personeelbeamptes van die korporatiewe sektor beplan.

Daar gaan veral klem gelê word op die tipes gestremdhede en die invloed daarvan op 'n werknemer se produktiwiteit, sodat 'n ingeligte besluit geneem kan word wanneer persone met gestremdhede aansoek doen vir werk.

Rig navrae oor maatskaplike dienste aan Celista Gerber (863-0446/7) en oor die werkswinkel aan Anna O'Callaghan by dieselfde nommer.


Wêreldbiddag vir mans

[ Top ]


OP Saterdag 5 Maart is dit weer tyd dat die manne opruk vir die jaarlikse Wêreldbiddag vir Mans.

Die byeenkoms vind van 08:00 tot 09:00 plaas by die Protea Aanbiddingsentrum in Hoofstraat, Paarl.

Die geleentheid word deur Manne vir Christus gereël en pastoor Theuns Louw sal praat oor "Die gelowige (man) as priester".

Daar is voorsiening gemaak vir veilige parkering. Navrae by Freddy (082-700-0689), Deon (082-891-4871) of Marius (083-233-0668).


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]