|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
"IF I die before I wake, at least in heaven I can skate. 'Coz right now on Earth I can't do jack." The words of this song by OPM probably verbalise what many skaters in Paarl are feeling right now. Although I personally am not a skater (I wish I could be as I am quite fond of the "skater-chick" image), my brother is an avid skateboarder. I will be the first to admit that his skate "addiction" is tiring for the whole family, as we constantly have to drive through to Cape Town for hardware or other skating essentials. But all the same, I have never seen him happier. As children attending the "sport-crazy" schools in Paarl, where if you're not in a rugby or netball team you are looked down on, it is very difficult for us to find a way to fit in. Finally, when we find a sport we are good at and where fellow sportsmen accept and respect us for who we are, we are slammed down by narrow-minded adults. Comments referring to skateboarders being arrogant are utter rubbish, because skateboarding is not an attitude, it's a sport! If buildings are being damaged, why not have all the businessmen invest in a skatepark for the youth to use, because at the moment, there is nowhere but the streets. I'm not asking for every business to allow skaters to mess up their property, all I'm asking for is acceptance. Wannabe skater-chick |
|
|
|
|
AS 'n ywerige fietsryer wil ek net my dank uitspreek aan wie ook al die briljante idee gehad het om die fietsrybaan te Markstraat, Paarl, op te rig. Nou het ons bergfiets-entoesiaste 'n gesamentlike bymekaarkomplek om op ons fietse rond te ry. Nie net is die baan heel gepas om al ons toertjies uit te voer nie, maar dit maak fietsry nou sommer ook 'n sosiale aktiwiteit. As 'n bonus hoef ons ouers nou nie meer oor ons veiligheid te kla nie, omdat die baan ons van die strate af hou! Weereens dankie aan die persoon of persone wat die inisiatief geneem het om só 'n projek te begin, dit word rêrig waardeer. U kan verseker wees dat talle kinders voordeel sal trek uit u goedhartigheid. Dit is vir ons soos manna uit die hemel. Dankbare fietsryer |
|
|
|
|
EK is een van die moedelose skateboarders in die Paarl. In die Paarl is daar ongeveer vyftig skateboarders. Elkeen van hulle word daagliks weggejaag vir redes wat hulle nie kan verstaan nie. Ons kan nie verstaan hoekom ons weggejaag moet word net omdat ons ons geliefkoosde sport beoefen nie. Skaatsplankry is tog 'n sport met baie deelnemers net soos rugby, krieket, sokker, rolbal ens. Elkeen van hierdie sporte het tog een of ander klub en terrein waar mense dit kan beoefen - behalwe skaatsplankry. Ek het al van baie van die skaatsers gehoor dat die eienaar van 'n restaurant 'n skaatsplankbaan wil oopmaak. Daar het al baie stories omgegaan, maar niemand het nog iets gedoen nie. As dié persoon of enigiemand wat wil help, net sal begin om 'n lys van mense se name te kry wat ten gunste is van 'n skaatsbaan en dalk donasies kan kry, kan dit baie maklik raak. Ons sal nooit ophou skaats nie en al plek wat ons op die oomblik het is die strate en ander mense se stoepe. So waarom kry die Paarl nie net 'n skatepark nie. So 'n skatepark kan baie geld maak en dit sal al die skaatsers van die strate af hou. Skateboarder |
|
|
|
|
DIE pappa wat nou die prokureur wil hof toe vat omdat sy seun se skaatsplank afgeneem is, het regtig die kat aan die stert beet. Ek sou voorstel dat hy en die ander besorgde pappas vuur maak onder die Munisipaliteit om 'n skaatsrybaan vir die seuns te bou. Skaatsplankry is 'n gesonde ontspanningsaktiwiteit wat groot vaardigheid vereis. Met 'n behoorlik beplande baan kan die ryers in veiligheid hulle sport beoefen en sal die jongspan van die straat af gehou word. Tans oortree die ryers en rig skade aan ander mense se eiendom aan, en dit is absoluut verkeerd van ouers om hul kinders in dié kwaad te sterk. Die Munisipaliteit behoort aandag te gee aan die probleem. Hoekom nie 'n perseel op die oostelike oewer van die Bergrivier vir 'n baan aanwend nie? Indien die Raad nie die nodige fondse het nie, kan daar 'n beroep gedoen word op plaaslike besighede om 'n bydrae te lewer en kan selfs die pappas 'n bydrae maak. 'n Behoorlik beplande baan behoort nie 'n fortuin te kos nie, sal kinders 'n veilige speelplek gee, hulle van die strate af hou en kan selfs 'n bate vir die dorp word. Kompetisies kan gereël word wat toeskouers kan trek, wat op sy beurt 'n toerisme-aantrekking word. Ek is oortuig daarvan dat die voordele van só 'n projek die onkoste drievoudig regverdig. Ron Hendricks |
|
|
|
|
DEESDAE sien mens gereeld advertensies waarin instansies adverteer om persone wat baie skuld het, onder administrasie te plaas. Soms maak hierdie advertensies melding dat geen aansoekfooie betaalbaar is nie, wat natuurlik heeltemal onwaar is. Die kliënt se aansoekfooie word wel verhaal van die maandelikse betalings wat gemaak word aan die administrateur. Vind dus uit wat die aansoekgelde is, en maak seker dat die res van die gelde wat jy betaal direk aangewend word om jou skulde af te los. Dikwels wanneer die prokureurs navraag by die administrateur doen oor sy volgende verdeling, vind jy uit dat sy kostes nog nie gedek is nie of dat die kliënt agterstallig is of baie keer bly jou navrae onbeantwoord. Dis uiters frustrerend. Ek meen lede van die publiek word nie volledig ingelig wanneer hulle aanklop by hierdie administrateurs wat blykbaar slegs na hulle eie sak kyk en geen bedoeling het om die kliënt te help nie. Dit sal vir die publiek meer voordelig wees om eerder hulle administrasie deur prokureurs te laat doen, aangesien prokureurs beheer word deur die Wetsgenootskap. Hulle moet verslag doen van elke sent wat in hul Trustrekening inbetaal word. Maak maar net baie seker dat die prokureur deeglik die prosedure aan u verduidelik en dat hy wel weet hoe om administrasies te hanteer. Prokureur |
|
|
|
|
WAAROM laat ons toe dat mense in ons vuilgoeddromme krap? Kan ons hulle nie help deur ons rommel te herwin en weekliks bo-op die drom neer te sit: sakke met ou koerante, platgedrukte kartonne, plastiekbottels, glasbottels en brood. Hulle help ons deur dit na die herwinningsdepot te vervoer. Kom ons help mekaar. Heath Joubert |
|
|
|
|
SEPTEMBER is Tourism Month, a time to make an even greater effort to promote your town and region. The concept of promoting your local attractions is not new. The following tips appeared in the newspaper "Paarl Advertiser" on 14 April 1896: How to injure your town: * Run it down * Go to other towns for your supplies * Refuse to advertise in the local paper * Refuse to see any merit in a scheme unless you are "first robber" in it * Don't invest. Show your distrust by refusing to lay out any money in it * Look sorry when a stranger talks to you of buying property in it * Let your tongue wag idly about your public men without knowing facts How to help your town: * Talk about it * Write about it * Assist in the beautification of the streets * Treat strangers with the utmost courtesy and hospitality, so that they take away good impressions of it * Elect good, reliable men to all public positions, not because they strain themselves for popularity, but on account of their stamina & trustworthiness * Keep the money in the place. Sell all you can, and buy all you can at home * The men who have invested their capital in stores, workshops, and other business places are building up the town, and they should be encouraged * Go in for public improvements. They may cost money, and you will have to pay your quota, but don't kick. A few pence will be your proportion of outlay, but the benefit will be represented by many pounds. During Tourism Month this is what you can do to help tourists feel more welcome in your town: * Give a friendly smile * Stop and talk * Be positive * Be proud of our facilities * Keep our environment litter free * Talk about our fantastic food and wine * Be proud of our different cultures and customs * Say no to crime * Be proud of being South African. Luzelle Moller, Paarl Tourism |
|
|
|
|
I WOULD like to know why Drakenstein Municipality is mowing the open spaces just when they are beautified by spring flowers? The open space between Uitspanning Street and the Berg River has been covered in magnificent daisies - spring's finest. On the first sunny day that we have, the council tractor arrives to mow them all down - as they do every year. People drive miles and come from all over the globe to see South Africa's flowers. Paarlites rush to the West Coast, Darling and Springbok to see flowers, and our Council mows down our own wild flowers! Never mind the bees, butterflies, birds and insects that are also affected. How about cleaning the blocked storm water drains, getting rid of some alien trees or clearing the river of debris and water? God gives us a gift of spring flowers, and the Paarl Council mows it down. I'm not surprised that tourists choose to bypass Paarl in favour of towns that value, preserve and promote their god-given assets. Olga Davis |
|
|
|
|
DIT hang van boere self af om na hulself te kyk. Drie jaar gelede was daar baie van my vrugte gesteel. Honderde rande se skade was aan my boorde aangerig. Elke keer moes ek my omheining herstel, maar niks het gehelp nie. Ek het gedink om my wapen te gebruik, maar later het ek iemand wat voorheen in die Weermag was, aangestel om my tuine op te pas. Dit is nou drie jaar gelede en ek het nooit weer gehoor van dief se kind nie. So, stel vir jou iemand aan om jou druiwe en lemoene op te pas. Dan sal jy nie hoef te skiet nie, want dit gaan jou in die moeilikheid bring. Ek is nie skaam om te sê dat ek my wag 'n loon van R1 700 per maand betaal nie. Dit is die moeite werd. Ek sal ander ook aanraai om 'n wag aan te stel, want daar is baie op straat wat werk soek. Sou iemand jou byvoorbeeld aanval, verloor jy baie meer as R1 700. As jy iemand goed behandel, kyk daardie persoon met lus na jou goed. Vra vir my. Moenie mense wegwys as jy iemand kan aanstel nie. Partykeer word mense verryk wat van ons steel. Betaal liewer 'n paar rand, dan spaar jy baie. Koos van Graan |
|
|
|
|
EK wil graag dankie sê aan al die persone wat op Saterdag 18 Augustus die namiddag aan diens was by die ongevalle-afdeling van die Paarl-hospitaal. Dankie aan die eerste persoon wat ons mee te doen gekry het, tot by die laaste. Almal wat my kleinseun Waylon gehelp het. Mag die Here julle seën. Daar sal altyd dié wees wat nie maniere en geduld het nie, maar hulle is in die minderheid. Mev S Pieterse |
|
|
||||||||
|
RECREATION facilities in Paarl are few and far in between. We are forever complaining about youngsters hanging around night clubs, or loafing in the streets. Then, out of the blue, the Municipality created a BMX track near the Berg River. From day one youngsters and their parents flocked to the site and eager cyclists are forever showing off their skills. The downside of the coin is the disappointed skateboarders, who are still waiting for some grown-up to look at their needs. For many grown-ups the skateboard brigade is just a big nuisance factor. But there are irate shopowners who want to take matters in their own hands, with regular damage being done to property by these dare-devils skating on any available surface. One even went so far as confiscating a skateboard. In a world controlled by grown-ups, these kids have no choice but to sit back and wait for them to act on their requests. What they must think of their elders forever complaining about the youth of today and then not providing them with a simple solution to promote healthy activity, is anyone's guess. Let us draw a parallel: kids like BMX bikes - we provide them with a track; they are happy and off the streets. Kids like skateboarding - we don't provide a track; they will skate in the streets and wherever they are allowed (or not allowed). It is more than time for the Municipality to sit down with all the roleplayers and look at a solution. |
|||
|
|||